Ramaphosa oor kragkrisis: ‘Daar is lig aan einde van tonnel’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Eskom is besig om geleidelik tot tegniese, operasionele en finansiële lewensvatbaarheid herstel te word.

“Ons maak vordering. Ons pogings kry momentum. Ons sien almal uit na die dag waarop die krag aangaan en aan bly,” het pres. Cyril Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief gesê.

“Die tekort aan elektrisiteit is al vir meer as ’n dekade lank ’n probleem. Ekonomiese aktiwiteit word elke keer ernstig onderbreek as daar ’n kragonderbreking is, wat kleiner ondernemings sowel as groot nywerhede beïnvloed. Oor die jare heen het dit bygedra tot stadige ekonomiese groei en swak beleggersvertroue.”

Suid-Afrikaners het die afgelope maand verskeie kere sonder krag gesit nadat Eskom weer begin beurtkrag toepas het weens onbeplande onderbrekings en ’n verhoogde vraag na elektrisiteit.

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het verlede week gesê daar is die afgelope paar maande goeie vordering met instandhoudingswerk gemaak, maar die stelsel presteer steeds nie soos dit moet nie. “Kapasiteitsprobleme gaan een van die grootste uitdagings bly omdat die meeste van ons kragsentrales die einde van hul gebruiksleeftyd bereik.”

Ramaphosa meen egter daar is lig aan die einde van die tonnel met die regering wat elke moontlike poging aanwend om binne die kortste tyd nuwe kragopwekkingskapasiteit aanlyn te bring en die elektrisiteitstelsel meer doeltreffend en meer mededingend te maak.

“’n Belangrike stap vorentoe in hierdie poging was die aankondiging verlede week deur die minister van minerale hulpbronne en energie rakende die maatskappye wat suksesvol was in hul bod om 2 000 MW se noodkrag te verskaf om die gaping in kapasiteit uit die weg te ruim.”

Minister Gwede Mantashe het gesê dié bieërs sal deur middel van sonkrag, windkrag, aardgas en batterye elektrisiteit opwek. Die projekte moet teen einde Julie op die laatste van stapel gestuur word en die verwagting is dat die projekte teen Augustus 2022 elektrisiteit aan die kragnetwerk sal verskaf.

Eskom waarsku dat die kragnetwerk nog jare lank onbetroubaar gaan wees. (Foto: Mujahid Safodien/AFP)

Volgens Ramaphosa wil die regering dit ook makliker te maak vir die bedryf om elektrisiteit vir eie gebruik op te wek. “Hierdie ‘ingeboude opwekking’ sal die vraag op Eskom se kragstasies verminder en die land se algehele opwekkingskapasiteit deur private beleggings verhoog.”

Eskom het 15 steenkoolkragstasies en ’n kernkragaanleg. “Die meeste van die steenkoolkragstasies is meer as 40 jaar oud en vatbaar vir onderbrekings. Daarbenewens is baie van die nodige instandhouding aan hierdie aanlegte jare lank verwaarloos. Eskom skat dat onbeplande onderbrekings tot soveel as ’n vyfde van ons elektrisiteitskapasiteit verbruik.”

Eskom is besig met beplande instandhouding van sy aanlegte en alhoewel dit op die onmiddellike termyn beurtkrag kan beteken, sal beter instandhouding lei tot verbeterde prestasie op mediumtermyn en tot groter stabiliteit in die aanbod, het Ramaphosa gesê.

Terwyl Eskom werk om sy bedryfsprestasie te verbeter en daar nuwe opwekkingskapasiteit ontwikkel word, kan Suid-Afrikaners ook baie doen om die situasie te verbeter, meen Ramaphosa.

“Behalwe die gratis basiese elektrisiteit wat die regering bied, moet ons seker maak dat ons almal betaal vir die elektrisiteit wat ons gebruik, hetsy as individue, huishoudings, sakeondernemings, nywerhede of munisipaliteite.

“Onwettige verbindings en die onwettige verkoop van voorafbetaalde elektrisiteitsbewyse maak dit vir Eskom en munisipale kragvoorsieners baie moeiliker om hul infrastruktuur te verbeter en selfs om voort te gaan om elektrisiteit te verskaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Frederik C ·

Die meeste van die kragstasies was dus 14 jaar oud toe die kaders oorgeneem het. In die 26 jaar sederdien het hulle net 2 probeer bou, waarvan sommige eenhede steeds nie ten volle werk nie.
Hulle het ook in die afgelope 26 jaar net een gevangenis (laat) bou, terwyl die meeste kaders agter tralies hoort.

Persheks Adri ·

Van watter gratis elektrisiteit praat jy Cyril? Ons kry beslis nie gratis elektrisiteit nie gggmmmfff en boonop betaal ons deur ons nekke vir krag en steeds is daar gereeld beurtkrag pffft!!! Werk harder regtig dis verdomp koud man

Nie Verbaas ·

Hy verwys seker na krag wat onwettig gebruik word deur die ANC kinders.

Pieter ·

Daar is sommiges wat wel vernuut kry… Wel daar is sommiges wat wat dubbel en dwars deur die ore betaal om die ander sommeges wat vernuut kry se deel te dek. So dus is daar niks vernuut nie, slegs die wat betaal en ander wat nie betaal…
Dus kan sommegis luukse motors bestuur en ander kan luukse krag betaal en dit net sekere tye geniet…

Persheks Adri ·

Ons betaal die kaders se krag maggies man! Dis nou genoeg regtig. Besig met inverter stelsel amper daar. Hulle is bekotsingswaardig inderdaad!

Persheks Adri ·

Ek kan my soos 1 gedra hoor, maar dit gaan nie help nie mater

Stefan ·

Jy sal nog agter kom die afbreek was baie makliker as die opbou.

Werner ·

Al lig wat jy sien ou Cyril is die ou met die flitslig wat jou soek om te se eskom is verwoes.

Charles ·

Die tonnel is die anc regering en die lig aan die einde is die bevryding van hulle, hoe ver ons van die lig af is weet ons nie.

Hendrik ·

Ek is nie deel van die Eskom netwerk nie en dit is verbasend hoe jy dink voordat jy krag gebruik. Sal daar genoeg krag wees vir vanaand as jy nou krag gebruik? Dit geld veral in die somer maande met baie wolke en reen. Ons weet dat Eskom/regering die blaam moet dra vir die huidige situasie maar dit is ook elke kragverbruiker se plig om krag te spaar. As ek noodgewone by kragopwekker moet gebruik na ‘n bewolkte dag kan ek my geld hoor soos die kragopwekker brandstof gebruik. Solar is egter tops en ek sal my nooit weer verbind aan Eskom krag nie. Ons het altyd krag en warm water met die solar/gas en kragopwekker situasie. Ek kla nie as my krag afgaan nie omdat ek die situasie verstaan.

Andre ·

As die so genaamde president sy mond oopmaak praat hy net n klomp snert!!!

Frank ·

Maar wat doen hulle om die totale onbeholpenheid en onbekwaamheid op munisipale elektrisiteits bestuur vlak vas te vat? Ons boere moes nou die dag self inspring met werkers en TLBs om kragpale wat omgeval het, te vervang. En daar staan nog steeds ‘n klomp windskeef. wat hulle net so los.
Hier praat ons nou spesifiek van Mokgalakwena (Potgietersrus) wat tans onder administrasie is…

Nell ·

Ek wonder oor daai lig in die tonnel… die prez sien heelwaarskynlik die lig van ‘n aankomende trein “smash”.

jzjz05 ·

Al lig wat ek sien is dat daar n nuwe bevrydings stryd moet kom om Suid Afrika van die ANC regering te bevry

Richardt ·

Volg die ‘wetenskap’. Die lig in die tonnel is kerslig…Die lig aan die einde van die tonnel is ‘n mirage. (Lugspieëling vir die wat onder ANC onderwys gely het…)

Estelle ·

Ek sien donkerheid in die land as hul dit regkry om Andre de Ruyter uit te werk. Ook vir Jan Oberholzer. Wat hul tans baie hard probeer doen omdat hy korrupsie vasvat. Dis nou mos weer rassisme.

Nie Verbaas ·

Kyk bietjie wie aan die stuur gaan wees met die addisionele kragverskaffing. Kyk wie is met wie getroud en wie het die nood krag verskaffing goedgekeur en ook waar die persoon in die prentjie inpas.

Genis ·

In Elektriese terme, was die ANC de grootste SKOK wat SA getref het…

Spook ·

Intussen doen ek my uiterste bes om so min as moontlik van Eksdom se produk te gebruik, en my pogings is nogal heel suksesvol.

koos10 ·

CR, dis die hele groot probleem. Geen politikus word vir langer as 5 jaar (termyn) verantwoorderlik gehou nie, en na sy/haar termyn word hulle deur hul politieke party beskerm (Zuma en die Zondo kommissie). Top bestuur verwissel stoele soos babas doeke wissel. Jy CR het nie eers die guts om jou eie party uit te sorteer nie, hoe kan jy Eskom se probleme hanteer?

Keith ·

In between his farming and other business interests, this man gets paid, by us, to talk absolute rubbish.

Jr ·

Syrypy Cyril – wharra wharra lieg wharra lieg blah blah lieg blah blah lieg lieg lieg. Elke dekende persoon in SA is dom en 30 percenta. OF SO GLO HY

Objektief ·

Daar is n lig aan die einde van die tonnel, maar daar is n trein agter daardie lig

Jack ·

Klink vir my na die herhaling van n belofte deur zuma. Afrika het nog nooit uitgeblink met instandhouding nie. Gee hulle splinternuwe mercedisse en dit sal binne n jaar deur donkies gesleep word. Jammer dit is hoe dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.