Ramaphosa onderneem om hele SA te dien – nie net ANC nie

President Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy eerste toespraak Woensdagmiddag ná hy onbestrede as president deur die Nasionale Vergadering verkies is, beloof om ‘n president namens alle Suid-Afrikaners te wees – nie net namens die ANC nie.

Ramaphosa het hom daartoe verbind om hoop te laat herleef en om die instellings van die land te herbou. Hy het gesê dit gaan nie maklik wees nie, maar hy is verbind daartoe. Hy het toegegee dat daar meningsverskille in die parlement sal wees, maar dat dit nie so chaoties sal wees soos die parlement in die onlangse verlede al was nie.

Ramaphosa het hom en sy kabinet (wat hy nog moet aanwys) daartoe verbind om saam te werk met die parlement om die land ekonomies en maatskaplik te hervorm tot die algemene voordeel. Hy het hoofregter Mogoeng Mogoeng daarvoor bedank dat hy vir die land en die parlement gebid het.

Ramaphosa het opposisieleiers elkeen by name bedank vir hul gelukwensing, en hom tot nasiebou en raadpleging verbind – ook met opposisieleiers. “Samewerking is my tweede naam,” het Ramaphosa gesê. “Soos Madiba sal ek met die gewone mense, die konings en die nyweraars saam stap om almal in die land se belange te dien.”

Hy het by die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald aangesluit dat die land gebou moet word – maar gemaan dat die verlede ook reggestel moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Ellisras ·

Zuma het ons ook die son maan en die sterre belowe. En raai wat het ons gekry. Almal lê ‘n amps eed af. En daar kom niks van dit nie.

Willem Grobler ·

Cyril en die ANC gaan die verlede “regstel” totdat ons nie meer ‘n toekoms het nie en hulle is byna, byna daar. Ek wil graag sien hoe hulle Eskom en Prasa red sonder om ons almal bankrot te maak.

Archie ·

Verlede moet reggestel word? Dit is altyd die probleem ……… niks kan aan die verlede verander nie. Kyk vorentoe en bou!!

Gert van Wierdapark ·

Wonder wanneer het hy die tweede naam van “Same-werking” gekry waarna pres CR verwys? Dit sal wonderlike wees as hy daarby gaan hou om as pres. vir die hele SA te werk, en nie net vir die ANC nie. Die spreekwoord lui mos:”Sien is Glo”!

Boer ·

Daar het jy dit….. dit is al klaar weer die verlede se skuld!
Die van julle wat glo dit gaan beter gaan onder die huidige swart regering en al die nonsens glo wat die paddy-man kwyt raak sal moet wakker word!

Troep ·

“Kyk voor jou, troep! PW sal agter jou kyk! ” het die korporaal gesê. Nou ja, hy moet ook maar vergeet om om te kyk, behalwe om te sien wat die gevolge van sy, en die kaders se besluite is.

James ·

Altyd verlede. As julle heeltyd verlede moet reg maak, maak julle nou ook die verlede so julle gaan tot einde van tyd in verlede werk….

Danie ·

Wolf in skaap klere net so useless soos die vorige president baie beloftes maar niks gaan daarvan kom nie laat my baie dink aan juluis malema ñ parasiet vir die samelewing

Boerboel ·

Hoe lank will hou nog die verlede regstel. Hulle regeer Dan nou al 25 jaar?

Hannetjie ·

Daar sal nooit ‘n vergeet van die verlede wees nie.Daar gaan nog baie ‘dinge’ wees wat hul gaan ‘opdiep’ want…dit is die enigste manier van ‘regeer’.

Boerboel ·

CR verduidelik die verlede.As iemand vermoor word is dit ook die verlede dit het klaar gebeur. Hoe gaan jy dit regstel,?
Of stel jy nie belang in daai verlede nie?

Se maar net ·

Beloftes, beloftes en nogmals beloftes…..whatever CR.

Elna ·

Hy gaan seker die verlede regstel vir ” our piepol” ons is nie ingesluit by sy piepol nie ons is gewoond om aan die agterste speen te suig en die skuld te kry vir hulle mislukkings so wat gaan die keer anders wees? Stennig my maar want daar is niks positiefs vir ons in CR se toekoms planne nie. n nuwe besem vee mos altyd skoon kom ons kyk wat gebeur voorentoe.

Waarheid ·

Ag asseblief as daar nie n verlede was nie sou hy niks kom se nie.
Die arme looser.

Johan ·

Nog net weer n storie wst niks van gaan kom nie ,he he he he

humor ·

In die verlede is masiewe skole, universiteite en ander istellings met blanke belastinggeld gebou en die ander het dit vewoes vertrap en verbrand. Gaan hy die belastingbetaler vergoed.

Stephanus ·

Ramaphosa, vir jou vertrou ek NIKS. Al wat jy goed kan doen is PRAAT!!!!

Judge Dredd ·

“Maatskaplik te hervorm tot die ALGEMENE VOORDEEL”
Daar is julle leidraad – hy gaan net sorg vir die meerderheid.

Mif ·

Wat was verkeerd met die verlede ou paddaman? Daar was apartheid maar dink daaraan, apartheid kom van binne. Kyk maar in die natuur ook, soort by soort. Maar self met apartheid, was daar meer unity as wat die anc deur dwang te weë kon bring.

Andreas ·

Daar is twee maniere waarop hy die verlede wil “regstel”, die een is wat hy met ‘n onwaarheid aan die wêreld verkondig dat wit mense het in die verlede die grond van swart mense afgevat, en dat hy daardie gaan regstel.

Dan is daar nog ‘n manier wat reeds vir jare in plek is en help om die verlede reg te stel en dit is om met BEE en kwotas te volhard.

Dit is volgens hom hoe hy ‘n president vir die hele Suid-Afrika sal wees, en nie net die ANC nie.

Andreas ·

Jan-Jan, ek haal jou graag hier bo aan:

“Hy het by die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald aangesluit dat die land gebou moet word – maar gemaan dat die verlede ook reggestel moet word.”

Ek sal graag die hele teks van dr Pieter Groenewald te lese wil kry waaruit Cyril dit aangehaal het, want ek kan jou wed dat dit is nie soos dr Pieter Groenewald homself uitgedruk het nie, ook nie ongekwalifiseerd nie, hy sou nooit daarmee saamgestem het met Cyril se weergawe dat wit mense die grond van swart mense afgevat het nie, as hy na grond verwys het.

schaun ·

Weereens feite soos dit is of feite soos die joernalis dit sien.

Andreas ·

Die joernalis was in die persgalery, hy het dit nie gesien nie, hy het dit gehoor.

Markus ·

Skrap dan alle diskriminerende wette en wys jy is ernstig.

Sarel ·

Mens kon dalk lekker lag vir die grap indien dit nie so ernstig was nie. Ek wonder word ‘n ” Politikus” gebore met twee monde.

Ja Nee ·

Die verlede sal eers in hul oe reggestel wees wanneer als oorgeneem is. Die meerderheid is oortuig hulle kan sonder die minderheid die land suksesvol bestuur…. Ai tog Africa

Cyril beloof wat?? ·

Oh pleeeeeze!! hy het tot dusver gèèn empatie of genade getoon oor ons blankes wat so uitgemoor word nie. Beloftes en leë praatjies, dis al. Hy haat ons wittes net soos al die ander. Hy het seker AAN die res van die swart Afrikaners gepraat en beloftes aan hulle gemaak. Hy dink seker ons wittes is breindood. SA is ‘n tydbom … watch this space

Dirk ·

CR is reg dat die verlede reg gestel moet word, die staatskaping verlede! Staatskapers word nie vervolg nie, hoekom nie? Die ANC se opdrag aan Zuma was om die rand te laat val om die klimaat te skep vir verandering. Die ANC se opdrag aan CR is om die rand op te tel en verandering te implementeer. Die ANC speel dus “bad president en good president”! CR gaan SA doodeenvoudig omskep in n welsynstaat. Die wat het gaan betaal vir die wat nie het nie, asof staatskaping nie reeds genoeg gevat het nie. Al die bewyse vir die ANC se misleidingsplan is beskikbaar in die openbare domein, maar tog verkies opposisiepartye om die pad saam met CR te stap. Aan die een kant is dit goed vir solank die ekonomie herstel, aan die anderkant is dit sleg, want daarna sal soortgelyke prosesse soos staatskaping weer herhaal word. Dan is dit weer n “bad president” se beurt! Ten minste sal Suid Afrikaners oor die volgende 5 jaar n bietjie beter kan asemhaal.

jan ·

n mens kan nie die verlede regstel nie , weet ons agbare president dit nie. as daar n ongeluk was kan jy nie terug speel en oor doen . as n operasie n mislukking was gaan die dr nie operasie oordoen . net so met sa die verlede is verby …neem wat goed was in die verlede en bou daarop om n beter toekom te bou

Fran ·

Ek stem saam. Jy kan nie van iemand wat jou haat verwag om na jou en jou volk te kyk nie.

Susna ·

So Suid Afrika het nou n splinernuwe President, n multimiljoener. En hy praat van die verlede? Hier gaan ons al weer vorentoe met jare gelede se sogenaamde sondes. Ek self sien gladnie n beter toekoms in Suid Afrika nie. Diegene wat nog werk geskep het in die land is landuit of oppad uit. Kom kyk bietjie in die omgewings waar klein besighede is hoeveel van daardie plekke se hekke is toe.

Eddy ·

Cyril is n goeie president,as jy hom vergelyk met ou Zoompie,sy voorganger.Maar Cyril is een man.Die probleem isdie klomp Zuma gesindes in die ANC en in die topstruktuur.Die probleem is daai horde massas ongeletterdes wat ANC ondersteun.As Cyril vir Nkosazana Dlamini Zuma aanstel as vise president sal dit n groot fout van hom wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.