Ramaphosa moet voor sy eie (kabinet-)deur vee

Pres. Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op mense gedoen om die land te help skoonmaak en opbou. Talle mense het lankal reeds ingespring om te help. (Foto: GCIS)

Die DA sê terwyl pres. Cyril Ramaphosa Vrydagaand erken het sy regering was onvoorbereid op die grootskaalse geweld en plundering wat Suid-Afrika vroeër vandeesweek in ’n wurggreep gehad het, moes hy sommer ook die afdanking van Bheki Cele, minister van polisie, en sy eweknie by staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, aangekondig het.

“In enige ander demokrasie sou koppe ongetwyfeld gerol het vir dié opperste mislukking van intelligensie en voorbereiding,” sê John Steenhuisen, leier van die DA.

“As die veiligheid van Suid-Afrika bo eenheid in die ANC gestel word, moet Cele en Dlodlo die trekpas kry.”

Steenhuisen sê Ramaphosa het voorts erken dat die geweld en plundering doelbewus en ’n goed beplande aanval op die demokrasie was, maar versuim om te erken dat diegene wat dit georkestreer het, in sy eie party is.

Die DA-leier sê die ANC se faksiegevegte het nou na die strate van Gauteng en KwaZulu-Natal oorgespoel.

Ramaphosa het in gisteraand se toespraak ook ’n beroep op mense gedoen om die land se strate ná die afgelope week se gebeure te help skoonmaak en die land te herbou.

“Die president het ’n beroep op die land gedoen om saam te staan om die gemors op te ruim. Die eerste stap moet dan sekerlik wees om dié twee kabinetsministers af te dank wat so klaaglik misluk het in hul plig om Suid-Afrikaanse lewens, eiendom en inkomstes te beskerm,” sê Steenhuisen.

Hy sê nasionale veiligheid kan nie ondermyn word deur ministers wat nie hul werk kon doen nie.

Steenhuisen sê Suid-Afrikaners sal die “land help skoonmaak”, maar wil hê die president “moet sy kabinet skoonmaak van diegene wat die land in die steek gelaat het”.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, eis ook stappe teen die betrokke ministers.

“Maandagaand was die president nog heeltemal in die duister oor presies wat die situasie behels en het verkies om tot groot mate die skuld op armoede en ongelykheid te pak,” sê Groenewald.

“Dit dien as bewys dat die land se intelligensiemagte aan die slaap betrap is. Die skuld is toe nog hoofsaaklik op misdadigheid gepak terwyl die president nou sê daar was wel mense en magte betrokke wat die land se demokratiese bestel wil vernietig.”

Groenewald sê die president erken dat nóg die polisie nóg die intelligensiedienste gereed was vir hierdie krisis.

“Die VF Plus verwag van die president om teen die betrokke ministers op te tree.”

Ramaphosa het in sy toespraak gesê 10 000 soldate is reeds ontplooi en nog 15 000 sal deur die loop van die naweek ontplooi word. Groenewald sê egter dit moes lankal gebeur het.

“Die president praat ook van soldate wat nog in sekere gebiede ontplooi moet word. Ook dít moes ’n week gelede reeds gedoen gewees het. Dieselfde fout wat egter ’n week gelede begaan is, word nou herhaal deurdat diegene wat volgens die president die onrus georkestreer en aangehits het, steeds nie agter tralies is nie,” sê Groenewald.

Groenewald sê volgens die president weet die veiligheidsmagte wie die opstokers is en dat hulle van oproer en hoogverraad aangekla moet word. Hy sê ook dit is onaanvaarbaar dat dié mense nog tyd gegun word om die onrus verder aan te blaas.

“Dat die land voor ’n krisis staan, is onbetwisbaar. Die tyd het nou aangebreek vir die regering om vir eens die regte ding te doen en ferm en genadeloos op te tree teenoor diegene wat die land in hierdie situasie gedompel het.

“Die VF Plus verwelkom dit dat die president die belangrike rol wat gemeenskapspolisiëringsforums ten tyde van hierdie anargie speel, erken. Daar moet ook seker gemaak word dat daar behoorlike koördinering is tussen die polisie en burgerlike veiligheidstrukture soos plaas- en buurtwagte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Persheks Adri ·

ANC moet val!!! Almal is patete pffft kan nie eers ‘nn land regeer nie tsek!

Hendrik Marthinus ·

Ai Persheks Adri
Die massas Zuma aan hangers het hom on kant gevang
Hopenlik stop die geweld nou en bring dit stabiliteit.
Ons moet ophou kritiseer en hande vat en Wie weet net dalk beland SA in n Ander party se hand.

Deon ·

Ons moet bid dat dit in die regte hande beland, iemand wat ons land se toekoms in gedagte het en nie hul eie sakke nie

Strandloper ·

Hendrik…is dit nou hoe n ja broer met n skuld gevoel klink?

Keelvol ·

Daar is n man in Zambië wat n podcast doen. Hyself het gesê dat as hulle nie die land kan oobou nie, moet hulle die land vir die boere terug gee.

Frederik C ·

Ek twyfel of jy self’n komplekse land soos SA sal kan regeer pfffffft.

Joe Olivier ·

Die een wat die ministers aangestel het moet ook maar waai. Die grootste probleem in die land, is die anc. Dr Groenewald, ek dink jy sal ‘n goeie president wees, ek nomineer u vir die pos.

Bernard ·

Ramaphosa, jou weermag en 90% van die polisie is net so pateties soos die anc-regering.
Jou kastige weermag moes al dag 1 van die onluste ontplooi gewees het in brandpunte soos KZN. Dis onaanvaarbaar dat die grootste verpakkingshuis in die Suudelike Halfrond LEEG gestroop is en dit terwyl die polisie net toegekyk het en ook selfs deelgeneem het aan die stropery.
Wat het daardie polisieman oorgekom wat met ‘n motor vol gestroopte goedere voorgekeer is ….. sekerlik niks nie.
Komaan Ramaphosa, as dit nie vir al die civilians was wat woongebiede SELF beskerm het, was daar nóg groter chaos. Dit tyd dat julle wakker word en ophou om die skelm elemente in Suid Afrika te beskerm omdat hulle jul maaitjies is.

Keelvol ·

Regstellende aksies het die polisie en weermag lam gelê. Familie word bevorder of en indiens geneem. Daar is geen leierskap nie. Swak besluite word op die einde ingeneem.

JohanR ·

Jeff wat wil jy he hulle moet doen? Hulle IS NIE die regering soe het geen magte nie. Hulle kan probeer in die pers en in die parlement iets konkreet te doen maar weer eens hulle IS NIE die regering nie en in baie gevalle is hulle hande af gekap om iet konkreet te doen. Hulle kan maar soos Gift of the Givers maar net in spring EN probeer hulle bes om ‘n verskil te maak buite die beheer van die ANC soos met riool werke en slagaate. Stem die VF of die DA in as ‘n regering en miskien dan sal die land voorentoe weer beweeg.

JN ·

Doen wat Jeff? Het jy en al die miljoen blankes in Suid Afrika vir hul gestem hom hul n mandaat te gee om iets te kan doen?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

President Ramaphosa en sy kabinetslede en ANC parlementslede kan gerus ook besems gryp en help met die oprium van die rommel en glasstukke. Ek het geen respek vir die ANC-leiers en EFF-leiers nie. Finish en klaar.

Ovelia ·

Ek hoop net al di ministers wt gister gaan kyk ht na gemors – hul was ten minste op dieselfde vlakas werkers- dat hul kon sien daar is geen rassisme onder ons mense nie. De bewys was voir di handliggend. Die gtoot koppe sit daar bo en hul ink ons haat mekaar. Ek wil da ons President vra wt dink hy daarvan? Ons het ons kindets groot gemsak dat hul respek het vi almal. Dis n moeilike tyd en el sal bid dat di tsotsies sal omkeeren bese ul skiet hulsel in di voet

Snowball ·

Voor die deur van die ANC lê ‘n verwoeste ekonomie, ‘n geplunderde staat, miljoene sonder werk en sinnelose lewensverlies. Hoe ruim ons dit op?
Ramaphosa laat mens dink aan iemand wat ‘n mishandelde vrou terugstuur na haar geweldenaar en eis dat sy haar wonde self dokter.

Santie ·

Ek onthou onluste in die 80s en vroe 90s. Weermag voertuie het nog voor iets gebeur ontplooi. Niks het oorgespoel na ander gebiede. Dis GESTOP.,DADELIK. Hoekom kon hul nie maandag al opgetree het nie? Toe eerste mall val moes hul ontplooi het. Maar polisie het vir die mense gestaan en kyk. Dit was op tv vir almal om te sien.

Anel ·

Ramaposa, en wasr dink jy moet die fondse vandaan kom? Het jy en jou regering al ‘n sent uit julle eie sakke bygedra tot die gemors waarin julle ons gedompel het? Nee, maar ons gewone mense, en die meeste blankes, moet maar seker weer al die skade dra.

annie ·

Cele volg nou die bestuurstyl van ons minister-van-gesondheid-waiting-to-be-fired met lang hartseer toesprake, ok opgedres vir die kamèra. Vir ‘n minister van polisie wat wetsoorders se aksies besing as begryplik en dan, snik-snik smeek om die goedjies/kossies wat hul sò nodig het tog terug te gee. Waar is die hoof van die polisie? Wil Cele alleen shine vang? En die patetiese minister van die weermag, oei, sy kry dit nie eens reg om haarself op te stel vir Skype nie…

LANA is ELANè ·

En gee eerbare burgers die geleentheid om hul vuurwapenlisensies met hul wapens terug uit die polisie se store te kry. Die is nos nou eens en vir altyd ‘n teken dat burgers van hierdie land hulself moet bewapen vir “SELFVERDIGING doeleindes!

JohanR ·

Daar is nou net twee dinge oor om te doen…… 1. Vat die strate en dorpe terug van die ANC soos in soe baie plekke deur wittes nou gedoen word om die infrastruktuur reg te ruk en 2. Stem die ANC uit by die stembus die eerste kaans vat jy kry! Ons vir jou Suid Afrika.

Dup ·

Die plunderaars en “our people” moet maar kom skoonmaak en opruim.Ek het nie die gemors veroorsaak nie!

SomeOne ·

waarom moet ons wat niks met disdaad te doene het agter gemors gemors moet skoonmaak
dis ons land maar nie my gemors nie

Mieke ·

Ek sou dit vir die arme eienaars en bestuurders doen juis omdat hulle nou in ellende gedompel is… dink net wanneer jy eendag mense nodigkry, en jy kry geen hulp nie?

JohanR ·

Cyril Ramaphosa is iets, maar ‘n President is hy beslis nie! Soos van die ministers wat maar net op hulle groot vet agterwerelde gesit het voor Covid, het Covid hulle soe onkant gevang dat hulle nie geweet het watter kant om na te hardloop nie. Soe is Cyril nou uitgevang…..and he came up short and wanting!

Jerry ·

“Intelligensie en voorbereiding ” nie een van die twee het die regering al ooit gehad nie!

JN ·

Ja nee ou in die middel Cyril ….
Blameer dit maar weer op Jan van Riebeeck dit is mos maar wat jul doen…
Als mos alweer die wat blank is se skuld is al dan nie? Ek meen sou ons nou ooit verwag het dat jy Ou in die middel Cyril sou verantwoordelikkheid vat vir als wat jul verbrou in Suid Afrika.nie.. .nooit!!!..en dit is baie baie wat jul die anc droog maak en die land opneuk so maar net nog n keer, maak seker nie soveel saak in jul blinde oé nie!!!
Wat n klomp narre die anc!!

Adriana ·

Julle kritiseer en kla net altyd, wat doen julle om Ramaphosa te help, gee hom raad, help hom, sit koppe bymekaar en help om ñ oplossing te soek vir die probleme in ons land, dis tyd dat ons saamstaan en nie dwars trek, almal in hul eie rigting in nie

Bertie ·

Dink jy hy gaan na enige raad luister wat van ‘n witmens af kom, terwyl hy die wittes in hierdie land as sy vyande beskou?

Jacobus ·

Die president se naam kan maar verander na, Apple Ipad Ramaposa, want hy kan niks sê sonder sy Ipad. Die storm van vernietiging was seker nie op sy Ipad.
Ek het nooit zombie- flieks gesien, maar wanneer ek die president op TV sien, waar hy sonder emosie konsentreer om dit voor hom af te lees, dan dink ek aan ‘n zombie

Douw ·

Die polisie kan dan nie eers marsjeer of in gelid bly nie!!! Hoe kan die land verwag hulle moet sy mense beskerm!!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.