Ramaphosa laat slagoffers van gesinsgeweld ‘in die steek’ – Action Society  

Nagenoeg 200 000 DNS-toetse het sedert Junie 2020 opgehoop. (Argieffoto: pixabay)

Die drukgroep Action Society het pres. Cyril Ramaphosa se reaksie op ʼn geslagsgegronde geweld-vraag Donderdag in die parlement as ontoereikend bestempel en hom daarvan beskuldig dat hy slagoffers van geslaggeweld in die steek laat.

Dít volg nadat die president gesê het die 2020-’21-agterstand in DNS-toetse van sake soos dié het sedert die inwerkingstelling van ʼn nuwe stelsel vir die bestuur van forensiese bewyse (FEM) in April vanjaar met slegs 3 534 verminder.

“Nagenoeg 200 000 DNS-toetse het sedert Junie 2020 opgehoop omdat Forensic Data Analysts (FDA) genoodsaak is om die [rekenaarstelsel bekend as] Property Control and Exhibit Management (PCEM) weens ’n geldgeskil af te skakel,” sê dr. Rineé Pretorius, woordvoerder van Action Society.

Pretorius sê dat die polisie ondanks ’n goedgekeurde begroting van die tesourie twee keer versuim het om ’n nuwe ooreenkoms te onderteken, of enige betalings te maak.

“Weens die staat se onbevoegdheid het die agterstand van DNS-monsters tussen November verlede jaar en Maart 2021 maandeliks met gemiddeld 15% toegeneem. Afgesien van miljoene slagoffers van geweld wat wag vir geregtigheid om te geskied, kan talle mense ook nie hul geliefdes ter ruste lê nie weens uitstaande DNS-monsters.”

Volgens Pretorius stel Ramaphosa se vlagskip-inisiatiewe soos die Thuthuzela-sentrums, die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS), asook howe vir slagoffers van seksuele misdrywe, deurlopend teleur.

“Hoe kan geregtigheid geskied wanneer die misdadiger se regte swaarder as dié van ʼn slagoffer weeg? Vandeesweek is die opgesnyde lyk van Yolandi Botes (35) in die Vaalrivier gevind nadat sy in April by die OR Tambo-lughawe vermis geraak het. Sy was op pad na haar kinders toe, maar het nooit haar huis gehaal nie. Weerspieël hierdie gevoellose, sinnelose moord ons president se nasionale strategiese plan teen geslagsgeweld en vrouemoorde?” vra Pretorius.

Sy sê voorts dat die organisasie eerlikheid oor die verwerking van DNS-monsters sowel as die regering se strategie om geslagsgeweld te bekamp, eis.

“Dit moet geprioritiseer word,” sê Pretorius.

“Die drukgroep dring verder ook aan dat die voorgestelde wysigings aan onder meer die Wet op Gesinsgeweld en Seksuele Oortredings, wat al in Augustus 2020 voorgestel is en wat ’n verskil kan maak in die hantering van geslagsgeweldsake, so gou moontlik goedgekeur moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, Cele en hele ANC laat die hele Suid Afrika in die steek.

Dup ·

Alles waaraan hulle raak of bestuur verander in bemesting.Dit gebeur wanneer onbekwame kaders in poste inforseer word.Chaos.

Suzette ·

anc het nog altyd net beloftes gemaak en die maan en sterre belowe, maar hulle kon nog NOOIT iets daadwerklik uitrig nie – en tog – daar word maar weer vir hulle gestem…..

Misky ·

Wys net wat is vir hulle belangrik en prioriteit. Geld in die sak is nr.1

Keith ·

This government keeps on slipping on all the banana peels left lying around the Republic.
Terloops…. does anyone celebrate Republic Day anymore ?

Mariana ·

Al wat hulle heeltyd doen is blah, blah, blah, verder as dit kom hulle nie. As jy iets gedoen wil hê moet jy dit blykbaar self doen. Hulle stel nie genoeg belang in hierdie tipe geweld nie, hulle sê so maar die bewyse sê anders.

Sarel ·

Dit ia al bewys dat die Regering baie min simpatie openbaar met slagoffers. Dit sluit Polisieoptrede en strawwe wat deur Howe opgelè word. Die Regering speel gedurig met wetgewing behalwe waar nodig

Nici ·

Die voorgestelde wysigingswet gaan te ver en kan dit onmoontlik maak vir ‘n man en vrou om hulp te soek en kry as die berader dan die polisie moet in kennis stel. Mense gaan nie hulp vra totdat dit te laat is as hul gepenaliseer word ipv gehelp word.

Esme ·

Verkeerde opskrif – Ramaphosa laat Suid-Afrika in die steek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.