Ramaphosa onderneem om spoorwegdiens te verbeter

Foto: Songezo Ndlendle/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het homself daartoe verbind om die spoorwegbedryf te verbeter, wat die afgelope paar jaar onder kritiek deurgeloop het as ʼn swak en ondoeltreffende diens.

Ramaphosa het Dinsdagoggend die sentrale treinstasie in Kaapstad besoek. “Ek het onlangs op ʼn trein in Soshanguve geklim en gehoop om binne ongeveer 30 minute in Pretoria te wees. Dit het egter drie ure lank geduur. Die trein het aanvanklik laat opgedaag en was oorvol en die mense wat vervoer word, was gefrustreer, maar hulle het vir my gesê dis hulle daaglikse ervaring.”

Hy was in Kaapstad vir die bekendstelling van nuwe treine van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).

“Ek het belowe dat ons seker gaan maak dat ons treine betyds is. Ek het dit met die minister, die voorsitter van die raad en die bestuur bespreek. Dit gaan vinnig iets van die verlede wees, want ons gaan die spoorwegvervoer verbeter. Ons gaan seker maak dat treine betyds opdaag en dat dit nie oorvol is nie, en die belangrikste van als – dit gaan veilig wees.”

Foto: Songezo Ndlendle/ANA

Ramaphosa het gesê dit sal “sonder versuim” gebeur. “Ek is vandag hier in Kaapstad om dié trein bekend te stel wat in Gauteng vervaardig is by die Gibela-fabriek.”

Alan Winde, LUR vir gemeenskapsveiligheid en premierskandidaat van die DA, het egter Ramaphosa se besoek veroordeel en gesê dit is “niks anders nie as ʼn politieke uitspraak wat geen beduidende verskil sal maak nie”.

“Ek het vandag (Dinsdag) Mitchell’s Plain-treinstasie besoek om die DA se plan voor te lê vir ʼn doeltreffende spoorwegdiens wat werk en wat volgens die tydrooster werk. Dié stasie is een van die grootste in Kaapstad en is veronderstel om vol pendelaars te wees, maar dit is byna leeg. Hierdie Mitchell’s Plain-stasie is byna verlate. Aanwysingsborde werk nie en baie min passasiers gebruik die treine. Tydens my besoek vandag het slegs een trein het in die oggend opgedaag. Die volgende trein is vir laatmiddag geskeduleer,” het Winde in ʼn verklaring gesê.

Winde het bygevoeg die provinsie het ongeveer 88 treine nodig om ʼn behoorlike spoorwegdiens te bedryf, maar teen Oktober verlede jaar was slegs 36 treine beskikbaar. “Dis nie net bloot statistiek nie, dit het ʼn werklike en langdurige impak op pendelaars. Treine wat vertraag word of gekanselleer word, kan daartoe lei dat passasiers hul werk verloor en verhoed hulle om skool te gaan. Veiligheid op die treine, op die platforms en buite die stasies bestaan byna glad nie. Minstens 32 persone is op en rondom treine vermoor en tog is daar sedert 2015 geen werkende kringtelevisiekameras nie. Dit is onaanvaarbaar dat inwoners, wat op treine staatmaak, vir hul lewens moet vrees elke keer wanneer hulle op ʼn trein klim. Dit is hoekom byna 250 000 persone wat vroeër van die treine gebruik gemaak het, dit nie meer kan doen nie, en nou verskuif die verkeersdruk na ons paaie in busse, taxi’s en motors.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johan ·

Onveilige treine en ander vervoer probleme is ‘n eienskap van die Nuwe Suid-Afrika…

humor ·

Die pres. het die hele SA administrasie en nog baie meer om uit die modder op te tel. En moet ook nog self oor n paar dinge rekenskap gee. So hy sal dag en nag moet graafgooi. Glo nie hy sal al sy ideale tot n werklikheid bring nie.

Richard ·

Daardie trein se wiele is pap…mooi kyk en wakker slaap, ou Cyril.

Willem van der Merwe ·

Japanese treine ook oorvol maar is veilig en die drywer vat dit baie persoonlik as die trein laat is maar in SA is dit n ek gee nie om nie of brand die trein of vandaliseer so ver moontlik

Alida ·

O ja die beloftes loop nou sterk en niks gaan verbeter nie. Dis mos verkiesing!

Johannes ·

Ramaphosa, jou anc het ‘n werkende spoorwegstelsel vernietig. Nou wil jy die kamstig “verbeter”. Wat ‘n flippen grap.

Ben Potgieter ·

Alles wat eens gewerk het sal binnekort weer werk.Glo nie die ANC regering kan ‘n trapfiets laat werk nie.Droom voort president dis mos verkiesing tyd.

PJC ·

Niks sal ooit weer reg werk so lank as wat onbevoegdes aan die stuur is nie.

Snowball ·

Treine vertraag agv load shedding. Kry Eskom reg ou Prez Promises.

Ampie ·

Moet ons dit rerig glo? Dan was my pa defenitief Pieter Paashaas

Andreas ·

Dit sou nou ‘nice’ gewees het as hulle sy gesig op die trein se windskerm kon plak. Dink jou in hier kom Cyril op jou af!

David ·

Hy kan begin deur die kragvoorsiening reg te maak… dit alleen sal dekades neem !

Emma ·

Dit is maar net deur die anc wat niks werk nie. Nou speel hulle voor die verkiesing op almal se gevoel en belowe mos die maan en die son. Wat n grap is jy cr.

Alida ·

Laat my baie aan ou Piet promises dink in die ou bedeling toe alles vlot verloop het.

Dries du Toit ·

Pragtige trein. Hopelik gaan hy nie gou in vlamme op nie

J ·

O ja brand is lekker en gevaarlik en kos miljoene om weer te vervang.

JaNee ·

Ja die Slagter van Marikana … hier voor die verkiesing belowe hy en die cANCer allerhande dinge. Praat is goedkoop. Is eintlik baie tragies.

Sanna ·

Soos die Chinese trokke wat toe dit hier aankom nie op die spore kon ry nie??? Gaan le tog net op ‘n hopie voor jy en jou opneukers nog iets meer opneuk as wat julle dit reeds opgeneuk het. Jul goeie vriend het mos geld soos bossies uit skrootmetaalverkope gemaak en toe sy sekretaresse uitpraat is sy amper haar lewe kwyt…

Dries du Toit ·

Pragtige trein. Hopelik gaan hy nie gou in vlamme op nie

fred ·

Mugabe het dekades terug belowe om Zim reg te ruk…waar is hy nou?

Johan ·

Gaan n baie lang tyd vat om treindienste weer op n aanvaarbare standaard te kry na jare lange verval onder die ANC soos meeste ander dinge maar in die land.

Hoe gouer die Wes-Kaapse regering die geleentheid gegee word om dit te bestuur, hoe beter.

Elsje ·

Ons tuinier ry gratis trein. Alles wat jy so verniet kry pas jy nie op nie.

Irene Myburgh ·

Hulle praat van beter treindienste MAAR wat van die busdienste veral Tshwane se busdienste.

Blykbaar te min busse want busse is in die werkswinkels en dit kom net nie uit nie. Miskien nie geld vir parte nie.

Willem ·

Ons hoor en lees daagliks van Cyril Ramaphosa wat wat beloftes maak en hom tot allerlei dinge verbind. Hy sê elke keer vir die spesifieke belangegroep met wie hy praat wat hulle graag wil hoor. Wie glo hom nog ? Nie hy of sy party het die ruggraat, politieke wil of vermoë om die gemors wat hulle in 25 jaar van ons land gemaak het om te keer of reg te stel nie.

Se maar net ·

Hy loop net en “breg” in die Kaap….. heel toevallig dat die treine net voor die verkiesing bekend gestel word ne…..

Melanie ·

Ek wonder hoeveel ure spandeer cyril om al hierdie twak uit te dink? Dink hy nou regtig ons glo hom? Ek boonop word hy betaal om sulke twak kwyt te raak.

Gaaaaaaaaap ·

hou op lieg, jy het ook gese dat daar nie plaasmoorde is nie . en geen onteiening van grond nie ..

Treindrywer ·

Kaapstad na Mowbray. Darem ‘n kort roete. Bring eers die ou Spoorweg Polisie terug voor dinge sal verbeter.

Niccy ·

Hier is baie meer om te doen bo en behalwe die treine. Skop die korruptes uit en laat hulle die oranje pakkies kry en gratis kos ook nog.

Leeu ·

Gaan hy nóg n kommisie aanstel lol. Ramapokker onderneem om alles te verbeter, maar nog nie n enkele ding gedoen nie.

Gert van Wierdapark ·

“Sonder versuim” nogal reken CR. Dit kom al jare met versuim! Plan B is seker sonder versuim. Laat my dink aan die liedjie “Time is on my Side”, so wat dalk maar bedoel word, is dat dit gekoppel sal word aan die wetking van soustrein!

Christo ·

Ek hoop CR hou boek van sy ‘promises’ en leuns. Hy weet mos die groot ses is in beheer en hoop om die ANC se g@tte te red vir na die verkiesings. Ek doen ‘n beroep op die partye se ‘observers’ soos hulle in Engels sê om noukeurig te kyk dat die spul nie verneuk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.