‘Ramaphosa moet amptelik praat oor plaasaanvalle’

Stefan Smit is Sondag, 2 Junie 2019, op die Louiesenhof-wynlandgoed vermoor.

TLU SA het Woensdag gesê hy wag steeds op ʼn amptelike verklaring van pres. Cyril Ramaphosa oor die vlaag plaasaanvalle waaronder die land gebuk gaan.

Dit kom nadat vandeesweek berig is dat Ramaphosa aan Dan Kriek, president van Agri SA, gesê het hy wil op hoogte bly van plaasaanvalle. “Ongelukkig bly dit ʼn uitlating tydens ʼn privaat gesprek tussen die president en ʼn individu en nie ʼn amptelike verklaring nie,” sê Bertus van der Westhuizen, voorsitter van TLU SA in die Vrystaat.

“Mnr. Kriek is nie die president se amptelike woordvoerder nie. Slegs ʼn openbare en amptelike verklaring vanuit die kantoor van die president of direk van hom af, sal vir ons aanvaarbaar wees.”

TLU SA het die afgelope maand ʼn ope brief aan die president gerig en daarin onder meer versoek dat hy ʼn verklaring uitreik waar hy misdaad en spesifiek plaasaanvalle, veroordeel. “Dit het nog nie gebeur nie,” sê Van der Westhuizen.

“Solank [Ramaphosa] huiwer om in die openbaar standpunt in te neem waar hy hierdie brutale misdade summier veroordeel, bly ons negatief teenoor sy en die regering se gesindheid oor plaasaanvalle, moorde en misdaad in die algemeen.”

Volgens Van der Westhuizen is dit nodig dat Ramaphosa ʼn amptelike standpunt oor die kwessie inneem sodat hy aan sy voornemens en beloftes gemeet kan word.

“Boere, en die publiek in die breë, is op die oomblik so kwesbaar soos ʼn duif op ʼn telefoonpaal. As president behoort mnr. Ramaphosa in die belang van die land sy staatsmanskap te openbaar deur hom sterk uit te spreek oor die misdaadsituasie,” sê Van der Westhuizen.

“Baie dankie mnr. Kriek vir jou goeie bedoelings, maar dit is nie hoe ons by TLU SA deur die president ingelig wil word nie. Slegs ʼn openbare verklaring deur die amptelike kanale van die president of sy kantoor, sal vir ons aanvaarbaar wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Budgie ·

Die Slagter van Marikana lag vir ons. Hy het nooit en sal nooit iets sê. Die verkiesing is verby ook nou, so hoekom sal hy iets wil sê?

Ekke ·

Hy wil op hoogte bly sodat hy die sukses kan meet hoe die paddas kook….
Hy sal niks sê nie, dis sy strategie.

John ·

… is hy nie? En my selfoon is dan nou spesiaal op die kriek-kriek-luitoon ingestel. Wow.
RC wil op die hoogte bly van plaasaanvalle. Is die berg nie al hoog genoeg nie?
Niks word ook gesè oor grondgrype; waarskuwings gerig nie. Die prez is duidelik die handewas-tipe… soos ou Pilatus met sy bak vol vuil water en baie duur steentjies lekker-ruik-sepies.

Frm ·

Hy wilmaar net weet of dit nog volgens plan verloop want hy moet begin ontein en daar is nog teeds te veel teenkanting.

Docpietza ·

Hy sal miskien sê wat ons wil hoor en dan gaan niks verder gedoen word nie. Dis al 25 jr so gedoen deur voorgangers.

piet piet ·

Wanneer erken die president dat diskriminasie teen minderhede is verkeerd en skrap die wette want ek het nie vertroue of respek vir n Presedent wat teen my diskrimineer nie.

Sanna ·

‘n Opsie is om usac.center/join-usac/ by aan te sluit. Sodoende kan die UN ontbied word vir beskerming.

jakes ·

CR sal nie reageer op plaasmoorde nie want hy dink nie dis belangrik of ernstig nie. Hy word betrek by korrupsie en moet nou vure doodslaan. Verder is dit duidelik dat hy net n pion is en dat Ace Makashule en sy 5 maaitjies eintlik SA regeer.

lisa ·

hy wil weet want hy is agter dit. hoeveel boere is al vermoor? hoeveel plase is daar om te vat…

Al ·

Ek stem, die minste wat hy kan doen is om standpunt in te neem oor plaasaanvalle.
Sy voorgangers het dit ook nie gedoen nie.
Ook nie ander ANC lede nie.
Waarom nie? Is baie suspisieus.

Melanie ·

Net my opinie as die resident praat daaroor sal hy dan herken hy het vir oorsee se beleggers gejok om tesê daar is nie so iets soos plaasaanvalle nie.En dit sal beleggers se vertroue verloor en hom in ‘n slegte lig plaas.Daar moet na boere se veiligheid gekyk word.

Arie ·

Ramaposa ondersteun die aanvallers al rede hoekom hy en die polisie niks sê oor die plaas aanvalle nie

Pierre ·

Dis weer tyd vir n swart maandag diekeer net n bietjie meer agresief.. komaan Steve help ons asb…

Tanya ·

Ag asb hy en sy volk trek net skouer op en se nou wat moet ek doen

Danie ·

Ag jong ek glo nie die President gee regtig om oor die kwessie nie. Sou al lankal iets aan dit gedoen het as dit enigsins ‘n prioriteit op sy agenda was

Gert ·

Die regering praat net met AgriSA, want hulle praat die regering na en ondersteun die “grondhervorming”. TLU het ‘n siening van sy eie, dus word hulle geïgnoreer.

ryan ·

Maar volgens hom is dit nie ‘n probleem nie. Hy kyk mos maar net weg en giggel in sy mou terwyl die bloed vloei.

Spike ·

cyril sal niks sê nie, want dan moet hy sy eie mense aanspreek. Die comrades en kaders kry lekker in hul mou.

Natan ·

Plaasaanvalle en onteiening sonder vergoeding is ANC/SAKP beleid, dateer uit die jare 1960s-80s. Vra hom liewer of hierdie beleid al uitgedien is? Ek glo nie, dus gaan dit aanhou. TLU SA beter hul benadering verander, hulle skiet in die wind.

Guve ·

CR sal niks se ni, Marikana spook ng by hom, te self behep , ons beteken niks vi hom en sy maķkers, hy is te bang vi sy makkers.

Anoniem ·

Hoe skram Jy so weg van Jou verantwoordelikheid af as Suid-Afrika se President ?

Gert van Wierdapark ·

Die Afrika Buffel se “hearing and sight” is poor, volgens definisie op Google!!! Dit sluit aan by die spreekwoord: Horende doof en Siende blind!! Say No More!!

JP ·

Ou grote Suid-Afrika wag vir jou aksie teen die volksmoord in ons land

Cyril the Squirrel ·

Amptelik praat?!!!! praat oor wat? wat gaan praat help? daar moet iets daadwerklik GEDOEN word maar ongelukkig is die polisie èn die weermag èn die ANC, EFF en BLF nikswerd nie want hulle steun die moorde, verkragtig, diefstal ens, nie. Praat gaan niks help nie. bla bla bla!

Trojaanse Donkie ·

Spike , stem 100% saam. Ons dink verniet hy gee enigsins om vir ons mense en sien ons nog steeds met die “original sin” mentaliteit wat deel is van sy lewensbeskouing en dit gaan nooit verander nie, nie solank hy leef nie! Aanvaar dit nou en berus julleself met dit.

Ek is Sam ·

Wanneer sal ons besef CR is nie ons koning nie, en ons nie deel van sy ryk nie? Ons is sy vyand, en dié van sy owerstes.

Dries du Toit ·

Sam dit is so eenvoudig soos wat hy daar se. Ons moet ons vyand raaksien. Ons het ongelukkig vriende nodig. Hulle is nie in SA nie. Ons moet hulle gaan soek in die buiteland. Australie, Amerika,Belgie ens.

Dries du Toit ·

Ons word nie net deur grond onteiening gekonfronteer nie maar deur plundering van ons totale menswees. Nie net die staatsentiteite soos SAL, Eskom, Denel,Transnet ,Prasa nie maar nou wil hulle ons pensioene ook plunder. SARS is ook al bankrot. Miljarde rande se uitbetalings aan kleinbesighede kan nie gedoen word nie wat besighede laat toemaak. Ons is in groot moeilikheid

Foxi ·

Ag man…hy is net soos n klip! Sien, voel en hoor niks!

Hanna Hoekom ·

Julle vergeet dat hy so n paar maande gelede in die VSA juis oor hierdie kwessie gepraat het: plaasmoorde bestaan nie! Daar is ons antwoord. Die Paddaman wil bloot op hoogte gehou word om te virseker dat die beplande moorde op dreef bly. Hartseer maar waar.

Jeremia ·

En ons wag…… En ons wag……
En die stilte is al vir etlike jare oorverdowend.
Wanneer hy oorsee kom, ontken hy selfs dat dit plaasvind!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.