Ramaphosa kry Dinsdag eerste deel van staatskapingverslag

Waarnemende hoofregter Raymond Zondo. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Dinsdag die eerste gedeelte van die langverwagte verslag oor staatskaping ontvang.

Waarnemende hoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, sal die oorhandiging van die verslag môremiddag by die Uniegebou in Pretoria doen.

Meer as 330 getuies het oor ʼn tydperk van drie jaar voor die kommissie, wat in 2018 met sy werk begin het, getuig. Die kommissie het verlede maand opnuut gevra vir uitstel van die spertyd waarteen die verslag ingedien moet word en het onderneem om dit in drie dele aan die president te oorhandig.

Volgens die presidensie word die eerste gedeelte môre oorhandig, gevolg deur die tweede gedeelte teen die einde van dié maand, en die laaste gedeelte – die finale verslag – teen die einde van Februarie vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

SlinkseKoljander ·

En hy gaan niks doen want hy is deel van dit.
Wat n mors van belasting betalers se geld en tyd.

Misky ·

En nou gaan dit Ramamparra 2 jaar neem om dit deur te lees en ‘n kommissie word aangestel om die inhoud aan hom te verduidelik

Johann ·

En? Dan het hy ses maande om deur die ziljoene bladsye te blaai…net om NIKS te doen nie! Mors van tyd en geld

Kokerboom ·

Die verslag, indien goed opgestel, sal toon of die President die toets van die tyd kan deurstaan!

Kobus ·

My verslag sou so lees ” ANC is korrup, Zuma is korrup. Mnr die President, jy is ‘n leuenaar. “

efjy ·

Nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Die koste van die ondersoek het miljoene beloop. Die opvolg gaan nog miljoene beloop en minder as 10 % van die verliese sal verhaal word, indien soveel. Almal weet wie is skuldig. Privaat vervolging is miskien ‘n beter roep.

Marius ·

Miljoene rande is vermors om tot hierdie punt te kom en nou gaan alles onder die mat ingevee word.

Pietertjie ·

Ah, hy gaan die buite-omslag ontvang. Die binne-blad is volgende op die lys.

Mammie ·

Ek wonder of die mense van die publiek ooit sal weet wat in daardie verslae staan? Ons het immers daarvoor betaal

Dries ·

Afriforum en Solidariteit moet die verslag gou in die hande kry om werk daarvan te maak

Boon ·

Die Zondo-verslag gaan die toekoms van SA bepaal. As die aanbevelings nie uitgevoer word nie, gaan ons terugval tot nog n mislukte derdewêreld staat van gangsters en fascistiese swart Staliniste wat hulself verryk ten koste van die massa armes en onderdruktes.

KB ·

Publiseer dit aan die publiek, dan kan daar dalk iets positiefs gebeur…

Pieter ·

Hy is net so skelm soos die res van sy anc broers. Hy is deel van die gemors by eskom loop voetsek.

Christo ·

Hy gaan “geskok” en “surprised” wees om dit te ontvang……….

Stofdonkie ·

Die oorhandiging van die verslag sal seker so laat moontlik vanmiddag gebeur. Of hy sal teen vanmiddag uitstel vra en aanvoer sy printer se ink klaar. Deel 1 van die verslag is seker maar net ‘n voorblad en dalk inhoudsopgawe

Dirk Mostert ·

Wat meer relevant is, wat het die NVG al uitgevoer met al die ”tips” uit die getuienis die afgelope jare?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.