Ramaphosa ontken vergadering met Chinese oor ekonomie, politiek

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Sondag ontken dat hy met Chinese regeringsbeamptes byeengekom het weens hul kommer oor ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika.

Ronnie Mamoepa, Ramaphosa se woordvoerder, het gesê die berigte wat beweer dat Ramaphosa met beamptes van die Chinese Kommunistiese Party vergader het oor ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika, is vals.

Volgens Mamoepa het Zhu Xiaodan, goewerneur van die Guandong-provinsie, Vrydag vir Ramaphosa in Johannesburg ontmoet. Mamoepa het gesê die besoek was om die bestaande bilaterale verhoudinge tussen Suid-Afrika en China te konsolideer.

Mamoepa het gesê daar is spesifiek gefokus op ʼn ooreenkoms tussen Guandong en KwaZulu-Natal om samewerking in ʼn aantal sektore te verbeter.

“Die bewering dat ʼn Chinese afvaardiging verwikkelinge in Suid-Afrika ter sprake gebring het, is geheel en al verkeerd. Dit spruit moontlik daaruit dat die vergadering dieselfde dag saamgeval het met verskeie ander vergaderings oor die ekonomie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Suzie ·

Ag bog man, hulle besit al hoeveel van ons myne en konstruksie maatskappye want hulle gebruik hulle eie mense wat baie min betaal word. Dis net soos die Pakistaners, deesdae vat hulle al die kafee’s oor, kyk net ‘n bietjie. Hulle kom met miljoen in die land, gee vir die ANC hulle gedeelte en maak dan beisghede oop. Die ANC het ons land al lankal verkoop.

Jan Koos Willemse ·

Ontken eers en lieg dan later net oor die details as die ontkenning nie meer werk nie?

KarooKlong ·

Rampi gaan ook later soos zumpi uit verskonings uit hardloop.

Flibo ·

Suzie, ek stem 100% saam met jou. Al die dorpe is al vrot van die chinese winkeltjies. En baie groot tenders word deur hulle gedoen, met hulle eie mense, die hele land vol.

Alida ·

Ek kan steeds nie verstaan hoekom ons afhanklik moet wees van China vir ons klere ens nie. Ons het genoeg infratruktuur, ontwerpers en arbeid om ons eie klere te vervaardig. Hoekom moet ons eie mense wat bevoeg is, sonder werk sit as ons dieselfde gehalte en kwaliteit (indien nie beter) kan vervaardig nie. Nerens sien mens meer ‘n kledingstuk wat sê “made in South Africa” nie. Dit is ‘n skande dat ons ander lande ryk maak en ons eie mense ly honger omdat daar nie vir hulle werk geskep word nie.

hans ·

Die rooi gevaar wag dat die wiele hier af val! Hulle lek hulle lippe af met die vooruitsig van landbou grond, myne ens.
Hulle is klaar besig om ons land oor te neem. Hou bietiie dop. Tot is Sandton is die Sinosteel gebou, Chinese construction bank, Chinese Bank ltd ect opgerig onder almal se neuse.
Hulle besit reeds Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho, Malawi………….

christine ·

Het self n bottelstoor in Melkbos. Glo my niemand koop daar nie ook nie in die klerewinkels nie die mense se reguit hulle skoengom stink en dan brand hulle die walglike wierookstokkies as jy asma het kan jy nie lank binne asemhaal nie. Ek het vinnig geleer om maar my eie klere te maak. In hulle land het hulle nie ashope nie nou stort hulle dit hier op ons hope want party goed hou net tot 1ste was en speelgoed hou ook nie juis nie.

Rynhardt ·

Ramaphosa kan in ontkenning leef dat hul met hul groot broeder;kommunistiese China vergader het,maar Jan Publiek vertrou nie n Anc-regering wat geen geloofwaardigheid het nie.China besit reeds helfte van SA Republiek,want as jy kan aandring op Mandaryns in skole,se dit alles vir jou!My raad aan ou Cyril is eenvoudig,gaan paai vir ou Riekf Meyer!Hy sal alles glo wat u kwytraak!

Louwrens ·

Julle is darem erg negatief ne…? Se nou maar net die vergadering het gehandel oor die Chinese se aandrang dat Zuma vroeer moet aftree en Ramaphosa wat as 2IB sy plek moet inneem. Miskien leef ek in n droom-wereld ne?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.