Ramaphosa: ‘Ons sal energiekrisis oorkom’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag op ʼn Menseregtedagbyeenkoms in Sharpeville in die Vaaldriehoek gesê die land sal die energiekrisis oorkom.

Ramaphosa het gesê elektrisiteit is ook ʼn mensereg. “Energie, soos behuising, water en gesondheidsorg, is ʼn menseregtekwessie. Dit word dalk nie in die Handves van Menseregte genoem nie maar dit is fundamenteel tot die waardigheid, veiligheid, gesondheid en welstand van ons mense.”

Volgens die president kan niemand ontken dat die regering al merkwaardige vordering gemaak het om mense toegang tot elektrisiteit te gee nie.

“In 1994 het net 36% van die bevolking toegang tot elektrisiteit gehad. Vandag het agt uit 10 Suid-Afrikaners elektrisiteit in hul huise.”

Ramaphosa het egter toegegee dat die land tans ʼn erge energiekrisis in die gesig staar en dat dit ʼn diepgaande impak op die land se mense en die ekonomie het.

“Een van ons dringendste prioriteite is om betroubare kragtoevoer te herstel en te verseker dat ons ʼn volhoubare model vir bekostigbare energie in die toekoms het.”

Die land het al voorheen probleme die hoof gebied en sal “weer seëvier” deur saam te werk, het Ramaphosa gesê.

“Ons sal die elektrisiteitskrisis oorkom net soos ons werkloosheid, armoede, misdaad en korrupsie sal oorkom.” Hy het ook gesê die land sal die energiekrisis oorkom soos wat dit apartheid oorkom het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

105 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andreas

Ek lees nou die laaste paragraaf in die berig hier bo. As ek Cyril dus reg verstaan het hulle uit al die dinge wat in daardie paragraaf genoem word, net apartheid oorkom, die res het hulle mee geflop, of is besig om te flop.

Hennie

Verkiesings praatjies. Hoekom sê hy nie vir sy mense dis hy en sy kronies wat dit veroorsaak het nie?

Vonkprop

Ek wonder of daar ooit eendag ‘n toespraak sal wees sonder dat die woord apartheid genoem word.

Elna

Ramaphosa met jou aan bewind….sal alles net meer en meer uit mekaar uit val. Daars niks meer oor om te red nie so wat wil jy see vier??

SB

In 1994 was kundige mense, meestel blank, in beheer van die situation. Vandag is korrupte kriminele, meestal swart, in beheer. Wonder wat is die verskil ?????