‘Ramaphosa moet nóú in Zim ingryp’

Betogers het binnebande in Harare aan die brand gesteek in die afgelope week se betogings wat in onluste ontaard het. Foto: Facebook

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Donderdag gedreig dat die party die Internasionale Strafhof sal nader indien pres. Cyril Ramaphosa nie binnekort ’n plan aankondig oor hoe hy gaan ingryp om die voorgesette menseregteskendings deur die Zimbabwiese regering in dié buurland te beëindig nie.

Maimane sê die DA sal die Internasionale Strafhof versoek om ʼn voorlopige ondersoek te doen indien Ramaphosa nié teen Vrydag ʼn onmiddellike plan van aksie aankondig nie.

Volgens menseregtegroepe en prokureurs het Zimbabwiese polisie en soldate die afgelope week minstens 12 mense doodgemaak en honderde ander beseer en in hegtenis geneem tydens gewelddadige protesaksies teen ʼn skerp brandstofprysverhoging in dié land.

Menseregte-organisasies beweer nog mense is deur soldate geskiet, terwyl ander uit hul huise gesleep en aangerand is. Die betogers het teen ʼn 150%-verhoging in brandstofpryse in opstand gekom.

Die DA het vroeër vandeesweek ’n brief aan Ramaphosa gerig en gevra dat die president ingryp.

“Die president moet sy plan bekendmaak oor watter onmiddellike stappe gedoen moet word om ʼn einde aan die geweld in Zimbabwe te bring asook alle burgerlike vryheid ten volle te herstel,” het Maimane gesê.

“Tot dusver het Ramaphosa net gevra om ’n einde te bring aan sanksies teen Zimbabwe. Daar is egter geen voorspraak gemaak vir Zimbabwiese burgers, geregtigheid vir die oorledenes óf die beskerming van burgerlike vryheid vir diegene wat nog aangehou word nie.”

Maimane meen Ramaphosa was verkeerd om uitsluitlik op die ekonomiese situasie in Zimbabwe te fokus en bloot ’n blinde oog te draai op “diktatoragtige militêre aksie teenoor landsburgers”.

“As Ramaphosa versuim om in te gryp, sal hy moet antwoorde gee oor waarom die Suid-Afrikaanse regering versuim om op te tree,” het Maimane verder gesê.

Die DA vind die presidensie se reaksie op sy brief dat Ramaphosa tans by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, is en gevolglik nié kan reageer nie, “onaanvaarbaar en verraad teenoor die nuwe Zimbabwe”.

“Ons land se plig om basiese menseregte te beskerm en te bevorder kan nie bloot op ys geplaas word nie. Daar is niks wat die president keer om die telefoon op te tel en die regte ding te doen nie,” het Maimane gesê.

Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa moes Maandag noodgedwonge sy planne om die WEF in Davos by te woon laat vaar en huis toe vertrek om aandag te gee aan die huidige krisis in sy land.

“Wangedrag sal ondersoek word. Indien nodig gaan koppe rol,” het Mnangagwa vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Colleen ·

Presies en Zim wil hulp en alles verniet hê. CR praat en praat en doen niks in sy eie land behalwe om die witmens te onderdruk nie. Laat die goed in Zim hulle eie gemors uitsorteer waarvoor hulle self verantwoordelik is.

Se maar net ·

Jy kan dit nie beter stel nie, sy eie land is n groot gemors en al wat hy doen is om as hy in buiteland is leuens te verkondig oor plaasmoorde en kwansuise beleggings wat land inkom waarvan net hy weet. da moet liewer konsentreer op anc se vekiesings manifes wat die gemors nog groter wil maak

Anoniem ·

Verkeerd, hy wil die grond van sy land se burgers gryp sonder vergoeding!!

Henry Shae ·

Wat op aarde gaan Rama nou doen rakende Zim? Hy kan dan 8n sy eie land niks uitrig nie. Zimbabwiers het seker maar gekry waarvoor hulle gestem het. Nog n afrika land in sy kanon in. Storie van afrika. Raak nou al afgesaag…..!!! GAAP.

Anoniem ·

Hoe gaan Hy nogal dit doen, 100 duisende stroom reeds oor die grens ! En Die UWE Mugabe is net bekommerd oor sy Pensioen

Grap Gat ·

Alweer die DA wat se mond groot is en almal dreig. Plaas hulle eerder stilbly en hulle eie huis in orde kry

E vd V ·

Daar is 12 mense dood en nou moet Ramaphosa ingryp? Wat van die duisende blankes is SA wat jaarliks op die manier vermoor word? Wanneer gaan Ramaphosa hier ingryp? Belaglik.

Riaan ·

Hoe kan hy ingryp as hy nie eers sy eie mense kan beheer nie
Kyk hoe lyk SA

jakes ·

CR moet Zimbabwe uitlos en liewer probleme in sy eie land aanspreek. Zim is vandag die eindresultaat van totale onbevoegdheid om n land te regeer en SA is vining oppad daarheen. Natuurlik is klipgooi en alles aan die brand steek deel van hul kultuur nes in SA. CR kan sy eie mense nie help nie wat nog van sy buurland se mense. Per slot van rekening bly daar reeds miljoene Zimbabwiers onwettig in SA.

Nelia van Zylj ·

Nè! Dalk moet die DA hom oor sy eie dilemmas bekommer!!

Santjie ·

Mmusi, hy draai sy kop weg op die moorde hier ook. Of dit nou plaasmoorde of ander moorde is. Hoekom sal hy nou daar ‘n oog oor hou? Net ter inligting ook vir jou Mmusi, jou “nuwe” Zimbabwe, is baie langer jare as ons hier in SA “demokraties”

Nico ·

Wil mossie maar nie man nie eerder sy mond hou nie want wanneer hy praat, praat hy twak.

Lizelda ·

Ook al waarmee die DA hulle besig hou, dreig almal. Ag nee ou Mmusi kyk eerder dat jou party nie meer stemme verloor nie. Ek stem Grap Gat daar is soveel onmin in hulle eie huis, pleks hulle stil bly en hulle eie huis uit sorteer.

Ekke ·

Dis seker ‘n grap voorstel / versoek van die DA af, dat Ramaphosa moet ingryp in ‘n ander land, terwyl ons eie land in skerwe is…

Lou ·

Musi hoekom gaan gee jy nie vir Ramaphosa by die Internasionale strafhof aan oor hy nie ingryp om plaasmoorde in sy eie land te stop nie. Los Zim uit dat hulle hul eie probleme oplos. As ek reg onthou was dit Mugabe se woorde ‘n paar jaar terug toe die “weste” wou inmeng in Zim se sake.

Paul ·

Wat is die belangrikste vir Cyril, ‘n stabiele Suider Afrika wat ekonomiese groei in die hand kan werk, of om beloftes in Davos van voormenende beleggingers te kry die dag, dalk 5-10 jaar vorentoe of selfs later, as die ekonomiese groei in Suid Afrika aantreklik is vir daardie lande se beleggings is?

Dus is ons ook afhanklik van die stabiliteit van ons bure, maar soos dit nou is word ons oorstroom deur vlugtelinge wat druk op ons ekonomie plaas en dan doen die Korrupsie ondekkings in die land ons nie ‘n guns om daardie voornemende beleggers gerus te stel nie.

Santjie ·

Mmusie, hy draai hier ook maar kop in ‘n ander rigting – nog ‘n ding – die “nuwe Zimbabwe” volgens jou is al baie langer “demokraties” as ons in SA

Blikzim ·

Nee wat, laat Zim oor Zim kommer en RSA oor RSA kommer. Die dag as die pot nou hier behoorlik kook, gaan geen land, veral buurland ingryp nie. Die tyd het gekom dat Afrika moet omkom oordat hy Afrika wil wees

Tinus ·

Dit gebeur as grond gevat word sonder vergoeding! Nou het hul held, Mugabe, se beleid hulle ingehaal. Hoekom nou help? Afrika moet een of ander tyd leer jy kry waarvoor jy stem. As jy nie wil hoor nie, moet jy voel!

AI TOG ·

Ag asseblief!!! Hy kan nie eers sy eie regering red en bestuur nie hoe gaan hy Zim red??

Jordaan ·

Hy behoort in te gryp deur die onwettige immigrante terug te stuur sodat hulle kan help om die plek uit te sorteer!

Nettie ·

Ramaphosa, gryp NOU in jou eie land in en hou die Zimbabwiërs (en talle ander Noord- en Sentraal-Afrikane) uit ons land uit!

Kediksie ·

Regtig DA???? Ek sal graag n “Ons is jammer en het n groot fout gemaak, met ons alewige ongegronde rassimse uitsprake” wil hoor van julle af, voordat julle jul monde uitspoel oor enige iets.

Lida ·

Pleks Ramaphosa aandag aan sy eie land gee. Vergeet van buurlande. Sy prioriteite is om sy eie landsburgers te beskerm.

Gert ·

So Mmusi wil dat ons belastinggeld gespandeer word op Zimbabwe, terwyl hier by ons alle infrastruktuur ineenstort en daar aangevoer word daar is nie geld nie, bv Eskom, riolering ens. Is sy prioriteite nie effens verkeerd nie?

Chris ·

Met die buitelanders noord van ons wat die land in stroom en druk op die ekonomie plaas, ook die korrupsie wat nog vir lank met ons gaan wees, is daar nie ‘n manier hoe ons ekonomies gaan groei sonder om buitelandse beleggers te trek nie. Hulle soek opbrengste op hul beleggings. Wie sal hier in SA kom belê as die lande om ons onstabiel is en hul vlugtelinge hier kom nes skrop?

Chris ·

Verdermeer Cyril kan nie eens sy eie land se probleme oplos nie, maar nou kry hy probleme van sy bure wat die sake vir SA nog moeiliker maak. En die mense bly nie daar orkant nie, nee hulle stroom teen 130 000 per dag die land in. So of CR dit nou wil weet of nie, hy sal maar moet aandag gee, hy het nie keuse nie, dit is vir hom gemaak. Doen hy niks, gaan dit net erger raak.

Spike ·

Los hulle uit. Die comrades en kaders van sa se pelle is mos slim. Alles verval na die Smith regering. Hier dieselfde.

Grassie ·

Ek het geen simpatie met Zimbabwe nie. Hulle het die witmense in hul land onteien en weggejaag, nou pluk hul die vrugte daarvan. Dit is hul verdiende loon. Daar is stories in omloop dat die dodetal baie groter is as wat rapporteer word, maar ek weet nie of dit berigte, gerugte of fopnuus is nie. Net jammer hul bevolking kom pak nou hier in ons land af omdat hul eie land onleefbaar geword het. Ons het hulle nie nodig nie.

Ek hoop CR sien en verstaan nou wat gebeur as die witmense uit ‘n land verwilder word, soos wat hy klaarblyklik beplan om te doen.

Louis le Roux ·

Maimane se dreigemente is soos om teen donderweer te fluister. Hy is ‘n politieke opportunis wie se party bankrot is, nou probeer hy punte kry.

Bosvarkie ·

…en die man wat nou in Mosambiek vermoor is, wat het van sy regte geword!

Piet parys ·

Die mense van Zimbabwe moet maar nou kry wat hulle toekom want die meerderheid van hulle het vir die diktator mogabe gestem en toe die boere uit die land uit verdryf . Nou sit hulle met die weermag in beheer van die land Wat jy saai sal jy maai . Hier sit ons met die anc met net nuwe narre.

christa ·

ek voel as jy jou land verlaat om iewers anders nes te skrop, hoekom met SA nou ingryp. Ek Is nie mal oor SA regering nie maar kan regtig nie sien hoekom moet SA elke keer spring as SA anderkant die grense probleme ondervind nie.

Chris ·

As jou streek se buurlande onstabiel is het dit ‘n invloed op jou land en sal beleggers maar langtand byt, veral by ons waar dit miljoene is en onstabiliteit binnelands veroorsaak..

Fanie ·

Hy kan hom self nie eens help nie hy is korup en agterbaks hoeveel probleme sit ons mee in suid afrika waarvan hy nie hond of haar van uimaak nie nou wil hy vir sim gaan help wat n grap

riaan ·

CR kan nie eers in CancER ingryp nie hoe dan in zim.

Zimbabwiers het verlede jaar ‘n gulde geleentheid gehad om verandering teweeg te bring maar hulle het nie. laat hulle maar hulle eie probleme uitsort. SA het in elk geval MEER AS GENOEG PROBLEME van sy eie.

Peter Holmes ·

Mmusi kyk jy nie TV en lees koerante nie. Op watter planeet bly jy. Dit gaan 1000 keer erger in ons eie land. Byna 20000 mense word jaarliks vermoor. Nou worry jy oor 12 wat in Zimbabwe geskiet is. Daai Crocodile was sedert die eerste inval in Rhodesia die leier van die ZANU insypelaars. Hulle het die plaaslike bevolking uitgemoor en sodoende deur geweld aan bewind gekom.Crocodile was ok verantwoordelik vir die massamoorde in Matebeleland. 35000 Matabeles uitgemoor. Hulle het mos nou die hele land. Waarom moet ons daar ingryp. Ons eie land lankal bankrot.

Ag regtig? ·

Het die DA al OOIT n brief aan die president gerig vir ingryping op plaasmoorde?

GM ·

Al waar ingegryp behoort te word, is om te keer dat nog meer oor die grens stroom – maar ons almal weet dat dit nie gaan gebeur nie. S.A. is mos soos ‘n taxi – daar is altyd plek vir nog een…

Andre ·

Die DA en ANC het beide geen geloofwaardigheid nie en vry verseker na die klomp Zimbabwiers se stemme.
CR sit met groot probleme in ‘sy’ eie land en MM is net so oningelig soos die res van bestuursspan.

Belaglik ·

Laat Zim in hulle eie gat val, hulle het dit self gegrawe

Staak saam ·

Almal weet waar die oorsprong van al Zim se probleme le!

GIVE BACK THE LAND TO THERE ONERS!!

aj ·

SOEBAT die Wit boere om asseblief na hul plase terug te keer en produkte te produseer wat verkoop kan word vir buitelandse valuta …. waarmee brandstof gekoop kan word!

…. en alles kom vanself weer reg!

Maklik!

Stripes ·

Is die Zim storie nie dalk beplan om meer mense in RSA te kry om vir die ANC te stem in die verkiesing nie?

Verder stem ek saam dat die anc nie eens hul eie gemors in sa kan oplos nie so hoe de duiwel kan hulle inmeng in Zim? Rusland het hulle klaar gehelp om ongeveer $300 miljoen se lenings in die buiteland te kry.

JM ·

Dit lyk vir my ons moet Trump kry om vir ons ‘n muur te bou op ons noordelike grens om die buitelanders uit SA te hou

Geeltrui ·

Gaan maimane en die da ramaphoza se ingryping in zim betaal? Indien nie, ou moesie, hoekom moet belasting betalers die zim burgers se vryheid aan bande lê? Hulle maai nou mildelik wat hulle gesaai het. Hulle boer mos nou op hulle vrygekoopte land. Doe zoo voort.

MW ·

1. Waar is die VN sulke tye en al die kastige menseregte manifeste ? 2. Hoekom hoor ons NIKS van al die groot wêreld kerke wat gou hul monde oor ander sake en nietighede uitspoel nie? Niemand sal help tot dit te laat is nie, presies soos daar geen hulp vir die Protestante wat by die miljoene in Europa @ 1798 uitgemoor was totdat Bertier ingeklim het nie, en nog minder vir die Christene wat in die Midde Ooste so keel af gesny en uitgemoor word nie. 3. Hoe het Emmer aan bewind gekom? 4. Hoekom sal CR ons weermag in stuur om Zim se mense te help? Hier laat hulle toe dat die EFF hul vuilwerk vir hul doen. Mugabe het ook nie nie gewag om die weermag teen sy eie mense te gebruik nie en Emmer is net ‘n verlenging van Mugabe as ek so na my Zim vriende luister. NIKS het verander nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.