Ramaphosa meen beurtkrag nie rede tot paniek

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die verkiesingsveldtog in Kaapstad. Foto: Henk Kruger/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners versoek om nie paniekerig te raak oor Eskom wat beurtkrag toepas nie.

Ramaphosa het tydens ʼn verkiesingsveldtog in Kaapstad gesê die regering is op ʼn daaglikse basis gemoeid met die Eskom-kwessie.

“Bewerings van sabotasie is gemaak en dit word ondersoek. Ons moet terselfdertyd die kragnetwerk stabiliseer.”

Volgens Ramaphosa het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, hom ingelig dat die kraglyn tussen Cahora Bassa in Mosambiek en Suid-Afrika herstel is en dat dit beteken die land het ʼn bykomende 900 MW.

“Ek wil vir die land sê dat ons nie paniekerig moet raak nie, maar hande moet vat en saam moet werk. Dit is hoekom ons op ʼn dringende basis daaraan aandag gee. Daar is niks wat meer ernstig is as om die krag te herstel nie.”

Die president het gesê die publiek ontvang al die inligting rondom die kwessie by Eskom en dat die regering deursigtig is. “Die uitdagings by Eskom spuit voort uit die onlangse verlede. Baie mense is daarvan bewus dat baie verkeerde dinge, soos misdrywe, korrupsie en staatskaping by Eskom aangegaan het,” het Ramaphosa gesê.

Dit kom nadat die DA en die VF Plus die regering versoek het om deursigtig te wees oor die situasie by Eskom.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy nie deursigtig is oor die volle omvang van Eskom se kragopwekking- en finansiële krisis nie. Maimane het Ramaphosa skriftelik versoek om die volle omvang van die krisis bekend te maak, insluitend Eskom se totale skuld en die afbetalingsooreenkomste daarvan.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het gesê die party sal so gou moontlik ʼn gesprek voer met Gordhan om hom te versoek om oop kaarte met die publiek oor die Eskom-situasie te speel.

“Indien daar ʼn waarskynlikheid is dat die netwerk wel op ʼn beheersde of onbeheersde wyse in duie kan stort, moet Eskom dit erken. Die publiek het die reg om te weet wat is die persentasie van waarskynlikheid dat so iets kan gebeur om hulle daarop voor te berei.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Bwhahahaha bwhahahaha ·

Bwhahahaha bwhahahaha, ai hoe laat hy my nou lag.

AI. ·

Dit is al wat ek kon doen… jammer…
Bwahahaaaaaa haaa..ai die clueless mense.. ek het sommer n traan in my oge..

Melanie ·

Sorg dat hy geen krag en water het nie en sien hoe gou gil die man.

Ralph ·

Ja hy sal goed weet. Hyself, sy swaers Radebe en Motsepe speel Eskom tot hul eie voordeel. Zondo moet die drie manskap ook n bietjie laat sing. Of sal dit die cANCer kapers totaal uitwis?

KrokodilBotha ·

Ons kan ook die DA bedank vir hulle jare se ondersteuning van BEE en regstellende aksies ensv. Nog erger is dat die blankes sien al jare die vrot, maar stem steeds daarvoor. Kan nie net die ANC aleenlik blameer nie. Cr smile, want hy weet daars baie pampoene buite sy party, naamlik die DA wat net so skuldig is aan die verval van die land.

Pieter ·

Ek “pale, male and stale” kan nie meer ‘n werk in SA kry nie. Eskom en die staat sal alles in hulle vermoë doen om ons nie werk te gee nie, al betaal hulle elders baie meer. Ek is gatvol vir SA en sy nonsens

Die Hond se Baas ·

Jy praat my taal KrokodilBotha. Net soos Bok van Blerk se song “Sing Afrikaner Sing” die Groot verraad kom van uit ons eie mense.

TN ·

Ek het jou vroeër mooi vertel wat jy praat maar hierdie siele wou dit nie plaas nie __ ek is egter seker dat jy self weet .

Melanie ·

KrokodilBotha stem 100% saam met jou. En die blankes dink waaragtig waar dat moesie hulle maaitjie is.

Johann ·

Nie paniekerig raak nie? Ja CR. Jy en jou ANC trawante is GEEN rede tot.paniek nie. Jy en jou korneute was GLAD nie berrokke by die resultate van absurde onbevoegdheid en vergrype nie. ANC LEGACY!

AI TOG ·

Ja hoekom sal jy dan nou enigsins omgee?? Jy het mos krag by jou huis!

Snowball ·

Chris Yelland (energie ekspert) beweer beurtkrag kos SA, so 1biljoen per fase…..so, nie rede tot paniek nie?
Dan natuurlik moet jy kan Wiskunde doen en die Ekonomie verstaan om die impak te besef, so vir sekeres sal niks ooit rede tot paniek wees nie…

Papal ·

Ek gee nie om wat die man sê nie. Ons betaal vir n diens wat nie gelewer word nie, dt is waaroor dt gaan.

Paaries ·

Sal iemand tog net die agbare president bedag maak daarop dat daar ‘n hemelsbreë verskil is tussen sabotasie en wiele wat afval weens regstellende aksie.

Elsje ·

Ons krag is nou al vir 12 ure af en dit is nie die eerste maal nie.
Ek is so siek vir hom en sy maatjies.

Willie ·

Cahora Bassa kraglyn is herstel!!! Net weereens ñ bewys jy kan die man nie glo nie!

Louis leeu ·

Geen rede tot paniek , natuurlik die generator s by sy huise is gekoop en word onderhou met ons belasting geld

Michael ·

Nou dat hulle baie sleg lyk oor eskom nou is dit skielik handtjies vas hou en more word wit mense die heeltyd van rassisme beskuldig. En hoe kan hy se dit is nie rede tot paniek nie. Van watse bladsy werk die man af. Of sy pille is op. Alles val uitmekaar en hy se dit HALIHA.

fred ·

nou weet hy als van beurtkrag…jare het hy saam met die korrupte Zuma getoy..getoy….maar van hierdie jare van korrupsie het hy niks geweet nie….onbetroubaar…kan hom met niks vertrou nie….

Marinda ·

Wil graag weet waarom Kaapstad en Newcastle vrygestel is van beurtkrag? Ons veiligheid in Gauteng word ook bedreig as daar nie krag is nie. Daar is ook swaar verkeer in Gauteng.

Johanna Botha ·

Ag nee kyk hier is net geen salf aan die situasie te smeer ….die hele land is rede tot kommer groot meneer !

Thinus ·

Nee geagte president, julle onbevoegde en korrupte regering is rede vir paniek. Julle verstaan nie watter skade dit op die ekonomie het nie want julle verstaan nie die kompleksiteit van die moderne ekonomie nie. Daarom dat als uitmekaar uit val.

Ella ·

hy beleef niks wat ons deurgaan nie. en beurtkrag geld ok net vir ons. wie hom nog gloin al die snert wat hy kwytraak.. leef in lalaland.

Reg ·

Hierdie is lekker politieke speelbal. Gaan vur lank aanhou. Het jy al enige aanhanger hoor kla- nee.

Nel ·

Nes Zuma; … hy kekkel-lag net nie soos sy voorganger nie, maar het dieselfde irriterende en alewige ‘don’t worry, be happy’- houding/smile tot alles.

Titanic panic ·

The captain of the Titanic said “no need for panic”

Waarheid ·

Ag asseblief..die skepsel maak my siek met sy leuens…..

Siener van Melbourne ·

Ag ou Squirrel Rampokker, wake up, your coffee is cold.

Gemaskerde Sopbeen ·

“Bewerings van sabotasie is gemaak, en dit word ondersoek…” Bewerings van patetisme, nepotisme en korrupsie is ook gemaak………As als nou “ondersoek” is, wat dan?

Elizabeth ·

Geen rede tot kommer: Ventersdorp nou 40 ure sonder krag, 24 uur sonder water. Geen reëlings getref om inwonders van water te voorsien nie (die krane is darem nou weer vol, maar krag steeds af). Niemand sê niks nie, munisipale kantore was Vrydag gesluit … maar moenie worrie nie, ouens kragteloosheid is die nuwe normaal, staan saam en hou handjies vas in die donker! Intussen is winkels gesluit, niemand kan niks koop nie, groot besighede sal moet sluit, maar toemaar ouens, die anc maak alles reg!

Ben ·

Dit neem 20 Jaar op ‘n Kern Krag stasie op te rig. Wat nog van die onvoorsiene kostes? Die man (CR) lewe in ‘n droom wêreld wat binnekort hom en sy kaders hart gaan byt. Teen daardie tyd is CR glad nie meer die President nie.

Piet kokewiet ·

Ek hoop net nie malema word president nie kan net imagine wat sal van die plek word in n dag

Positief ·

Ek was nog nooit paniekerig oor beurtkrag nie! Die gedeelte in Bloemfontein waar ek bly het byna nooit beurtkrag nie – ek vermoed iemand druk die verkeerde knoppies en in die geval is onkunde ons voordeel.

Dom blond ·

Wees verseker een van die “hoë ge-agtes” se familie lede of boesem vriendinne bly naby jou.. in Doornpoort is daar ook so gedeelte..

Oom Kalahari ·

Paddaman voel vere solank hy dink hy het met breinloses te doene. Valse stem beloftes en wit kritiek en verswakkings strategieë van die wittes hou hom in die groot stoel van korrupsie en baie geld.

Gert van Wierdapark ·

Die rondskuif van die stoele (deck chairs) op die a en see se bootjie, “Panic Stations Zero” is besig om spoed op te tel voor die verkiesing! Kom 9 Mei 2019 en die 55,5% CR-meerderheidstem vier weer fees op (ou) lee beloftes en die Soustrein geniet reg van weg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.