‘Ramaphosa oneerlik oor onteiening sonder vergoeding’

President Cyril Ramaphosa
(Oktober 2018) Foto: Kopano Tlape/GCIS

President Cyril Ramaphosa mislei Suid-Afrika deur voor te gee dat onteiening sonder vergoeding noodsaaklik is om grondhervorming te laat slaag, sê die VF Plus.

Maroela Media het berig ʼn verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) omvangryke bedrog en korrupsie in die grondhervomingsproses uit. Een voorbeeld is waar 58 plase deur korrupsie en bedrog verkry is sonder dat daar enige ware eisers of bevoordeldes was. Die waarde van die plase beloop na raming sowat R150 miljoen.

“Die feit dat die SOE-verslag na bewering reeds elf maande op die president se tafel lê, dien as bewys dat hy bewus was van die korrupsie en bedrog, maar nogtans voortgaan met onteiening sonder vergoeding, wel wetende wat die ware probleem met grondhervoming is,” het Pieter Groenewald, leier van die party, in ʼn verklaring gesê.

“Die VF Plus het lank reeds gesê die oorsake van die stadige pas van grondhervorming in Suid-Afrika is korrupsie en bedrog. Indien grondhervorming korrek toegepas was met die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper sonder korrupte amptenare, sou die program kon slaag.

“Pres. Ramaphosa se argument dat onteiening sonder vergoeding nodig is om grondhervorming te versnel, is duidelik net ʼn foefie om ʼn rede te vind om grond in Suid-Afrika te nasionaliseer. Die VF Plus dring daarop aan dat die president die verslag onmiddellik beskikbaar stel en onteiening sonder vergoeding van die tafel vee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ai ja jai ·

Wat het julle vir een oomblik laat dink dat Ramaposa eerlik is? Die Bosasa skenkings? Sy gladde mond? Hy is groter gif as sy voorganger. Dink maar hoeveel plase gaan hy gratis en verniet sy gulsige hande op le, kyk maar. Hy en sy familie

Johan ·

Hierdie tipe bedrog moet soos die Bossasa wyd in die media gedeel word…..hoekom lees ons nie dit in die koerante en op die nuus nie……ek dink die VF + plus moet die wyd deur die media verspry en seker maak dit kry baie aandag….dit is net so in n erenstige lig soos die Bossasa ding…….

m.d.r. ·

Die probleem is dat VF+ maar soos almal onderhewig is aan die groter media se wipelturigheid en ook verskuilde agendas wanneer dit oor nuusdekking gaan.
As veral die Afrikaanstalige media in die verlede meer aandag gegee het aan kwessies
wat die VF+ openbaar het was ons dalk in ‘n baie beter posisie…dit geld veral vir Naspers.
VF+ het soms meer aandag van die Engelstalige media gekry as andersom….!

Andrea van Vuren ·

Johan die VF+ word doodgeswyg. Moenie verbaas wees dat ons eie mense in die pers ook daarvoor verantwoordelik is nie,

Therese van Schalkwyk ·

En dan hang internasionale gehore en joernaliste aan ‘New Dawn’ Ramaphosa se lippe wanneer hy met ‘n sedige gesig vertel hoe die eerbare ANC jare se ongeregtigheid met grondonteiening gaan en móét regstel.
Weet staatshoofde werklik nie van beter nie? Of is hulle bloot só polities korrek en ruggraatloos dat die ANC toegelaat word om weg te kom met hierdie blatante leuens en korrupsie?
Brittanje veral stel teleur, met ondervinding van dieselfde storie in die destydse Rhodesië.
G’n wonder dat die wêreld in sy kanon is nie, want van egte staatsmanskap is daar geen sprake meer nie.

John ·

Waar was CR die afgelope naweek? Het ons enigiets gehoor oor die uitlewering van die Guptas? Kyk wie loop lekker los en predik eenheid in die ANC? Hoeveel vergrypers is reeds vervolg? CR praat van kommissie-sittings as bloot emosionele suiweringsaksies. Die huidige SA-president skaar hom tussen radikale grootse ongelowige aktiviste soos Ghandi en Mandela. Ons betree ‘n vreemde fase. Uiteindelik sal onderlinge wedywering hom kelder.

Grassie ·

Die hele grondhervormingsproses was van die begin af net ‘n politieke slenter, ‘n bedrogspul. Hulle onteien ‘n plaas waarop een blanke gesin boer en ‘n redelike bestaan maak en oorhandig dit aan 40 of meer sg “benadeeldes”. Dit is mos ‘n seker resep vir totale mislukking. Die regering hou eienaarskap van die plaas. Die uiteindelike doel is om privaat grondbesit tot niet te maak – alles moet aan die Staat behoort. Dit is ANC-beleid, nl sosialisme en kommunisme. Wat ironies is, is dat Ramaphosa, wat ‘n skatryk kapitalis is wie se miljarde rande oral in die wêreld belê is, aan die helm staan van hierdie hele proses om van ons land ‘n sosialistiese staat te maak met ‘n verarmde bevolking. Dit is maklik om ‘n verarmde burgery te beheer. Jy het net kospakkies, “grants” en leë belofttes nodig. Ek weet nie waarom Ramaphosa dit doen of wat sy ware agenda is nie maar ek kan raai.

Philip ·

CR is net soos sy voorganger geen verskil miskien meer gladde bek. VP+ gee hom gas. Janee ons is in moeilike fase en met JZ wat die rondtes doen i.p.v. CR en met Malema wat nou na kerkdiens Zuma vergeef sal dit my nie verbaas as die 2 bymekaar uitkom nie. Nee wat ons moet bid vir verandering

Johannes ·

Wanneer gaan ons wakker word? Dit het nog NOOIT vir anc oor sg. “vryheid” gegaan nie. Ook nie oor die s.g. “regstel van onregte van die verlede” nie.

Die terroriste anc het een doel voor oë – die vernietiging van die Boere-Afrikaners. En dit doen hulle stadig maar seker dmv SEB, kwotas, die vernietiging van die Afrikaanse Taal, die vernietiging van ons skole, universiteite en monumente, ontwapening en nou uiteindelik met die onteiening van ons Afrikaner-Boere sonder enige vergoeding daarvoor. En intussen word die Afrikaner toenemend as die vark in die verhaal uitgewys, en die haat vir ons groei by die dag.

Anoniem ·

Aag wat Hy’s ma net ‘n tydelike President (Ons soek ‘n VROU wat met ‘n Ystervuis kan regeer)

Paul ·

Al weet die departement al agt jaar lank van die omvattende bedrog en al het pres. Cyril Ramaphosa die volledige ondersoekverslag 11 maande gelede ontvang, het daar nog byna niks gekom van die dringende aanbeveling om strafregtelike vervolging in 43 gevalle in te stel en teen 23 amptenare op te tree nie, het Rapport geskryf.

Sussie ·

Hkm word ons boere se plase gevat as die staat in besit is van soveel gronde? Hkm laat ons dit toe? Waar gaan ons eindig en wat gaan ons omtrent dit doen. Hkm hou ons net aanvaar dat dit reg is wat hul doen en hkm vorm ons nie ‘n eenheid en begin staan vir wat ons in glo nie……dis ook ons regte om dit te doen. Ons almal weet elkeen van hul is korrup!!!!

Andre H ·

Ek hoop hul publiseer die in Engels sodat die mense dit kan hoor wat ons almal reeds weet

Anti Cyril ·

Die man lieg erger as ‘n tanne-trekker! gisteraand oor die nuus hom lekker vasgepraat; so, hy is ook nie te vertrou nie. My mond het oopgehang. Almal voels van eenderse vere!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.