Ramaphosa ontken ontmoeting met Rupert

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunk-president Cyril Ramaphosa het Saterdag ontken hy het met Johann Rupert vergader oor die aanstelling van Des van Rooyen en Pravin Gordhan as minister van finansies.

Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring gereageer op bewerings dat Ramaphosa met Rupert, Maria Ramos en Trevor Manuel vergader het nadat eers Van Rooyen en toe Gordhan aangestel is as minister van finansies.

“Die adjunk-president ontken so ʼn vergadering met Rupert, Manuel, Ramos of enige ander sakemense oor kabinetsposte,” het Mamoepa gesê. “Die enigste mense met wie Ramaphosa oor die minister van finansies se pos beraadslaag het, is die top ses ANC-ampsdraers en pres. Jacob Zuma en dit was op die Sondag voor Gordhan se aanstelling.”

Mamoepa het mediaberigte oor Ramaphosa se beweerde vergadering met die sakelui “onwaar, kwaadwillig en misleidend” genoem. “Ons glo die media wat hierdie onwaarhede gepubliseer het, moet nou die korrekte feite publiseer sodat dit vir die publiek beskikbaar is.”

Ramaphosa het gereageer nadat Zuma glo beweer het Rupert het uit die buiteland teruggevlieg om met Zuma te vergader en te eis dat die besluit om Van Rooyen as minister van finansies aan te stel, omgekeer word. Rupert het, in reaksie op ʼn Netwerk24-berig hieroor, die bewering ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

HEVW ·

Waar in hierdie ghaos – woesteny, oewerlose gemors sal ons tog maar net n greintie waarheid kry waaraan ons met vertroue kan vashou?

Andre Bence ·

Nerens in die wereld is daar ʼn politieke of kerkleier na wie mens kan opkyk en verering voor hê nie. Selfs in die sport wêreld is daar net ʼn spul wannabees. Na 1966 het als platgeval. Self Rhamaposa en Mandela het met die Guptas geheul. Kyk fotos op my facebook blad en besluit self.

PJ ·

Is dit nou n verskoning om aandag af te te trek van die gupta vergadering ?

Apie ·

Ooooo, al hierdie valsprofete. Kan nie lekker uitmaak wie die valste is nie. Hulle is egter almal BAIE gevaarlik!!!!

Vra maar net ·

PJ jy is heeltemal reg met jou stelling.
André jy is ook reg mens kan geen verering vir mense hê nie maar alleen vir God drie-enig.

Aliswa ·

Miskien moet die ANC ampsdraers weer die konstitusie gaan lees en die EED wat hulle afgele het!! Dalk moet hulle ook die maatskappywet van 2008 gaan lees wat hulle etiese kodes bepaal, dis nou as hulle soveel inligting kan absorbeer. Of miskien moet hulle salarisse aangepas word namate hulle etiese reels breek en die EED minag, hulle gaan inbetaal op hulle vergoeding??

Kaspaas ·

Blah Blah Blah het daar al ooit n woord van waarheid oor n ANC politikus se lippe gekom. Alles leuens.

Pietman ·

Hulle lieg so baie, hulle kan nie meer onthou wat die waarheid was nie. Wat ek as Afrikaner net nooit sal begryp nie, is dat die skande nie le in die wandaad nie, maar eerder in die ‘uitvang’ van die misdadiger.

jaco ·

Die ANC-Jeugliga skel Rupert uit vir ‘n imperialistiese rassis, maar Ramaphosa het dalk ‘n geheime ontmoeting met hom. Party ANCE-lede sê hulle is poste deur die Guptas aangebied, terwyl ander ANC-lede sê dis nie waar nie. Cosatu is deel van die ANC-alliansie, maar kritiseer gedurig die ANC.
Kan die regte ANC asseblief opstaan???

HEVW ·

Dit sal nie help hul gaan lees die konstitusie en die maatskappywet 2008 met afgestompte gewetes nie.
Hulle moes dit aan die hand van die GROOTBOEK en van hul ouers en gemeenskap van kleins af geleer het.

HEVW ·

Maroela julle vat elike keer so lank om my kommentaar te plaas. Ek dink al julle vat dit gereeld eers na die konstitusionele hof toe.

Joann ·

Hevw ek stem lyk my maroela boikot ons. Ramaphosa lieg soos n tandetrekker

Zirk ·

Zuma was die intelligensie-hoof in die “struggle”jare. Hy weet dus baie hoe om insurgensie metodes te gebruik tot sy voordeel om sy bas te red , al weet hy dis dalk net tydelik, van 783 siviele en kriminele klagtes teen hom. En onthou, as hy val, dan val baie “comrats” in die binnekring van die eens magtige ANC ook. Ek vertrou ook nie meer vir Cyril Ramaposa nie. Ek dink die blik wurms is nou oopgemaak, en daar gaan sporadies baie wurms uitpeul.

Dan ·

Jy sien omdat julle die Kuptas in oneer gebring het, val hulle nou vir Rupert aan. Rupert het dit nie verwag na al die wat hy vir die ANC gedoen het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.