‘Ramaphosa moet vanaand regulasies verslap’

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Die Solidariteit Beweging het vandag gesê dat daar geen rede meer bestaan hoekom die huidige vlak van die inperkingsmaatreëls nie vanaand al na vlak 1 verslap behoort te word nie. Dit volg nadat dit vroeër vandag bekend geword het dat pres. Ramaphosa die land vanaand weer gaan toespreek.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het die aansteekkoers in die land tot so ʼn mate gedaal dat dit irrasioneel sal wees om die land op dieselfde inperkingsvlak te hou as wat dit op die kruin van die tweede vlaag was. “Die logika agter ʼn inperking is om die aansteekkoers tot so ʼn mate te verlangsaam dat die hospitale genoeg kapasiteit het om die aantal pasiënte wat versorging nodig het, te kan hanteer. Dit is egter tans nie meer ʼn risiko nie omdat die aantal gevalle so te sê gehalveer het, soos wat die tendens tydens die eerste vlaag ook was,” sê Buys.

Volgens hom bestaan daar geen rede om die ekonomie verder aan bande te lê en sektore soos toerisme en die drankbedryf, wat reeds bykans op hul knieë is, te vernietig met verlengde vlak 3-regulasies nie.

Voorts betoog Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, dat die regering se aandrang op inperkingsregulasies as enigste maatreël om die verspreiding van die virus te bekamp, baie kortsigtig is en boonop nie veel doen om die verspreiding van die virus te verlangsaam nie. Dit slaag wel daarin om die publiek se wantroue in die regering te versnel.

“Die instelling van inperkingsregulasies wat met onmiddellike effek in werking tree sonder om met die publiek en die nodige bedrywe te konsulteer, moedig slegs die publiek aan om hul vertroue in die regering se vermoë om verantwoordelik en rasioneel op te tree, te hersien,” het Mulder bygevoeg.

Buys benadruk dat die tyd nou aangebreek het om die maatreëls dringend te verslap. “Ons boodskap is duidelik – maak die land oop en hou op om die publiek soos kinders te hanteer. Al wat erger is as die publiek wat hierdie krisis self bestuur, is die regering wat aanhou poog om dit te doen,” sê Buys. “Die Solidariteit Beweging glo dat die ekonomie tesame met gesonde werk en gesonde onderwys gesond oopgemaak kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SomeOne ·

die probleem is dat hy nie die reels maak nie, kopdoek “rule” mos die land

Lee ·

Die hele ramptoestand moet afgeskaf word. Inperkingsregulasies het nog nooit gewerk nie. Dit sou dalk, as almal hulle samewerking gegee het. Daar is altyd mense wat alle reëls verontagsaam en maak wat hulle wil. Dit is regtig tyd dat die regering se magsbeheptheid tot ‘n einde kom. Mense is vuisvoos vir al die kinderagtige reëls,en gaan al hoe meer in opstand kom.

Jaco ·

Hy het gaan seker vanaand sê dat wit mense nie entstof gaan kry nie. Ek grond dit op ander anti-wit goed sedert die begin van inperking:
1. Ramaphosa het gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.
2. Begin van inperking kon wit mense nie eens kospakkies kry nie.
3. Midde in inperking het ramaphosa gesê onteiening van (wit) grond sonder vergoeding is dringend noodsaaklik.
4. Noodfonds vir sukkelende besighede, is net vir BEE besighede.
5. Kleuterskole, tradisioneel ‘n wit ding, was LANK verbied om oop te maak.
6. Strande is gesluit. Weg is wit mense se tradisionele “vakansie by die see”. Wit toeristebesighede aan SA se kus sukkel erg.

Boerkind ·

Vlak zero asb. Terug na die ou normaal (maar minus die ANC en EFF) asseblief!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.