Ramaphosa ‘nie tevrede’ met Wes-Kaapse hantering van Covid-19

Jan-Jan Joubert en African News Agency (ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa besoek die Wes-Kaap. (Foto: Ayanda Ndamane/ African news agency)

Pres. Cyril Ramaphosa het die Wes-Kaapse regering Vrydag beveel om meer hospitaalbeddens vir Covid-19-pasiënte voor te berei en meer te doen om die maatskaplike uitdagings wat deur Covid-19 veroorsaak is, te verlig.

“Dit is nie net die nasionale departement se verantwoordelikheid nie. Ek dink ook nie die aantal hospitaalbeddens waarvoor die provinsie voorsiening gemaak het, is genoeg nie,” het hy tydens ʼn besoek aan dié provinsie gesê.

Die Wes-Kaap het tot dusver meer as 27 000 (66%) van die land se 40 792 Covid-19-gevalle aangeteken. Altesaam 77% (651) van die landwye sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld.

Die provinsiale regering het aan Ramaphosa gesê dat daar ʼn tekort aan personeel en finansiering is, maar hy het gesê dit is nie ʼn verskoning nie.

“Dít is ʼn oorlog wat ons moet wen. Geld is nie ʼn faktor nie; lewens moet gered word. Ek sal geen verskoning aanvaar dat ons nie genoeg opgeleide mediese personeel kon opspoor nie,” het Ramaphosa Vrydag tydens ʼn besoek aan Kaapstad gesê.

Hy het aangekondig dat ʼn verdere R3 miljard aan die Wes-Kaap toegewys is vir die stryd teen die koronavirus. Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, staan ook blykbaar gereed om militêre mediese personeel na die provinsie te stuur om gesondheidsbeamptes by te staan.

Die president se besoek kom ʼn dag nadat Suid-Afrika die grootste toename nóg in Covid-19-gevalle binne 24 uur gesien het. Die getal gevalle het tussen Woensdag en Donderdag met meer as 3 000 toegeneem.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Pietertjie ·

As personeel en geld nie ‘n verskoning is nie, moet die provinsiale regering maar aanstel en koop, en die rekening vir die President stuur.

Outop ·

Wes Kaap se toetsing beste in land. Beweeg na vlak 0 asseblief

Michael 1 ·

Dit is bloot n magsvertoning hy weet die weskaap word deur bevoegde mense regeer, hy kan nie eers n besluit oor sigarette maak nie sonder om vir Dlamini zuma toestemming te vra nie so as ek hy was sal ek maar my mond hou.

Die Wolf ·

Ag Shame. Ek dink die land is nie tevrede met die ruggraatlose houding nie.

Willem ·

Sal nie tevrede wees nie want dis DA. Wag maar die syfers wat so gekonkel word gaan hulle nog kom inhaal

marius ·

Stem dsaam met Willem.Ek is oortuig die Wes Kaap syfer is opgeblaas,om die Da te benadeel en die ANC te bevoordeel.

Alleen Wolf ·

Dalk is Wes Kaap se syfers korrek en die ANC beheerde provinsies sin gekook?

Kobus ·

Heel logies sal die gevalle met soveel toeneem as hulle weet nie hoeveel toets uitslae agter is nie!
Gebruik die “Nuwe” fondse om meer toetse te bekom. Wat is die doel tog om 4000 beddens in ‘n hospitaal te sit maar volgens die “stats” is daar maar net 208 krities al vir die afgelope 4 dae.
908 mense het gesterf uit 59 miljoene plus mense uit, dis iets soos 0.00154%

Anel ·

Ek wou ook gevra het hoeveel van die wat getoets word is werklik so siek dat hulle in die hospitaal beland. Alles gaan net oir die virus en verder word geen aandag aan ander siektes gegee nie. Dis lekker om geld te mors wat jy nie het nie en nie joune is nie. Geld is mos nie ‘n faktor nie. En hier word van miljarde gepraat. Weet hy ooit hoeveel dit is?

Werner ·

Weet soos gewoonlik weer nie wat om hom aangaan nie hy moet liewer nie na die res vd land kyk nie

Willem ·

Hy nie tevrede met die Wes Kaap, ek is nie tevrede met sy ministers nie

Rodger17 ·

CR is nie tevrede met Weskaap nie?Nou wat moet ons doen wat nie tevrede is met hom en sy useless regering nie?Dit is maar net oor bevoegde mense in beheer is daar en hy weet sy anc regering is in beheer van die res van die land waar dit chaos en anargie is!Gee Weskaap vir wittes en sien hoe gaan dit floreer en goed gaan!

JohanR ·

En Suid Afrika is nie tervrede met Cyril Ramaphosa se hantering van Covid-19 nie…..of Dlamini-Zuma, of Bheki Cele, of Ebrahim Patel, of Lindiwe Zulu. of die hele ANC se hantering. Wat kan ons nou aan daai doen Cyril? Lyk my julle is behep met die Wes-Kaap, maar wag nog soe drie weke, dan sal die pawpaw die waaier slaan in Gauteng, en dan sing jy ‘n ander deuntjie.

gatgogga ·

“Geld is nie ‘n faktor nie” !
Dit van ‘n man wat nog nooit enige begrip vir die ekonomie gehad het nie.
Die man van rommel status.

Pieter ·

Ek gee nie om of cyril tevrede is nie, ek is al vir baie baie lank ontevrede met hoe die land regeer word. Soos hulle se “join the club”.

Willem ·

Jan Jan hoop jy lees die kommentaar stel asb ondersoek in na die sterfde syfers wat daagliks aan ons voor gehou word. Dis mos nie moontlik dat niemand sterf van TB en VIGS nie

4ntj13 ·

Miskien moet hy ʼn verrassingsbesoek aan Bloemfontein bring. Dan sal hy sien hoe Mangaung Metro die mense hier voorberei vir Covid deur almal byvoorbaat siek te maak van die asgate se rook. Nou meer as ʼn week al. Terwyl ons genoeg ICU beddens en personeel oop het om enige oorvloei in die Weskaap te sou kon help hanteer het.

Jaco ·

Laat die “slegte” Wes-Kaap wat aanhou vir “die rassistiese DA” stem, afskei en dwing dan die res van SA se wit mense om ook Wes-Kaap toe te skuif. Laat die Wes-Kaap met niks (geen geld uit Pretoria) begin. Die van onder af begin, die onteiening sonder vergoeding in die res van SA en die gedwonge verskuiwings na die provinsie met die ergste corona is dan sommer alles saam ‘n finale kwaai straf vir apartheid.
Dit klink erg, maar met harde werk en deursettingsvermoë sal die Wes-Kaap binne 5 jaar soos Hong Kong lyk.

gatgogga ·

Nee. Dwing niemand om na die Wes Kaap te verhuis nie. Jy kan as jy wil.
Maar daar sal ten minste ‘n plek wees waarheen jy kan hardloop as jy moet. Intussen goeie universiteite vir jou kinders, skoon hospitale vir jou ouers, ens.

Sarel ·

Natuurlik wie het nou anders verwag. Gaan besoek die ANC Provinsies sois Gauteng en kyk of hulle beter dodn d.w.s. indien julle eerlik is.

Ronelle ·

Neeeeeeee hy sal dit nie doen nie te bang vir wat hy gaan sien en beleef. Dit is mos makliker om.n DA-beheerde provinsie aan te vat. Ek word sommer naar as ek sy naam sien of hoor

Jacobus ·

Sorry ou Buffel die mortaliteit is direk eweredig aan effektiviteit van toetsing. Beskou enige statistiek uitgeryk deur ANC met groot agterdog.

Jack ·

Nog n klompie kubane wat al 11 landstale magtig is is op pad

Ronelle ·

Net as ek dink die regering het hul toppunt bereik met uiters onnosele uitlatings dan kom daar net n beter een!!! Is dit omdat Wes-Kaap deur die DA regeer word en julle ons provinsie begeer? Kom ons kyk hoe lyk die werklike syfers in die ander provinsies. Plaas dat CR sy kabinet beheer en in die bek ruk. Ek het geen respek vir hom of sy kabinet nie.

Anoniem ·

Ramaphosa is ongelukkig oor Pandemie toestand in Wes Kaap. Hoekom??? Omdat dit DA gebied is en hy (Ramaphosa) wil die Wes Kaap onder ANC beheer hê. Hoeveel van die sterftes aan COV 19 is werklik die pandemie se skuld?? Enig % dalk beskikbaar??

Knormoer ·

Dis baie hartseer as die pandemie gebruik word as n politieke tool. Livingstone hospitaal in die Oos Kaap se noodeenheid, die grootste in die provinsie, maak verlede week toe omdat daar nie personeel of ppe is nie, maar CR is ontevrede oor die Wes Kaap. Nelson Mandela Metropole word nie besoek tydens oversight visit van die DoH nie, al het dit die meeste infeksies in die provinsie.

Karlahari ·

Hoeveel beddens is daar beskikbaar in die OosKaap?
Kan nie eens die Frere hospitaal oop hou nie.
Hier kom groot moeilikheid in die Oos Kaap.
Wes Kaap se kurwe lyk of die besig is om te draai.
Oos Kaap gaan nie brieke hê nie….
Maar Ramaphosa sal nie die Oos Kaap besoek nie want daar geld die hoofman stelsel en die hoofmanne stem ANC en dan ook so al hulle onderdane wat sonder lopende water, en met modder skole met long drops moet klaarkom.
26 jaar later…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.