Ramaphosa op pad na Frankryk vir finaal

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Suid-Afrika, dis sulke tyd.

Pres. Cyril Ramaphosa is op pad na Frankryk waar hy hoop om Saterdagaand die Webb Ellis-trofee vir die tweede keer saam met Bok-kaptein Siya Kolisi en die res van die span omhoog te hou.

Intussen hoop Suid-Afrikaners dat ’n Bokoorwinning op Stade de France in Parys ’n vakansiedag op tuisbodem kan inhou.

En daar is min dinge waarvan Suid-Afrikaners só baie hou soos rugby en vakansiedae.

’n Laggende Vincent Magwenya, woordvoerder van Ramaphosa, het Donderdag in antwoord op ’n vraag van ’n verslaggewer gesê Ramaphosa het die afgelope ruk talle boodskappe ontvang waarin hy versoek word om ʼn nasionale vakansiedag te verklaar, sou die Springbokke as oorwinnaars uit die Wêreldbekerrugbytoernooi tree.

Pres. Cyril Ramaphosa en die Springbokke ná hul oorwinning in 2019. (Foto: Christophe Ena, AP)

“Hy het vir my gesê ek moet die feit oordra dat hy die versoek oorweeg. Maar hy sien beslis daarna uit om daardie Webb Ellis-beker vir die tweede keer te lig,” het Magwenya gesê.

Volgens Magwenya word die president se program in Parys in dié stadium nog gefinaliseer. Daar word egter verwag dat Ramaphosa vinnig met pres. Emmanuel Macron sal vergader voordat hy die Springbokke by hul hotel sal besoek om ’n bemoedigende woord namens die Suid-Afrikaanse nasie te spreek.

Eskom het ook Donderdag aangekondig dat beurtkrag tot minstens Sondagmiddag opgeskort sal bly. Suid-Afrikaners se ligte is nou al byna ʼn week lank ononderbroke aan.

En beurtkragvrye naweke is nóg ʼn ding wat nooit te versmaai is nie.

Sommige grap nou dat die Springbokke ná hul oorwinning oor die All Blacks eerder in Frankryk moet aanbly. “Ons is lief vir hulle, maar hoe langer hulle daar bly, hoe langer het ons nie beurtkrag nie,” lui een grap.

(Foto: Verskaf)

Ja, Suid-Afrikaners is bekend vir hul grappe.

En waarvoor is hulle nog bekend?

Wêreldbekeroorwinnings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

George ·

Go BOKKE!!! Win or Lose, vir n slag is die top 2 spanne in die final!

Jakes ·

Indien SA gelukkig genoeg is om die WB te wen sal dit Ramaphosa se laaste keer wees dat hy met die bokke op die podium sal verskyn want na volgende Jaar se verkiesing sal geen ANC kader dit ooit weer doen nie.

Papsak ·

Sjoe gebruik lekker belastingbetaler se geld ne GO ALL BLACKS !!!!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die prez se jet alleen sal R20 miljoen kos. Voeg die hordes was saam rits se verblyf by. En hul dagtoelaes vir die harde werk.

Janine ·

Jip! Lekker op die soustrein! Papsak, ek kyk nie meer sport agv die blatante rassisme, maar ek ondersteun ook eerder die All Blacks.

Cherokee ·

Moet nie dat hy julle om die bos lei nie. Julle weèt tog van beter. Hy gaan vir die All Blacks skree en hande klap.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy sal darem die eer hê om die All Blacks te ontmoet en blad te skud.

Prikkie ·

Ek wil baie graag hê dat die Bokke moet wen, maar ek soek nie die man wat plaasmoorde ontken en alles wat verkeerd is deur die toedoen van die ANC, op die podium saam met die beker en die Bokke nie.

Ons almal wat realisties is weet teen die tyd dat hy net opdaag by glans geleenthede.

Samuel ·

CR hou van die kollig en veral as dit op belastingbetalers se onkoste is. Hy gaan net die Springbokke se leier-kader groet.

Amelia ·

stem saam hy hou vakansie wat ons betaal en sy lyfwagte en die res saam hom

Bekkie ·

Gaan awesome tawwe wedstryd wees, maar mag die beste span wen !!

Willem ·

Ek verstaan nie die mense wat so kla oor hy wat gaan nie. Enige ander president in die wereld sou dit ook doen. Dit is wat ‘n mens sal verwag moet gebeur. As dit nou ‘n DA president was sou niemand gekla het nie. Ja die regering is uiters swak maar om hieroor te kla maak nie sin nie.

Dwayne ·

Ek stem saam. Sou hy nie gegaan het nie sou die mense in rep en roer gewees het want die staats president het nie gegaan nie.

Samuel ·

CR is nié my president nie. Hy het nie nodig om namens SA’ners goeie wense oor te dra nie. Waar is NZ se leier? Hy mors nie die belastingbetaler se geld nie.

Kuver ·

Willem wat het dit met die DA te doen, dit gaan hier oor rugby nie jou politieke idees nie, kom by

Anel ·

Om wat te gaan maak? Hy is nie baie van ons se president nie. En hy het amper die geleentheid verbeur deur nie aan die wêreld se dwelmwet te voldoen nie. Hy is ‘n skande vir die land!!! En dan hou hy en sy entourage lekker vakansie op ons belastinggeld! Hy wil mos tog net in die kollig wees!

domheks ·

As hy maar so goed die land kan regeer soos wat hy liegstories kan vertel, sal dit baie beter in SA gaan.

Grassie ·

Laat hy maar gaan, hy gaan op sy neus kyk. Ek is ‘n Springbokondersteuner maar die AB’s het van ‘n laagtepunt af enkele maande gelede ontpop in ‘n super span. Daardie klomp Barretts gaan draaie om ons strydrosse hardloop. Ek hoop ek is verkeerd.

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Oud kollega wat nou in Indië woon sê dat die beroepswedders reeds besluit het wie gaan wen. Miljarde dollers is op die spel vir almal betrokke.

Dup ·

Dit sal seker Cyril en ñ paar dosyn kaders,meelopers,familie en vriende oppad na Parys wees…..ek sien al die Venter sleepwa agter aangehak……

Lourens ·

Ramageddon se teenwoordigheid is genoeg rede om te hoop die Bokke verloor – net sodat hy nie die kalklig kan deel nie.

JohanR ·

1 euro vandag kos jou R19.88. Wonder hoeveel valuta Squirrel saam geneem het?

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat my meer bekommer is dat hy dalk weer ‘n paar miljard dollers gaan leen wat ons agterkleinkinders se kinders eendag moet terugbetaal.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.