Ramaphosa onderteken omstrede wetsontwerp

Pres. Cyril Ramaphosa.

Pres. Cyril Ramaphosa het hierdie week ʼn omstrede wetsontwerp onderteken wat onverkose tradisionele leiers se omvattende feodale magte oor 18 miljoen Suid-Afrikaners omvattend uitbrei en elke belastingbetaler heelwat gaan kos.

Die Wet op Tradisionele en Khoisan-leierskap is die soveelste poging van die ANC-regering die afgelope paar jaar om tradisionele leiers se magte deur middel van wetgewing uit te brei en vas te stel. Die vorige pogings is telkemale deur die Konstitusionele Hof as ongrondwetlik uitgewys omdat dit vroue se menseregte ontneem en mense se eiendomsreg ontken deur dit aan die owerheid oor te dra.

Hierdie wetgewing is reguit op dieselfde pad met ʼn progressiewe organisasie genaamd die Koalisie teen Bantoestan-wetgewing wat daarmee op pad is na die Konstitusionele Hof.

Hoewel die president kragtens die land se regstelsel nooit redes hoef te verskaf oor hoekom hy ʼn wetsontwerp onderteken nie (wel oor hoekom hy dit nie doen nie wanneer hy dit nie doen nie) word in politieke kringe gemeen die president doen dit as ANC-lid omdat die ANC daarmee die lojaliteit van tradisionele leiers probeer koop om die tanende gewildheid van die regerende party onder stedelike swart mense teen te werk – ʼn lojaliteit wat hulle meen (soos die apartheidsregering destyds) hulle deur die tersaaklike wetgewing kan versterk deur en weens die presiese ondemokratiese, onderdrukkende feodale aard van die tradisionele leierskapstelsel.

En daar is aanduidings dat dit, as ʼn politieke strategie, minstens gedeeltelik op die oog af suksesvol is, al is dit ook hoe bedenklik. Tydens die onlangse tussenverkiesing in Vredendal-Noord is die wyk namens die ANC van die DA gebuit deur die ANC-kandidaat Cecil le Fleur, wat deesdae deur die ANC as ʼn tradisionele heerser van die Griekwa-groepering geëien word.

In die geval van die huidige wetgewing sal dit ʼn aantal onwettige en selfverrykende handelinge van tradisionele leiers wettig te maak, waarvan die vervreemding en verhuring van eiendom aan mense van buite die stam wat op die grond woon, een met belangrike implikasies is.

Daar is tans verskeie voorbeelde hiervan ter waarde van duiselingwekkende bedrae op ʼn veelheid plekke in die land aan die gang wat so afgeleë is dat dit buite die kollig van die hoofstroom-media val.

Een daarvan is in die skilderagtige Port St. Johns/Umngazi-gebied van die voormalige Transkei waar een van die talryke en deur die belastingbetaler hoogs besoldigde tradisionele heersers van die Pondo-groepering (klaarblyklik wetlik geklas as ʼn “koning”, waarvan daar in Suid-Afrika tans nie minder nie as 11 is en wat elkeen ʼn basiese salaris van meer as R1,2 miljoen kry) ʼn ooreenkoms van R1 miljoen per jaar met ʼn buitelandse belegger gesluit het vir inwoners om verwyder te word (ontdaan van woordvernis ʼn gedwonge verskuiwing) sodat toerisme-oorde vir 30 km kuslangs ontwikkel kan word.

Benewens die 11 sogenaamde konings is daar tans (en dit neem deurgaans toe) nie minder nie as 844 mense wat in Suid-Afrika as sogenaamde senior tradisionele leiers nie minder nie as R256 000 elk betaal word vir vaag omskrewe take wat nie juis gemonitor word nie. Daar is letterlik duisende ander aan wie belastinggeld uitbetaal word, as ewe vaag omskrewe mindere heersers.

Die hofsaak teen die jongste wetgewing sal na verwagting binne die volgende paar maande in die Konstitusionele Hof in Johannesburg begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kersvader ·

Wit bevoorregting? Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld van swart bevoorregting in Suid-Afrika! Swartes wat steeds ‘n middeleeuse feodale stelsel toepas, word mildelik finansieël daarvoor beloon. Belaglik!

Sarie ·

Die ironie is die tuislande het die anc nie gepas nie, maar nou is daar konings en ander leiers in die sogenaamde tradisionele swartgebiede wat vergoeding moet ontvang om wat te doen?

Reine waarheid ·

Dankie Jan Jan…ek sal op die info maar die ketting trek en weet die wiel draai stadig maar seker.

Pietie ·

So koop die ANC stemme.

Pas hierdie tradisionele leiers in die ANC/SAKP se rewolusie?

Peet ·

So koop ons stemme wat ons nie goeie regering kan vermag nie. Nie veel verskil van die koning van Swaziland nie.
Vertel my nou dat ons beweeg nie terug dieper in die 19 de eeu nie. Die ketting is seker maar die beste reaksie. Of wag, hier is nog plekke wat net putte het!!!!

lukas Snider ·

Hoe een president het in sy hoof kan haal om soon type van wetgeving te onder steun gesien teen die lig van van die economishe gemors status waar ons ,ons thans in bevind.
Hy sal eerder die betaling van die traditionele leiers moet afskaf ons het mos muncipaliteite . Waar gaan die geld wat vir eiendom verhuur betaal word naar toe. Regering???Dit verdwyn moontlik in die sakke van die tradisionele leiers.
Ons was in die Transkei en het ontdek dat daar munisipale reëls en stam reëls deurmekaar (soos dit pas) word toegepas.Met een bottel whisky kan je toestemming kry om êrens te bou,(dit is van hoor see en ek uiteraard daar geen bewyse daarvan.)
In die geval van Port st John, het hulle die mag om grond toe te ken sonder medewete van die betrokken plaatselijke oorhede???

Wat volgende ·

Wat ‘n belaglike situasie. Dis om van slange te vang.

Ja nee ·

As jy nog nie jou planne in plek het om die land te verlaat nie, gaan jy maar moet vat wat kom.

Clipper ·

Vir die wat sê ons moet die land verlaat wil ek net vra hoeveel gaan jy vir my bydra om elders te kom en te bly? En as jy nie gaan bydra nie, druk asseblief jou kop waar die son nie skyn nie en bly stil

Hans ·

Ongelooflik. Ek was onder die indruk dat ons in ‘n demokrasie woon en dat leiers verkose-soos parlementslede-moet wees.

Nederkaner ·

Nou… Afrikaners moet die liefs gebruik as ‘n startegiese geleendheid. Kies ‘n tradisionele leier. Hoe meer regte gegee word aan traditionele leiers dan hoe beter, hoe nader aan self beskikking kom mens.

Moenie jou opponent steur wanneer hy ‘n fout maak nie.

KaterinaKat ·

Weet jy dis nou nie n slegte idee nie! Maar ek het n gevoel dat vir blankes, hulle wel n verskoning uitdink om n blanke tradisionele leier uit te sluit. Nog steeds, ek hou van jou idee. As mens nie probeer nie sal jy nie weet of dit kon gewerk het nie.

Trojaanse Donkie ·

Melk die koeie en slag die eende wat goue eiers le totdat hulle almal die land verlaat het. 2020 gaan die jaar wees van koeie melk!!

Pietsepan ·

Hoeveel republieke in die wêreld hou ‘n meerderheid van konings aan soos ons?

Adam ·

Die President wil tegelykertyd ‘n kapitalis, sosialis, Marxis, tradisionele leier ens wees. Jammer, maar jy kan nie die lyk op elke begrafnis en die bruid op elke troue wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.