Ramaphosa na Maputo oor terreur in Mosambiek

(Foto: pixabay)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Donderdag ʼn buitengewone beraad van staatshoofde in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Maputo bywoon om die afgelope ruk se terreur in Mosambiek te bespreek.

Die minister van verdediging en militêre veterane, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, asook die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, sal Ramaphosa vergesel

Minstens een Suid-Afrikaner is in die aanval op die kusdorp Palma dood, terwyl talle ander buitelanders vir hul lewe moes vlug. Tientalle plaaslike inwoners het boonop omgekom toe Moslem-militante hul skrikbewind van die afgelope paar jaar opgeskerp en Palma, in die provinsie Cabo Delgado, binnegeval het.

Die afgelope paar jaar se geweld in die gebied het reeds sowat 2 600 lewens geëis, terwyl duisende mense uit die stad met sy naastenby 75 000 inwoners gevlug het.

Die presidensie sê daar sal beraadslaag word oor maatreëls om die terreur in Mosambiek te stuit. Die beraad is byeengeroep deur Botswana se pres. Mokgweetsi Masisi in sy hoedanigheid as voorsitter van die SAOG se veiligheidsgroepering.

Dit word vandag voorafgegaan deur vergaderings tussen senior ministers en amptenare.

Die SAOG sê hy in ʼn verklaring hy is diep bekommerd oor die voortgesette terreuraanvalle in Cabo Delgado en vrees vir die lewe en welstand van inwoners wat steeds ly onder die “barbaarse, wrede en blindelingse aanvalle”.

Masisi het die aanvalle bestempel as ʼn “belediging vir vrede en veiligheid, nie net in Mosambiek nie, maar ook in die streek en die internasionale gemeenskap”.

Benewens Ramaphosa en Masisi, sal die presidente van Mosambiek, Malawi, Tanzanië en Zimbabwe ook die beraad bywoon.

Die Franse energiereus Total, wat ʼn gasaanleg op die Afungi-skiereiland in Cabo Delgado het, het verlede week al sy bedrywighede daar gestaak en werkers het die gebied verlaat. Die aanleg is sowat 10 km van Palma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

MakersMark ·

Ja dis goed so netnou val die 400 ISIS rebelle RSA binne en neem Pretoria binne ‘n dag in. Glo nie ons parate weermag sal kan teenstand bied nie.

James ·

Pretoria sal hulle waarskynlik maklik verower, met al die sneeuvlokkies en ex-Dakar gangers wat daar woon. Pretoria – oos gaan vinnig val. Pretoria Wes, gaan tyd vat. Dan, sodra hulle Pretoria verower het, gaan hulle Suid gaan. JHB – is klaar hulle s’n. Wesrand – is ook vol sneeuvlokkies en sojaboon seuns.

Maar dan gaan hulle die Oosrand aanval. En dit net is daar, waar hulle hul Moses gaan teekom. MY MENSE!

Heinrich ·

Gaan seker net lei tot die stig van ‘n kommittee wat hulle tyd gaan vat om oor Nandos ‘n halfgebakte verslag te produseer…niks nuuts nie.

Werner ·

Gaan nou weer n klomp lugkastele bou en mekaar die grootste snert belowe .Dan neem die moslems Mosambiek en SA oor

Suzette ·

Die president kan nie eens die terreur in sy eie land hanteer nie, nou wil hy in ‘n ander land gaan bystand verleen – REGTIG???

Elize ·

Ramaphosa gaan seker aanbied om ‘n refugeekamp op te rig binne SA wat so paar honderd duisend kan akkomodeer.

Bella ·

Nou waar is Pres Ramaphosa, wanneer die hele land deurloop onder binnelandse terreur? Jy kan hierdie kriminele golf niks ander noem nie want ons loop die hele tyd deur. Is Suid Afrikaners minder belangrik omdat ons nie in n ander land is nie?
Waarom is daar nie aanmoediging teen misdaad, publieke uitsprake teen misdade, en aksies teen misdaad nie.
Nuttelose regering!

Roedolf Johannes ·

Lekker vakansie vir hom en mors nog n klomp belasting betalers se geld

Kobus ·

Hy moet eerder kyk na sy eie land se probleme hier is baie meer teroriste

James ·

So Cyril gaan bietjie Lorenzo Marques toe. Om lekker Prawns te gaan eet, en Rum en Rooikoeldrank te drink , omring deur statige ou(vervallende) Portugese argitektuur uit ‘n goue era, te midde van armoede aangebring deur “bevryding”. Wie wat in Nelspruit woon doen dit nie gereeld nie?
Cyril – jy moet Palma toe boet, nie Lorenzo Marques nie. Daar, sal jy aantref die de-kolonialisering – 100% deurgevoer. Afrikane, vry om Afrikane te wees – met Islam as geloofsverskoning.

Persheks Adri ·

Regtig Cyril jy kan nie eers ons land tot orde bring nie nou wil jy soontoe gaan? Pateties regtig asof iemand na jou gaan luister. Isis onderhandel nie hoor net in geval jy dit nie weet nie!

Stofdonkie ·

Cyril gaan vir hulle aanbied dat hy ‘n McDonalds gaan bou in Mosambiek. Daarna gaan hy sy 500 dikste troepe ontplooi om die McDonalds te gaan oppas. Hulle kan dan hulle hele salaris spandeer by die McDonalds en sodoende kry cyril dan hulle salarisse in sy rekening.

Dries ·

Dis reg Ramaphosa gaan dreig hulle met ons uitstekende weermag

Jacobus ·

Mr Ramaphosa with all due respect; you have an education DG to dispose of. Handing over tot correctional services of a hoard of corrupt cadres (including an ex president, your party’s second in command) Your country’s in shambles and your people are angry. Stay at home and fix, fix, fix.

Realis Thailand ·

Nou net kommentaar gelewe oor die terroiste uit Mosambiek verjaag is
Selfde hier Ramaphos het net brandstof vermors want sy eie land is een van die dae ISIS se mikpunt en waarmee gaan hy die land verdedig
Met n weermag oorvol generaals en voertuie wat in die sand by Blouberg vassit
Sal graag wil weet hoeveel generaals het al ooit n stafkursus geloop en geslaag maar nie in SA of in die VSA of die VK
Waarborg jou nie een nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.