Ramaphosa nou eers later voor Zondo

Pres. Cyril Ramaphosa. (Argieffoto: Kopano Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal nou eers later voor die Zondo-kommissie na staatskaping verskyn.

Ramaphosa sou in sy hoedanigheid as president van die land en as president van die ANC aanvanklik op 22 en 23 April voor die kommissie getuig.

Ramaphosa het die datums nou verskuif weens ander verpligtinge wat hy op daardie datums moet nakom.

“Hy sê hy sal nou op 28 en 29 April as die president van die ANC verskyn en op 13 en 14 Mei as die president van die land,” lui ʼn verklaring van die kommissie.

Luidens berigte sal Ramaphosa na verwagting reageer op bewerings deur Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, dat Ramaphosa toegelaat het dat sy sakebelange inmeng met regeringswerk.

Molefe het onder meer aangevoer Ramaphosa was bereid dat Glencore die kragreus as gyselaar aanhou weens sy geskiedenis met die Glencore.

Die burgerregtegroep AfriForum het vroeër ook gevra dat Ramaphosa tydens sy verskyning voor Zondo oor die ANC se kaderontplooiingsbeleid ondervra word. Die organisasie het ook gevra dat AfriForum die kans kry om voorleggings in dié verband aan die kommissie te lewer en self ook die president te kruisondervra.

AfriForum se aansoek spruit uit die feit dat Ramaphosa van 2013 tot 2016 die voorsitter van die ANC se komitee vir kaderontplooiing was. Die organisasie voer aan in hierdie tyd is verskeie individue wat van korrupsie en staatskaping beskuldig word, op grond van hul lojaliteit jeens die ANC in sleutelposisies aangestel.

AfriForum sê die ANC se kaderontplooiingsbeleid was waarskynlik die grootste bydraende faktor tot korrupsie en staatskaping.

Die kommissie hoor vandag getuienis aan van Arthur Fraser, voormalige direkteur-generaal van die staatsveiligheidsagentskap, asook dié van Gwede Mantashe, voormalige sekretaris-generaal van die ANC, oor parlementêre oorsigkwessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fedup ·

But why?
Did his invitation to the zondo party got lost in the mail?
Send them all to jail.
These parties is a waste of time, money and energy.
Do they really think we are this stupid?

Mariana ·

Net nog meer tyd om die gelieg en bedrieg voort te sit en te bedink. SA moet ontslae raak van die korruptes wat elke dag net meer kwaad doen., van heel bo tot by al die minions. Wanneer gaan hier verandering kom? Nooit, nie as almal ewe hard lieg nie en vir hulself wil verontskuldig nie.

SomeOne ·

ramaja het mos lankal geweet van sy verskyning, lieg hy alweer ??

Anoniem ·

Vra Ramaphosa ook uit oor die gestelery terwyl hy adjunk president was onder Zuma se bewind. Hy moenie voorgee dat hy nie daarvan geweet het nie.

Genis ·

Hy was mos Zuma se deputy en weet van niks… so groot gemaak..eg ANC Kader… Steler so goed as die deler

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.