Ramaphosa op pad Duitsland toe vir G20-beraad

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa vertrek Sondag na Duitsland om die G20-Afrika‑konferensie van Maandag tot Dinsdag in Berlyn by te woon.

Konferensiegangers is van plan om die vordering met die G20-vennootskap met Afrika asook die ooreenkoms met Afrika te bespreek.

Afgevaardigdes sal kyk na maniere waarop die G20 (die wêreld se 20 grootste ekonomieë waaronder Suid-Afrika), Afrikalande en ontwikkelingsbanke kan saamwerk om private belegging en ekonomiese deelname in Afrika te bevorder, terwyl ook teruggekyk sal word op die prestasies en vordering sedert die Hamburg-beraad in 2017.

Ramaphosa sal na verwagting in sy hoedanigheid as medevoorsitter van die G20-Afrika- raadgewende groep die G20-beleggingsberaad toespreek. Op dié beraad word Duitse sakeondernemings en Afrikalande bymekaargebring met die oog op beleggings.

Suid-Afrika se president sal ook ʼn bilaterale ontmoeting met die Duitse kanselier, Angela Merkel, hê. Ramaphosa word op sy besoek aan Duitsland van die minister van finansies, Tito Mboweni, vergesel.

“Suid-Afrika en Duitsland het ʼn lewenskragtige en groeiende handelsverhouding,” sê Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder. “Suid-Afrika se uitvoer na Duitsland beloop R84,198 miljard en ons invoer R127,543 miljard. Daar is meer as 600 Duitse ondernemings in Suid-Afrika wat sowat 100 000 werkgeleenthede bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JV ·

Wonder watse twak hy in sy toespraak gaan kwytraak. Definitief ‘n spul ontkennings ook.

Realis ·

Wonder wat gaan Pinocchio nou weer vir die wêreld spin?! Belê in die land van melk & heuning! Big time oppad! Big time se bollie oppad ja………

Bedelaarsbakkie ·

Bakhand na die Weste. Nou is die weste goed, later weer sleg.

Waarheid ·

Julle neem die woorde uit my mond.Hoop die AFD sien deur hom en sy leuens.

Pvt ·

Ai ons (SA) word uitgelag.

Tyd dat ons boeke skryf en movies maak.
Ons sal goeie geld maak.

zoom zoom ·

Nou gaan hy vir nog white capital monopoly bedel. Teen die spoed wat die man geld bedel weet ek nie hoe SA dit gaan terug betaal nie. Hoeveel van die gelde wat belê word beland in die anc se sakke???

Alida ·

Hy gaan die skilderagtigste prentjie skilder en nog leeuens versprei maar daar is darem ook n paar manne daar wat nie onder n kalkoen uitgebroei is nie.

Sean ·

Terwyl cr in naziland lieg skiet sy ministers porn movies hier Wat n sirkus

Haan ·

As jy na Duitsland as “naziland” verwys, moet jy maar swyg as ander onkundiges na ons as “apartheidland” verwys

Marius ·

Nou wat wil die man in Duitsland gaan maak by die G20 – 20 grootste ekonomiee in die wereld se konferensie. Hopenlik om nie te vertel hoe voorspoedig doen SA op ekonomiese gebied nie want dit is ‘n leuen. Suid-Afrika is in Groep 2 lande verdeel. In terme van GDP tel SA 41e en in terme van PPP [koopkrag gelykheid] 31e. In die BRICS lande is SA baie beslis “bottom of the line”. [China – Rusland – Indie – Brasilie en dan SA].

Staak saam ·

Ons ekonomie kan dit nie meer bekostig nie, net soos Zuma val die Rand elke keer as hulle op n vliegtuig klim.
Maak ASB verskoning en sluit hom in die uniegebou toe met al die speelgoed wat sy hart begeer.
More val die Rand weer tot R15.00.

humor ·

Hy gaan n uur lank uitbrei oor die land se ongunbare moontlikhede en daarmee duidelik die onvrmoe van die huidiege regering blood le. En ek ding Angele sal goedgunstelik probeer om beindruk te lyk. Op stuk van sake is dit nie sy wat die uiteindelike besluit gaan neem nie.

Nikita ·

Jip Jan seker…en sekerlik ook nog gaan lieg oor OSV. Soos die berig se…die Duitsers het oor die 600 ondernemings hier, en dan natuurlik seker ook grond en eiendomme. Die Duitsers gaan hulle beslis nie aan die neus rondlei nie. Ek is seker Duitsland weet presies die stand van sake in SA. Hy….cr moet eerder versigtig besluit oor watse ooreenkomste hy met Duitsland aangaan. Ons boere en die Duitsers praat al jare lank dieselfde taal.

Arie ·

Hulle gaan beslis nie val vir die bull wat hy praat nie, hy is nie beter as zumpie nie lieg net so lekker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.