Ramaphosa neem waar as staatshoof

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Cyril Ramaphosa, president van die ANC, sal na verwagting Donderdagmiddag amptelik ingehuldig word as Suid-Afrika se nuwe president.

Adj.pres. Ramaphosa het laat Woensdagaand waarnemende president geword ná Jacob Zuma tydens ʼn regstreekse uitsending van die Uniegebou af bedank het.

ʼn Mosie van wantroue wat deur die EFF ingedien is, was vir Donderdagmiddag geskeduleer, maar sal nou nie meer plaasvind nie omdat Zuma bedank het.

Die parlement moet nou samesprekings hou oor wie as die volgende president aangestel gaan word. Alle aanduidings dui egter daarop dat Ramaphosa die pos sal vul.

Maroela Media het vroeër berig die ANC het Zuma ʼn ultimatum gegee om teen einde gister te bedank, of ʼn mosie van wantroue in die parlement te moet trotseer.

Zuma het gesê hy bly vir altyd baie verskuldig aan die ANC, “ʼn vryheidsbeweging wat ek al byna my lewe lank dien”. “Ek respekteer elke lid en leier van hierdie wonderlike beweging.”

Hy het gesê van die oomblik dat hy verkies is tot president, het hy ʼn eed van lojaliteit afgelê aan die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. “Dit was ʼn wonderlike leerervaring, ʼn yslike taak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Vermeende ·

Apie wag maar vir die begroting dan ruimel daai kaartehuisie ook inmekaar.

Cherokee ·

Sal die vakature kolomme dophou om te sien of daar geadverteer word om ‘n geskikte persoon te vind. Hopelik kan ek staatmaak op Maroelalesers se stemme.

JOHNY ·

Wie is zuma. ken hom nie en wil hom nie ken nie.Nou gaan Ons Braai

h ·

So lank die ANC hulle self as ‘n vryheids beweging sien en die ANC bo die land stel gaan niks verander, maak nie saak wie is die stoel sit nie.

**anoniem** ·

“h”, dit is ongelukkig hoe kommunisme werk! Die party sal altyd sy belange bo die van die landsburgers kies.

jaco ·

Voor julle braai en juig, maak julle eerder reg vir cyril se radikale grondhervorming en radikale ekonomiese transformasie. Cyril het dit reeds belowe, so julle weet dit reeds. Die volgende is op pad:
-BEE in versnelrat
-Buitelandse maatskappye wat of ‘n groter aandeel SA swart beheer moet kry of moet waai
-Regstellende aksie wat blankes, kleurlinge en Indiërs heeltemal gaan uitskuif
-Afvat van wit boere se plase
-Kwaai styging van pryse van kos en petrol
-Grootskaalse verarming van alle rasse
-Rand wat val na R20 of meer in 1 dollar

BenaYaHU ·

Aanvanklik maanskyn & rose.. euforie..
Die werklikheid is NIE iets waarmee die menigte hulself maklik wil assossieer..

bb ·

Ja Meneer Zuma, ‘n yslike taak wat jy die hele land en sy mense yslik gevaal het.

Anoniem ·

Wys jou ware kleure en verklaar die bedanking van Zuma as vakansie dag ( lekker braai dag )

HONOURABLE MEMBER ·

Die ou slyp al lankal sy tande vir hierdie pos. Het ook seker weer n hele klomp familie en vriende wat in poste ingedruk moet word. Die gravy trein gaan weer gery word.

**anoniem** ·

Dieselfde pot pap, net ‘n ander lepel!! Sorry, vertrou geen ANC leier nie! Cyril sal dalk die ekonomie vir nou verbeter, maar gee kans…. die paw-paw gaan nog die fan strike…It always does!!!

Wanda Beneke ·

Ek hoop daai Zuma aangestelde marionet van ‘n OB kry ook solank haar tassies reg.

Jacques Venter ·

Nou skrou al die swartgalliges Cyril gaan hierdie en daardie onding aanvang. Dit terwyl dit sy eerste dag as staats president is.

Gerhard ·

Wel daar was naruurlik die onderhandelinge waar hy gehelp het om die verkose Afrikaner leiers onder die tafel in te onderhandel. Dit mag sy eerste dag wees as president, maar nie die eerste dag wat ons met hom te doen het nie.

Cherokee ·

Wel Jacques Venter, hy wat Ramaphosa is, is net soos die DA. Teen enigiets wat witterig is, sal gediskrimineer word.

Werner ·

Jaco van al die kommentare is joune die realistiese en waar die gejubel gaan nog in tranedal verander

Tiekie ·

Liewe genade maar julle is ‘n klomp doemprofete. Geen wonder niemand gun iemand anders sonskyn nie. Die beste President sit seker op die kantlyn en regeer. Enige een van julle wat mans genoeg is op die pos te vul? Vra maar net. Gelukkig is daar ‘n Hoër Hand wat verseker in beheer is. Dalk moet julle begin self ondersoek instel en ophou kritiseer.

Gerhard ·

Dit is nou nie juis as of dit vir my aangebeid was nie of hoe?

Tiekie ·

Liewe genade maar julle is ‘n klomp doemprofete. Geen wonder niemand gun iemand anders sonskyn nie. En die beste President sit seker op die kantlyn en regeer. Enige een van julle wat mans genoeg is op die pos te vul? Vra maar net. Gelukkig is daar ‘n Hoër Hand wat verseker in beheer is. Dalk moet julle begin self ondersoek instel en ophou kritiseer

Estelle ·

Baie goed gestel Tiekie. Ek staan skoon verslae oor die stortvloed negatiewe kommentaar. Dis politiek en politiek sal altyd ‘n deel van die samelewing omkrap, bekommerd maak en selfs moedeloos maak, maar die mentaliteit wat in baie van hierdie kommentare deurskyn voel vir my verkramp en sonder insig; asof hulle al dekades terug hierby vasgesteek het.
Die son kan nie vir jou skyn as jy dit vir ander gun nie.
Ek verwag beter dae, nooit perfek nie, maar beter.

Wessel ·

Ongelukkig het die geskiedenis gewys, vanaf 1992, dat die sogenaamde doemprofete reg was.

eH ·

Ek is n positiewe persoon maar hierdie hele saga laat my sidder. Jare gelede het ek n gevoel gehad ons blankes gaan betaal en ek was reg. So wat gaan nou verander?? Vra maar net.

rollie ·

Gelukkig het ons darem nou ‘n geletterde president en nie ‘n analfabeet waarvoor ons ons hoef te skaam nie.

BenaYaHU ·

Dit gaan baie minder oor ongeletterdheid – veel meer oor Moraliteit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.