Ramaphosa: ‘Negatiwiteit is nasionale sport in SA’

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Negatiwiteit is vir Suid-Afrikaners ʼn nasionale sport ten spyte daarvan dat die land verskeie verbeteringe op maatskaplike, ekonomiese en politieke gebiede toon, het adj.pres. Cyril Ramaphosa Vrydag gesê.

“Ek het die ander dag in die parlement gesê ons het die afgelope 30 dae geen beurtkrag gehad nie. In plaas daarvan dat dit gevier word, gooi mense koue water daaroor uit. Dit het ʼn nasionale sport onder Suid-Afrikaners geword. Ons put genot daaruit dat alles verkeerd loop,” het Ramaphosa op die nasionale raad vir ekonomiese ontwikkeling en arbeid (Nedlac) se jaarlikse beraad in Pretoria gesê.

“Ons is ʼn nasie wat onsself vermink. Ons sny onsself in stukke en kyk heeltyd na al die negatiewe. Ons kyk nooit na die positiewe nie. Self wanneer Eskom probeer om vir 30 dae beurtkrag uit die land te hou, sê ons ‘dis nie belangrik nie’. Ons kyk na alles uit ʼn negatiewe perspektief. Dis tyd dat ons positief raak. Ons moet nie net onsself lief hê nie, maar ook ons land liefhê en ʼn paar van die positiewe goed wat aan die gang is, raaksien.”

Ramaphosa het gesê die Nedlac-beraad wat ʼn samekoms van die regering, arbeid en die sakebedryf is, moet Suid-Afrikaners hoop gee.

“Nedlac moet ʼn handelaar van hoop wees. Hierdie Nedlac-beraad moet ʼn beraad wees wat hoop kweek. Ons moet hoop aan ons mense gee. Dit is ʼn forum wat alle sektore van ons ekonomie kombineer. Hier moet voorstelle gegee word van praktiese goed wat ons kan doen wanneer ons vandag hier wegstap. Ons moet buitengewone goed doen in tye van buitengewone uitdagings om buitengewone geleenthede aan te gryp,” het Ramaphosa gesê.

Bheki Ntshalintshali, waarnemende hoof van Cosatu, het sy toespraak gebruik om oor die polisiesterftes in Suid-Afrika te praat. “Hoewel dit lyk asof hierdie aanvalle op die polisie is, is dit eintlik op ons gemeenskappe gemik. Dit het ten doel om vrees aan te wakker onder diegene wat ons gemeenskappe moet beskerm. Wanneer dit bereik is, sal dit oorspoel na die wyer bevolking en sal die oerwoudwet van oorlewing van die sterkste seëvier,” het Ntshalintshali gesê.

“Waar het jy gesien dat polisie deur misdadigers gejaag, vasgekeer en doodgemaak word, behalwe in ons geval? Ons dink hierdie saak moet nou aandag kry.”

Vroeër vandeesweek het pres. Jacob Zuma polisiebeamptes aangemoedig om hulself teen misdadigers te verdedig. Altesaam 58 polisiebeamptes het hierdie jaar al gesterf in misdaadverwante aksies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Optiese Pessimis ·

Mnr. Ramaphosa, kan jy ons werklik blameer aangesien die ANC so wonderlike taak verrig om ons ‘n goeie speelveld te gee?

Jaco ·

Miskien moet n paar dinge verander dan kan dinge dalk meer positief gesien word? Wat dalk net van: Korrupsie Plaasmoorde Misdaad Werkloosheid Dienslewering Water Elektrisiteit Swak paaie Arogante bloulig brigades Arbeidswette net om n paartjies te noem

Willie ·

Die land sal positief begin reageer as die regering self ophou om apartheid/Van Riebeek, ens, te blameer vir alles wat deur hul eie toedoen uitmekaar val. As hulle net kan erken dat al die kundigheid wat die land verlaat het, die beleid wat hulle daar gestel het, se skuld is. Dis wat HULLE kan doen om die negatiewe golf om te draai.

Grotman ·

Wat se positiewe praat die meneer van? Jammer maar ek sien geen! Ons blankes is voel vry verklaar! Ons word soos diere gejag en uit gemoor, als wat vir ons van belang is word af gebreuk, weg geruk en vernietig!? Jip meneer ons sien die positiewe maar dis net tot julle voordeel en tot ons nadeel!

chris ·

Ag nee wat regtig Cyril ons is nie almal so onosel soos jou stemvee nie .
Vat ‘n ding wat werk, breek hom ,maak hom nou gedeeltelik reg en juig daaroor?Pateties!

Die krag was te veel in die Apartheidstyd toe bestuur die NSA hom in die grond so veel so dat ons beurtkrag kry, nou moet ons bly wees dat ons vir een maand weer terug is op dieselfde standaard as 25 jaar gelede.

Logika of ‘n totale gebrek aan IK ontbreek by jou of jy dink dit ontbreek by ons.As dit lg is sit jy die pot ver mis Meneer.

Jaco ·

Chris jy stel dit goed behalwe dat ons ver van 25 jaar gelede se standaard is.

carel ·

Ramaphosa dit maak mos nie saak waste sport dit is nie julle is mos net gepla met die kwotas?

is jou kwotas in ‘die’ sport reg??????

Enrico ·

Uhmmm hello. Die krag moes nie eers af gan in die eerste plek as als reg gedoen was. So voel maar trots op julle 30dae. Wow.

Kaspaas ·

Genugtig doen julle werk, hou op steel en bedrieg, hou op rasse haat aanvuur, kry beheer oor misdaad, skep werk, werk verantwoordelik met belasting geld en en en nie veel om oor positief te wees nie.

P.S hoekom moet ons dankbaar wees oor 30 dae se krag, ons moes nooit in die situasie gewees het nie maar kader ontplooing is mos belangrikker as stabiliteit en kwaliteit

pop ·

Die man haal nou oerwoud sielkunde op ons uit. Ons moes in die eerste plek nie beurtkrag gehad het nie. Gee vir ons afslag as dit gebeur want ons betaal vir krag wat ons nie het nie. Maar ek dink nie hy praat met ons wittes nie. Ons is nie in tel in hierdie land nie

Se Maar Net ·

Ai en ons moet dankbaar wees vir 30 dae? Die enigste rede hoekom ons nou weer krag gehad het, was die feit dat bonusse uitbetaal moes word. ESKOM toon mos nou weer wins?? Die dat ons van volgende maand af weer beurtkrag het. Die geld is weg.
So ja dankbaar vir wat? Die sport waarvan hy praat is sekerlik die korupsie in die land!!
Ons boere word gejag en vermoor ons vrouens word verkrag!! Dankbaar??
Daaraan word niks gedoen nie, maar die boere moet Posetief bly. Grond-eise!!
Baie om op te noem. Ek sal jubel as hulle die dag ‘n Regering het wat nie skuld op verlede wil oak nie, en daadwerklik iets aan die land wil doen. Seker ook te veel gevra????
Want dit gaan baie lekker met sekeres in die land wat die kospotte leeg dra!!

Jaco ·

Onthou Eskom se wins was verlede jaar 7 miljard en die jaar slegs 3 miljard. Die probleem is nie wins nie maar kwaliteit kapasiteit wat nie byhou nie. Daars ook nie regtig reserwe krag nie. Ons noem dit onvermoë om te beplan.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

JA ja so sal ons suidafrikaners kla en kla , maar niks doen nie sit mos net al julle moun gatte julle moun van die more tot die aand moun gaan niks regmaak nie . dink aan a plan dan hoef julle nooit ooit weer so te moun nie .ons voor ouers het bo oor die drakensberge met osewaans getrek wel ek het hoop vir die land niemand jaag my in die see in nie . ons kort a lyer wat v ons kan praat want niemand hoor ons

FJD ·

wat maak jy om dinge beter te laat word – as jy gaan sit en wag vir ‘n persoon om op te staan en leiding te neem gaan jy nog daar sit totdat jou koppie wit is en aan die bewe gaan van ouderdom

Rynhardt ·

Ramaphosa, u is reg dat negatiwiteit n nasionale sport in SA is! Hoekom? Ons Afrikanet/Boervolk word vir 21jaar onderdruk deur u regering en ontneem van n toekoms! Die ekonomie het u Anc reeds vernietig dat mense verder in ellende verval het! Die Here slaap nie! U spog oor 30dae se beurtkrag? Vertel vir die publiek hoeveel het Eskom en Anc gemaak uit alles? Van 2008-2015 het beurtkrag die land tussen R20-R80miljard gekos, dit se alles! Ramaphosa, u is R700miljoen dollar sterk en kry van belastingbetalers n astronomiese salaris, terwyl die wat nie n toekoms het nie, nie so gelukkig is nie! Ek se weer, die Here slaap nie en ons is nie almal onnosel nie!

Pieter V ·

Hy het daardie R700miljoen gekry danksy BEE. met daardie sort geld skenk ek my salaris elke maand aan een of ander liefdadigheids organisasie na seker gemaak is die in beheer, is betroubaar.

Chris ·

Die kern van sy toespraak het hy van Flip Buys gesteel na aanleiding van Solidariteit se konferensie wat in Oktober 2015 gebou word.

Gideon ·

Die deurmekaarspul kan julle voor die deur van julle eertydse bondgenote gaan lê, wat in die 70tiger jare het al wat ANC mos opleiding in Moedertjie Rusland gaan kry, hoe om bomme te plant, massa oproere en afbrand van alles wat werk!! Julle wat vandag regeer sit met dié vreeslike probleem en ons arme paar witmense wat nog oor is kry vrek swaar!!
Moet nie nou kom kla nie, bring terug die doodstraf en so paar honderd Marikanas sal seker die boodskap deurbring dat onrus nie meer geduld word! Glo my wet en orde sal ons Rand laat styg dat ons nie sal weet wat aangaan nie!!

Strydom-:Stryslim eerder ·

Die nationale sport is blankes te benadeel…daar rank ons saam Zim die beste in die wereld!

Winston ·

Fooitog . Jy moet n slag daai bril afhaal Ramaphoza en sit een op wat nie kleur in het nie. Jy sal skrik ….Of wakker skrik!! Jy sit in die “pound seats” en maak sulke stellings? Klim af en kom grond toe. Stel vas hoekom ons negatief is. Ek daag jou uit.

Maggie ·

wa wa wa wa, o ons moet dit vier dat julle jul werk doen vir 30 dae, jys laf man kom met n ander storie met jou vetgesmeerde stert van die myne, jykan praat!!

Bruno Stef ·

Min Ramaphosa as oud werknemer op middelvlak bestuur van Eskom(Generation/transmission en distribution) wil ek onder u aandig bring daar in u oorlogskamer wat u onlangs tot stand gebring het (Dit klink vir die gewone mens vreeslik dramaties) op Simmerpan Beheersentrums moet staatmaak om die oordeel te gebruik en planne te maak.Het niemand jou vertel dat ESKOM in 1994 in n bevoorregte posisie was met n nuwe kragstasie in die Vaaldriehoek wat die Vaal/Taaibos en Highveld kragstasies al drie op bystand (mothboll) posisies geplaas het in volle werkende toestand.Met n bekendstelling is die versekering aan die besoekers gegee by die nuwe kragstasie dat ou kragstasies hergebruik kan word teen enige tyd indien benodig word.Weet jy met hoeveel verminderde kostes dit kon gebeur het en die totale kragnetwerk kon help maar ongelukkig het n paar slimjanne die Stasies totaal en al tot niet gemaak en infrastruktuur vernietig. Se my hoekom is ander ou stasies weer vinnig aan die gang gekry soos Komati en Grootvlei maar n stasie soos Vierfontein was ook al heeltemal vernietig.Iemand iewers het groot blapse gemaak nou wil jy he ons moet bly wees oor 30dae se kragvoorsiening

Peter Botes ·

Ja en ons moet ook visse prys omdat hulle in water kan swem.

Remondo ·

as alles “positief” verloop dan is dit ons ‘regering’ as krag af is , plekke geplunder word , wit boere vermoor word , mense aangerand word dan is dit apartheid of ou regering

Hennie ·

Baie geluk met die 30 dae geen beurt krag. Ons is baie dankbaar daarvoor. is daar enige iets ander waarvoor ons kan dankbaar wees? Na 1994 en nadat Madiba sy termyn uitgedien was alle Suid Afrikaners positief oor waarheen ons land beweeg as ‘n reenboog nasie. Sedertdien het die ANC “Collective” niks gedoen om voort te bou op daardie visie nie. Sou hulle enige visie gehad het waaroor Suid Arika kan positief wees en help bou aan daaraan, sou die situasie anders gewese het. Vandag is ons nie ‘n meer nasie nie. Ons is ‘n gemengde klomp mense waar die minderheid en die verlede geblameer word vir alles wat verkeerd gaan. Dit alleen kan net negatiewe reaksie kry.

Arie Plaasboer ·

As mnr Ramaphosa en die ANC die dinge REG doen en ALLES WERK soos dit gedoen het in die vorige bedeling, dan SAL daar geen negatiewe “Nasionale Sport” wees nie.

Mnr Ramaphosa vee eers voor jou eie deur en verwag DAN van ander om jou voorbeeld te volg.

As jy wil voorskryf “then you must be squeeky clean yourself first”.

Henry ·

Foeitoggies ja.

Ou Cyril baby dink dat ons so agter-die-klip en goedgelowig is soos die ouens wat hy destyds gemesmeraais het. Ek kan en wil nie meer al daardie arme siele se name onthou wat so aan Cyril se lippe gehang het, toe hy hulle oortuig het dat perdebollie inderdaad vye is.

Frikkie, Roelfie, Leon?

Dan ·

Jou positiewe is ons negetiewe, anders sal dit nooit vir die ANC positief wees nie.

THABO ·

Cyril mooi gedoen met die bietjie experience wat julle het hier is mense in die land as hulle weer die geleentheid kry om te rigeer dan vat hulle alles weer . die wat nie wil bly nie loop onse goverment raak beter next presedent CYRIL

FJD ·

My liewe Thabo ek wou myself eers weerhou om jou te antwoord – maar ek kan nie langer op my tong byt nie – NIEMAND wil en NIEMAND gaan die land vat nie die plek is groot is het spasie vir ons almal – al wat ons wil hê en JY OOK is om in vrede en harmonie te kan saamleef – ‘n land te hê wat floreer nasies wat kan hande vat en leef en laat leef – dit maak nie saak wie die stuurwiel vashou nie solank dit net ‘n man is wat eerlik en opreg is en wat sy baie nasies as een kan lei

FJD ·

Ceril “my man”!!! as jy ‘n positiewe golf wil sien sal jy jou liewe president moet leer dat die ouens wat sy toesprake skryf moet ophou om alles wat verkeerd gaan in die land op Jan van Riebeeck en apartheid te blameer – daardie ou storie is al holrug gery en LANKAL nie meer snaaks nie – steek jou hand in jou eie boesem en as jou handjie nie melaats uitkom nie dan dink ek kan jy se ons is negatief – en as dit nie DINK vir ‘n slag hoekom ons meer negatief as positief dink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.