Ramaphosa nie té bekommerd oor gryslys

Pres. Cyril Ramaphosa (5 Augustus 2021) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die feit dat die Financial Action Task Force (FATF) Suid-Afrika op die gevreesde internasionale gryslys geplaas het, laat pres. Cyril Ramaphosa skynbaar nie snags rondrol nie. Die president het Maandag in sy jongste nuusbrief gesê dit is kommerwekkend, maar nie só erg soos sommige partye aanvoer nie.

“Ons is deur ʼn streng proses om aandag te gee aan die kwessies wat die FATF geopper het. Die grondbeginsels is gereed en ons weet wat ons moet doen om van die gryslys af te kom. Ons is vasbeslote om dit so vinnig as moontlik te doen.”

Luidens die president se brief hou die strategiese tekortkominge wat deur die FATF geïdentifiseer is, boonop nie direk verband met die land se finansiële sektor nie. “Dit beteken dat finansiële stabiliteit en die koste daaraan verbonde om sake te doen met Suid-Afrika nie ernstig deur die gryslys notering beïnvloed sal word nie.”

Ramaphosa gee wel toe dat ʼn aantal tekortkominge geïdentifiseer is tydens die laaste evaluering van Suid-Afrika se maatreëls om geldwassery en die finansiering van terrorisme te bekamp. Die evaluering is in 2019 gedoen “toe die land pas uit die staatskapingsera gekom het” sê Ramaphosa.

“Sedert die resultate van die wedersydse evaluering wat in 2021 gepubliseer is, het ons groot vordering gemaak om aandag te gee aan die geïdentifiseerde tekortkominge. Van die 67 aanbevole aksies wat uit die wedersydse evaluering spruit, het ons aan almal behalwe agt strategiese tekortkominge suksesvol aandag gegee.”

Dit sluit in beduidende swakhede in die land se wetlike raamwerk, deur die inwerkingstelling van wysigings aan wette oor teen-geldwassery en die bekamping van terrorismefinansiering.

“Wanneer dit kom by die ontwikkeling van wêreldklas kundigheid, wetgewende hervorming en die versterking van staatsinstellings om komplekse finansiële misdaad te bekamp het ons ʼn hele ent gevorder. Dit is nieteenstaande doelbewuste pogings om die staat se vermoë te erodeer om sulke misdade tydens die staatskapingsera op te spoor, te ondersoek en te vervolg.

“Ons het geloofwaardigheid van sleutelinstellings soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) herstel om hulle in staat te stel om hul onderskeie mandate na te kom. Ons het ook die magte van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) versterk deur ʼn spesiale tribunaal te stig om openbare fondse in te win wat deur korrupsie en bedrog gesteel is, en ʼn Ondersoekdirektoraat in die NVG om ernstige korrupsie te ondersoek.”

Ramaphosa verwys dan ook na R14 miljard wat op mediumtermyn bewillig is om misdaad en korrupsie in die komende finansiële jaar te bekamp.

“As ʼn land wat die oppergesag van die reg respekteer en afdwing, is die gryslys ʼn geleentheid vir ons om ons beheermaatreëls te verskerp en ons reaksie op georganiseerde misdaad te verbeter,” glo Ramaphosa.

  • Die insluiting van Suid-Afrika op die gryslys beteken Suid-Afrika word nou as ʼn hoërisikoland beskou om sake mee te doen en die FATF sal bykomende stappe vereis vir enige beleggers wat sake in die land wil doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

annie ·

… nee, dis glo volgens hom ‘n goeie geleentheid? Sjoe, Ramaphosa moet dan maar ook glo as hy gefire word, is dit ‘n goeie geleentheid om iemand beter as hy aan te stel…

Christine ·

Hy is nie bekommerd nie, want hy is stupid! Net goed vir korrupsie.

Allop ·

Wat n klug Die ANC is deel van die misdaad sindikaat Dit moes in d ie eerste plek nooit gebeur het nie

Danie ·

Wat gaan sy reaksie wees op die vrede korrupsie saak wat geduik het.Hoe gaan hy die polisie se swak ondersoek en briljante justisie se duikslag hanteer.Waar is die geld???En dis maar een van die vele sake wat hy van geweet het.Die buiteland is nie n spul idiote nie.

Burgermeester ·

Ramaphosa se ‘nie-traak-agtige’ houding teenoor SA se plasing op die FATF gryslyts is ‘n refleksie van sy swak leierskap. So lank hy geld in meubels kan wegsteek, gee hy nie ‘n flenter om wat in die res van die land aangaan nie.

Eugene ·

OOM RAMA… raak vir ons bietjie meer realisties asseblief?. Wie ook al jou toesprake vir jou skryf lewe seker in ‘n droom wereld. Hul gebruik terrorismefinansiering, geldwassery, staatskaping, vervolging en bekamping in een opstel???? Tog is die staatskaping verslag lankal oorhandig en geen vervolging is gedoen nie. Al tekortkoming wat jy sien is onder jou sitkamerbank se kussing SHAME. Dan sal die GRYSLYS jou mos nie PHALA-PHALA nie!

Manie ·

Hoekom mag Eskom vir die volgende 3 jaar geen nuwe kragsentrales bou nie?

Kokerboom ·

Is die kader OOIT oor enigiets bekommerd? As jy niks doen kan jy seker nie wees!!

Kwikkie12 ·

371 jaar gevat om Suid-Afrika op te bou, minder as 30 jaar gevat om hom te vernietig!

Di ·

“Dream on” een van die dae is ons op die SWARTLYS. Wys my iets wat hulle al reg gedoen het vandat hulle die land oorgeneem het, NIKS. Ons land is een riool nes

Nettie ·

Dinge is baie erger as wat die regering dink. Baie, baie erger.

Vettiemaragartos ·

Ja ou Rampie. Niks in die lewe is vir jou rede tot kommer nie. Dalk het jy genoeg geld in die “bank”?

Elize ·

As jy geweet het wat om te doen hoekom is ons dan waar ons is??????????

Misky ·

Dis hoekom ons land in die gemors is waar hy is!!!! Hulle worry oor die verkeerde dinge en wat wel saak maak, besef hulle nie tot dit te laat is.

philippus ·

Dis juis mense soos hy wat dollars onder matrasse wegsteek wat die probleem veroorsaak het

Roebs ·

Hy worry buitedien oor niks in hierdie land hoekom sal dit hom nou slapelose nagte gee…. Seker weer iewers ‘n paar biljoen rand leen…

Tipper ·

As jy nie hou van Waardes nie dan sal jy ook nie bekommerd wees oor n Grys lys nie.

domheks ·

En so dra ons belastingbetalers maar weer die gevolge van die land se slapgat ruggraatlose cANCer. Kyk maar na die Rand/Dollar.

Pietertjie ·

Ja-nee, dit behoort geen invloed op Phala Phala te hê nie.

Antonk ·

Nee.Hy sal nie bekomert wees nie,want hy bele sy geld in dolars.So as rand verswak verstewig die dolar.Dan kry hy mos baie daaruit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramaphosa het reeds beheer oor die land verloor. Hy kan nie eers sy kabinet verander nie. Hy is nou ‘n flou makou.

Frank ·

Nes jy dink die regering kan nie laer gaan nie, dan bewys hulle mens verkeerd

Pieter9 ·

As jy nie weet wat jy nie weet nie, is die beste wat jy kan doen, bly stil!

Nie Verbaas ·

Mens moet waaragtig onnosel wees om nie “te bekommerd” te wees oor gryslys nie. Hy sal dit natuurlik sê want ANC weet hulle is in die grond in met Eskom wat n sindikaat paradys is.

Blikkies ·

Hierdie ou blah blah blah net, hulle was ‘n jaar gelede net so vasbeslote om die kag krisis so gou as moontlik op te los. Hy bly ‘n leunaar en kan nie vertrou word nie.

Nommer 7 ·

Rampie, die gryslys veroorsaak dat die Rand verswak. As die Rand verswak raak alles duurder. En dit bekommer jou nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die belastingbetaler onderhou hom. Hy verkoop sy beeste en buffels in Amerikaanse dollers. Life is good man!!!

Janine ·

“As ʼn land wat die oppergesag van die reg respekteer en afdwing, is die gryslys ʼn geleentheid vir ons om ons beheermaatreëls te verskerp en ons reaksie op georganiseerde misdaad te verbeter,” glo Ramaphosa. Ek kan net my kop skud …

Papsak ·

Skaam jou ramaphosa jy voel n flip ek glo nie jy weet wat beteken n gryslys nie want jy doen niks vir land nie

Vonkprop ·

Hy is nie bekommerd nie, want hy verstaan nie die probleem nie. Net soos wat hy nie bekommerd is oor beurtkrag nie, want dit raak hom nie.

Saartjievandiebosveld ·

Hy is oor niks bekommerd nie….we are doing very well!!!

Jaco ·

Wit mense sit in dié finansiële instansies in Europa en Amerika se luukse kantore en gryslys meestal nie-wit derde wêreld lande se ekonomieë.
Vanaand gaan hulle huis toe in veilige moltreine. Hulle bly in huise sonder diefwering, alarms ens. Beurtkrag, swak vuil staatshospitale, lae standaard onderwys, min of geen munisipale dienslewering is ongekend by hulle.
Maar môre oormore begin die gevolge van hulle gryslys in 3de wêreld lande en dan styg pryse van kos, petrol, elektrisiteit ens hemelhoog en kry daardie lande se gewone mense net nóg meer swaar.
MAAR die regeringslede wat daardie ekonomieë so swak bestuur, kom NIKS oor nie, want hulle salarisse is weens korrupsie so hoog dat selfs ‘n verdubbeling van die lewenskoste weens afgradering hulle glad nie raak nie.
Weet die graderingsbesighede dat hulle “strafmaatreëls” nie die korrupte regeringsleiers se persoonlike dag-tot-dag finansies seermaak nie, maar dat dit net gewone mense seermaak?
Hulle ge-gryslys is ook erg rassisties.

Republikein in die Wes Kaap ·

Onthou net dat ontwikkelde lande se firmas belê miljarde dollers in hierdie lande. Pensioen fondse koop finansiële bates in hierdie lande. Aandeelhouers en lede van fondse het ‘n reg om te weet wat in hierdie lande gebeur. Lipstiffie op ‘n vark werk nie.

Schalk ·

Net weer ‘n bewys dat die ANC geen belange het in ander se swaarkry nie.

Jr ·

Ek wil dit baie duidelik maak, maar JY is NIE my president NIE. Just so you can understand YOU ARE BEYOND USELESS

anko ·

Wanneer ‘n mens niks doen nie, het jy ook nie bekommernisse nie. So maklik soos dit. Word wakker cANCer. Gee om vir die land se mense en vergeet n slag van jul eiesinnigheid

gatgogga ·

Rama bly maar stil. Ons het geen vertroue in jou interpretasie van enigiets nie, en boonop lieg jy te veel.

JohanR ·

Are you for real. Lyk my jy is bekommered oor niks nie. Dink jy lewe in LALA land!

Sê maar net ·

Die evaluering is in 2019 gedoen “toe die land pas uit die staatskapingsera gekom het” sê Ramaphosa.

Bwaaahaaahaaa! “uit die staatkapingsera gekom het”.
Hoe lekker lag ek nou. What a joke!! Korrupsie voer nou eérs hoogty!!
Sit maar lekker agteroor Rhamaphosa en kaders.
Hierdie wiel gaan draai. Stadig maar seker. …
As julle nie op aarde gestraf word nie, wag die Hoë Regter en Regsbank hierná. En van Hom, sal nie eén van julle ongestraf wegkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.