Ramaphosa moet vandag verduidelik oor grond

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die DA-leier, Mmusi Maimane, gaan vanmiddag pres. Cyril Ramaphosa in ʼn blik probeer druk oor aanduidings dat sy regering besig is met bontpratery oor onteiening sonder vergoeding.

Ramaphosa moet vandag om 14:00 ses vrae mondeling in die parlement beantwoord, en Maimane s’n wek die indruk dat die DA meen hulle het ʼn troefkaart oor die boodskap wat aan buitelandse beleggers oorgedra word.

Maimane se vraag is watter versekerings aan buitelandse beleggers gegee sal word dat die doelwitte van die nasionale ontwikkelingsplan bereik sal word ondanks die regering se planne om grond sonder vergoeding te onteien. Die ander vyf vrae is minder intens.

Die ANC-LP Adrian Williams sal aan Ramaphosa vra watter taktiek sy nuut aangekondigde afgesante gaan volg om beleggings na Suid-Afrika te trek.

Daarna kom die Cope-LP Deidre Carter aan die beurt met ʼn versoek dat Ramaphosa ʼn kommissie van ondersoek instel na wanbestuur en korrupsie in die polisie en die staatsveiligheidsagentskap (SSA), wat die land se spioenasiebedrywighede hanteer.

Hope Malgas, ANC-LP, skep vervolgens vir Ramaphosa ʼn platform om oor die diskriminasie en pyn van swart Suid-Afrikaners onder die apartheidstelsel te praat met ʼn vraag oor watter uitwerking die wonde van die verlede op ontwikkelingsplanne in die hede het.

Dan is dit Maimane se beurt, gevolg deur Ruth Bhengu, ANC-LP, met ʼn vraag oor die regering se planne met werkskepping.

Die laaste vraag aan Ramaphosa behoort aan die leier van die AIC, Mandlenkosi Galo, wat dit daaroor het dat die mededingingskommissie nie genoeg doen om struikelblokke uit die pad van kleinsake-ondernemings se pad te haal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Tipies ANC. Eenvoudig GEEN toekoms verwagting of verwysing nie. ALTYD Apartheid? Rerig!

Cherokee ·

In die jare waartydens ek myself moes bewys ten einde vastrap plek te kry waar ek wou wees, het ek nie die vrae vooruit geken nie. Die vrae het opgeduik wanneer dit beantwoord moes word. Indien hy nou op die vrae antwoord weet niemand of dit Ramapokker se antwoorde is of die van watter van sy adviseurs nie.

Tawwe Tienie ·

Ag hy is tien keer erger as ZUMA ek verwag niks goeds nie, die paar positiewe politiek korrekte maatjies onder ons wat gedink het RAMAPHOSA is die messias omdat hy ‘n ryk man is en darem nie die ekonomie sal laat skade ly nie . DINK WEER .. julle moet of gly of gereedmaak om alles te verloor .OOK DIE RYKES WAT DINK HULLE GAAN NIKS OORKOM NIE . hulle vat julle goed eerste.

Ongeag ·

Watookal hierdie korrupte ANC besluit sal nie my verhoed om my eiendom te beskerm nie, dis my reg.

marous ·

Vat die Zuloe koning se grond eerste …dan sal hulle sien wat gebeur.

piper ·

die vraag is waarom kry amerika, kanada en europiese lande nie hulp van ander lande nie maar gee heeltyd hulp aan afrika lande. afrika lande moet hulle koppe in skaamte te laat sak deurdat hulle met al die buitelandsehulp steeds agteruitgaan en en die skenkerslande gaan vooruit sonder hulp. ons almal het die antwoord maar mag dit nie se nie.

Heinrich ·

Die arme Mmusi praat ook deesdae uit twee monde uit. Die “white-privilege-black-poverty” retoriek word ook maar deesdae uitgedis van die leier van Suid-Afrika se enigste “nie-rassige” party (ja, wat rassekwotas voorstaan). Met al hierdie nonsens het Mmusi ook lankal alle geloofwaardigheid verloor soos hy twee kante gelyk probeer speel. Sy ware kleure is nou al mooi ontplooi; kiesers moet net kies of hulle dit wil raaksien of nie.

Kannaland ·

Die DA gooi blankestem weg, baie loop nou oor na veral die VFplus.

rollie ·

Kom ons kyk maar na die verkiesingsuitslae dan praat ons weer.

Liberaal ·

Dankie rollie, vertel hulle. Ons DA sal sterk groei, ons blanke leiers moet nou net bedank dan kan ons meer swart steun kry. Ons is n nierassige party, maar ons blankes moet onttrek uit die bestuur.

Manie ·

Hierdie man is baie glibberig en maak mooi praatjies as hy beleggers soek. Maar hy verteenwoordig n siek party

Martha ·

Ernstige vraag. Almal het altyd vir Zuma uitgejou. Al was sy vrae en antwoorde nie altyd lekker nie. Het ons ten minstens van hom gehoor. Waar is Ramaposa!!! Alles is nog presies dieselfde vandat hy oorgeneem het. Ek stem 2019 vir COPE. Lakota weet wat hy doen.

Karen van Zyl ·

Ek was reg vir verandering, goeie verandering toe hy president word, maar…. NIKS?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.