Ramaphosa oor Eskom: ‘Pensioenfondse moet nie bang wees’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het gesê pensioenfondse in die private sektor moet ook hul geld in Eskom belê.

“Ons sal daarvan hou as die private sektor ook hul geld in Eskom belê. Hul vertroue moet natuurlik opgebou word soos ons verder gaan, en ons gaan hul vertroue opbou,” het Ramaphosa Dinsdag aan die media gesê.

“Mense is besig om standpunte en gedagtes uit te ruil. Op die oog af sal enigiemand bekommerd wees dat ons hul pensioengeld in ʼn verliesmakende instansie gaan plaas en dat al die pensioene verlore sal gaan,” het hy gesê.

Ramaphosa het egter aangevoer dat die voorstel gegrond is op ʼn Eskom wat hervorm, geherstruktureer en herbou is en ʼn Eskom wat korrupsievry is.

“Ons gaan kyk na ʼn opgeknapte Eskom, ʼn Eskom wat weer na beleggingsgraad teruggebring is en daarom glo ek dat pensioenfondse nie moet bang wees nie.”

Hy het gesê die regering het nog nie ʼn besluit geneem of hy die GEPF-belegging in Eskom sal waarborg nie.

Tito Mboweni, minister van finansies, het ook in sy begrotingsrede gesê dit is ’n blink idee om van Eskom se skuld met geld van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) te delg. Dié maatreëls behoort egter ook vir die private sektor te geld, het gesê.

Dit volg nadat Cosatu onlangs ʼn plan voorgestel het om Eskom uit sy finansiële verknorsing te help. Dié plan behels dat die OBK R245 miljard van Eskom se skuld moet oorneem. Dit beteken dat werkers in die staatsdiens se pensioen as reddingsboei vir Eskom aangebied moet word.

Cosatu sal Woensdag sy voorstel aan die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings in die parlement ter tafel lê. Cosatu glo dat 44 000 werkgeleenthede verlore sal gaan en die werkers se pensioene vernietig sal word as Eskom nie gered word nie.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit het Dinsdag ʼn blitsberaad gehou oor die aangeleentheid waartydens daar opsies bespreek is om die kaping van pensioengeld te keer.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het vroeër gesê die uitlatings rakende pensioenfondse en Eskom is roekeloos.

“Dit veroorsaak paniek onder alle werkers wat nie gaan toekyk hoe hul spaargeld in wanbestuurde staatsinstellings gegooi word nie. Daar is geen verantwoordbaarheid nie en die maklike opsie is nou pensioene.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

twaalfboor ·

Die ANC het nog nooit iets gedoen wat betrouenswaardig is nie. Hoekom moet ons enigsins IETS glo wat hulle sê?

Werner ·

Wel as ons sien hoe die geleende geld verdwyn sonder dat dit by die instansies uitkom waarvoor dit geleen word behalwe die soustrein sou ek se ons moet baie bekommerd wees want hulle gaan nooit die geld vervang wat hulle gaan vat nie en dit gaan alles wees

Marthinus Johannes ·

CR jy en jou regering/trawante leef in n gekke paradys, Eskom (net soos SAL) ontvang vir hie lank nou al fin hulp en steeds bly hul korrup en bankrot. Rede is due geld word steeds bestee op Sen. Bestuur ( dis waar die te veel mense is wat nie daar hoort nie, familie en vriende) se sallarisse en bonisse en daar waar die geld aangewend moet word soos opknappings en onderhoud word ge-ignoreer. WORD WAKKER ASB EN BEGIN BREINS KRY.

Nell ·

Wees bang, wees baie bang! Die soustrein stoom voort – sonder brieke met ons pensioene in die vooruitsig.

Strandloper ·

Stadig met daai lagtwak asb almal is nie van hul sinne beroof nie!

Johan Venter ·

Laat die weerstand van die massa regdenkendes begin!

Johan Venter ·

Is ek verkeerd,maar dan klink dit asof Cyril Ramaphosa vermakerig is as hy dit sê, soos met grondgrype en soos met die NGV.

Kan mens sé ons ervaar dat hy vir ons ‘tonguitsteek’?

gatgogga ·

Jy’s reg, Johan.
Ramaphosa saai onmin en bekommernis, en hy verwoes beleggersvertroue met sy idees soos grondgrype, NGV, pensioenkaping, reserwebank kaping, blanke verdagmaking en omtrent elke blink idee wat hy kry breek vertroue af.

Stefan ·

Natuurlik hoef ons nie bang te wees nie.
Ons titelaktes en ander minderheids regte is mos ook gewaarborg!
Niks om oor te worrie nie mense.

Annatjie ·

Kry Eskom eers reg (korrupsievry) . Geen mens by sy volle positiewe sal enigsins huidiglik daarin bele nie.
En Cyril se woord kan en moet jy nie glo nie, hy kan jok sonder om te blik of bloos. Hy ry miskien nog self die “gravy train”

Frans ·

Van ‘n President wat die slag van Bloedrivier as ‘n stryd tussen gronddiewe (Voortrekkers) en moedige verdedigers (Zoeloes) beskryf het is dit nie goeie nuus nie.

Anoniem ·

Ons het rede om bekommerd te wees want enigeen met ‘n gesonde verstand sal nie geld bele in ‘n bankrot instansie nie. ‘n Mens kan geen woord glo wat uit jou mond uit kom nie.

Andrè ·

En hoeveel van die staat se SEB afdelings kon al verbeter? Hou April grappies vir April.

Louis ·

Ek wil niks byvoeg nie, behalwe om te se: “dat die regering sal moet begin besef dat hulle gewaarsku is en dat mense julle nie meer vertrou nie, veral hulle wat ‘n verskil KAN maak omdat hulle integriteit het en wil bou aan hierdie land om uit die gemors te kom wat julle veroorsaak het”

Yolandie ·

Die President moet dink ons is baie naief dat ons enigsins nie hoef bekommmerd te wees. Hoe lank is hulle reeds aan bewind en kyk teen wattter afgrond staan die land. Die land is bankkrot en die regering weet dit!!! Nou klou hulle vas aan Eskom en die SAL want hulle moet nog plekke vind waar hulle kan plunder en hulleself verryk. So moenie dink die pensioenfondse is nie in hulle versier nie. En die dag wanneer daar nie kos en en nie meer geld het nie, dan gaan hulle verdwaas hulle koppe krap en vra……Eish wat happened??????

Mieke ·

Eskom oornag korrupsie vry?? Moet ons nou regtig die ANC glo? Nee wat – hulle swak, korrupte geskiedenis sê dit alles!

Dries ·

RAMPhosa moet vir ons bewys lewer dat sy eie pensioen/beleggings eerste in Eskom bele word, dan sal ons dit oorweeg.

marius ·

Leuenaar ! Sit eerste jou pensioen fonds daarin en dan verkoop al jou aandele in jou kitskots plekke asook jou myn belange en stort dit ook daarin .

Frank ·

Maar as die mense nie hulle rekeninge betaal nie, hoe KAN so iets volhoubaar wees? Op hoeveel miljard skuld staan Soweto al?

Anoniem ·

Cyril Ramaphosa. Do you really think that we must believe in you. Your government have stolen frrom all government bodies and yet you want to steal from us. You want to take our hard earned money to support your government shortfalls but yet you insist that no whiteman must get a job, but the whiteman’s money is good enough. Why dont you go and tell all these black unions to give 35% of their members money to Escom. They are the ones who are alays striking, burning down buildings and creating havoc in South Africa. I will tell you why you won’t tell them, because you are scared of them. They are telling you whay to do. You are only the puppet on the string. The black unions are rulling this country and you let them get away with it.

RS ·

Waarom sal wetsgetroue Suid-Afrikaners hul hard verdiende pensioen geld in n instansie sit wat oor en oor bewys het dat dit nie reg kan bedryf word nie…wat nog te se van opbrengste wys? Hoekom sit hy nie sy eie geld in die plekke in nie? Hy wil he daar moet n oorlog begin word.

Rose ·

Siener se voorspelling oor die pensioen fonds wat in duie stort lyk baie nader aan die waarheid as wat mens wil glo. Hoop ek is verkeerd.

Snowball ·

Moet ons nie bang wees vir grondgrypers, misdaad ontkenners, staatskapers, infame leuenaars, argitekte van korrupsie en drywers van kommunistiese ideologië nie?

Een doel voor oë : volgehoue, vrot ANC heerskappy om ‘n handjievol te verryk.

Jorrie ·

Ek sou ook nie bang wees as ek weet ek het ‘n gewaarborgde luukse pensioen met byvoordele soos reis en sekuritei op die koste van die belastingbetalers vir die res van my lewe. So hou jou bek en los on geld uit!

koos10 ·

CR, Dis die hardste wat jou regering teen die werkers gaan bots, “mark my words”.
Dit lyk my nou dat dit die ANC se nuwe tegniek is om deur die media te onderhandel en nie deur die unies nie. LW die unies was ingebring deur die ANC en CR was een se groot baas, maar nou will hulle nie met die unies praat nie. Nie oor die salarise nie, nie oor pensioene nie, nee wat hulle spreek hulle wil uit in die openbaar. Lyk my die regering is bang vir die unies, want hulle gaan baie stemme verloor.

koos10 ·

Volgens Forbes is CR $450 000 000.00 sterk, in rande is dit R6 750 000 000.00.
CR, jy selfs en jy alleen kan Eskom help, los my pensioen uit, dis MY spaargeld en nie jou spaar varkie nie.

Antoinette ·

Mnr Ramaphosa ek het gewerk vir my pensioen op n earlike manier en sonder korrupsie.

Jannie van Niekerk ·

Mnr Ramaphosa, Laat die regering eers al die pensioen van die Transnet pensioenarisse met rente terug gee (ingesluit die pensioene van hulle wat in armoede gesterf het as gevolg van die regering se diefstal) dan kan ons weer praat. Pensioenarisse kan met reg “bang” wees, want u regering se rekord van “betroubaarheid” spreek boekdele. Dis nie die pensioenarisse se skuld dat u kaders by staatsondernemings onbekwaam en oneerlik is nie.

Lorna ·

Gogga maak vir baba bang
As jul eers ons pension vat Dan gaan daar niks oorbly en dit vir n plek wat in n bodemlose put is
Nee hoor jul lieg soos n vlieg
Anc dit waaraan jul raak is weg en verander in 1 groot gemors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.