Ramaphosa oor Brendin Horner: Sy dood ‘moet almal raak’

Brendin Horner (21) is wreed op ‘n plaas vermoor. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het hom sterk uitgelaat oor die moord op Brendin Horner, ʼn jong Vrystaatse plaasbestuurder wat voorverlede week wreed in die omgewing van Paul Roux vermoor is.

Ramaphosa het dit as ʼn “verskriklike daad van wreedheid” bestempel en sê sy moord behoort elke mens te ontstel.

“Dit maak nie saak wie ons is, in watter gemeenskap ons bly, wat ons ras, geloof of taal is nie, ons moet so diep geraak word deur die dood van Brendin Horner as wat ons geraak word deur die talle ander Suid-Afrikaners wat jaarliks ʼn gewelddadige dood sterf.”

Ramaphosa het ook verwys na die moord of Mogamad Cloete, Tawqeer Essop en André Bennet, drie jong mans wat in dieselfde week in Delft in die Wes-Kaap doodgeskiet is.

“Ons gedagtes is met hulle families in hierdie tyd van rou. Dit is op sulke tye dat ons as Suid-Afrikaners na mekaar moet uitreik en medelye, empatie en solidariteit moet bewys. Hierdie misdade is ʼn donker herinnering van die vlakke van misdaad in ons land.”

Ramaphosa sê hoewel misdaad almal raak, is die meerderheid slagoffers van geweldsmisdaad swart en arm en dit is jong swart mense wat die grootste gevaar loop om vermoor te word. Hy sê ʼn groot taak lê voor om ʼn einde aan moord, aanranding, roof, verkragting en geweld teen vroue en kinders te maak – en dat alle vredeliewende Suid-Afrikaners moet saamstaan om dit reg te kry.

Die president sê in sy weeklikse nuusbrief die oppergesag van die reg moet gehandhaaf word en dat die strafregstelsel versterk moet word om te verseker oortreders ry aan die pen.

“Die gewelddadige betogings wat in Senekal plaasgevind het ná die inhegtenisneming van die verdagtes in Brendin Horner se moord wys dat ons nog nie die verdeeldheid en wantroue van die verlede afgeskud het nie.

“Hoewel woede oor die sinnelose moord regverdig kan word, kan boendoegeregtigheid nie regverdig word nie.

“Die wrede moord van ʼn jong, wit boer – glo deur swart mans – gevolg deur die spektakel van wit boere wat ʼn polisiestasie bestorm om ʼn swart verdagte by te kom, krap wonde oop wat geslagte lank teruggaan. Om ons geweldsmisdaad suksesvol gaan pak, veral in landelike gemeenskappe, moet ons hierdie trauma konfronteer en die rassehoudings uitdaag wat ʼn verenigde reaksie verhoed.”

Ramaphosa sê diegene wat dink dat plaasaanvalle net ʼn klein gedeelte van die samelewing raak, is verkeerd. Die boerderygemeenskap is ʼn belangrike deel van die ekonomie en die landbousektor produseer die kos wat almal eet. Geweldsmisdade op plase bedreig dus nie net die veiligheid van landelike gemeenskappe nie, maar ook die land se voedselsekerheid, sê hy.

“Die bewering dat geweldsmisdaad op plase deel van ʼn georkestreerde veldtog deur swart mense is om wit boere van hul grond te verjaag, berus bloot nie op feite nie. Talle navorsingsondersoeke wys dat misdaad in boerderygemeenskappe meestal opportunisties is. Landelike gemeenskappe is meer kwesbaar omdat hulle afgeleë is en daar gevolglik ʼn betreklike gebrek aan toegang tot veiligheid- en ander dienste is.

(Foto: DA)

Ramaphosa sê ten spyte van onverantwoordelike bewerings deur sekere drukgroepe is moorde op plase nie ʼn vorm van etniese suiwering nie. “Dit is nie volksmoord nie. Dit is voorvalle van misdadigheid en moet so hanteer word.”

Hy sê die sukses van die regering se landelike veiligheidstrategie berus op beter samewerking. Boere moet wetstoepassers toegang tot hul grond gee en private veiligheidsmaatskappye moet nouer met die polisie saamwerk.

“Terselfdertyd moet ons belê in landelike ontwikkeling en ons moet die geweldige ongelykheid wat in boerderygemeenskappe bestaan, pak. Ons het ʼn gekoördineerde poging nodig om die lewensgehalte van almal in landelike gebiede te verbeter, as ons armoede wil uitroei. Dit is ʼn groot bydraende faktor tot misdaad.”

Ramaphosa sê ook dit sal naïef wees om te glo daar is eengesindheid onder boerderygemeenskappe en dat ʼn openhartige gesprek hieroor gevoer met word om maatskaplike samehorigheid te bevorder.

“Wat in Senekal gebeur het, wys presies hoe maklik die kruitvat van rassehaat kan vlamvat. As ʼn land moet ons enige pogings om misdaad op plase te gebruik om gemeenskappe op ʼn rassegrondslag te mobiliseer, teenstaan.

“Een moord is een moord te veel. Ons staan in solidariteit met alle slagoffers van misdaad, ongeag of hulle in stede of op plase woon; of hulle boere of plaaswerkers is.”

Ramaphosa sê daar moet saamgewerk word om misdaad uit te roei – of dit nou op Senekal of in die strate van Delft is. “Misdaad is nie iemand anders se probleem nie, dit is ons gesamentlike probleem.”

Die president sê ook mense moenie toelaat dat hul eie vooroordele hulle blind maak vir die lyding en pyn van ander nie.

“Dit moenie aan ons saak maak of die slagoffer van ʼn geweldsmisdaad swart of wit is nie. Om dít te doen sal nie net ʼn verraad van die land se grondbeginsels wees nie, maar ook van ons eie menslikheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Fedup ·

Where were you when farmers and south africans were killed in the most barbaric ways?
You are pathetic beyond words.
You wil never utter one murdered farmer’s name, ever again.
You are not even worth our wrath.

Anoniem ·

Ja, cyril. Dit doen. Het jy vir bheki vertel en hoe voel hy? Gaan hy iets daaraan doen? En natuurlik moet jy die swartkaart ook ingooi. Ons weet dit.

Adeline ·

Glo nie ‘n woord wat die voos vrot korrupte leier van die cANCer sê nie – laat hy maar eers doen om swart op blank misdaad, korrupsie, kompromie, en enige misdaad vanaf en uit sy eie lewe regstel – Zim vlug wat die waarheid weggesteek word – en skoonmaak dade sê baie meer as leeg betekenislose woorde dag na dag. Hierdie is nie nuus nie verseker nie.

Aai ·

Nou Pres.Wat is die plan A om dit te stop,ons moet oorgaan na aksie of praat julle net soos altyd.Die mense is nie meer lus vir julle praatjies.Nog nie eenkeer in die publiek het jy vir jou mense gese hou op om boere te vermoor.

Persheks Adri ·

Cyril jou stelling laat ons weereens wonder of jy regtig plaasmoorde veroordeel! Jy dwaal af van die onderwerp af regtig waar man. Swart en arm? Jy gooi so vinnig die wit kaart aikona! Onthou wie sit kos op jou tafel.

“Ramaphosa sê hoewel misdaad almal raak, is die meerderheid slagoffers van geweldsmisdaad swart en arm en dit is jong swart mense wat die grootste gevaar loop om vermoor te word.”

Ons is NÊRENS veilig nie neem kennis van dit en dis bloed op jou en jou kaders se hande!

Daleen ·

Die meeste moorde is op swart jongmense word deur swart mense gepleeg. Nee Cyril dit maak wel saak watter kleur die slagoffers en die moordenaars is. Skokkend/of nie sal jy agterkom dat meeste moorde in ons land deur swartes gepleeg word.

Dries ·

Ramaphosa weerspreek homself gereeld, dit hang net af watter gehoor hy ‘aanspreek’. Ek is bevrees hierdie beteken nie veel nie, jammer.

Rentia ·

So… wat gaan jy daaraan doen? Hoekom word wit boere altyd beskuldig, van terrorisme aangekla selfs, maar die EFF kan maak nes hulle wil? Openlik oorlog verklaar? Jou polisie buddy Cele sê in die openbaar wit mense moenie huil as hulle seerkry nie. Weereens geen woord van jou af nie, nie eers berispe nie. JY dra net soveel skuld! Baie maklik om te sê “o dis verkeerd ons moenie so maak nie” terwyl daar nog boere en blankes geslag en vermink word. Ek vra weer: WAT gaan jy daaraan doen?

Werner ·

Hy se dit maar net om almal wat so sanik dat hy iets moet se se monde te snoer. Hy het nog steeds nie n saak nie en dinge gaan nog net so aangaan soos in die verlede.Die geweld by Senekal het n beter impak gehaad as enige ou verklaring die afgelope 25 jaar

Mariana ·

Plaas Ramaphosa iets doen aan die oorbevolking van hierdie land. Dis die wortel van alle kwaad

ES ·

Ongelukkig in die swart kultuur word welgesteldheid gemeet aan hoeveel beeste en hoeveel kinders jy het. Ons het ‘n groter kans om ‘n wit president te kry as om die bevolking te verminder.

Johannes ·

Ek sal graag die statistieke van al die plaas moorde wil sien. Dat wit, swart, kleurling en indiër boere almal vermoor word, glo ek en stem ek mee saam, maar ek sal graag wil sien wie is die aanvallers, ras, geslag ens.

Ek wed Cyril, dat daar min, indien enige blankes is wat boere vermoor en aan hekpale ophang.

Wayne ·

Ongeag wat Ramphosa sê, ons weet daar kan geen waarde aangeheg word nie. Actions speak louder than words. En om die oorsaak te vra wat hy daaraan gaan doen help ook nie. Ons sal moet self! Sy opmerkings spreek meer van kritiek teen die Boere as teen die kriminele en sy regering se optrede ondersteun kriminele direk en kriminaliseer Boere. Hy behoort nie oor Boere te regeer nie.

Dries ·

DIT MOET NIE AAN ONS SAAK MAAK OF DIE SLAGOFFER WIT OF SWART IS NIE. SÊ JY
Maar as jy geld uitdeel vir besighede. As jy aansoek doen vir staatshulp. As jy aansoek doen vir werk. As jy jou taal wil beskerm. As jy jou monumente wil beskerm. As jy jou dorp se naam wil beskerm ens. ens. ens. DAN MAAK DIT SAAK OF JY WIT OF SWART IS

Johan ·

Soos gewoonlik praat, praat , praat die cANCer net Lee praatjies. Ons is moeg gepraat Ramaphosa! Laat ander vir hulleself opstaan. Moord en marteling van boere, oumense, vroue en kinders, veral op plase is waaroor die mense by die Senekal verhoor opgestaan het en derduisende ander se ondersteuning het. Ons is gat vol vir die dubbel standaarde, klaar gepraat. Jy en jou korrupte nuttelose kader ministers en EFF boeties blaas nou al vir dekades rassisme en rasse haat aan sonder enige woord, regstellings of vermaning! Julle sal die vrugte pluk, dis tyd.

Casper ·

Meneer die president vewag jy boere moet in dorpe boer.Natuurlik bly en boer hulle op afgeleē plekke.Is daar sigbare polisiëring in die landelike gebiedeHoe gereeld besoek polisielede boere om te hoor van verdagte aktiwiteite.Wanneer gaan jy bulletjie malema vasvat oor sy haatspraak en aanhitsing van geweld nog steeds erken jy nie plaasmoorde is polities nie

Blikke ·

Die hele relaas wat hier opgedis is, is nie eers die papier werd waarop dit geskryf is nie…..

Wakkerslaper ·

Wat ‘n klomp loutere TWAK! Die beste ding wat ons as volk kan doen is om op te hou om enigsens verder met ramaphosa en die terroriste regime te onderhandel of ons aan hulle te steur. Daai dae is nou verby!

Wakkerslaper ·

Die ergste is dat daar steeds blankes is, en spesifiek van ons eie volksgenote, wat dink ramaphosa is betroubaar….

Jannie van Niekerk ·

Ja veral ‘n sekere vooraanstaande wynboer in Stellenbosch wat vas glo Rampsoedphosa is ‘n “profeet”. Ongelukkig lees daai arme pateet nie Maroela Media nie.

Boerpampoen ·

Hierdie man is nou besig om op n seer plek te krap. Hy moes eerder sy mond gehou het. Bietjie laat Rama, bietjie laat. Dink jy jy’t nou almal kalm gekry….ek dink jy presies die teenoorgestelde bereik…

ES ·

Die feit is, almal – net net die boere nie, is nou goed keelvol vir die uitmoor van hierdie land se mense deur kriminele wat nie bang is om misdaad te pleeg nie.

Woorde is wind, haal vir Hoed uit as minister van polisie en vergemaklik ons vuurwapen registrasieproses.

Anton ·

Is dit dieselfde President wat gese het daar is nie plaasmoorde in Suid Afrika nie???? En dit is net gewone misdaad??? GENOEG IS GENOEG!!!

Jannie van Niekerk ·

Hy sê NOGDSTEEDS dis nie plaasmoorde nie, dis “gewone misdaad. ” Almal weet dat die enisgte keer as Beyeres Truster se “profeet Ramamphosa ” die waaarheid praat is waaneer sy mond toe is.

Die Goodwoodianer ·

Die president probeer tevergeefs die vure blus. Ongelukkig waai die wind te sterk en hy dink om meer wind te blaas sal dit tem. Dink nie hy is hééltemal seker wat om te doen nie.

Dit wat ons voorstel word summier afgeskiet en daarom besluit mense om sekere aksies self te neem.

Spook ·

Die feit dat mense wel vermoor word, is ‘n klad op jou en jou regering se naam. Maak nie saak wie die mense is nie. Die 11 jarige seuntjie in Kraaifontein is ‘n goeie voorbeeld.

Die mense in Senekal het net vir jou gewys dat hulle baaaaie gatvol is vir die misdaad en mord onder hulle eie gemeenskap. Die boere het bewyse verskaf dat die polisie betrokke is by baie van die misdaad wat veral in die boeregemeenskap gepleeg word, en jy en jou regering ignoreer dit.

Moenie probeer om die aandag van plaasmoorde, en misdaad op plase, af te lei nie. Dit gaan nie werk nie, en die gebeure laas week in Senekal het dit bewys. Dink jy werklik die duidelik opgemaakte klagtes teen Andre Pienaar gaan mense twee keer laat dink om weer voor die hof te wees op die 16de? Sit terug en dink weer, daar gaan net so baie mense van oral oor die land daar wees. Hou dop.

Anoniem ·

Dit is net n lafaard wat die moord oor ras en sy eie ras wil maak, sy woorde het alle krag verloor (nie dat dit wel iets beteken het nie want hy tree ook eers toe paar weke na die dood) die oomblik toe hy noem die ‘instorm van boere om n ‘swart’ verdagte te kry krap ou wonde oop’. Net daar het hy die boere blameer vir die swart mense se struggles asgevolg van die verlede en weer gesê ons is die probleem en die moord op die boer vergeet, Mr Rhamaposa jy sal eendag moet rekenskap gee oor jou woorde en dade op aarde onthou dit.

Andries ·

Dit klink oor RSG maar bra na ‘n taktiese ja-maar. Hy bly in gebreke om die landbouers as kosbaar en onontbeerlik aan te prys. Op RSG gehoor hy sê dit maak nie saak of slagoffer blank of nie is nie – vergewe my as dit na hareklowery klink, maar dit maak EWE VEEL of die slagoffer blank is of nie – daar moenie slagoffers wees in ‘n ordentlike samelewing nie.

MJ ·

Nee wat, hy kon liewer stil gebly het. Hy sien dit nie as volksmoord nie.
“en meeste slagoffers is Arm, Jonk en Swart”
Sulke klomp snert. Praat baie en sê NIKS !!!!

Alta Alleman ·

TERRORISME ??? Nie EEN keer noem jy op wat die EFF doen nie. Jy het dubbele standaarde oom. Om apartheid aan te haal is om van te kots.

Ria ·

CR verstaan verkeerd. Ons staan nou op vir ons mense, want die swart regering het ‘n eensydige visie en belang waarby ons nie ingesluit is nie. Ons sal self as niemand anders wil nie

Mallie ·

Dit wys weereens dat die Blanke Boere se lewens niks werd is vir die regering nie. As dit nou n swart boer was wat vermoor is deur n wit man dan was die wit reeds in die tronk en dan was daar getoitoi, brande bestig en weet nie wat alles nie. DIe wit kaart sal altyd in die prentjie wees. Ons blankes behoort baie vinnig saam te staan en ons stemme dik maak, maar nee ons immigreeg liewer.

4ntj13 ·

Mr Prez, you do NOT understand Brendin Horner. There are factions at Paul Roux (and elsewhere in your country), supported by SAPS (and now also including NPA), that first targeted those farmers with theft of their animals. There were apparently THREATS against WHITE farmers after complaints. Now “boendoegeregtigheid” is punished with pursuing a case of terrorism, while elsewhere there is no cases of attempted murder after farm attacks? This is racism, but primary black people thinking whiteys are not only over-reacting, but should not have feelings for their own! You can address that. Publicly. Baing scared of or angry with those black people is not racism.

Alta ·

Die “spektakel” is nie die wit boere wat die polisiestasie bestorm nie, die “spektakel” is die moordenaar binne die polisiestasie. “Jong, arm swartes wat vermoor word? Daar is net soveel arm witmense so moenie altyd praat of daar nie wittes ook is wat swaarkry nie! Hou op om van die punt af te dwaal, ons praat van die wit boere wat uitgemoor word! Waarom altyd iets anders ophaal? Kyk die feite in die oe en erken dit! Wit boere word op sadistiese wyse vermoor , hou op om dit af te maak as gewone misdaad! Lewer plaasmoordenaars aan die wit boere uit , hul word nog steeds in die tronke vet gevoer met kos wat deur wit boere voorsien moet word!

Peetjie ·

En die Clicks episode was dit nie n groter spektakel nie?

koos10 ·

CR, just two point so show you that your whole approach to this issue is a fabrication of your own mind:

1. Not one person at the court in Senekal said, displayed or insinuated that this is a racial issue. You chose to make it one, just like Zuma blaming Jan van Riebeeck and you with your issue that whites stole the land and that the boers attached the Zoeloes at Bloodriver.
2. It was not the white people whom supported the Black Lives Matter initiative. As a matter of fact, all white people I know said from the beginning that All Lives Matter.

I said to my wife the past week that the ANC government is turning me into a racist. If the government’s stance that everything must be measured with race, then the government must not be surprised that that is all that all people will see.

Adam Adriaan ·

Mnr CR Al wat ek vir jou kan sê is die volgende:” Vlytige ore wat luister verryk die siel en verstand, maar ‘n baldadige mond en tong wat te veel praat verrot die gees en karakter” En dit is nie Salomo wat dit gesê het nie dit is die uwe.

Porseleintjie ·

Nes n passer al in die rondte draai, so is ou puppet se redenasies. Swart, swart, swart. Hy kan eenvoudig nie moord op wit boere

Sias ·

Cyril: “Bla bla bla”…en nogsteeds geen plan of oplossings nie!!!

Wikkelwillie ·

Weet noe hoekom het ek hierdie artikel met hoop begin lees nie. Squirrel downplayed the murder of young mr Horner the first chance he got. He is a racist and a backboneless traitor

Hoekom ·

Dit is net lippe taal. Dan klap hy ons nog deur die gesig deur te sê die meeste aanvalle is op jong swart mans. Wie val hulle aan!? Swart mans!! Nee my maat, die eensydige ANC regime het hulle eie bed opgemaak en hulle gaan daarop moet slaap…

Lorna ·

Al boodskap wat ek vir my boere broers en boere susters te sê het bly weg uit senekal die week
Al wat die slegste daarvan af gaan kom is as jy wit is
Hulle werk met n baie slu plan hier want as iemand vir my die verkeerde ding sê gaan ek snap en ek gaan die slegste daarvan afkom
Gaan op jul kniee en BID

nell ·

Mnr die president ”Talk is cheap” – as jy ‘n slag daad by woord wil voeg sal ons jou dalk glo . En ek sê weer, mnr die pres. dis nie blote misdadigheid nie, dis volksmoord om julle (ANC) se kommunistiese planne ten uitvoer te bring. Punt. En so sal ek en ander dit aan die wêreld oordra. So roer maar jou paddabrousel een van die dae is jy dalk die hoofgereg of sal ek eerder sê ”hors d’oeuvres” op jou eie spyskaart (agenda)..

Ratel ·

Jy praat met ‘n gevurkte tong Cyril. Die verwagtinge van die groot leier wat jy kwansuis sou wees bly steeds verwagtinge. Ons is moeg vir jou en jou regering se praatjies.

Jannie van Niekerk ·

En daar bewys die Pres weereens dat hy plaasmoorde goedgesind is want die boere op Senelkal het “boendoegeregtihgheid” toegepas volgends hom en plaasmoorde is dit hulle skuld want dit gaan oor “dekaders van ongeregtigeid.” Verder ontken hy weereens dat daar plaasmoorde is en is dit volgens hom gewone misdasad. Gewone misdaad na sulke wreedaardige aanvalle? Bendelede wat doodgeskiet word, word nie soos plaasboere gemartel nie. Mens kan nie ‘n vergelyking tref tussen plaasmoorde en bendelede wat doodgeskiet word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.