Ramaphosa, ministers op pad na China

Pres. Cyril Ramaphosa. Argieffoto

Pres. Cyril Rampahosa is op pad China toe vir ʼn staatsbesoek aan pres. Xi Jinping in Beijing, het die presidensie Saterdag gesê.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê Ramaphosa sal die besoek gebruik as deel van sy veldtog om beleggings na die Suid-Afrikaanse ekonomie te lok om ekonomiese groei en werkskepping aan te moedig. “Die president sal Suid-Afrika posisioneer as ʼn aanloklike bestemming vir Chinese beleggers, terwyl hy terselfdertyd geleenthede vir Suid-Afrikaanse maatskappye skep om met die Chinese ekonomie sake te doen deur handel en beleggings.”

Ramaphosa se besoek aan China is op uitnodiging van pres. Xi Jinping en kom ná die Chinese president se besoek aan Suid-Afrika op 24 Julie vanjaar.

Volgens die presidensie sal Ramaphosa tydens sy besoek ʼn krans lê by die Monument van Mense se Helde in Tiananmen-plein ter herinnering aan dié wat hul lewens verloor het in die Chinese volk se oorloë om bevryding, onafhanklikheid en vryheid.

Ramaphosa sal daarna met premier Li Keqiang by die Diaoyutai-staatsgastehuis vergader voordat hy ʼn verwelkomingseremonie by die Groot Saal van die Mense sal bywoon.

Ramaphosa sal ook die beraad van die Forum vir China-Afrika-Samewerking op 3 en 4 September bywoon en hier as medevoorsitter optree.

Ramaphosa word deur sy vrou, Tshepo Motsepe, vergesel, asook Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en onderrig, Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Edna Molewa, minister van omgewingsake, Gugile Nkwinti, minister van water en sanitasie, Blade Nzimande, minister van vervoer, Derek Hanekom, minister van toerisme, Nhlanhla Nene, minister van finansies, Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van wetenskap en tegnologie, Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, Bheki Cele, minister van polisie en Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Moet ‘n groot party wees, want die hele ANC kabinet gaan saam. Hoop Cyril verkwansel Eskom nou finaal aan die Chinese. Dit kan net tot voordeel van SA wees en is ‘n baie beter roep as ‘n ooreenkoms met die Russe, soos Zuma dit wou hê.

Harry ·

‘n Groot groep SA besigheidsmanne en ministers het China hierdie week reeds besoek. Jammer om jou in te lig, maar Zuma het ongelukkig reeds ‘n geheime kernooreenkoms met die russe beklink en dit moet op ‘n bepaalde stadium voortgaan, maar min mense weet hiervan – dis hoekom Eskom nooit opgehou het met die nuwe kernkragprojek nie.

Jan van Houwelingen ·

Ik heb nog nie zón groot groep ministers van regering op staatsbezoek zien gaan nie.
Hier van Nederland gaan amper drie ministers mee op handelsmissie of staatsbezoek

HPV ·

Wonderlik! Dink net ons is vir ‘n paar dae sonder die regime, dit kan net beter gaan!

Karoodonkie ·

Ai, die trippie gaan ons baie geld kos. En baie van ons moet juis derduisende belasting inbetaal hierdie jaar sodat daar geld is vir al die vakansies.

Chris ·

So word die helle kabinet van China se afrika provinsie ontbied deur die Chinese president. Nou is dit kwansuis n handels ooreenkoms bemarkings missie. Wat is daar nog van China wat nie hier in die Republiek van CSA beskikbaar is nie. Dit is sekermaar net n ander vorm van staatskaping.

John ·

Sjoe, die pap word dik aangemaak. Hierdie soort verwelkoming vir ‘n klein landjie wat skaars op die wereld se ekonomiese padkaart aangedui word, se net een ding: Ons moet iets he wat hulle graag wil he. Binnekort word ‘n Sjina-Afrika-ekonomiese beraad gehou, maar SA wil skynbaar eerste skep… Hoe lui die spreekwoord… iets soos tussen die lepel en die mond val die pap op die grond…?

Nikita ·

Jip dis reg, en die weermag se intelligensie afdeling, Verdedigingsinligting het n spioenasiebus ter waarde van R30 miljoen uit China ingevoer…die swart spioenasiebus het 2 maande terug in die Durbanse hawe aangekom. Dis n voertuig wat die weermag die vermoe gee om selfoonoproepe af te luister. Dit kom daarop neer dat SA op sy eie mense en sake- ondernemings namens China kan spioeneer. Dit kan glo selfs oproepe onderdruk of ontvangs beduiwel. Hulle wil n militere samewerking tussen China en SA lyk my verskerp. Die Chinese eye SA al lankal. Vertrou hierdie geel nasie niks nie!

Wat nog ·

China doen niks sonder ‘n agenda nie. Hul land is te klein vir hul bevolking. Die regering besef nie waarmee hul besig is nie. Moet nie hoop hul neem Eskom oor nie. Dit gaan vir hul ‘n voet in die deur gee.

CWS ·

Jinnetjie tog…nou gaan malema in parlement sit….????as almal moet saam….chaos??

Ou Afrika Vark van Wonderfontein ·

Ek kan eenvoudig nie verstaan waarom die leiers van byvoorbeeld die drie grootste opposisiepartye nie deur die president genooi is om saam te gaan nie? Vir my sou sodanige uitnodiging spreek van staatsmanskap en politieke volwassenheid.

M'Lady ·

Wat gaan soek Edna Molewa daar? Seker om renoster horings en leeu bene te gaan verkwansel. Hierdie besoek hou niks goeds in vir die wildlewe nie.

TLC ·

Jong ek ruik mos nou n vervolg van n ander soort gupta sage
En daai kant is hondevleis mos ook op die spyskaart
O nee jig

Jan ·

As die kat weg is, is die muis baas! Iets wat ons wil verander terwyl ons kan?

Nee nee ·

Grond -= minerale , dis al wat Chinese soek , en die grond gaan nie bewerk word nie , omgeploeg word en gemyn word soos oral in afrika

ferdi ·

Di Chinese gebruik di plase wat hul huur van boere om onwettige fabrieke op te rig vir di vervaardiging van onwettige alkohol wat bitter gevaarlik is

John ·

Vir diegene wat graag met ‘n hoofpyn wil gaan slaap, lees gerus RT news se artikel oor die IMF se goedkeuring van die ANC se plan vir grondgrype sonder vergoeding in SA. Daar is ‘n heftige bespreking van die situasie en oor finansiele instellings se dubbele standaarde; insigggewende kommentaar van gewone buitestaanders.

lewies ·

Moenie julle maskers vergeet nie Dames en here, want: “As jy na Rome gaan, maak jy soos die Romeine se die spreekwoord”

lewies ·

Moenie julle maskers vergeet nie dames en here, want: “As jy in Rome is, maak jy soos die Romeine, se die spreekwoord”

Gemaskerde Sopbeen ·

Hulle’s besig om die volgende generasie kolonialiste in te nooi……….en hulle verstaan dit nie.

Ben ·

Kyk wie gaan saam! Hulle is besig om die Westerse wêreld uit te skud. Onteiening sonder vergoeding is deel van die strategie en dit lyk of die weste se geldmag daaraan meedoen. Wanneer Suid-Afrika soos Zim lyk, staan hulle nader en bepaal die nuwe orde. Die Rand sal waardeloos wees en sal vervang word met ‘n ander geldeenheid. Almal van ons se pensioene, polisse en spaargeld sal waadeloos wees. Die groot gelykmaker!

Johan ·

Sou US besluit met sanksies sal dit nie ons Nr 1 veel pla nie. Hulle kry mos nou groot steun van China en UK. Daai is meer n ” sou ek voortgaan met grond planne” sal julle ons finansieel steun besoekie. Hoekom 2 keer mekaar besoek in so kort periode?

jaco ·

ek hoop dat hulle terwyl hulle in china is, sommer die volgende ook daar leer:
China is ‘n land SONDER:
stakings
plakkerskampe
beurtkrag
vuil swak staatshospitale
swak lae standaard onderwys
hoogste misdaad in die wereld (China pas die doodstraf gemiddeld 1000 maal per jaar toe)

gino ·

china is ook n land wat van slawe arbeid gebruik maak en n land waar die vroulike geslag as minder as niks werd is. waar pasgebore baba dogtertjies soos vuilgoed weggegooi word. nee sies.

marco polo ·

Hier is darem n klomp oningeligte mense. Ek was Donderdag op n vlug van Hong Kong na Hangzhou in China en van die diplomatieke protokol personeel van Ramaphosa was sasm met my op die vlug, in ekonomiese klas. Een het langs my gesit en ons het lekker gesels. Daar is n groot jaarlikse ekonomiese konferensie wat deur Afrika lande bygewoon word en China is die gasheer. Dit gaan oor besigheid en geld maak. Ek woon in China en kan julle belowe hier is genoeg grond, die Chinese soek nie eiendom in Afrika nie, net besigheidsgeleenthede om hulle ekonomie aan die gang te hou en hulle invloed in die wereld te versterk. Maroela, ek hoop julle plaas my kommentaar, want ek sien julle plaas nie my kommentaar wanneer dit die algemene bygelowigheid teenoor China weerspreek nie.

Snowball ·

Bygelowigheid het niks te make met die wantroue in hierdie nasie nie, want as jy vir een oomblik dink dit gaan vir SA ten goede uitwerk, dink weer, jy bevestig dan self, dit gaan oor besigheid en CHINA se beheer, nie oor SA nie. As ons ‘n gelyke moondheid was, was dit ‘n ander saak, nou is ons ‘n land met ‘n sukkelende ekonomie, met ‘n desperate ANC wat enige iets sal doen en moet doen vir investering om aan die bewind kan te bly, voorwaar ‘n onbenydenswaardige posisie by enige handelsooreenkoms wanneer jy hoedjie in die hand kom staan vir hand outs. Die greep versterk soos dit China pas, en SA en sy mense gaan op een of ander manier die prys betaal.

marco polo ·

snowball, jy moet dalk die probleem by jou regering soek, nie vir China die skuld gee nie

Snowball ·

@marco polo, Ongelukkig die regering van die meerderheid, nie my keuse nie, maar dit laat my nie blind vir die gevolge vir die land wat ek liefhet nie. China is ongetwyfeld ongenaakbaar, gaan kyk gerus hoe lyk Tibet!

coisers ·

Werk in Afrika n hele paar jare en dis nou net om te bevestig “MADE IN CHINA” het die suidpunt bereik……….

marco polo ·

snowball, inderdaad Tibet. Waar die lewensverwagting verdubbel het nadat die Chinese regering dit in 1954 bevry het van n feudale slawerny onder beheer van die dalai lama en sy makkers. Waar daar nou moderne infrastruktuur is. Die Amerikaners wou so graag n vastrapplek daar he en het ons allerhande stories vertel. Die China van vandag is lankal nie meer die Rooi Gevaar waarmee ons gebreinspoel is nie.

Anton ·

Die Sjinese besit die ANC en hulle besit ook Suidelike Afrika. Die Sjinese besit genoeg van die wereld ekonomie om die IMF te forseer om eiendomsreg in SA te verdoem. Die enigste mense wat nog in hul pad staan is die Afrikaners. Die Britte het so die wereld manipuleer in die Boereoorlog tyd en het ons kom moor vir goud en diamante. Die Afrikaner is vandag verwater en verswak en is daar net n klein molekule sterk Afrikaner oor op plaasgrond wat nou uitgemoor word vir weereens minerale. Afrikaner sal moet saamstaan en veg tot die dood vir die landsgrond wat soveel van ons bloed bevat. Maar hoe? Hoe gaan Afrikaner saamloop op een maat. Het Afrikaner-geledere nie meer n de la Rey nie? Is ons almal van Smuts faam?

Bison ·

Die ja stemmers moet omkom. Net jammer so baie is nou al in die graf en kan die verrigtinge nie saam die onskuldiges geniet nie.

Henk du Toit ·

Van Gupta na Jinping. O droewige land, o gekaapte land sal jy bly. Moet vir geen oomblik dink dat dit met jou beter sal gaan nie witman, o nee. Onthou julle dat Chinese ook tel onder die voorheen benadeeldes en deel kan wees van regstellende aksie? As die eerste Chinese weermagbasis hier opgaan het ons (dan puppet government) regering niks meer te vrese van die Weste nie. Dan sal Nasionalisering van plase, banke, myne en privaat eiendom ongehinderd kan voortgaan. So sal ons land vewissel van eienaar, net jammer dat niemand ons laat weet dat ons onder nuwe bestuur is nie.

Neels ·

Henk jammer vir jou ontnugtering maar die nuwe bestuur nl. China is al lankal in beheer nie nou eers nie. Elke plattelandse dorp of gehuggie het hordes Chinese wat die ekonomie aan die gang moet hou. Gerugte wil dit he dat hulle nie btw. en of belasting betaal nie. Daar word fabrieke opgerig wat nie aan die minimum standaarde voldoen nie, munisipaliteite doen niks aan besoedeling nie. . Die minimum of geen regstellende werkers is in diens. Dit alles te danke aan die anc

Boy van die Suburbs ·

Hier is ‘n 2de Staatskaping oppad! Suid-Afrika is net ‘n aantreklike beleggingsgeleentheid vir die Chinese! Die res van die 1ste wêreldlande wil niks van hierdie korrupte land weet nie……

Ian ·

Ja Marco Polo. Ek stem saam met jou. Sowat van ‘n paranoise spul soos die Maroela Media lesers het ek nog selde teegekom….

fiela ·

ja die spul gierigaards het net china toe gegaan om n groter stuk van die lant te verkwansel. marco polo vertel ons van die slawe kampe i. chine and while you’re at it, vertel sommer hoeveel terminaal siek vroue en veral vroulike kinders word in chinese hospitale behandel. jy is mos die chinese kenner

marco polo ·

fiela, klink asof jy meer weet oor China as ek. Ek bly maar nog net n paar jaar in China en geniet die veilige, moderne samelewing waar mens gerespekteer en waardeer word, veral as jy n wit Suid Afrikaner is, soos meeste van die honderde SAners wat in die stede rondom my bly. Jy moet nie al die propaganda glo wat jy lees nie, elke saak het twee kante.

Arno ·

Hulle moet gaan, daar is nog vyf strate oor in Suid-Afrika wat China nog nie gekoop het nie.

Piet Pompies ·

Gedugte span van SA wat oorgaan, ons hoop die handels ooreenkomste is suksesvol en bring buitelandse kapitaal na ons land. Ontwikkeling in SA is goed vir die ekonomie en skep werks geleenthede.

HP ·

En so is ons parlement ook MADE IN CHINA.

Daai manne kom vol china planne terug…
Watch die munisipaliteite wat so uitmekaar val… Ingenieurs en tegnisie uit china om probleme te kom oplos is oppad.

Oujongvrou ·

Hulle het die besluitmaker in die land hier vergeet. Hoekom bly Malema agter

jakes ·

Die Guptas se aanslag is vir eers afgeweer maar die Chinese is n groter bedreiging. CR het geen keuse om hulle te nader vir geld nie want meeste westerse lande sal nie op grootskaal geld skenk nie. Die Chinese soek ons land met al sy hulpbronne en voor CR hom kom kry , stroom duisende Chinese die land binne en vat ons grond ens.

Ig ·

Die Chinese kan nie enige land infiltreer sonder toestemming nie. In elk geval is 80% plus van ons daaglikse gebruiks goedere van China af.

Thinus ·

Die regering gaan nou seker eers by hul meesters hoor hoe hulle hierdie grond diefstal moet deurdruk met hul kommunistiese propoganda agendas

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.