Ronnie Mamoepa, Ramaphosa se woordvoerder, het gesê die adjunkpresident het Sondag met ʼn vliegtuig van die lugmag van die Krugerwildtuin se lughawe in Witrivier, Mpumalanga, na die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria gevlieg.
Volgens Mamoepa het die vliegtuig tydens die vlug tegniese probleme ondervind en moes omdraai. Die vliegtuig het veilig geland waarna Ramaphosa se bloulig-brigade hom na sy huis in Johannesburg vervoer het.
Ramaphosa is Saterdag as die eerste kanselier van die Universiteit van Mpumalanga ingehuldig en het Sondag ʼn provinsiale beraad van die ANC toegespreek.
Ramaphosa het op 21 Maart sy geskeduleerde besoek aan die Oos-Kaap gekanselleer weens ʼn tegniese probleem met die vliegtuig waarmee hy sou reis. “Die vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag waarmee die adjunkpresident sou reis, het tegniese probleme ondervind en die besoek aan die Oos-Kaap is gekanselleer,” het die presidensie destyds in ʼn verklaring gesê.
Het die lugmag nog lugwaardige vliegtuie?
Lekker om te sien BEE ry nou die regte perd.
Ja, dit lyk nie of hul huidige tegnici dieselfde kennis as die voorheen bevoorregtes maar tans benadeeldes het nie. Hel, ek hoop Maroela aanvaar hierdie een!!
Peuter iemand met die vliegtuig, of wil hy ook n nuwe vliegtuig he.
Kry vir julle dit wat jy saai sal jy maai, ons was mos nie goed genoeg om die SA Lugmag te help nie.!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hoe kry hulle troepe in Burundi? Blou Lig Brigade?
Hoekom maak hulle die vliegtuie nie oordentlik reg nie of is al die oordentlike werktuigku diges landuit dit laat my dink aan die man wat eerder sy kar te verkoop voor hy die bande omruil
Dis sekerlik die rede. Die kwota stelsel word mos oral afgedwing. Die ironie is dat oorsese maatskappye poste vir expats om in SA by (meestal) kragstasies te werk adverteer……senior poste met goeie salarisse. Gekwalifiseerde SA’ners uit die minderheidsgroep is mos nie goed genoeg. Dís wat in SA aangaan. Mense word laat gaan oor velkleur….verál by ESKOM en ander staats instansies en dan word werwing oorsee gedoen om poste te vul om konstruksie werkers te werf. Dit gaan daarom om die SA blankes v alles te ontneem en te onderdruk.
en hy gaan so elke keer ‘n “probleem” optel met die vliegtuig om sodoende die mense te dwing om ‘n “absolute noodsaaklike” miljoene rande se nuwe vliegtuig te koop…..blah blah blah
13 voertuie om hom te gaan haal en jy word van die pad af gedruk al is jy in linkerbaan en daar is verkeer voertuie saam
Kry maar die Kubane om hom te fix…….
Dit sou nou nuuswaardig gewees het as die vliegtuig geval het
Nou praat jy, hulle is soos n stout seuntjie wat n nuwe speelding wil he en sal aanhou neul tot hy dit kry. Se my is daar dan net 1 vliegtuig by die SA Lugmag kry kundiges nie BEE en fix die ding of vlieg SAA
Ek glo nie daar is veel kundiges oor in die SAAF nie… dis nou uil gesaai… so verval als… stading maar vining….
Ag whatever. een van die dae word daar n peperduur vliegtuig gekoop. Ma net kwessie van tyd
Hoekom is dit net altyd Zuma en Ramaphosa se vliegtuie wat moeilikheid gee? Maak soos Pravin Gordhan, vlieg SAA.
Dis dalk n rookskerm om geld te spandeur om hul kaders se vliegtuie te huur….
Sies vir julle. Koop vir ons arme Cyril n nuwe vliegtuig van geld wat Zuma skuld. Lmga
Hi Moeks,
Al die streke van Zuma en Ramaphosa is ‘n aanloop tot groter dinge wat beplan word. Die vliegtuie is maar een ding want al is jy ‘n “Crook” moet jy nog vinning op n plek kom veral as jy beplan om vir altyd te regeer! Van die groter dinge wat kom is (1)”Regering A La Putin styl”met Zuma as President van die ANC en Ramaphosa President van Suid Afrika. Elke vier jaar of so ruil hulle poste om. (2) Verkiesings “A La Een Party staat ” ANC alleenlik wanneer dit nodig is soos met die afsterwe van n geliefde Comrade.(3) Alle grond behoort aan die Regering “A La Zimbabwe”! Dink julle dit is vergesog? Dink weer met die spul is enigiets moontlik!
My hare rys om te dink mens word aan swak tegnici blootgestel doer ver bo in die lug. Daar is tog seker baie om na te gaan met ‘n uiters kennersoog en ondervinding: skroewe, moere, elektronika, ens, ens.
“Pateties” is een woord wat SO baie sê deesdae. en natuurlik ook die immergroen : oe ê ê.
BEE … 3rd time lucky ?
Díé goed gebeur omdat mense werk gegee word NET omdat hulle die regte velkleur het. Ondervinding, voorafkennis en opleiding tel eenvoudig net nie meer nie. Ek sidder vir as ‘n “nuclear meltdown” by koeberg kernkragstasie gaan ontstaan, bloot omdat die werkers daar nie regtig weet hoe die plek werk nie. As mense wat suiwer op meriete en met die regte opleiding nie die Chernobyl kernramp kon keer nie, is koeberg met al Eskom se affirmative action letterlik ‘n sogenaamde “ticking timebomb”