Ramaphosa ‘nie seker’ wanneer tabakverbod opgehef word

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat Suid-Afrika op 1 Junie na vlak 3 van die afsonderingsvlakke skuif. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA gesê dit is nog nie seker wanneer die rookverbod opgehef gaan word nie. Hy kon ook nie aandui wat die wetenskaplike redes vir die verlenging van die verbod was nie.

“Dit is in hierdie stadium onmoontlik om te bepaal wanneer die verbod op die verkoop van tabakprodukte gelig sal word,” lui Ramaphosa se antwoord op die DA se vraag oor op watter datum die president voorsien dat die verbod gelig sal word.

Dean Macpherson, die DA se skaduminister van handel en nywerheid, sê nou dié antwoord is teenstrydig met Jackson Mthembu, minister in die presidensie, se antwoord dat die verbod op vlak 2 van afsondering gelig sal word.

Die DA het Ramaphosa ook gevra op watter empiriese data die nasionale bevelsraad staatgemaak het in sy besluit op die algehele verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens afsondering om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, asook om die verbod te verleng.

Hierop het Ramaphosa gesê die besluit is geneem nadat voorleggings deur lede van die publiek, asook “relevante mediese literatuur oor die uitwerking van rook op mense se gesondheid” aandagtig bestudeer is. “Ná my aanvanklike afkondiging op 23 April dat die verkoop van tabakprodukte onder vlak 4 van afsondering toegelaat sou word, is voorleggings deur verskeie organisasies en mense gemaak en die regering het verdere raad oor die saak ingewin,” lui Ramaphosa se antwoord.

Maroela Media het egter vroeër berig dat daar ʼn skamele 454 voorleggings teen die ophef van die rookverbod was, teenoor die 2 000 voorleggings waarna die regering aanvanklik ter verdediging van die besluit verwys het.

“Ramaphosa se versuim om behoorlike bewyse te lewer is ʼn duidelike aanduiding dat daar in werklikheid geen empiriese bewyse vir die verbod was nie,” sê Macpherson.

“Dit is duidelik dat die verbod niks met die uitwerking van rook op mense se gesondheid te doen het nie, maar wel alles met die wil en giere van min. [Nkosazana] Dlamini-Zuma en dié in die onwettige handelsbedryf wat by só ʼn verbod baat vind,” sê hy.

Hy sê die regering moet ophou om mense te mislei oor die sogenaamde redes vir die rookverbod.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

JohanR ·

Nee my maat….. Wat jy eindelik bedoel is dat jy nie weet waaneer President Nkosazana Dlamini-Zuma vir jou gaan se waaneer jy nou kan aankondig dat sigarette is weer beskikbaar. Cyril kan jy nie, of mag jy nie geen besluit neem voordat NDZ dit goedgekeur het nie? Is jy soe bang vir die energiser bunny dat jy jou broek beveil as sy jou na haar kantoor toe roep? Kry soe bietjie wind in daai broek Cyril! After all you are the PRESIDENT of South Africa!

Marius ·

Snaaks mag uitvoer so as mense doodgaan soos wat sy beweer moet sy aangekla word van moord deur die res van die wereld waar hulle mag uitvoer

Pieter ·

Cyril jy en jou dr vriendin regtig ons is stupid. Kom wys asb vir ons op wit en swart hoeveel van die virus sterftes was rokers. Jy en jou dr is besig met lieg stories julle ANC is deel van die onwettige sigarette. Julle is besig om die virus te versprei nie almal wat rook kan n honderd en twintig rand betaal vir n pakkie sigarette nie. Ons koop nou maar n pakkie saam dan deel ons. As ek my koeldrank deel met my vriend versprei dit nie ook die virus nie. Wie is julle om namens my te besluit of mag rook of nie. Ek is groot en oud genoeg om te weet wat is reg en verkeerd. Dit is my keuse nie jou of jou dr vriendin sin nie. Ek hoop van harte die regters sien waar mee julle komuniste besig is.

Pieter ·

Dit gaan nie oor die rook of die virus nie. Dit gaan oor iemand wat dink sy is n dokter en wat mags behep is. So laat ons drink en ons drank deel en mense op die pad dood maak. Maar moet asb net nie rook nie. Ek dink ons kop doek menister moet by n dokter kom want sy is siek siek in haar kop

Michael 1 ·

Dit is moeiliker om n president te wees as n bee opertunis ha ha.

Die Wolf ·

Ja ons is al so gewoond aan die tipe uitsprake, Net weer n bewys van onbevoegdheid. Die die buite wereld lag ook vir jou.

Corrie ·

Ja nee weet nie wanneer nie. Maar kyk hoe tel die getalle op van dronk mense. Huis drama als. Regtig n mens sal sweer ons wat rook doen al daai goed nee wat kry jul goed agter mekaar en sien wat jul verkeert doen aan ons mens se regte.

KB ·

‘n Mens hoef nie “die uitvinder van buskruit” te wees om te besef dat CR ‘n naprater is nie, ook nie dat DZ baie stories uit haar duim suig nie. Waar is Bheki Cele se misdaad-verslag nou dat drank weer vryelik beskikbaar is! Dis tyd vir MINDER praat, en meer LEES vooraf, en begin DOEN.
Julle flous ons nie, inteendeel julle lieg soos tandetrekkers.

Flip ·

Hy weet nie want hy het nog nie vir sy baas, mev zuma gevra nie…..

Gerhard ·

Ek is nou al so moeg vir die ruggraadlose president van, wel nie my nie, want ek het vir hom absoluut geen respek nie. Rede wat bydrae tot die toename in positiewe gevalle hier in die Wes-Kaap is, omdat die mense nou sigarette met mekaar deel, aangesien Dlamini Zuma se sigarette regtig onbeskostigbaar raak, so mense deel met mekaar. Hulle is te onnosel om dit te sien en hulle weet dat dit ‘n sensitiewe snaar is, daarom speel hulle hom heeltyd. Ek sal my nie verbaas as Ramazuma weer die drank ook verban nie. Eerlikwaar, ek is moeg, ek is moeg en siek en sat om te sien hoe onbevoeg ons leiers is. Ek wens so ons kan ‘n Trump in SA kry, een wat eiers het, wat nie bang is om sy voet neer te sit nie, after all, die president is tog die een met die laaste se, nie waar nie. Sterkte aan al die sukkelende nikotien liefhebbers, ek voel saam met julle en die goedkoop goed proe te crap om geld daarop te spandeer. Proe net so sleg soos die baas daarvan lyk, Nough said

Niklaas ·

Onse agbare president moet duidelik eers daaroor konsulteer met die kopdoek dame. Hy mag blykbaar nie die finale besluite neem nie. Siestog.

Kobus ·

Wonder of die oom ooit weet wat het van die R500 BILJOEN geword. Ek voorspel dat daar nog lank na hierdie hele pademie ondersoeke gaan wees oor wat het van die geld geword. 3 maande na die fondse beskikbaar gestel was is daar beslis nog niks gedoen vir die burgers nie. dit wat gekoop is was natuurlik deur skenkings van ander lande.

Corne123 ·

Hy sal nie weet nie want Zuma regeer die land nie hy jie.Hy te slap om op te staan teen hulle tyd dat almal saamstaan maarbja dan ken ons onself ook kan ie saamstaan nie

Nico ·

Waarom sal die verbod op sigarette gelig word, doen hulle dit dan gaan die Zuma familie mos hulle geld verloor, dit is waaroor alles gaan.

Rodger17 ·

CR en Ndz weet nie of dit Dinsdag of dingaansdag is nie,hulle moet net weet hulle sal hul dag nog ook in die hof kry!

Estelle ·

Rampie die water raak nou ook warm om jou, dis nie net die blankes wat soos paddatjies gekook word nie!!

Jaco ·

Ek sien in ander nuus media president Zuma het gesê, selfs al verklaar hul die verbod onwettig, sal sy nogsteeds volhou met die verbod. Sy is verhewe bo die reg. Ons sit nou met nog n mugabe aan bewind. Dis verby met ons.

Okmardom ·

Dis baie maklik. Vra die bejaarde tannie. Sy is immers CR se boss.

Scalla ·

Nou vind uit as jy nie seker is nie, in vandag se tyd is dit met die druk van n knoppie, nie meer nodig vir rookseine of posduif nie .

Pappa Beer ·

Ek sal daarvan hou om te weet hoe n mense in n demokrasie te werk gaan om n duidelik onbevoegte en magsbehepte minister in die pad te steek. Dan sal ek graag wil weet hoe om dit in Suid Afrika reg te kry, want die idee van demokrasie hier verskil TOTAAL van die res van die wereld sin. Hier het n minister van tradisionele sake meer mag as die verskoning van n president. Wat het tradisionele sake elkgeval uit te waai met nasionale gesondheid?

Jack ·

Ongelukkig is hy besig om sy geloofwaardigheid as president prys te gee skynbaar om die anc en nz se gelieg te probeer toe te smeer. Hulle is besig om hulself in n hoek te verf. Dis jammer ek het nogal van sy styl gehou.

Karlahari ·

Wie maak geld uit die sage behalwe NDZ?
Pakistani’s, Somaliers en ander uitlanders wat moontlik nog onwettig in die land ook is.
Daardie geld verlaat die land en kom nie weer terug nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.