Ramaphosa naweek by G7-leiersberaad in Brittanje

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal dié naweek die G7-leiersberaad in Cornwall in die suidweste van Engeland op uitnodiging van die Britse eerste minister, Boris Johnson, bywoon.

Volgens die presidensie is Ramaphosa genooi uit erkenning vir die leierskapsrol wat Suid-Afrika wêreldwyd en op die vasteland in die stryd teen die Covid-19-pandemie speel. Dit sluit in Suid-Afrika se beywering vir entstofgelykheid in en tussen lande.

Verskeie leiers woon die beraad by om pogings te bespreek om die Covid-19-pandemie te beëindig en ʼn “groener en meer voorspoedige toekoms” vir mense te verseker.

Die besoek is ook ʼn geleentheid vir Suid-Afrika en Engeland om hul bande te versterk.

Suid-Afrika is ook genooi in sy hoedanigheid as medevoorsitter van die ACT-Accelarator Facilitation Council (ACT-A). Dit is daarop gemik om navorsing, vervaardiging en die billike verspreiding van entstowwe te versnel.

Ramaphosa sal volgens die presidensie deelneem aan werksessies oor gesondheid, die klimaat en omgewing.

“Die leiersberaad gaan Suid-Afrika die kans gee om te vra vir ʼn vinnige internasionale reaksie op Covid-19 wat die billike en bekostigbare toegang tot Covid-19-entstof en mediese voorraad toelaat.”

Volgens Suid-Afrika behoort so ʼn plan geldelike steun van welvarende lande en die kwytskelding van intellektuele eiedomsreg deur die Wêreldhandelsorganisasie te verseker.

Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sal die president vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Snowball ·

SA is ‘n leier in die geveg teen die Covid pandemie? Weet hulle ons minister van gesondheid is met die handjie in die Covid till gevang en huis toe gestuur? Dit alles, terwyl armoede en inenting- apartheid blameer word vir die ellendige slakkepas waarteen inentings in SA plaasvind. Verstommend hoe politiek werk.

Lesly ·

Wil seker uitvis hoe ander lande dit regkry om aanmekaar elektrisiteit te he. Is dit’n “white privilege” ding

Jack ·

Hoekom nooi hulle vir CR uit? Hy is ‘n voorbeeld van ‘n swak leier wat nie moet wees nie.

Nie Verbaas ·

Ek stem. Hy gaan seker maar om te kyk of hy nie nog geld kan kry wat geplunder kan word nie.

Nie Verbaas ·

“Volgens die presidensie is Ramaphosa genooi uit erkenning vir die leierskapsrol wat Suid-Afrika wêreldwyd en op die vasteland in die stryd teen die Covid-19-pandemie speel.” Wat n grap!!

Chris ·

Kubane gaan aangestel word om ESKOM oornag te verander …..

Sambok ·

Ek gaan nie comment nie,het my nooi skoon uitasem gelag,regte klomp narre

Grassie ·

Die probleem is net dat CR ‘n baie goeie en oortuigende spreker is. Hy kan seepglad lieg oor die grondonteiening en ander knelpunte in ons land en die goedgelowige Britte sal hom glo. Daar lê vir ons ‘n moeilike stryd voor. Die Afrikaner bly maar ‘n muishond in die Souties se oë.

Johann ·

Nee julle verstaan nie. Die hoof vergryper het gehoor GEE 7….en in sy kop vertaal dit na VAT ALS.

john ·

So nou bespreek hulle die volgende konkel slenter wat ons onder lockdown kan hou

Persheks Adri ·

Cyril plaas sorteer jy die huidige probleme hier uit of probeer ten minste! Nou gaan rits jy rond terwyl hier soveel probleme is en ons betaal vir jou kuiers. Pateties!

JohanR ·

Hoe KOM Ramaphosa NET SOE in Brittanje in? ‘n Vriend moes SA toe vlieg om na sy sake te kyk, en toe hy terug vlieg moes hy 10 dae isoleer in ‘n hotel. Cyril klim op ‘n vlietuig seker met 252 ander wat moet saam peter, land en siedaar ons is hier met Covid-19.3 om julle nog verder te besmet! Maar dan was hy moes voor in die lyn om ingeent te word soe kan mens nou se hy is skoon?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.