Ramaphosa oor moorde op wit boere

Foto: Reint Dykema

Pres. Cyril Ramaphosa het toegegee dat wit boere in Suid-Afrika vermoor word nadat die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, hom vanmiddag in die parlement daaroor gekonfronteer het.

Dit volg op Ramaphosa se stellings vroeër vanjaar in die VSA dat wit boere nie in Suid-Afrika vermoor word nie.

Ramaphosa het vanmiddag daarop aangedring om sy stellings te verduidelik, maar geweier om om verskoning te vra vir sy stellings in Amerika, soos wat Groenewald versoek het.

Ramaphosa het geantwoord dat hy spesifiek gereageer het op ʼn twiet van die Amerikaanse president, Donald Trump, wat slegs verwys het na wit boere wat vermoor word.

“Ek dink nie ek is korrek verstaan nie. Swart én wit inwoners van plase word vermoor, en ek het reeds persoonlik wit en swart gesinne gebel wat sulke tragedies moes hanteer.

“Dit is nie net wit mense wat vermoor word nie en die kwessie moet nierassig benader word. Ek sal dit nie parogiaal benader nie,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa se uitlatings vroeër vanjaar het heftige reaksie uitgelok. Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het onder meer gesê Ramaphosa se “blatante leuens aan die wêreld” neig daartoe dat die Suid-Afrikaanse regering aandadig is aan plaasmoorde en dat die ANC-regering slagoffers van plaasaanvalle en -moorde verneder deur hulle as leuenaars uit te maak.

Agri SA het in ʼn verklaring gesê hy is ontevrede met Ramaphosa se stelling. “Plaasaanvalle en -moorde op alle boere, plaaswerkers en hul gesinne is ʼn reuseprobleem wat erken moet word,” het Dan Kriek, president van Agri SA, gesê.

Groenewald het Ramaphosa se uitlating destyds as “oneerlik en ʼn blatante leuen” bestempel en gesê dis ʼn jammerlike poging om die buiteland hieroor ʼn rat voor die oë te draai.

Louis Meintjies, president van TLU SA, het gesê die waarheid word doelbewus verdoesel. Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, het gesê die organisasie het met werklike ontsteltenis verneem van Ramaphosa se ontkenning van plaasmoorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

hannelie ·

Dit help nie hy bel die gesinne persoonlik nie! Hy moet die moorde STOP, deur strenger maatreëls in plek te stel. Wat is daar nie om te verstaan nie? Ons land gaan agteruit en dit help nie mens probeer dit toesmeer nie, daar moet iets daaromtrent gedoen word. Hoe kan mens die President vertrou as hy 2 stories praat?

Ai ·

Jy doen nie. Hy wil jou, jou gesin en jou kultuur ongedaan maak. Hy lieg.

As dit nie so is nie sal hy BEE stop, die Kommado’s terug bring en Afrikaanse Universiteite en skole met rus laat.

Sy aksies verklap sy denke.

Irene ·

Moenie Ramaphosa skuld gee vir moorde nie maat die wat dit aan hits soos eff daar aan moet hy werk

Piet ·

Irene om te ontken dat daar moorde is en om dit aan te hits is baie na aan mekaar, is dit nie? As jy beweer dat Cyril ‘n goeie ou is dan moet jy maar dink aan die gesegde ” evil prevails when good people do nothing”. Laat my baie dink aan Thabo Mbeki se “silent diplomacy” m.b.t die finale aanslag teen blanke boere in Zim.

Pierre ·

Die feit dat Ramaphosa die plaasmoorde probeer verdun met die stelling “Daar word swartes ook vermoor” bewys dat hy nie veel gaan doen om die kwessie aan te spreek nie. Persoonlik glo ek dat ak hierdie misdaad, insluitende veral plaasmoorde al van Nelson Mandela se dae af op die hoogste vlak georkestreer en gekoordineer word. Die feit daar niks aan gedoen word nie is vir my onomstootlike bewys daarvan. Is daar nie n ervare persoon wat dit kan ondersoek en kan terugvoering gee sodat ons kan optree daarteen nie. Ons moet onsself verdedig teen soiets. Op hierdie oomblik sit ons en toekyk terwyl ons uitgeroei word en en belieg die sogenaamde “president” die buiteland dat daar nie soiets soos plaasmoorde en grondvergrype is nie. Wanneer laas het ons n eerlike staatshoof gehad? Definitief laas in die ou apartheids era. Ten minste was die klomp destyds eerlik ten opsigte van hulle bedrywighede.

GP ·

Hy se net wat mense wil hoor. Onthou ons is nie sy mense nie.

Dankie VF+ dat julle die moed het om hierdie vraag te vra. Ek het nog altyd DA gestem maar volgende jaar het julle verseker my stem.

Nettie ·

Donald Trump twiet: “White farmers get murdered in SA”.
Cyril Ramaphosa sê: “NO!!!! There are no murders on white farmers in SA”.

Pieter Groenewald sê: “You said there are no murders on white farmers in SA”
Cyril Ramaphosa sê: “NO, I did not say there are no murders on white farmers in SA”

Die video opname wat wyd en syd gedeel is, LIEG NIE, mnr. Ramaparra!

Neutraal ·

Mr CR kyk jy ons regtig so vlak om te vewag dat jou verduideliking gekoop moet word. NEE dit kan nie gekoop word nie. Daar is mense in die land wat ook skool gegaan het en wie ouer is as 10 jr.

RG ·

My pa het altyd gesê, die dag as Ramaphosa President word, is dit tyd om die land te verlaat. Met Mandela kan mens nog sinvol redeneer…

Theresa ·

Amerika weet presies wat in Suid-Afrika aangaan, meer as wat ons dink. Hul is goed ingelig.

Vreemd ·

Ja, Trump en die “Deep state”. Die “Deep state” soek ‘n korrupte Afrika leier, dit is hoe jy die rykdom wegdra en die IMF slawe maak van die mense.
Trump, wie weet…

Zuma was ‘n China/Rusland man. Cyril is ‘n “Deep state” en MI6 man.

MYNHARDT ·

Ongelukkig as die Demokrate oorneem daar gaan dit nie meer saak maak nie.

Jessica ·

I send daily video’s, picture’s of crime, murders, high jacked video’s and picture’s over to America and all over the world so people can see our country in South Africa is not save, and i tell them please don’t visit South Africa, and i tell them how corrupt our country is and i have so much family and friends, all over the world who share everything there on they facebook so other people can see what goes on in South Africa, and that people send it again to they friends and family all over America and Dubai, and other countries.

David ·

Wat is dit wat ons dié keer nie reg verstaan nie? Mr Ramaphosa het gelieg en gesê daar is nie moorde op blanke boere nie – dis wat almal gehoor en verstaan het.

Staak saam ·

Met politiek is wit nie altyd wit nie, nie rassigheid word nou al in misdaad ook af gevorseer in n poging om die publiek en die buiteland te laat glo dat die reenboognasie dieselfde aanslag ervaar, dat moordenaars preposioneel goed verteenwoording is in statestieke.
Wat Cyril heel mis kyk, plaasmoorde (op wit en swart) word hoofsaaklik deur swartes gepleeg en dat die swart bevolking op plase teenoor blankie plaasbevolking in die meerderheid is maar, aanvalle op blankes op plase met die doel om te roof en te moor is baie, baie hoë as op die swart plaasbevolking.

Jackie ·

Meeste plaasmoorde is Blankes en dit is so verkeerd…wens net die uwe Mnr Ramaphosa het ruggraat gehad om dit aan te spreek deur Doodstraf weer in werking te stel!

Driekie ·

@Jackie. Die moordenaars word feitlik nooit “aangekeer” nie!!

Ida ·

Well said by both Langenhoven and yourself Boet! I take your point and agree totally! As Langenhoven said about parliament, “die helfde van die mense hier is donkies” and when forced to apologise, grudgingly said “goed, die helfde van die mense hier is nie donkies nie”

PJC ·

Ek het vir ń lang tyd nie sulke twak uit ń staatshoof se mond gehoor nie. As dit nie mense se oë oopmaak nie sal niks anders dit doen nie.

Frik Lotz ·

Dankie aan Pieter Groenewald dat hy Ramaphosa aangevat het. Ramaphosa het gese dat geen wit boere vermoor word nie en nou is hy kamstig verkeerd verstaan.Dis mos snert! Dis seker die mees patetiese antwoord wat hy kon gee. Feit van die saak is Ramaphosa het nie die waarheid gepraat nie en probeer nou met slim storietjies vorendag kom. Dink hy ons is onnosel en glo sy verduideliking? Nee wat, nie so maklik nie! Dr Pieter Groenewald en VF Plus is die enigste met murg in hul pype. Doen so voort!

Anoniem ·

Driekie, se eerder die kommuniste word nooit aangekeer nie.

charmaine ·

Ons kan die statistieke by Steve Hofmey kry, gee vir ons n lys van swart boere en n lys van wit boere hulle sal geskok wees en nie net vermoordes nie elke week en naweek word ouerpare en mense aangerand en amper vir dood gelos.

Penelope ·

HAHAHA… uitgevang. Mens sal dink as politikus sal mens beter kan lieg. En om mense se intelligensie so te onderskat. Jy teer jou padjie na wantroue Mnr die President….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.