Ramaphosa lees ook ‘The President’s Keepers’

Omslag van The President’s Keepers (NB Uitgewers)

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag aan die Nasionale Vergadering gesê hy lees ook die topverkoper boek deur ondersoekende joernalis Jacques Pauw, The President’s Keepers, ʼn onthulling van die Zuma-administrasie wat die Staatsveiligheidsagentskap wil verbied.

In reaksie op ʼn vraag van DA-hoofsweep John Steenhuisen, het Ramaphosa gesê dit is nog te vroeg vir hom om te sê of hy saamstem met die idee dat die boek verbied moet word, want hy het nog nie die boek klaar gelees nie.

“Ek lees ook die boek en dit is moontlik dat die agbare leier van die opposisie ver vooruit is, want ek dink hy lees dit in die bed … ek het nie daardie luukse nie,” het hy gesê.

Ramaphosa het gesê hy is dus nog nie in ʼn posisie om te sê of die boek verbied moet word nie, maar as ʼn algemene reël glo hy “mens moet nooit regtig die media snoer nie”.

Steenhuizen wou weet of Ramaphosa met die SVA saamstem om Pauw te dwing om die boek terug te trek. ʼn Skrywe is op 1 November aan die outeur gerig en hy is met strafregtelike klagtes gedreig indien hy dit sou ignoreer.

Pauw en sy uitgewers, NB Uitgewers, het gesê hulle sal nie die boek terugtrek of enige aspek van die boek verander nie. Die boek onthul ʼn web van korrupsie rondom die president.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hendrik ·

Hy is een van die wat ou dubbelkop asn bewind hou! Skelm drenkeling!

Basjan ·

Wat gaan dit help om die boek nóú te verbied? Daar is reeds duisende daarvan gedruk én versprei. ‘n Verdere oplaag daarvan is reeds beplan.

jan_alleman ·

cyril lees bietjie stadig maar dis seker beter as zuma wat bleikbaar glad nie kan lees nie

SE MAAR NET ·

Ek persoonlik dink, dit sal awesome wees as Amerika die boek vat en ‘n fliek maak daarvan.
Dan sal dit nog meer publisieteit kry. En dit sal ‘n goeie riller uit maak…

Snip ·

@Se maar net, jy maak my nou skoon opgewonde. Jip, ek stem saam met jou, dis sal nice wees.

CHRISTA ·

Ek dink daai fliek sal AL die Oscars (nie Pistorius nie!!) wen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.