Ramaphosa oor grond: ‘1913-wet se skadelike gevolge steeds te sien’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die verbreding van toegang tot landbougrond vir kommersiële produksie en bestaansboerdery is ʼn nasionale prioriteit gegewe Suid-Afrika se geskiedenis.

“Hoewel die grondhervormingsproses ná 1994 daartoe gelei het dat meer grond aan swart Suid-Afrikaners teruggegee is, is die skadelike gevolge van die Wet op Naturellegrond van 1913 steeds te sien in patrone van eienaarskap van landbougrond,” sê pres. Cyril Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief.

Die wet het volgens Ramaphosa veel verder gegaan as om miljoene mense van hul voorvaderlike grond te onteien. “Deur ons mense te ontneem van hul reg om die grond, waarvan hulle afhanklik was vir voedsel en lewensonderhoud, te besit en te bewerk, was hierdie groot onreg wesenlik ‘die ontwerp vir die armoede van swart Suid-Afrikaners’.”

Die doel was om sekere mense se vooruitsigte vir selfstandigheid, onafhanklikheid en ekonomiese welvaart te vernietig. “Op die mees fundamentele vlak het dit ons vermoë om onsself te voed vernietig.

“Met grondeienaarskap wat steeds net in die hande van ʼn paar mense gekonsentreer is, en die primêre produksie- en waardekettings vir landbou wat hoofsaaklik in wit kommersiële boere se besit is, bly die gevolge van ons verlede vandag nog by ons.”

Ramaphosa meen die voortgesette monopolisering van ʼn belangrike produksiemiddel soos grond is nie net ʼn struikelblok om ʼn meer egalitêre samelewing te bevorder nie, maar ook ʼn resep vir maatskaplike onrus.

“Die honger vir grond om op te boer neem veral onder landelike armes toe. En om bepaalde redes was die tempo van grondhervorming in hierdie spesifieke sektor stadig en onbevredigend.”

Die transformasie van patrone van landbougrondbesit is noodsaaklik om die historiese ongeregtighede van die verlede aan te pak, asook om voedselsekerheid te beskerm, sê Ramaphosa.

Die minister van landbou, Thoko Didiza, het verlede week aangekondig dat 700 000 ha staatsgrond vir landboudoeleindes beskikbaar gestel gaan word. Die regering sal binne die volgende twee weke advertensies vir 896 plase, met ʼn oppervlakte van 700 000 ha, wat nie behoorlik gebruik word nie of braak lê, uitreik.

Volgens Ramaphosa het die regering tussen 1994 en Maart 2018 meer as 8,4 miljoen ha grond aan voorheen benadeelde mense gelewer met sy grondhervormingsprogram. “Hierdie vordering beloop egter minder as 10% van alle kommersiële landbougrond.

“Die uiteindelike doel van die vrystelling van hierdie grond is om die landboulandskap te transformeer deur ʼn nuwe generasie boere daar te stel. Hulle moet die diep verdeeldheid van ons verlede genees. Hulle moet die stereotipe verdryf dat slegs wit boere in Suid-Afrika kommersieel suksesvol is, en dat swart boere voortdurend ‘opkomend’ is.”

Ramaphosa het gesê die regering se “herverdelende visie” is daarop gemik om ʼn balans te vind tussen maatskaplike geregtigheid en regstelling, asook om landbouproduksie te verbeter deur meer swart boere in die hoofstroom van die ekonomie te bring.

“Ons moet toesien dat grond wat vir boerdery aangewend word wel produktief gebruik word. Om die toegewysde staatsgrond vir boerderydoeleindes te beskerm, is die huur nie oordraagbaar nie. Begunstigdes sal ʼn huurooreenkoms met die staat onderteken en ʼn huurfooi betaal wat ooreenstem met die grondwaarde.”

Daar moet volgens Ramaphosa ook verseker word dat boere ondersteun word op die pad na volhoubaarheid en winsgewendheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Wilhelm ·

Verhuur onbenutte, onontwikkelde, onoordraagbare staats grond aan die armes en verwag dat hulle in hoofstroom kommersiele boere gaan verander… wat ‘n slim plan. Soos met alles waarmee die staat betrokke is, verwag ons dat hierdie initiatief ook ‘n reuse sukses sal wees.

Pieter ·

Jy het mos baie grond wat jy verniet gekry het jou kommunis gee dit verniet vir jou broers

Mieke ·

Twak! Kyk eers na die skadelike uitwerking van die ANC se swak bestuur op alle Suid Afrikaners, soos korrupsie, wetteloosheid, swak bestuur van staats instansies, bankrotskap, ens., ens., het!! Daar’s eenvoudig geen vergelyking nie!!

Persheks Adri ·

Is dit so huh Cyril? Het julle gewerk vir daai grond? Nou is dit WEER ons skuld dat die armes slawe is! Julle daar bo help ook nie, want julle druk hulle verder af in die armoede. Loop tsek man tsek!

“Deur ons mense te ontneem van hul reg om die grond, waarvan hulle afhanklik was vir voedsel en lewensonderhoud, te besit en te bewerk, was hierdie groot onreg wesenlik ‘die ontwerp vir die armoede van swart Suid-Afrikaners’.”

Joggie ·

Die grootste skade aan die land ooit was die ANC wat aan bevind gekom het!

tweeling ·

Sal julle nou ophou om na die verlede te kyk en julle hoop op die toekoms spits. julle is tipeies van mense wat hulle mislukkings op die verlede blameer maar eintlik is dit omdat julle onbevoeg is en dit nie wil erken nie. Die totale mislukking in die oordrag van grond is voor julle deur. Tensy julle siening verander gaan die nuwe oordrag van grond geensins suksesvol wees nie

Persheks Adri ·

Wat doen JY vir jou arm mense? Sweet blow niks nie man net leë beloftes en sorg vir jou eie sak!

Heinrich ·

Ag nee wat Ramaphosa, dis nonsens stories. Eerstens, as die ANC iets wil ‘transformeer’, kyk ons na Eskom, SAL, Denell ens en sien dat dit maar net beteken om dit totaal te verwoes. Om nou kommersiële boere te teiken sodat arm mense net vir hulself kan boer en kos voorsien maak mos nou glad nie sin nie.

Anoniem ·

Armes boer om hulle self te voed waar wit kommersiele boere boer om die land te voed…. as grond vir armes gegee word gaan die hele land vrek van die honger…

Willem ·

En dan plant hulle paar mielie stoele vir pap en hoenders en grond lê onbewerk!!!!!

Snowball ·

As jy wil weet wat maatskaplike onrus gaan veroorsaak, skep ‘n land met GEEN VOLHOUBARE VOEDSELPRODUKSIE! Ramaphosa en sy ANC se klugspel is vinnig besig om af te wind na ‘n punt waar hierdie gemors wat hy verkondig, die Zim effek blitsvinnig gaan teweegbring. Ondervoed en honger, besnotterd en verarm gaan hulle staan, hulle tyd kom vinnig nader.

Dup ·

My vraag is net:gaan daar produktief geboer word op die betrokke grond of gaan alles verval en deur korrupsie,bedrog en onbeholpenheid gekelder word? Baie van die “grondlose” mense op die platteland soek net n lappie grond om ñ bestaansboerdery te begin wat nie maklik in n groot produktiewe landbou onderneming sal oorgaan nie.Die tyd sal leer maar die onlangse geskiedenis het nie veel sukses stories gehad nie.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, ANC beleid is wat verdeeldheid onder rasse in Suid Afrika bring maar dit lyk my dat ANC se intellektuele gestremdheid dit net nie kan verstaan nie.

Wikkelwillie ·

al wat squirrel doen is om meer verdeeldheid te saai en meer geweld teen wit boere aan te hits met sulke kommentaar. Hy moet liewer net by die huis bly en TV kyk.
Oh ja rn bestaansboere dra nie juis by tot die ekenomie nie… hulle oorleef net. Dooie kolle. Ekonomiese stagnasie/retrogressie

Annettest ·

Al wat ek sien is ‘n “bestaansboer” met ‘n plakkershut, paar bokke en ‘n klompie mielies om die hut geplant vir pap. Dit sal te danke wees aan die ANC-regering se skelmstreke!

JohanR ·

Luister Cyril. Hoekom gaan speel jy nie in die druk verkeer op die Ben Schoeman Hoofweg nie……ASSEBLIEF? Jy het al en enige geloofwaardigheid verloor met die sigarete storie….#VoerstsakANC!

Adam Adriaan ·

Hierdie knaap is totaal uit sy diepte. Hy yl oor dinge waarvan hy geen kennis dra nie. Hy moet sy feite bymekaar kry. Kyk hoe lyk die land tans en dan gryp hy na grashalms in die verlede. wat het hy en sy party gedoen in die afgelope 26 jaar. Alles wat hulle geêrf het vernietig.

Jacobus ·

Mr President just consider how much ground you and your power-hungry cadres could purchase (legally) just with the money stolen during COVID. We are fed up with the racist rhetoric you spew every time you party is caught with hands in the cooky jar.

MakersMark ·

Ha ha altyd die verlede te blameer alles behalwe die party en staat se totale vergrype aan staatsgeld en die intellektuele onvermoë om enige waarde toe te vroeg aan die ekonomie of burgerlike samelewing nie. Oor 100 j sal hul nog steeds apartheid blameer.

Oujongvrou ·

Skadelike gevolge. Asb dis n grap. Ons het alles waaraan mens kan dink opgebou en tot stand gebring. En dit vat julle 25 jr om alles af te breek. Nou wil julle vir vrouens en kinders en gestremde mense die grond gee. En die hoeveelheed mense wat julle wil loslaat op daai grond is om die minste te se lagwekkend. Werk dit uit. Elkeen gaan n lappie grond so groot soos my agterplaas kry, om watter voedselsekerheid daar te doen. Al wat gaan gebeur is dat daar duisende plakkers gaan kom. Nog n ANC flop.

Genis ·

Nou wonder Genis: Vertel ons asseblief CR en as jy kan nie, konsulteer met Ace. Hoe suksesvol was die melk plaas projek? Enlighten ons asseblef, met jou Robert Mugabe ingese woordeskat en aksent wat klink of jy slim is?

Botterblommetjie ·

As ons saam werk kan ons ‘n sukses behaal… haat en nogmaals haat vanaf die ANC en EFF wat aangeblaas word gaan ons land onder… Hulle bring die verlede op en breek die toekoms af… Mens met soveel mag sou ek sê het die gulde geleentheid om ons land in die regte rigting te stuur…. een grade af en ‘n boot mis ‘n hele vasteland… ongelukkig is ons so van koers af dat net God se genade ons weer op die regte spoor kan plaas…

Juan ·

Kan ons ”agbare” President dalk vir ons sê hoeveel van die 8,4 miljoen ha grond wat sederd 1994 aan voorheen-benadeeldes gegee is huidiglik deel vorm van ons voedsel produksie lyn? Of is dit self-sorg boerderye wat niks vir ons as belasting betalers beteken nie? Want soos ek dit sien word goeie landbougrond aan mense gegee wat dan onder bome sit en na hulle hoenders kyk heeldag tot alles op die plaas verroes…

Sokrates ·

Die president gaan voort om witmense as diewe te brandmerk, bose samesweerders wat n doelbewuste plan ontwerp het om swartmense se rykdom en selfstandigheid te vernietig. En sodoende die oorsaak van hul armoede is. Dit eggo dieselfde boodskap as die EFF. Dis net n bietjie mooier verpak binne meer presidensiële Engels en allerlei ander vae voorstelle. Moenie naiëf wees nie. Die voortdurende herhaling van dié tipe narratief stook op onderbewussynsvlak die klimaat vir haatgedrewe plaasmoorde en legitimeer dit op hierdie wyse as’t ware. Vind iemand dit enigsins nog vreemd dat die regering weinig belangstelling toon in plaasslagtings………dat Bheki Cele sê boere moet maar die pyn vat…?

Michael ·

Hoe vaar die met die landbouground wat aan die regering behoort?

Anoniem ·

Is dit weens hierdie “skadelike gevolge” dat jy plaas moorde miskyk Rhamaposa?

Remondo ·

Onbeheerde bevolkings ontploffing , ongereguleerde spandeering van die staatskas en plundering. dis wat die armoede aanhelp. geen grond kan gevreet word nie gee grond ,gee geld, gee implimente, gee , gee , gee , gee , gee………………………………………………….

Frans ·

Die grootste fout van hierdie benadering van die President en all gelykdenkendes is dat hul vandag se bevolkingsgetalle projekteer tot in 1913.Dit is duidelik uit die 1911 sensus dat geen bevolkings groep oor die nodige getalle beskik het om all grond te bewerk nie,
Voeg daarby dat snelle verstedeliking plaasgevind het ( in 1913 het Johannesburg al reeds ‘n bevolking
van ver oor die 200 000 en Kaapstad oor die 160 000.Die gevolg dat daar groot gebiede onbewoon was.
Volgens die 1911 sensus was daar 5 973 394 mense in Suid Afrika.Die Blanke bevolking is 1 276 242
(21.4%),Swart 4 019 006 (67.3%) en kleur en gemeng 678 148 (11.3%). Die ontplofflng van die swart bevolking agv bevolkingsgroei en instroming tot 48 153 727 tot bykans 81 % van die bevolking.
Dit is mi die grooste probleem want ontwikkeling op ander gebiede kon eenvoudig nie bybly nie,
Gevolglik ‘n groot tekort op alle gebiede en veral behuising,Voeg by swak dieste en jy het ‘n kookpot van onrus,

Johann ·

” ‘n resep vir maatskaplike onrus….”???????? Die ANC se manier om moord en brand en breek en verkrag en verwoes te regverdig en met mooi woorde aan te hits!!!!!!

En elke keer is dit iets of iemand anders se skuld. NOOIT die onbevoegdheid en kern korrupte “kultuur” van “his fellow South AFRICANS” nie

Altyd die verontregtes, NOOIT verandwoordelik of verandwoordbaar vir hulle eie mislukkings nie.

Ja RAMAPOSA!!!!!! JYS MIDDE DIE BEPLANDE ANARGIE wat jou “comradeds” bedink en doen. Jyt GEEN rugraat nie. Lekker geskep en NOG geskep toe daar uitgedeel is…of GEVAT.

Moet lekker wees om agter jou velkeur weg te kruip om te wil HÊ en VAT en weggee?

Ergste is: die “uneducated masses” bly presies dit…n hoog beïnvloed bare massa wat agter Tshirts en kospakkies ej grant aan hardloop soos die anargiste hulle aanhits.

Riana ·

Hulle kon nog nooit iets met Transkei of die ou Bobuthatswana se grond doen n ie. Selfs die skole en universiteite afgebrand wat ons regering vir hulle gebou het selfs fabrieke tussen Northam en Rustenburg wat vri hulle op gerig is het n et so bly le. Natuurlik sal daar opstand wees oor grond want CR en sy gevolg hits dit aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.