Ramaphosa onderteken Woensdag omstrede NGV-wetsontwerp

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa gaan Woensdag, presies twee weke voor die verkiesing, die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) onderteken.

Die presidensie het Maandag in ʼn verklaring gesê die ondertekeningseremonie vind om 14:00 by die Uniegebou in Pretoria plaas. Die wetgewing is gemik op die lewering van universele gesondheidsorg van gehalte vir almal – maar het die afgelope paar jaar teenkanting uit verskeie oorde gekry.

Talle organisasies het ook reeds aangedui dat hulle gereed is om die wetgewing in die hof te beveg, sou dit deurgevoer word.

In April het Panyaza Lesufi, die Gautengse premier, gesê ná die verkiesing kan enigiemand – met of sonder ʼn mediese fonds – by enige hospitaal instap en aandring op behandeling.

Prof. Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal belas met die NGV in die nasionale departement van gesondheid, het daarna in ʼn onderhoud aan Maroela Media gesê dié soort uitlatings is blatante politiekery. Hy het dit as “onverantwoordelik en strydig met die wet” bestempel.

Die ekonoom Dawie Roodt het onlangs die NGV as ʼn “onhaalbare ideaal” bestempel aangesien die geld en die vermoë om die plan suksesvol in werking te stel, by die Suid-Afrikaanse regering ontbreek.

Daar was ook skerp waarskuwings dat mediese beroepslui die land op strepe kan verlaat, sou die wetgewing deurgevoer word – soos die geval is.

Die burgerregtegroep AfriForum het sedert 2019 altesame 53 veldtogte teen die inwerkingstelling van die NGV van stapel gestuur en het reeds gesê die organisasie gaan dit in die hof betwis indien die president dit onderteken.

Verskeie ander invloedryke groepe het ook al beswaar teen die NGV gemaak. Onder hulle is die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV). Die SAMV het verlede maand die voorneme aangedui om regstappe teen die NGV te doen.

Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het gesê dit “raak al duideliker dat bykans alle ander organisasies oor die politieke spektrum heen nou Solidariteit se navorsing steun oor die rampspoedige gevolge wat die NGV sal inhou.

“Dit raak al duideliker dat niemand buiten die ANC en sy makkers die NGV steun, of dink dat dit uitvoerbaar is nie,” het Du Buisson vroeër gesê.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Frank ·

‘n Joernalis moet tydens die ondertekening vir die president vra of hy bereid is om in sy persoonlike- en besigheids hoedanigheid borg te teken vir die NGV? Een helse tekortkoming van die hele politieke opset is dat dit te maklik is om publieke fondse te misbruik sonder persoonlike gevolge vir toepaslike besluitnemers en partye.

Toergids ·

Dis goeie nuus, ek het geweet ek moet wag met my narkotiseur en hospitaal se rekening

Martin ·

Wat dié kinders van die duisternis net nie sal doen om stemme te werf nie.

Gert ·

Net nog ‘n trog om van te vreet….. en natuurlik met die voordeel dat jy vir miljoene onkundige kiesers gaan vertel dat hulle nou mediese dienste gaan kry nadat jy vir 30 jaar niks gedoen het om die Staatsinstellings te onderhou of uit te brei nie.

annie ·

Cyril raak wild. Hy deel geskenke uit in ruil vir gewildheid net so voor die stembusse open hopende die speelding sal hou totdat die ANC weer op die troonstoel sit. Sy gevry na Hamas gaan meer oor die ja-stem van die hondjie as oor sy swart en wit halsbandjie. Die chaos wat voorlê met vele hindernisse op die horison ná die 29ste se Babelse verwarring, word behoorlik deur hom opgeklits om mag en rykdom te verseker. Dit is wat hy hoop.

Hoekom ·

Sodra die ANC iets onderteken moet ons weet dat vernietiging kom…

Casper ·

Dit is verregaande,absurd en nie volhoubaar nie.Uitlatings deur Lefufi is niks anders as verkiesings oppertunisme nie en dit gaan groot probleme veroorsaak as ek by ‘n privaat hospitaal aandoen en aanspraak maak op mediese sorg gratis.Hy dink nie realisties nie.

Vonkprop ·

Dit moet seker lekker wees om oorsee te kan gaan vir behandeling, want jy hoef nie jou eie land se haglike hospitale te gebruik nie, te danke aan jou selfsugtige ondertekening van nuttelose wette net om stemme te probeer verwerf. Ek hoop hierdie kry meer teenstand en word beveg.

Anne-Marie ·

Ja Hannes, ek stem. 2 weke voor verkiesing? ANC is desperaat vir stemme…..

Pawiljoen Rot ·

Wel,… voordelig vir my dan hoef ek nie meer maandeliks duisende aan mediese fonds te bestee nie. Aangesien dit dan nou irrelevant gaan wees of jy een het of nie.

etienne ·

Hierdie is die laaste spyker in die doodskis van SA se ekonomie, en gesondheidssorg. Dokters gaan die land teen geweldige tempo verlaat, om plek te maak vir kubaanse ongeletterde dokters. die gewone werkersklas gaan addisioneel belas word om die NGV te finansier. persoonlik gee ek SA nog so 3-5 jaar, dan is ons slegter af as Zimbabwe. Anargie is op die horison.

Aai ·

Geen Dr gaan 12 ure ‘n dag werk en peanuts betaal word,hulle gaan een na die ander die land verlaat.Die privaat hospitale is klaar amper soos die staats hospitale.

Gerhard ·

Hulle het seker hiermee ten doel dat die goeie lank in die praktyk dokters die land verlaat, sodat hulle die nuwe generasie (nie op standaard) dokters in die hospitale te kan kry….. Ai, moet alles dan nou so moeilik wees, kan ons nie net hou by resepte wat werk nie. Hulle wil net verwoes so ver hulle gaan. Ek is doodseker hierdie wetsontwerp sluit nie alle SA Burgers in nie…… Dit gaan ons ekonomie en die belastingbetaler se laaste wind uitslaan.

Euodia ·

Hy dink hy doen volk n guns dit is een van die anc se grootste mislukkings ooit. Hulle moet ook in die ry en wagkamer gaan sit om ‘n dokter te sien dan sal hulle ‘n lekker tyd hê. Moet net kos saamneem vir die hele dag . Geniet julle fools.

Christo ·

En so faal ons demokrasie ons. Hoe meer van die onopgevoede massa vir jou stem hoe makliker kan jy afbrekende ekonomiese wette deur druk. Dis hoekom almal moet gaan stem.

Papsak ·

Ja voorbeeld daarom stem hulle almal vie die anc onbevoeg die klomp

RS ·

Dis mos stem tyd. Enige iets vir ‘n stem…al is dit hoe dom of onhaalbaar, want die wie die stem gee het absoluut geen opvoeding om te sien wat is haalbaar in Suid-Afrika nie. Die land is in sy finale stadiums van ondergang voor algehele anargie en bos-reels.

Martie ·

Hierdie gaan ‘n groot gemors afgee, dis verseker. As hierdie regering hom nou nog nooit in ‘n situasie bevind het wat hy nie kan hanteer nie, is dit nou. Kyk nou hoe bestorm die massas die privaat hospitale en weier om te betaal.

Wakkerslaper ·

Ek dink nie ons besef in watter gemors ons is nie…

Wakkerslaper ·

….@Dana, mense kan nou maar droom en handjies vat soveel soos wat hulle wil, die ANC gaan in beheer bly.

Frank ·

Suiwer ‘n verkiesingsfoefie. Die ANC weet goed dis nie haalbaar nie

Theuns ·

Cadre bly cadre. Geen lojaliteit teenoor land. Ramaposa Bosasa Phala phala is maar net nog ‘n kader.
Gevaar vor die land.
Stem die kader Vader van onbevoegdheid UIT!
SWAK.

Theuns ·

Kader Vader doen wat sy soort doen.. bevestig ON BEVOEGDHEID en HAAT RSA.

Swartberg ·

Werkllike leierskap beteken ook dat jy eers sal toesien dat landsomstandighede gunstiger en gereed is op ekonomiese gebied, voordat ‘n mens so’n groot saak as wetgewing onderteken. Die Integriteit van die leier word deur onderdane bevraagteken as almal in die land oor ‘n jaar of wat agterkom dit was weer ‘n fout. ‘n Leier moet kan antisipeer anders word sy leierskap bevraagteken en later geleidelik deur sy eie mense verwerp. Is dit nie wat nou besig is om te gebeur nie.

Swartberg ·

Real leadership also means that you will first ensure that national conditions are more favorable and ready in the economic field, before one signs such a big matter as legislation. The Integrity of the leader is being questioned by citizens if everyone in the country realizes in a year or so that it was another mistake. A leader must be able to anticipate otherwise his leadership will be questioned and later gradually rejected by his own people and others. Isn’t that what has been happening for years now.

Tania ·

Doen dit net voor verkiesing 2 weke. Dan dink die mense wat hulle volg dat dit gedoen is. Dan kom al die ander partye en instellings vat dit hof toe en dit word geskrap. Dan het die mense reeds gestem. Kom ons hoop vir dit.

Jan ·

Net een vragie: Watter verskil gaan sy getekenry nou REGTIG maak? Die hospitale en gesondheidsorg, in hierdie land, is in elk geval in sy maai!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dr. Crisp gaan nog spyt wees oor die monster wat hy help skep het. Hy het seker gereken hy sal nie dr. Frankenstein se foute herhaal nie.

JACF ·

Hierdie pogings om vingers in die geldkas te kry sal nie ophou nie.
Daar was goeie hospitale dwars oor die land asook binne die voormalige tuislande. Almal is afgetakel tot byna niks daarvan oor is nie.
Nou wil ons weer gaan stem, vir watter rede, U was gewaarsku 30 jaar gelede, die resultaat is tog nie onduidelik nie?
Kom ons veg die saak in die Howe, dalk bereik ons iets daarmee. Vergeet van stem.

Nommer 7 ·

Die regering se gesondheids begroting is R800 miljard. Die koste om 60 miljoen mense te subsideer met ‘n R2,500 mediese fonds is R150 miljard, ‘n besparing van R650 miljard. Kan die mense dan nie somme maak nie?

Frank ·

Massiewe vermorsing van tyd en geld Jan want teen die tyd dat Afriforum en ander die geveg in hof gewen het, al dan nie, is daardie tyd en geld alreeeds vermors ipv dat dit aangewend kon word vir verbeterde diens of iets opbouend of produktief

Carol ·

Daar is mense wat vir hulself kan sorg en nie afhanklik is van die Staat nie, maar word nou gedwing, met geen keuse, om deel te wees van n verswakte diens! Boonop terwyl jy vir die res moet sorg, vir wie jy reeds betaal deur belasting. Die privaatsorg, privaatdokters en privaathospitale is maar net nog iets wat die Staat kaap, wat hul níé self op die been gebring het nie! Pleks hul dankbaar was hul moes nie ook gesorg het vir diesulkes wat hul eie mediese fondse befonds het nie. Wat n vooruitsig om binnekort vervalle privaathospitale te sien, toe privaatspreekkamers, medici wat die land gaan verlaat agv NVG en jammerlike verval van mediese sorg. En sekerlik gaan die politici nie onderworpe wees aan dieselfde stelsel nie, maar steeds gebruik maak van als wat ‘privaat’ vooraan het, of die belasting betaler se gelde oorsee gebruik vir eerstehandse mediese dienste. Om nie eers te dink aan hoe dit die administrasie daarvan gaan raak nie. Wat n nagmerrie!

J. J. ·

Hierdie sal nooit werk nie, ons sal al ons mediese sorg ens in die grond, geen privaat mediese praktyke sal meer kan voortbestaan nie.

domheks ·

Teken maar. Na die verkiesing is dit in elk geval bye, bye! Dink julle kan ons toutjies trek soos puppets! 7 miljoen moet vir 70 miljoen sorg, en geen einde in sig van die aanwas nie.

Marthinus Johannes ·

Hy voel vere wat die res van die land dink of Wil doen. Hy gaan Al hierdie omstrede wette teken voor die verkiesing. As dit eers geteken is gaan dit nie so maklik wees on dit onaandedaan te maak nie. Wag tot hulle die verkiesing VERLOOR Dan sien ons wat die skare gaan aanvang.

Grassie ·

Hierdie plan van die regering is ‘n ernstige skending van menseregte. As ‘n mens jouself bekwaam, ‘n goeie beroep volg, nie rondval nie en hard werk kan jy ‘n mediese fonds bekostig en goeie mediese sorg kry. Dit is nie pasella nie en kos die staat niks. Dit is ‘n mensereg waarop jy geregtig is. As ‘n mens tydens jou beroepslewe, 40 jaar lank, elke maand jou pensioefondspaaiement betaal kan jy op jou oudag steeds ‘n mediese fonds bekostig en rustig lewe, Nou wil die regering hierdie voordeel wat jy het van jou wegneem. Jy gaan in ‘n laaaang tou in staatshospitaal sit en wag en wag………….

Zandra ·

ek wonder gaan ons staats pasiënte nou beter behandeling kry…….. en ordentlike medikasie wat nie stadig jou einde nader bring
ek kan myself dood eenvoudig nie indink hoe die ryk mense by hospitale soos steve biko gaan in die ry sit en 8 ure wag vir panado’s
hier kom groot probleme

Republikein in die Wes Kaap ·

Grassie, mens word nie juis beloon vir verantwoordelikheid nie. My huisdokter sê daar is ‘n ongeskrewe reël dat ouderdom 75 is die afsnypunt vir hoëvlak diens in openbare hospitale. Sodra jy oor daardie ouderdom is en jy benodig gevorderde behandeling of ingewikkelde operasies met baie nasorg word ‘n kostevoordeel studie gedoen, wat beïnvloed word deur jou kanse om te oorleef of te herstel. Maar ek aanvaar mediese fondse sal top-up pakkete aanbied vir daai gevalle. Dit sluit ook gevorderde oogoperasies in met toerusting waaroor die staat nie beskik nie.

Delia ·

So hoop ek almal hier behoort aan Solidariteit en Afriforum en betaal ledegeld sodat hulle die ding hof toe kan vat. Soos wat hulle plan is.

Swerwer ·

En so moet die onbevoegde wesens probeer om hul laaste messteek in te kry

Fred ·

Dit word tyd dat al die belastingsbetalers saamstaan en saam met Outa,Afriforum ,ens….hierdie korrupte kommunistiese regieme op n harde manier duidelik maak wie hulle vet salarisse en hulle non contributing masses betaal en subsidieer…

Pawiljoen Rot ·

Ons is besig om totaal en al in ‘n sosialistiese, kommunistiese land te verander. DIe massas wil dan hê die government moet vir hulle sorg terwyl hulle so min as moontlik hoef te doen. Sassa grants, free education, free healthcare… Alles free free free. Ons het nie ‘n benul wat opad is ons kant toe nie. Veral diegene met westerse ideologie. Ek het so ‘n vermoede van Junie af gaan die lyne by die privaathospitale al hoe langer begin raak… We are surely doomed…

Wendy ·

Ja en nou gaan jy gese wrd om na n dr wat 30% moes kry om te slaag gestr wrd en nou gaan jy sien hoe tou elke jan rap by privaat hospitale – di man is gek in sy wese mag God hom verwyder v sy stoel.

Wildemien ·

Sot! Presies HOE groot is hierdie skepsel se ego?

En vir die afsienbare toekoms sal ons met hom en sy onnosele, skelm maatjies sit. HY gaan nerens nie. Dis darem net te lekker op en in sy rusbank.

Di ·

Rampie wil die laaste ding wat NOG WERK in die land ook totaal en al vernietig voor die verkiesing. Hoop van harte dat die ANC SPUL vinnig die skip sal verlaat wat amper gesink het.

Lettie ·

Almal sal nou moet “musical chairs” speel. Ryk, arm. En al die kleure van die “rainbow nation”. See you there. Remember to take your sandwich with.

Republikein in die Wes Kaap ·

@Wendy, indien jou linkerhand seer is sal die dokter sê hy kan nie help nie, want hy het net kennis van die regterhand.

Marieta ·

Jy weet jy is in die moeilikheid as jy iets wat werk, reg in die lyn van vernietiging plaas om jou eie bas te red gedurende verkiesingstyd. Ek wonder hoe geredelik ons president van hierdie voorgestelde diens gebruik sal maak? ‘n Mens leer mos nie so hard en so lekker, voordat dit nie aan jou eie bas raak nie! Ek wens jy en jou kaders wil langverlof vat en die mense wat weet hoe, kans gee om die land te regeer!!!! Ons is kaal geplunder!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.