Ramaphosa oor VBS Bank: ‘Ons is skaam oor wat gebeur het’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag gesê die aantygings van omkopery en korrupsie by die omstrede VBS Mutual Bank is ʼn skok en maak ʼn verspotting van vertroue in finansiële instellings in Suid-Afrika.

Ramaphosa het die uitlatings tydens ʼn regstreekse onderhoud met eNCA se Jane Dutton gesê.

“Die VBS-storie het ons almal geskok. Dit is regtig ʼn verbreking van die vertroue wat ons mense in ʼn finansiële instelling geplaas het. Dit is werklik ʼn jammerte, nie net vir die mense van Venda of Limpopo nie, maar die mense van Suid-Afrika as ʼn geheel. Gewone vroue wat hul geld gespaar het vir begrafnisse – ons is dus regtig skaam oor wat gebeur het.”

Ramaphosa het gesê die skuldiges moet aan die pen ry.

Die Suid-Afrikaanse reserwebank (SARB) het VBS in Maart onder kuratorskap geplaas en sy jaarlikse finansiële state is foutief bevind. Die SARB het gesê ʼn forensiese ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal of enige korrupsie plaasgevind het.

Kleinhandel-deposito’s van tot R100 000 per deponeerder is egter deur die SARB gewaarborg en kan by Nedbank-takke onttrek word.

Nagenoeg 14 munisipaliteite van die Noordwes, Limpopo en Gauteng het erken dat hulle sowat R1,5 miljard by VBS belê het as deel van ʼn korttermynbelegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Hendrik ·

Ek sal ook skaam wees as ek ‘n goed funksionerende land gekry het en dit opgemors het.

Wessel ·

Nou waarom het hy nog nooit gesê hy is skaam oor Zuma nie?

Hy sal dit tog waag.

Heinrich ·

“Ons is skaam oor wat gebeur het”. Ya right. Julle is skaam omdat julle uitgevang is. Weer. Kommuniste kon nog nooit ‘n land suksesvol regeer nie.

Spike ·

Julle weet nie wat beteken skaam nie. Die hele SA is opgemors.

Snowball ·

Ek is geskok dat hy altyd geskok is, hy reageer so as asof alles hom uit ‘n blinde hoek tref, alles van staatskaping, korrupsie tot nou weer die nuutste VBS -skandaal. Is sy kop permanent in die sand?

Spike ·

Die groot probleem is. Die anc kom eerste en dan SA. Mnr cr sê self dat sy eerste doel is om te verseker dat anc nie skeur nie, want dan sal hulle die goudpotte nie meer beheer nie. Kader aanstelling is in en dan kan 99% nie die werk doen nie. Op die trant is dit net afdraande vir SA.

Tertia Human ·

WAT VERWAG JULLE WIE HIER AGTER SIT EN HULLE HANDE DAARIN HET? DIS NIE MEER NUUS NIE KORRUPSIE VAN DIE OGGEND TOT DIE AAND!!!!!! DIS AAN DIE ORDER VAN DIE DAG IN SUID AFRIKA

christa ·

Hendrik ek stem saam. Die hele land is ‘n skande. Alles deur die modder getrek, plaas hy daaroor skaam is.

Casper Labuschagne ·

Het ek al die term “postkoloniale verval” op hierdie webblad gebruik?

PLP ·

Kan jy jou nou indink dat so iets in die Koloniale tyd kon gebeur – nooit nie

hendrik ·

Ek kan ook nie verstaan dat hy nou skielik geskok is nie. Waar was hy die afgelope vier jaar toe hy adjunkpresident was.

Deon ·

Maar hy is nie skaam of geskok oor plaasaanvalle nie. Hy is ook nie skaam of geskok oor grond diefstal nie.

Eish ·

Made in the R of SA.
By South Africans, for South Africans.
Like only South Africans can!
For the poor( to struggle), for the rich.(to bene fit!)
Korrup tot op die been!
MATTHÉÜS 6:23
Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

Pierre de Villiers ·

Wys vir my een instansie in hierdie land wat nie korrup is nie.

Spike ·

Wil graag weet waar kry die 14 munisipaliteite geld om by die bank te belê het.

Nel ·

Dis belastinggeld wat veronderstel was om gebruik te word vir basiese dienslewering.

Spike ·

Wil graag weet waar kry die 14 munisipaliteite geld om by die bank te belê het.

Louise ·

Ek word skaam wanneer ek die oningeligte kommentaar op sosiale media lees.

marous ·

Word hy skaam omdat hierdie goed by die duisende uitgekrap word deur sy opposisie ? Of word hy skaam dat die buiteland se beleggers hom dalk kan vra of hulle geld gebruik gaan word om die ashoop waarop hy probeer heers beter te laat ruik ?

John ·

Geskok beteken by implikasie elektrisiteit of erge emosionele trauma. Die regte behandeling blyk altyd ‘n trippie na die $Midde-OOste te wees vir behandeling by dokters wat gelukkig nie ons nuusnetwerwe besoek nie en dus nie weet van al die misdrywe nie. So gerieflik. Nog duur kaia’s op die wal langs Tafelberg vir ‘n paar ryk Arabiese sjeiks en die prez voel baie beter… tot die volgende ¥na vanaf die oerbron, €$kom.

Grassie ·

Hy behoort skaam te kry. Dit is dan nou sy eie “our people” wat miljarde rand geplunder het wat nie aan hulle behoort nie. En hy is reg – dit benadeel almal in die land. Ook die Staatsdienspensioenfonds wat miljarde rand in daardie vroteierbank belê het.

Patriot ·

Ek kry nie skaam nie… Ek kry lekker ! Net nog `n bewys van hoe suksesvol swart bemagtiging is….

Johan ·

So stilweg skryf Spike ‘n baie geldige opmerking. Waar kry 14 munisipaliteite geld om te bele????? Sal baie graag MM versoek om op te volg wie die munisipaliteite is. Ek was onder die indruk meeste munisipaliteite in genoemde areas is in moeilikheid.

Adam ·

Ek as landsburger is skaam om so n president te he wat nie wil optree teen diegene wat korrupsie pleeg nie

Theo ·

CR se die skuldiges moet aan die pen ry, seker n ander naam vir mercedes ibenzi , ijaguar, iporche, ilandcruzer, sorry cyril daar gaan bokerall met hulle gebeur ons almal weet dit.

ANONIEM ·

Kan nie glo dat hulle die cancer ons intelegensie so ondrskat nie.

Han ·

CR is selektief skaam. Om grond te onteien sonder vergoeding, mnr. die president, IS OOK DIEFSTAL!
In bykans 25 jaar het die ANC-regering die land in die afgrond in “bestuur!” En steeds ontbreek dit hulle nie aan uiterste arrogansie nie.

Chris ·

Dit is verbasend hoe die minderheid en koloniale verdrukkers se taal terme gebruik word as hulle uitgevang word.nl; skaam en geskok , verder voel hulle n veer vir die res .

Hanna Hoekom ·

Nou is CR kastig geskok… Nee wat, ek koop dit nie! Dan moes CR mos lankal geskok gewees het met dit wat in ons land aangaan: moord, marteling, verkragting, korrupsie, diefstal, brandstigting, marteling van kinders en diere, saakbeskadiging, plaadmoorde, insypel van miljoene onwettige immigrante, plundering van hulpbronne, soustrein ry, aanhitsing van geweld teenoor mjnderheidsgroepe… En so kan ek aangaan. CR, word wakker! Dit is ons daaglikse realiteit in hierdie piesang republiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.