Ramaphosa oor Covid-19-korrupsie: ‘Net span stywer’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Ek wil Suid-Afrikaners die versekering gee dat die net besig is om stywer te trek om diegene wat by korrupte dade betrokke is.”

Pres. Cyril Ramaphosa sê ongelukkig het die laakbare gedrag van diegene wat wel sake het om oor verantwoording te doen die indruk geskep dat die hele Covid-19-periode gekenmerk is deur korrupsie en die diefstal van staatshulpbronne.

ʼn Verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) oor bewerings van onregmatige verkryging en korrupsie dui daarop dat miljarde rande aan veral persoonlike beskermingstoerusting (PPE) tydens die Covid-19-pandemie bestee is.

Volgens die verslag wat Vrydag bekend gemaak is, is verkrygingsprosedures omseil, pryse opgejaag en was daar in sommige gevalle uiters gebrekkige beheer deur staatsdepartemente oor die proses.

Ramaphosa meen die verslag is ontstellend maar dat dit terselfdertyd ook bemoedigend is aangesien dit wys dat onwettige dade ontbloot word en dat daar teen die skuldiges opgetree word. “Die ontstellendste is dat dit nie bloot ʼn kwessie van nalatigheid of swak toesig was nie. Daar was opsetlike bedoelings om te bedrieg.”

Terwyl duisende mense siek geword en doodgegaan het, het ander dit as ʼn geleentheid gesien om hul sakke vol te stop.

“Individue en entiteite met geen ervaring in die vervaardiging, verskaffing van verspreiding van kritiek belangrike mediese voorrade nie het vinnig ondernemings op die been gebring. In sommige gevalle is hulle op nasionale databasisse geregistreer waar hulle bestellings ontvang het en in ander gevalle is hulle nie eens geregistreer nie, maar het hulle nogtans munt geslaan.”

Daar was ook gevalle waar verskaffers van verskillende frontmaatskappye gebruik gemaak het om verskeie kontrakte van dieselfde departement te bekom. Daar is in sommige gevalle persoonlike beskermende toerusting en ander voorrade aangekoop waarvan die prys met tot 400% verhoog is.

Ramaphosa meen daar word streng opgetree teen diegene wat hulle hieraan skuldig gemaak het. Stappe word gedoen om gesteelde geld terug te kry terwyl ongeldige kontrakte gekanselleer is.

Daar is volgens Ramaphosa harde lesse geleer in die proses. “Dit het ons geleer dat elke regulerende, wetgewende en prosedurele leemte gesluit moet wees om te verseker dat daar geen toegangspunt is vir diegene wat dit wil uitbuit nie.”

Die land se ervaring rakende die verkryging van noodsaaklike voorrade en dienste tydens die nasionale ramptoestand is ʼn skandelike hoofstuk wat deeglik moet afgesluit word, het Ramaphosa gesê.

“In die toekoms sal daar onthou word dat die aksies wat ons in hierdie geval gedoen het, die standaard gestel het in ons strewe om ʼn etiese staat te bou met onkreukbare staatsamptenare en verkose openbare verteenwoordigers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Baardman ·

Jou ministers en bevelsraad is onder jou oë besig om daagliks korrup op te tree

RB ·

En sy eie hande is nie skoon nie daarom dat hy niks daaraan kan doen nie!!

Persheks Adri ·

Praat jy wat tande het! Gggmmmfff ons sien nie dat julle klomp in die kabinet in tronk sit nie! Jy wil ‘n etiese staat bou? Wonder of hy weet wat dit beteken dis ‘n groot woord Cyril

Fedup ·

You are towing the band wagon, jellyfish. It’s the nature of the insignificant to try to find some way to assert their own importance, especially the most guilty one’s.

Lourens CFG ·

Julle tree streng op?
Regtig?
Nog niemand is tronk toe nie, so waar is joú streng?
Ace, dlamini en zumpie loop dan nog rond en lag vir jou.

Werner ·

En hy loop ook vry rond.As ek so na die getuies luister kan hy maar ook sy oranje oorpak kry

Chris dupreez ·

Sterkte Cyril, ons hoop jy kry hierdie spul bedrieers in die tronk voor hulle jou terugroep as president en weer een van hulle korupte kaders verkies wat ontslae gaan raak van die zondo kommisie asook die hoofde van die skerpioene en die nasionale vervolgens gesag , en aangaan met hulle skelmgeid

Hoekom ·

Help nie, hy is self skuldig…

Ons belasting betaal vir die Zondo kommisie, wat net gesels met geen einde nie. Zuma loop nog vry rond en geniet al te lekker ‘n koppie tee, enige ander burger in die privaat sektor wat hulself skuldig maak aan korrupsie sou al in die tronk gewees het…

Alleen Wolf ·

Praat nie eers van hoe vinnig hulle jou arresteer by ‘n padblokade vir minagting om dat jy nie in die hof verskyn het op ‘n dagvaarding wat jy nie eers ontvang het nie, maar die groot meneer zuma moet tyd gegee word om te dink of hy hy sal verskyn.

Chris ·

Wat my verstand nog ten bowe gaan is dit. Daar is mense wat stadig van begrip is. Daar is mense wat domastrant en onnosel is. Daar is mense wat nie wil hoor/luister nie. Ek kan dit nie verwerk/verstaan dat daar mense is wat dink almal is dom onnosel of stadig van begrip is. Ek beskou dit as ‘n klap in die gesig en vernederend indien iemand met algehele minagting behandel word. Die probleem in ons land is ons intelligensie word onderskat. Ongelukkig sien ek geen verandering in die sentiment vir die huidige regime nie. Hulle is die bevryders en skild die gepeupel hulle iets.

Heinrich ·

Ek hoor jou Chris. Soos jy sê, daar is baie mense wat domastrant en onnosel is. Volgens navorsing is die gemiddelde IK van Suid-Afrika rondom 75. Dis hierdie mense wat die ANC en EFF in die parlement hou ten spyte van al die diefstal en korrupsie. Ons ander wat bietjie hoër op die IK leer is gaan ons koppies seermaak om daai een te verstaan; jou ge-onderskatte intelligensie is nie waarvoor hulle hulle propaganda en ideologie mik nie want ons is in die minderheid. Die meerderheid verstaan nie so lekker nie…

Objektief ·

HA HA HA HA. Gaan enige iemand hom glo dat enige korrupte ANC kader gevolge sal moet dra?Dit is die man wat dood eenvouding “Musical Chairs” gespeel met die meeste van Zuma se korrupte vriende Kyk maar waar is Arthur Fraser, Bongani Bongo, Faith Muthambi, David Mahlobo, Zwane , Dhlamini-Zuma en menige anderkorrupte kaders).

En Cyril se lammetjie by die NVG het dood eenvoudig Zuma se lammetjie vervang. Sy het darem al een kader vervolg maar skuldig bevindings is n ander saak.En na velede week se getuies by die Zondo Kommissie en Hlope se optrede is daar n vraagteken oor regters ook

Mariana ·

Leë woorde, dit beteken niks. Daar sal ‘n paar outjies dalk probleme optel, maar die besluitnemers sal niks oorkom. Die groot peanuts in die pakkie sal skotvry loop……..en die korrupsie sal voortduur tot daar niks meer oor is nie.

gatgogga ·

Hier is ‘n man van wie daar gese word dat hy nie dikwels die waarheid praat nie – maar hierdie keer lieg hy!

Kokerboom ·

Mnr Ramaphosa hoeveel kanse wil u nog he om korrupsie uit te roei? WAAROM is, gesien teen die lig van u korrupte regering, daar geen voorsorgmaatreels getref ? U wil altyd nog en nog kanse hê? Erken maar jou regering het NIE die vermoeë! Hou op lieg en mooi broodjies bak! Gaan ons ‘n lys van name van skuldigbevindings, insluitend ministers en politici, in media SPOEDIG sien? WIE betaal vir koste van korrupsieondersoeke? U laaste opmerking van ‘n etiese staat en onkreukbare staatsamptenare is lagwekkend om die minste te se! Hou op praat en DOEN vir ‘n slag!!

Susan ·

Oompie Sirril, ons hoor jou , hoor. Maar hierdie woorde het jy al báie kere gesê. En niemand, maar niemand van die baie mense wat ons swaarverdiende belastinggeld vir hulleself toegeëien het, loop rond in ‘n oranje oorpak nie. So, jammer Oompie, ons glo jou nie, hoor.

Gerhardus ·

“In die toekoms sal daar onthou word dat die aksies wat ons in hierdie geval gedoen het, die standaard gestel het in ons strewe om ʼn etiese staat te bou met onkreukbare staatsamptenare en verkose openbare verteenwoordigers.”

Dit is 25 jaar té laat om dié stelling te maak. Hulle moes van die begin af eties opgetree het, dan was dit nie nou nodig om vure dood te slaan en agter verskonings weg te kruip nie.

Hy wil korrupsie hokslaan? Hoeveel is al gearresteer weens korrupsie? Wat ‘n grap.

Genis ·

Ou Cyril “your people man” corrupt to the core… Dalk will hulle ook n koppie skink en n bespotting van alles maak… Jul is ongelukkig korrup (African National Corruption) … maar nie almal nie?

Annelize ·

Askies tog, die HELE REGERING is ‘n skandalige never ending hoofstuk in ons land se geskiedenis.

Suzette ·

Ag man, ek glo nie ‘n woord wat jy sê nie. Jy praat een oomblik van korrupsie vasvat, die volgende oomblik “cover” jy vir eish en nou is die entstof ook ‘n sirkus. Weet enigeen van die narre in die sirkus wat eties beteken?

Magda ·

Wat van al die ander korrupsie wat deur die ANC gepleeg is – Nog niemand gearresteer nie, en mal-enetjie en zumpie kuier lekker saam en wat van ou ysie (ace) skelm wanneer word hulle toegesluit. Nee wat jy praat baie en DOEN NIKS

SomeOne ·

as die net stywer trek en dit begin te klein raak in die bek, waar gaan jy heen vlug, kuba of rusland ?

My siening ·

Almal volg zuma se voorbeeld en nou ook joune want niemand nog tronk toe behalwe amptenary wat julle in elk geval misbruik en verlei!
Jy is nie ernstig nie so ek glo jou nie, jy is meer praat as uitvoer!

Sandra ·

Nie al die onwettige dade is ontbloot nie, hulle moet al die staatshospitale, klinieke, departmente en munisipaleite wat covid 19 aankope gedoen het ondersoek.

Alleen Wolf ·

Ramaphosa, hou aan droom, jy is te slapgat om enige iets te doen, jy is net ‘n spreekbuis om die gemoedere te kalmeer en in diens van die Zuma’s, doen maar net wat hulle jou toelaat.

Jr ·

JA JA WHARRA WHARRA GAAAAAAPPPP EK IS NOU SO MOEG. MAAK MY WAKKER AS IEMAND GEARRESTEER IS.
JEFF WORD WAKKER
WATSE JAAR IS DIT?
4021

Sê maar net ·

Ja Ramaphosa. En wat gaan nou gebeur met entstof tenders, aangesien slegs regering dit mag versprei? Hier kom seker nog grootskaalse korrupsie met dit ook. Watch this space!

Sonia ·

my omtrent gekraak oor die laaste paragraaf “etiese staat met onkreukbare amptenare” of so iets – die perde sal eers horings kry – julle weet nie wat eties beteken nie en nog minder onkreukbaar

Wondermaarnet ·

Bla-bla-bla wat help dit die net trek nouer huh? Daar gaan niks van kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.