Ramaphosa moet sê oor standbeelde – VF Plus

Die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria (Foto: Verskaf)

Die VF Plus sê pres. Cyril Ramaphosa se uitsprake dat simbole en monumente wat uit die koloniale- en apartheidstyd dateer, verwyder en elders hervestig moet word omdat dit nie deel kan wees van die nuwe demokrasie nie, skep nie nasiebou nie.

“Dit veroorsaak eerder polarisasie en vervreemding tussen die mense en volke van Suid-Afrika,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Vrydag gesê.

Ramaphosa het op Erfenisdag sy steun gegee aan ʼn veldtog om sekere standbeelde te laat verwyder en in sogenaamde temaparke te huisves.

In ʼn aanlyn toespraak het Ramaphosa gesê monumente wat die land se verdelende verlede uitbeeld moet herposisioneer en verskuif word. Volgens die president het die kwessie reeds tot groot omstredenheid gelei, met sommiges wat sê daar word probeer om die land se geskiedenis uit te wis.

Groenewald het gesê Ramaphosa het ingevolge die Grondwet ʼn plig om die nasie te bou.

“Die werklikheid is dat die president verwronge idees het oor die land se geskiedenis. Verlede jaar op Erfenisdag het hy verwys na die Zoeloes by Die Slag van Bloedrivier as “vryheidsvegters”. Die VF Plus het hom hieroor tereggewys met die staatsrede vroeër vanjaar.

“Dit maak dit duidelik hy ken nie die korrekte feite oor die geskiedenis van die Afrikaner nie en dit is duidelik dat sy jongste uitsprake oor simbole, gemik is op Afrikaner-simbole.

“As leier van die VF Plus, daag ek die president uit om te sê watter standbeelde en monumente hy wil laat verwyder en waar hy dit wil laat plaas. Hy moet nie net breë uitsprake maak sonder besonderhede nie, aangesien dit ʼn emosioneel gelaaide aangeleentheid is en mense sekerheid daaroor wil hê.”

Volgens Groenewald moet die president minstens met Afrikaner-kultuurorganisasies praat oor wat beplan word.

“Pres. Ramaphosa is op rekord oor ʼn uitlating dat hy alles in sy vermoë sal doen om eenheid in die ANC te verseker, al beteken dit dat hy gesien kan word as ʼn swak president vir die land.

“Die monumente-aangeleentheid is ʼn duidelike voorbeeld van ʼn swak president wat buig voor sy party ten koste van nasiebou en om die aandag af te lei van die korrupsie in die ANC nadat hy onlangs self gesê het die ANC is beskuldigde nommer een wat korrupsie in die land aanbetref.

“Pres. Ramaphosa is vanuit die ANC daaroor gekritiseer en hy wil nou die fokus verskuif na die Afrikaner en die land se erfenis uit die koloniale- en apartheidstyd.”

Groenewald sê pleks daarvan om standbeelde en simbole te verwyder, moet Ramaphosa eerder daarop konsentreer om die korruptes in die ANC en die kabinet te verwyder.

“Dan tree hy in belang van Suid-Afrika op soos dit van hom verwag word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris dupreez ·

Aag mnr die president, nie eers die magtige engelse kon die afrikaners onderkry nie, julle kan maar probeer met enige verwydering van ons erfenis goed en enige iets anders, ons sal weer die sterkste uitkom.

Persheks Adri ·

Mandela se beeld heel 1ste Cyril hy’s nie deel van ons geskiedenis nie en was ‘n moordenaar en terroris!

Wat van julle korrupsie huh?

#Tsek ANC tsek

Sarel ·

Julke val vir eeu oue taktiek . Hulle gebruik alkes om asndag weg td neem van die vemiste Miljarde Rsnde wat vir Hulpfondse bedoel was en vermis word.
Doe Wereld het dit destyds teen SA gebruik om hulle eie foute toe te smeer alles was SA se skuld.
Plaas alles op die skouer van die Witman deur uitsprake dn jy kry die Massa aan jou kant maak nie saak wat jy doen nie.

JohanR ·

Hulle kan begin met Nelson Mandela se standbeeld daar by Sandton City. Maak plek daar vir ‘n uitstel van al die plaasmoorde wat onder die ANC gebeur het…..’n Boere TreurPlek!

Snowball ·

Goeie idee, miskien moet daar ‘n uitstalling wees van plaasmoorde, met name en foto’s van die grusame moordtonele en verinneweerde slagoffers, daar waar al wat ‘n uitlander kom regstaan vir ‘n ‘selfie’ saam met die afgod.

Persheks Adri ·

Hulle probeer ons aandag weg kry van die korrupsie af!

Pasop, julle krap nou waar dit nie jeuk nie! Julle het ons voorheen ondermyn en jy weet wat gebeur het ons slaan hard terug!

My siening ·

Dan moet alle standbeelde en straat name verwyder word want 26 jaar korrupsie en misdaad is n baie groot skande om in die geskiedenis op te neem, so nou waar is die demokrasie?
So wat nou aan gaan is daar geen rol model in die land se regering nie maar barbarisme.
In sport ook nie, so los maar die wit mense uit want jul het niks om op trots te wees!

marius ·

Verwyder elke standbeeld self , smelt dit en verkoop die metaal . Dit is ‘n belediging en vernedering om dit in hierdie hool te probeer staande hou . Kry klaar met die marteling !

JM ·

Die verskuiwing van hierdie standbeelde, wat vir Ramaphosa ‘n doring in die vlees is, is ‘n desperate poging om sy aansien te verhoog by dié wat hy hoop weer vir die ANC gaan stem. Na 26 jaar is die wittes steeds die sondebokke. Hierdie einste wittes het ‘n ekonomie en ‘n infrastruktuur nagelaat wat GEWERK het en wat op elke gebied deur die ANC tot in die grond verwoes is. Hulle kan nie van apartheid wegkom nie. Dit is tyd dat die ANC van sy slagoffermentaliteit ontslae raak.

annie ·

Op Erfenisdag wil die prez eerder onmin saai en nog geld mors op onnodighede maar enigiets om tog in beheer te bly. Hy moet geweldig bedreig voel.

daniel ·

Daar moet onthou word, waar die room, wat so lustig deesdae afgeskep word , vandaan kom.

Nie Verbaas ·

Dit lyk my die ANC se minderwaardigheidskompleks het nou regtig tot n rekord laagste gedaal.

richard ·

Net een vraag, aan al die mense wat so teen die verwydering van die standbeelde uitvaar, wanneer laas het julle een van die beelde besoek.
Mens kan nie eers meer Paul Kruger se standbeeld, op Kerk plein besoek nie, te gevaarlik, en die plein is meestal vuil, en verwaarloos.
Miskien in parke kan daar beter aandag aan die beelde gegee word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.