Ramaphosa moet dié beleid in staatsrede verwerp – DA

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Verskillende mense sal vanaand (Donderdag) verskillende dinge van pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede verwag, maar vir die meeste groepe is ekonomiese herstel een van die spilpunte waarom sy toespraak behoort te draai.

Die DA meen deel van die president se agenda behoort minstens die opheffing van die ramptoestand te wees. Partyleier John Steenhuisen sê dit moet insluit die beëindiging van bestaande beleid wat volgens die amptelike opposisie duidelik “irrasioneel” is en meer skade as goed doen.

Steenhuisen sê die president moet ook beleid wat die skep van werkgeleenthede in die wiele ry, heeltemal verwerp. Hieronder tel die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), die Mynhandves, beleid oor swart ekonomiese bemagtiging, die onteieningswetsontwerp, die nasionalisering van die Reserwebank, voorskrifte oor bates en sogenaamde lokalisering.

Terselfdertyd moet Ramaphosa sy regering se steun gee vir die wetsontwerp wat ʼn einde aan kaderontplooiing maak. “Dit moet gedoen word om ʼn onafhanklike staatsdienskommissie op die been te bring wat kan verseker openbare aanstellings is gegrond op die vermoë om dienste aan mense te lewer,” sê Steenhuisen.

Die DA sê Ramaphosa moet aankondig dat alle staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) wat nie na wense presteer nie, verkoop of gesluit gaan word en dat metrorade en munisipaliteite wat die vermoë het, toegelaat gaan word om elektrisiteit van onafhanklike produsente te kry of om self krag mag opwek.

Daarbenewens sal die DA ook vanaand wil hoor dat verskeie ministers se koppe gaan rol. Hulle sluit in: Bheki Cele, minister van polisie, weens die polisie se versuim om lewens en eiendom tydens verlede jaar se Julie-oproer te beskerm, en omdat die polisie tans wanfunksioneel is.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, weens die chaos met die uitreik van rybewyse en die feit dat die land net ʼn enkele masjien het wat dit kan druk.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, vir haar voortgesette mislukking om onderwysuitkomste te verbeter.

Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, vir sy “sosialistiese ekonomiese beleid wat beleggings ontmoedig”.

Die verslag van ʼn paneel kundiges oor die regering se reaksie op verlede jaar se grootskaalse oproer en geweld in veral KwaZulu-Natal en Gauteng, moet volgens die DA ook deel van die staatsrede wees.

“Pres. Ramaphosa behoort vanaand die land bó ANC-eenheid te stel. Hy moet sy mislukkings erken, kragdadig wees en vooruitgang vir alle Suid-Afrikaners kies,” sê Steenhuisen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Misky ·

As hy werklik die land ‘n guns wil doen, moet hy sy bedanking indien, van die poduim afklim en Cele en Mbalula aan die hand vat en uitstap.

Nie Verbaas ·

En ook van BEE afstand doen en doodstraf weer instel. Dit alles voordat hy die podium ook verlaat.

Pieter ·

Onthou net dat daar altyd iemand anders is wat nog erger is… Ek se eerder die hele spul vanaf lank terug… Hulle is diep en daar is baie van hulle…

annie ·

… julle smeek vir ‘n hartoorplanting? Is daar ‘n Chris Barnard in die ANC-geledere? Nog Cyril nog vroulief is kardioloë. Net nie vir Zuma vra nie. Hy sal onmiddellik prof Gupta vanuit Dubai invlieg.

domheks ·

Hy sal nie!! Die soustrein ry te lekker, die ‘pay’ is uitstekend, wie sal nou bekommer oor mense (sy our people) wat honger ly. Mini-sters vreet te lekker.

Hennie J ·

Wat is die geleentheid eintlik…..soos ek verstaan is n jaarlikse ‘state of the nation address’ veronderstel om ons, die gepeupel, in te lig oor die huidige stand van sake in die land en regering….ek le klem op ‘huidige’. Hierdie piesanglanders gebruik dit egter vir n amptelike liegsessie gepaardgaande met n amptelike beloftesessie waarvan dadels kom, gevolg deur amptelike suip en vreet sessies

VaalDonkie ·

Die probleem is dat daar geen beter presidentskandidaat in die ANC is nie. Dinge is al so erg in die ANC dat ek eerlikwaar vir President Mbeki mis.

My siening ·

Ek mis geen ANCRIMINAL daar is geen leier in die land wat sy voet kan neer sit behalwe vir afriforem.

Jr ·

Hierdie “fellow” sal niks doen nie. Hy sal net n Syrypy praat gee wat hy nie eers geskryf het nie, van alles wat hy gaan doen en sweet fanny adams sal daarvan kom nie. USELESS. A PUPPET. Gaan nie eers luister of kyk – gemors van my tyd

gatgogga ·

Elke liewe jaar maak die media so ‘n ophef van die staatsrede, en elke liewe jaar dieselfde:
Niks gebeur nie. Ramaphosa sal maar net weer se wat hy glo “our people” graag wil hoor.
Maar niks gebeur nie, want hulle kan niks regkry nie.
Die ou storie is nou al so afgesaag.

Heinrich ·

In ‘n ideale wêreld stel die landspresident die land voor ‘n party. In SA droom die DA lekker dat dit gaan gebeur, Ramaphosa het nog nooit en sal nooit die land voor sy party stel nie.

Kobus ·

Hy het verlede jaar baie belowe bv Escom sal uitgesorteer wees, so ook Prasa. Sal graag sy “sukses stories” wil hoor. Hy gaan weer met sy hartseer gesig beloftes maak, baie praat maar niks doen nie.

Nie Verbaas ·

Hulle het nie die vermoë om iets reg te ruk nie. Hulle kan net afbreek en vernietig.

Samuel ·

En sy oë gaan baie groot rek as hy besef hy het niks uitgerig nie.

Pieter ·

Die anc land het sy alie gesien baie het mos in vier en negentig gestem vir die sirkus. Gaan orals in afrika so wat het die slim mensegedink dit gaan hier anders gaan. Jy kannie n land regeer as jy net graad een op skool gehad het nie

Ziggy ·

Baie dinge wat ge eis word maar niks van dit sal gebeur nie. Ramaposa is soos Dions, vol beloftes maar geen aksie, as jy hom glo, kan jy netsowel glo die Maan is van kaas gemaak.

Willempie ·

Koppel vir Cyril aan ń poligraaf apparaat terwyl hy die staatsrede doen. Dan kan hy vir homself sien hoe hy lieg.

Dries ·

Daar word vergeet dat die hele klomp aards kommuniste is en hulle doel is nie verstaanbaar deur ons burgers nie

Alfred E Neuman ·

Wie gee om wat jy sê ramaphosa? Niemand nie. Jy is n has been en net nog n anc verleentheid.

Mariana ·

Die DA het ‘n hoop dat hy enige van hierdie punte sal aanraak. Hy het nog nooit.

SjN ·

Ek gaan seker gestenig word maar dink die Chinese(wat reeds die meeste besit) moet maar oorvat by die onbevoegde korrupte spul sodat dinge kan gebeur en klaar kry.

Jr ·

Miskien is dit nou al manier, so erg is dit nou. Maar China en our people together = disastrous

Swerwer ·

Die sogenaamde staatsrede is net ‘n mors van tyd en geld. Die geld kon beter gebruik gewees het …. ekonomiese herstel sal die ANC nooit kan toepas nie.

Samuel ·

Wat is die kanse dat CR die land/volk bo die ANC gaan stel? ‘n Ronde nul.

Harley Davidson ·

My opinie is dat hy die diskriminasie teen huidig benaadeelde minderhede moet stop dan sal die ekonomie weer groei.

efjy ·

Wat het geword van die ” wigte en teenwigte” wat tot vervelens toe verkondig is voor 1994. Waar kan ek daarvan koop om te gebruik?

Di ·

Dink die hele spul korrupte ANC kaders hap bubbles deesdae. Hulle het nie gedink hulle sal so vinnig al die geld in die land kan blaas nie. Dit het te jolly gegaan op die gravy trein, alles het in ‘n vullishoop verval , land is bankkrot en VROT geleen! Weet waaragtig nie waar hulle al die geld gaan kry om die biljoene terug te betaal nie. Sal weer met klomp bog vorendag kom om die aandag af te trek van die waarheid. Hy lieg so baie, hy glo homself al. “When a clown moves into a palace, he doesn’t become a king. The palace becomes a circus”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.