Ramaphosa, Macron verenig in siening oor entstof

Frankryk se pres. Emmanuel Macron en pres. Cyril Ramaphosa Vrydag in Pretoria. (Foto: GCIS)

Die president van Frankryk, Emmanuel Macron, sê armer lande betaal waarskynlik veel meer as ryker lande vir die Covid-19-entstof.

Macron het Vrydag ’n pleidooi vir gereguleerde pryse vir entstofdosisse tydens sy eerste staatsbesoek aan Suid-Afrika gemaak.

Volgens die Franse president behoort Europa en Afrika kragte saam te snoer en aan te dring op ’n algemene prysbepaling en deursigtigheid wat die prys van entstofdosisse betref.

Pres. Cyril Ramaphosa het op sy beurt gesê Suid-Afrika is moeg daarvoor om in die tou vir entstofdosisse te staan.

Pres. Emmanuel Macron tydens sy besoek aan Suid-Afrika. (Foto: GCIS)

Die presidensie het intussen in ’n verklaring gesê Macron en Ramaphosa glo dat toegang tot die entstof die sleutel tot die stryd teen Covid-19 is.

Die twee het ook tydens Macron se besoek saamgestem oor die belang daarvan om entstofproduksievermoë wêreldwyd, maar veral in Afrika, te verhoog.

Luidens die verklaring is Indië se voorstel aan die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) vir ʼn tydelike kwytskelding van patentbeskerming vir Covid-19-entstowwe ook bespreek.

“Die presidente het ingestem om voort te gaan met samewerking wat daarop gemik is om navorsing, innovasie en produksie wat verder as Covid-19 strek in Suid-Afrika en Afrika uit te brei ten einde openbare gesondheidsveiligheid op die vasteland te lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons sou nie in die tou gestaan het as jy die betaling gedoen het en voete gesleep het nie Cyril! Jy en kaders moet mos eers plunder voor enige iets gebeur

Snowball ·

Natuurlik, Afrika se armsaliges moet altyd bakhand staan vir alles want Afrika regerings troetel hulle despote- steeds kan hulle nie korrupsie en burgeroorloë in Afrika stop nie; alles wat kolonialisties is word uitgekryt en sleggesê, maar kom bedeltyd en tyd om te oes waar hulle nie saai nie, dan trap hulle lustig die Europeërs se drempels deur. En dan speel die blind gelinksde politici van Europa saam en druk hulle liefderik aan die bors. Maak mens naar..

Keith ·

Ek raai dat sy besoek eerder iets te doen het met daai Total gasaanleg in Mocambique.

Sanet ·

Dit is eintlike rede vir Macron se besoek. Dit gaan beslis oor die gasaanleg in Mosambique, (Maputo). Die “inspuiting” word maar hier as verskoning gebruik. Le Penn is besig om Macron se herverkiesing volgende jaar goed op te keil, hy moet nou alles in die stryd werp om te probeer punte “score”.

casper ·

So ja — SA is die 32e grootste land in terme van GDP net agter Israel (31). Nou hulle het klaar meer as 6 miljoen mense in ge-ent terwyl SA op 900 000 nog met hande bak staan en bedel.
Ek hoor SA veg vir die vervaardiging van entstof.
Waar is die Army, Vloot en Lugmag — Stuur hulle in om te help veg !!!

Joe Olivier ·

Hierdie kerel met die groot ogies, is seker die rykste bedelaar wat ek ken.

annie ·

Onthou, wie se saak eintlik deur Cyril bepleit word, Indiè. Dit is die mense wat ons (mediese) bedrywe bestuur en nou ook die resepte soek vir die moeti. Dan kan ons Indiè eerder betaal vir die entstof. Hulle is ‘n voorbok in generiese medisyne en ander diverse ondernemings wat na goud ruik. Nog ‘n prez wat val vir hul grap?

Pieter ·

Hoe wil jy n land best as jy net graad twee het. Julle anc is n skande vir die land gaan orals in afrika so waar julle klomp komuniste is.

Daniël ·

…Ek moet sê ek is verbaas & beïndruk dat Ramaphosa vir Macron verduidelik oor die Voortrekkermonument in die video – Die kans is seker goed dat hy dit vir ander wêreldleiers ook uitwys tydens hul besoeke…

My siening ·

Ja jy sal lank in die tou staan as jy laaste daar aankom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.