Ramaphosa lê wakker oor Eskom; gaan nie De Ruyter en Kie. in pad steek

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom.

Die Black Business Council (BBC) het ʼn beroep op André de Ruyter, uitvoerende hoof, en die Eskom-direksie gedoen om te bedank weens hul “onvermoë om die langdurige elektrisiteitsonderbrekings op te los”.

Eskom het Maandag fase 4-beurtkrag ingestel weens ʼn gebrek aan opwekkingskapasiteit. Dit sal in dié stadium tot Vrydag om 05:00 duur.

“Die BBC was uiters optimisties toe De Ruyter aangestel is aangesien Eskom stabiliteit nodig gehad het, maar het sedertdien besef dat die land twee jaar later niks anders het om te wys nie as die hoogste getal kragonderbrekings in die geskiedenis van ons geliefde Suid-Afrika,” het Kganki Matabane, die uitvoerende hoof van die BBC, gesê.

Volgens die BBC sal pres. Cyril Ramaphosa se ekonomiese heropbou- en herstelplan net ʼn droom bly aangesien dit afhang van die vermoë om die energiekrisis vinnig op te los. Eskom se leierskap het die land in dié verband gefaal.

Ramaphosa het egter Maandag tydens ʼn mediakonferensie gesê dat niemand se koppe gaan rol in verband met die voortdurende beurtkrag-situasie nie, ondanks beroepe in dié verband. Hy het gesê daar sal egter dopgehou word hoe Eskom se uitvoerende bestuur, asook die minister van openbare ondernemings en sy departement die situasie hanteer. “Dit is ʼn reuseprobleem wat nie net menselewens beïnvloed nie, maar ook die ekonomie.”

Volgens die BBC moet daar erken word dat Eskom se leierskap “heeltemal oorweldig, onbekwaam en uit hul diepte is”.

“Dit lyk asof hulle eenvoudig nie in staat is om hierdie krisis te hanteer nie en as sodanig moet hulle eerder bedank, aangesien daar blykbaar geen vooruitsig is vir enige verbetering van die ernstige situasie nie.”

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Skermskoot uit video/@CyrilRamaphosa
/Twitter)

Ramaphosa het toegegee die situasie met Eskom is verwikkeld. “Ons as nasie is in ʼn baie moeilike en onsekere situasie wanneer dit by beurtkrag kom. As daar iets is wat my snags wakker hou, dan is dit Eskom en elektrisiteitsopwekking.” Hy het gesê dit is nou die tyd van die jaar wanneer opwekkers hersien word en dat die situasie vererger word wanneer nog opwekkers breek en nie beskikbaar is nie.

Volgens Ramaphosa is dit ook ʼn probleem dat Suid-Afrika op ʼn enkele kragvoorsiener staatmaak. “So, die rigting waarin ons nou moet beweeg, is om Eskom te herstruktureer en ʼn aparte entiteit te hê vir opwekking sodat daar krag by ander entiteite aangekoop kan word. Die staat moet egter steeds die transmissie besit, maar dit is belangrik dat daar ʼn mate van mededinging is.”

Die BCC sê hy wil dringend met Ramaphosa en die minister van openbare ondernemings vergader om dié kritiek belangrike saak te bespreek.

“Die land ervaar sedert 2008 kragonderbrekings en 13 jaar later is daar steeds geen lig aan die einde van die tonnel nie. Die voortdurende verskoning van staatskaping, in plaas daarvan om die huidige probleem op te los, is oneerlik en afgesaag. Die onvermoë om Eskom te stabiliseer sal net daartoe lei dat die land verder afgegradeer word. Dít sal weer lei tot ʼn verhoging in werkloosheid wat reeds op rekordvlakke is, asook verdere ekonomiese inkrimping en die afskrik van internasionale beleggers,” het Matabane gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoe rasisties black business council, daar sal oorlog wees as ek bv ‘n WBC stig het dit nie tyd geword om alle ras gekoppelde instansies,sport en sisteme te boikot en te beveg soos die ANC teen apartheid geveg het nie.

Piet parys ·

Daar is baie swart organisasies maar bewaar jou siel as jy n wit organisasie stig . Rassisme eensydig toegepas . BOIKOT HULLE BESIGHEDE

Tiptol ·

De Ruyter het ‘n vrot staats mpy gekry wat werknemers het wat die werk nie kan of wil doen nie. Hy kan nie man alleen almal se werk etiket verander nie. Hy moet die mag kry om almal af te dank en mense aan te stel wat die werk kan en wil doen. Ongelukkig is al daai mense blank, so dit gaan nooit gebeur nie. Dieselfde met munisipaliteite en al die staats departemente.

Piet parys ·

Alle staats werkers moet her aamsoek doen vir hulle poste deur n nie rassige onverwante aanstellings organisasie.

groenboer ·

Inderdaad, en so organisasie moet hul CV’s naamloos ontvang en oorweeg, sodat daar selfs nie uit ‘n aansoeker se naam ‘n raaiskoot oor sy etnisiteit gemaak kan word nie.

Johnny ·

Al die huidige werknemers behoort etikette te kry wat sê hulle het geen werksetiek nie.

groenboer ·

Inderdaad: die geskreeu oor De Ruyter help nie. Hy is net een man, daar is net soveel wat hy kan doen, en boonop is hande in sekere opsigte deur politiek afgekap.

Dié van ons wat dit kan bekostig moet maar doodgewoon planne maak om ons eie aanvullende elektrisiteit op te wek deur opwekkers, sonpanele ens, want ek voorsien nie dat die beurtkrag ooit gaan ophou nie Dit is nou maar een van daardie dinge, en al die gekla help net mooi niks.

Anna-marie ·

As hy die mag kry om mense af te dank, sal hy moet baie lyfwagte kry, dag en nag.

Alleen Wolf ·

Die BBC moet hulleself eers die vraag afvra wie in die eerste plek verantwoordelik was vir die verval van Eskom se infrastruktuur deur min of geen onderhoud nie.
Daar is ook geen aandag aan die uitbreidings planne van nuwe opwekkings eenhede gegee nie die fondse is eerder geplunder
Andre de Ruyter het immers al die skuldlas verlaag.
Die BBC het maar ‘n kort geheue.

Neelsie ·

28 jaar se verwaarlosing van die infrastruktuur wat ook al verouderd is en die plundering van Eskom se bronne, kan nie skielik oornag, binne 2 jaar reg gestel word nie. Dink die BBC hulle kan beter doen? Ek sien nie dat hulle ‘n oplossing voorstel as De Ruyter afgedank word nie! Wat dan?

Neelsie ·

Onderhoud is ‘n aaneenlopende proses, nie iets wat jy aan en af doen nie. Jy wag nie tot iets breek en dan stap jy by die naaste winke l in en koop ‘n nuwe een! Werk nie so nie!!

Wiehann ·

As hy so wakker lê, wonder ek watse series hy lê en kyk? Hy kry tog nie loadshedding nie.

Christo ·

“Die land ervaar sedert 2008 kragonderbrekings en 13 jaar later is daar steeds geen lig aan die einde van die tonnel nie”.

In 13 jaar kon Eskom nie die probleme oplos, of ten minste probeer oplos nie………net soos ons “liewe” regering NIKS in die afgelope 27 jaar reggekry het nie. Die teendeel is egter waar………die hele land is in 27 jaar afgebreek tot ‘n ashoop EN die grap van die wereld.

Jeffrey ·

Stem volkome saam met jou, behalwe die gedeelte waar jy sê dat ons die grap van die wêreld is, die wêreld kan nie vir ons lag nie want hulle het ongelukkig gehelp om die huidige regime aan bewind te kry.

Christo ·

Jy is doodreg, stem 100% saam……en nou is hulle almal doodstil oor wat in die land aangaan.

anniekiewiet ·

Jeffrey, ons vergeet soms daarvan. En nou speel hulle die onskuld vanself. Nog steeds is alles ons skuld.

Trotse Boervrou ·

BBC, vra jul slapgat en onbevoegde Regering om te bedank. André de Ruyter kan nie toor nie. Volgens my het hy baie goed gevaar tot dusvêr! Dink julle hierdie gemors met Eskom kan met ‘n towerstaffie, binne sekondes, uit die weg geruim word. Gaan kyk of jul patetiese Regering dalk so ‘n towerstaffie vir jul het!

MakersMark ·

Ramaphosa was 10 jr Zuma se nr 2. Het hy nie geweet wat by Eskom en ander staatsinstansies aangegaan het nie ? Nou “lê hy wakker”? Hy moet bedank.

ReneD ·

Sal ‘n ramp wees as Ramaphosa bedank want wie dink jy sal beter as hy doen. “Rather the devil you know than the devil you don’t know”.

Di ·

Dis nou te laat om “wakker te le” Ramaphosa! Jy moes al wakker gele het toe julle korrupte ANC aan bewind gekom het. Die ANC kaders was te besig om korrupsie te pleeg en nie ‘n duit omgegee wat in die land aangaan nie. Nou dat ALLES ten gronde is wil hy nou skielik bekommerd raak. De Ruyter is nie die oorsaak van die gemors, dit kan ALS net voor die korrupte regering se deur gele word. Daar is niks wat hy kan doen aan al die skade wat oor 28 jaar nie in stand gehou is nie. Glo nie daar is EEN mens in hierdie land wat die huidige gemors in ‘n oogwink kan regmaak nie. Moes LANKAL ander alternatiewe vir krag implimenteer het, maar nee hulle wil Eskom beheer en hulle self verryk

marius ·

Niemand stel belang in enige van die gebrabbel wat oor jou lippe spoel nie .

Werner ·

Hy sien die tyd raak op vir SA en hoop hy het nog tyd om iets vd buitelandse beleggings te kanaliseer.

Snowball ·

“In die geskiedenis van ons geliefde Suid Afrika” was daar nog nooit iets so laakbaar en verwoestend soos die ANC nie. Ons het ‘n misrabele misdaadhool geword. Jy hoef nie ver te soek om te weet wie die geliefde land in ‘n agterlike nes van korrupsie verander het nie, Eskom inkluis. Almal moet nou saam kou aan die vrot tafel wat die ANC gedek het en nog steeds word die gemors ingestem om aan bewind te bly. As daar iets is wat Suid Afrikaners wakker hou is dit hierdie korrupte regering wat hulle onskuldig voordoen, wat praat asof hulle nie verantwoordelik is vir die verval nie. Jis, daar is ‘n paar vieslike woorde wat in mens se kop opkom as jy die huigelaars moet aanhoor.

Di ·

Verseker! Glo my ek sal nie al die dinge wat ek op my hart het hier kan uiter nie, sal in die tronk opeindig!

Misky ·

Daai BBC moet wakker skrik!!! Kyk wat gaan in die hele land en SOE’s aan en begin daar afdank. De Ruyter is ‘n sinkende skip gegee en die man probeer sy bes. Ten minste al miljoene se skuld ingekry.

Blikkies ·

Die BBC moet dalk onthou hoe het Eskom op hierdie punt gekom!! oor 27 jaar met hulle BEE wat korrupsie, bedrog, staatskaping en uiteindelik die plundering en afbreek van die hele eens magtige instansie veroorsaak het. Klim af van julle ‘high horse’ en gee dan raad of alternatiewe oplossings?

Jacobus ·

Eskom is verrot van bo tot onder agv kaderontplooing, BBBEEEE, korrupsie ens ens. Andre de Ruiter en Jan Oberholser gaan nie instaat wees om 26 jaar van plundering in n paar jaar reg te stel nie, hulle is in elk geval aangestel om die skuld vir Eskom se totaale ineenstorting op die wit man te plaas. Die ANC moet verantwoordelik gehou word vir die gemors waarin die land is. Hulle het mos hulle kiesers alles verniet belowe, nou VAT die kiesers dit maar net.

Hierdie skip is besig om te sink en ons almal gaan daaronder ly, dit is sink of swem.

Tokkel ·

As die regering net als instant gehou het soos hulle dit gekry het 1994, sou ons nie ons land in hierdie toestand gehad het nie. Dit is nie De Ruyter se skuld nie, dit is instandhouding en diefstal wat ons land onder kry. Tyd dat bekwame mense, maak nie saak watter kleur aangestel word en die skelms uitgewerk word. Ek hoop daar word nie vir die volgende 5jr ‘n verhoging in krag gevra nie. Die geld wat die regering in SAL ingepomp het, kan hulle nou maar in Eskom ook inpomp…..sorry daar is mos nie geld oor nie.

Grassie ·

Ramamparra moet liewers wakker lê en wonder hoe dit gebeur het dat hy en sy party ‘n eens voorspoedige land in die afgrond in verwoes het.

Ek sien daar word verwys na die Black Business Council. Nou woder ek wat sal gebeur as wit sakemanne ‘n White Business Council stig. Hulle sal seker vervolg word vir rassisme.

Asgat ·

“Die staat moet egter steeds die transmissie besit, maar dit is belangrik dat daar ʼn mate van mededinging is” Regtig????? Skop die hele lot uit en kry al die mense wat bevoegd is maar verkeerde vel kleur het om Eskom oor te vat! Maar nee BBBEE tot in julle pekie in. Dit is Ramaphosa en sy gades wat moet bedank – die hele lot van hulle.

Charmain ·

25 jaar se gebrek aan instandhouding & investering kan nie in 2 jaar reggestel word nie. SA se watervoorsiening gaan dieselfde paadjie loop.

Frieda ·

Jy Ou klas vakie werk met n plan dink ons nie bewus van jou planne!! Carpowerships wag en familie met kragopwekking wag vir Eskom om te val heeltemal ne

Snowball ·

Eskom Is letterlik onder beleg….die nuwe planne is in plek. Grootlieg gaan Jakob soos ‘n vulletjie laat lyk as dit by kaping kom….

Lourens CFG ·

Hulle koppe raas, dit is nie die leierskap probleem nie, dit is die onbekwame kaders op die vloer wat nie die kennis het om instandhouding en herstel behoorlik te kan doen nie, en die ander wat saboteer omdat hulle nie wil werk nie.
Die beste leiers se hande is afgekap, hulle kan nie van die drek ontslae raak nie.

Di ·

Wonder of hy enigsins ‘n IDEE het hoeveel van ons mense wakker le elke nag! Vandat hierdie kommuniste die land oorgeneem het is ons lewe hel op aarde. Mens weet nie of jy more weer die son gaan sien opkom, gaan jy nog ‘n werk he? wat gaan van jou kinders word? hoeveel boere is weer vermoor? wat is nou weer aan die brand gesteek? en . . . . . . . . . . so gaan dit dag vir dag om te lewe in Sodom and Gomorrah! Al waaroor hy slapelose nagte het is ESKOM?

Andre ·

Iemand bring n maatskappy se skuld af vanaf R496 biljoen na R401 biljoen in 18 maande!!!! Enige iemand wat so iets regkry, is n wenner in my oe!
Groen, geel, pienk of pers! Net baie jammer die BBC het oogklappe aan en sien net die loadshedding wat veroorsaak is deur hulle regering! Net soos hulle maintenance op die kragstasies – kortsigtig, moenie worry oor more nie, solank ons nou het!

Martie Smartie ·

Se De Ruyter self so, of het jy geouditeerde finansiele state bestudeer wat dit se?

annie ·

Die vraag is waarom De Ruiter ea weg moet wees. Om weer soos voorheen aan te dons en veral noudat geld vir nuwe kragopwekking beskikbaar gaan word, wil baie handjies weer uit die vol geldsakkie skep. Afrika is ‘n donker plek en donker gedagtes en drome broei in donker plekke. Hulle soek nie regtig lig nie, maar iets heel anders.

Jakes ·

Die gemors waarin Eskom hom bevind sloer al vir jare en die redes is legeo. Eskom het soos meeste ander staatsentiteite hopeloos teveel werknemers en is kader ontplooiing reeds jare die norm en natuurlik is onbevoegdheid die hoof rede. Ramaphosa gee egter geen voorneme om n plan op die tafel te sit wat n ommekeer sal bewerkstellig by Eskom nie. Maar wat verwag n mens dan anders van die ANC?

Kobus ·

As ek reg onthou,het die probleme jare gelede gebeur toe Derik Hanekom vaniut sy vakansiehuis oorsee laat weet het die oorsaak is ‘n los bout of moer by Koeberg. Toe kom Zuma en Guptas, daarmee saam Molfe ens ens. Nou moet de Ruiter vingers klap en alles is reg. Die kultuur van nie-betaling wat deel van die ANC leerskool is, is Cum Laude geslaag en word steeds met groot sukses toegepas. Wat my egter verbaas is die feit dat mnr de Ruiter se dat hy hulp sal verwelkom. My vraag mnr de Ruiter,waarom is mnr Ted Blom nie deel van u struktuur nie?

Elize ·

Hoekom de Ruyter in die pad steek? Hy begin nou eers die punt van die verrotting uitroei. Ek dink hierdie korrupsie gaan baie dieper as wat enigeen dink. Die president se hy le snags wakker oor Eskom. Ek wonder hoe die arme de Ruyter slaap?

anniekiewiet ·

Ek begin wonder om watter rede daardie president oor escom wakker lê. Is hy bekommerd dat Mnr de Ruiter al die korrupsie gaan oopkrap?

Etienne ·

Ramaphosa wakkerlê? Asseblief… hy lê sy bank rekeninge en tel

TO ·

Dis so belaglik dat koppe moet rol elke keer as dinge nie uitwerk. De ruyter het ‘n mpy oorgeneem wat vrot is van korrupte, lui, onverantwoordelike, onopgeleide nuttelose werkers. Hy het nie ‘n towerstaffie om die agteruitgang van die skelm goed reg te toor nie.

Jr ·

BBC blame everyone except your same party that benefits your lifestyles. Nobody whether black, white, chinese, japanese, cuban, de Ruyter will fix Eskom. It is TOO FAR DAMAGED. BUT you can’t understand that

SjN ·

28 Jaar se verval en plundering kan nie oornag herstel word nie, eerstens stop die diefstal en verminder onproduktiewe oorbetaalde kaders om te begin.

Dries ·

Ek onthou nog duidelik die koerantberigte DUISENDE BLANKE ESKOM INGENIEURS KRY TREKPAS

Papsak ·

Ja ek wonder ook hoekom le hy nou kastig wakker oor die krag probleem moenie se hy worrie regtig oor ons en die loadshedding nie dit vat nie regtig aan hom nie want hy het genoeg krag en alles so wat le hy nou voor wakker

Andries ·

Ek kan dalk net kliphard lag as die BBC wil voorstel dat hulle ‘n beter kandidaat het wat die probleem kan oplos. Gaan “hulle” in twee jaar al die instandhouding wat sedert 2009 nagelaat is om te doen kan opvang. Onmoontlik. Indien ESKOM nie hulp van privaat sektor kry en privaat kragopwekking in die “grid” toelaat nie gaan die probleem nog 25 jaar met ons wees.

Swerwer ·

Ag genade, wanneer gaan die BBC besef dat die ANC verantwoordelik is vir Eskom se probleme.

Catherina ·

Bly daaroor. Hulle probeer Eskom regruk maar gaan jare neem

Michael ·

Interessant toe Zuma hom aanstel as voorsitter van die kommissie om Eksdom reg te ruk toe het hy rustig geslaap. Hy moet bedank want hy is manalleen die grootste gevaar vir hierdie land se toekoms-hy sal niemand afdank nie want hy is deel van die onbevoegde spul kaders

SlinkseKoljander ·

HahAHAhahA, hy verloor nie een sekonde slaap oor Eskom nie. lieg weer soos enige ander tyd wat hy sy mond oopmaak.

Pietertjie ·

Pleks hy lê wakker oor al die skade wat die ANC al aangerig het.

JohanR ·

Le hy in die donkerte wakker, of met ‘n kers? Ou Cyril kan ons se jy is nog slegter as Jacob Zuma, of ten minste gelyk sleg?

anniekiewiet ·

Ek onthou dat ‘n swart kollega vir my gesê het: julle wit mense gaan nog lang trane huil oor ramaphosa want hy is ‘n skelm….

Ben ·

Die oplossing is eenvoudig. Begin deur al die onwettige konneksies te diskonnekteer. Dan sal daar waarskynlik genoeg krag vir die betalende mense wees, plus n oorskot wat aan buurlande verkoop kan word om die skuld nog vinniger terug te betaal, en om die nodige herstelwerk te doen.

Maar dit sal natuurlik nie gebeur nie want die ANC moet gratis krag en toelae aan die massas gee om hulle stemme te kry, soos ons so pas weer gesien het.

Althes ·

Black Business Council wie se uiters rassisties en polities nie korrek is nie, se kritiek is ongegrond.
De Ruyter en Kie het ñ misoes van Eskom oorgeneem nadat gierige, magshonger werknemers en kaderontplooing dit vernietig het.

Jannie van Niekerk ·

Troos jou daaraan mnr Ramaphosa: Eskom het onder ANC bestuur iets soos “TimeTravel” na die verlede uitgevind. Ons “travel” in Suid Afrika terug in tyd tot voor 1652.

Jo ·

Mr Rhamaposa is die enigste man in die land wat ligte het – dit is hoekom hy nie kan slaap nie! Hy moet die ligte afskakel!

Malan ·

Die Black Business Council (BBC) is bloot per definisie rassisties. Wie wil hulle aan die hoof van Eskom hê? Dit bloot ‘n rasaanval en niks anders nie.

Wiehan ·

Al wat Eskom sal red is as die hele bleddie spul bedank. Maak die deure toe. Die land is klaar donker en ons nou al gewoond aan kerse. En jy hoef nie TV lisensie te betaal nie want daar is nie TV’s wat met parrafien werk nie.

anniekiewiet ·

Ons het nou nog krag tussen die beurte donkertes. As dit nie vir André de R was nie, het ons glad nie meer enige krag gehad nie. Laat my wonder of die BBC en kie deel is van die antikolonialisasie groepe. Hulle wil mos nie krag ens hê nie.

Martie Smartie ·

Onthou mense, wat Cyrrriiillll nie besef nie is dat Eskom n reuseskip is wat klaar halfpad gesink het. Kapt De Ruyter kan nie keer dat die skip heeltemal sink nie. Te veel matrose wat muit, ander wat dronk rondle, ander plunder (ANC matrose) and die res is al verdrink.

Anthony ·

As die President soveel krag onderbreekings as die gemiddelde persoon ervaar sonder n krag opwekker, dan glo ek hy sal onmiddelik alles los en sy persoonlike aandag by Eskom se bestuur en plekke bestee. Dit sal ver gaan om te help om of (i) die korrupsie (en al die onheil wat daar heers) uit te sort sodat dit weer Eskom kan wees wat die land op trosts kan wees of (ii) weg bly en te beaam wat daar gebeur en ons verder die donkerte in dryf sodat korrupsie en onheil nog verder kan seevier. Ons eie “Sound of Silence” kragkreet uit na die wereld

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.