Ramaphosa lewer staatsrede in Kaapstad

Staatsrede 2019 (Foto: Chantall Presence/ANA)

President Cyril Ramaphosa het by die parlement in Kaapstad aangekom om sy tweede staatsrede te lewer.

Ramaphosa en sy vrou, Tshepo, is Donderdagaand kort voor 19:00 deur speaker Baleka Mbete verwelkom en gegroet deur ʼn saluut van 21 skote en ʼn verbyvlug deur die Suid-Afrikaanse Lugmag.

Ramaphosa het sy toespraak op ‘n humoristiese noot begin en ‘n staaltjie vertel dat hy en Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, saam ‘n liedjie sal sing as die EFF die verkiesing in 2019 sou wen. Malema wou Ramaphosa glo tydens sy eerste staatsrede oorreed om Hugh Masekela se bekende lied, “Thuma Mina”, te sing. “Ek het toevallig ook met [leier van die Demokratiese Alliansie] Mmusi Maimane gesels en hom genooi om by ons musiekgroep aan te sluit. As die EFF wen, dan sal ons vir hom sing.”

Die EFF het vroeër gedreig om die vergadering in ʼn vraag-en-antwoord-sessie te verander en te eis dat Ramaphosa antwoorde gee oor sy beweerde betrokkenheid by Bosasa-ongerymdhede. Ramaphosa het na bewering R500 000 van die maatskappy ontvang tydens sy veldtog om as president van die ANC verkies te word.

ʼn Tweede staatsrede vir 2019 sal volg ná die algemene verkiesing vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andre Stander ·

Goed om te sien die weermag het nog 21 patrone om te vuur, en skynbaar vliegtuie (diensbaar en met brandstof) vir verbyvlugte…

Jacques ·

Ek sien Sisulu het ‘n nuwe kapsel. Die een lyk nie so deurmekaar soos die voriges nie.
Afgesien van die ou mense wat sit en slaap het, was daar nie veel meer om oor te kommentaar nie. Ek moet erken, ek moes myself deur die vervelige toespraak knyp om oe oop te hou.

Donderstorm ·

Hy praat so amper of hy almal in die land insluit maar ons weet van beter en hy noem nie eens hoerskool direhoek nie en wat gebeur het n tragedie is nie hy se ons wel hy gaan ons nog meer tax ons is nie goed genoeg nie maar ons geld is hy sing n mooi liedjie vir sy kiesers.

nabetragting ·

‘n Baie goeie en ‘n dinamiese toekomsvisie, maar ‘n paar drastiese aanpassings in die samestelling van die komitees wat hom moet adviseur is van kardinale belang.

Die enigste maatstaf by die samestelling van die komitees moet wees dat net die beste, betroubaarste en mense van integriteit en kennis aangestel word om hierdie visie vir SA te laat realiseer. Rassekotas moet op alle terreine verban word.

Veronica ·

Net n vraag? Hoekom die verkiesings datum kies vir n Vrydag. Baie mense werk het hulle doen en late kinders op skool ens. Baie studente is gerigistreer in hulle tuis dorpe. Gaan hy dan dit n vakansiedag maak sodat elkeen daarby kan baat.

Stemmer ·

8 Mei is op ‘n Woensdag (soos alle belangrike stemdae) en nie op ‘n Vrydag nie. Stemdag word ook altyd as ‘n publieke vakansiedag verklaar sodat almal kan gaan stem. As dit op ‘n Vrydag sou wees, sou almal ‘n langnaweek daarvan maak en iewers gaan uitspan het eerder as om te gaan stem.

Saartjie ·

Goeie vraag, Veronica!

Waarom nie verkiesings tydens naweke hou nie en dan sommer Saterdag en Sondag daarvoor toelaat nie?

Johanna Botha ·

So bly die klem is nou vorentoe kyk as om heeltyd terug te kyk en almal uit die verlede te blameer en hy het almal probeer insluit !

Nikita ·

Ja nee kyk..net weer promises..promises..promises..soos bullets in mens se ore. Al vir 25 jaar lank! Ons loop lankel nie meer met perels op ons oe nie. The expropriation without compensation-genie is out of the bottle, and it ain’t going back. Maar by gese die Westerse lande het gepraat..BEE wette moet verslap word..korrupsie moet end kry..plaasmoorde moet stop en CR beter hierdie beleggers te vrede hou. CR moet mooi dink wat se boliie hulle in art 25 gaan in krap..die anc moet besef daar is groter magte as hulle wat ook die sweep kan klap!

Schalk ·

CR voor julle nie onbevoegdes fire nie sal julle nie mas opkom nie.Stel bevoegde eerlike landsburgers nie geskiedkundiges wat oral fout soek behalwe by hulself nie.Solank as swartmense dink geld kan armoede oplos is daar n probleem .Slegs produktiwiteit sal dif oplos.Regeer sonder rewolwer teen die kop en neem nugter besluite.

Schalk ·

Jy sal verbaas wees hier is gister aand so tien ratels verby Kaap se kant toe op n trein ek het video.Wonder of dit n verkope is maar nogal roepseine op kant.

B ·

Wie skryf gewoonlik die toesprake vir voorlees?

(Ernstige vraag)

jakes ·

Dis maar n tipiese voorverkiesings toespraak gewees om stemme te koop. CR het volgens hom per toeval die vorige dag vir Malema ontmoet. Dis twak man, hy het Malema spesiaal gaan smeek om nie sy toespraak te ontwrig nie en wonder maar wat CR hom belowe het. N mens hoef net n halwe breinsel te he om dit te bepaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.