Ramaphosa opgewonde oor Bokke-eindstryd

Suid-Afrika vier sy oorwinning teen Wallis. (Foto: AP Photo/Christophe Ena)

“Sien jou Saterdag, BoJo, wanneer jy gaan kyk hoe Siya, sy span en ek die Web Ellis-beker omhoog lig.”

So het pres. Cyril Ramaphosa Sondag, ná die Springbokke se 19-16-oorwinning teen Wallis in Jokohama, getwiet. Hy het dié tong-in-die-kies twiet aan Engeland se eerste minister Boris Johnson gerig. Dit is teen dié span wat Suid-Afrika Saterdag in die eindstryd sal uitdraf.

Johnson het egter nie op die twiet gereageer nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die president kort voor die halfeindstryd met Siya Kolisi, Springbokkaptein, in ʼn telefoniese gesprek gesels het. Hierin het hy bevestig dat hy van plan is om die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan by te woon.

“Ek kom na die eindstryd toe. Ek kom daardie Web Ellis-trofee saam met julle [omhoog] lig,” het die president in die gesprek gesê. “So, maak seker dat julle my vliegtuigkaartjie bespreek vir die eindstryd. Ek gaan daar wees.”

Ramaphosa het ook die Bokke geloof vir die goeie spel wat hulle in Sondag se wedstryd getoon het. “Dit was weer eens ʼn uitstekende vertoning deur die Springbokke. Ons nasionale spanne doen ongelooflik goed op die internasionale verhoog.”

Hy het ook Sondag sy steun vir die Suid-Afrikaanse netbalspan uitgespreek, wat vroeër verlede week die 2019 Afrika-netbalkampioenskap gewen het. “Julle maak ons trots! Geen druk op julle nie, Springbokke. Hierdie is bewyse dat ons ʼn nasie is wat gebou is om te wen!”

Khusela Diko, die president se woordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die presidensiële kantoor is tans hard aan die werk om seker te maak Ramaphosa is wel Saterdag in Japan. “Hy het Vrydag ʼn amptelike verpligting in Botswana, wanneer die land se nuwe president ingesweer word, maar hy is baie opgewonde om na Japan te gaan. Ons sal seker maak dat dit gebeur.”

Lesufi sê jammer

Panyasa Lesufi het die foto getwiet. (Foto: Twitter)

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, is intussen gekritiseer oor ʼn twiet wat hy tydens die Bokke se wedstryd teen Wallis  geplaas het. In die twiet het hy ʼn foto van Suid-Afrikaanse ondersteuners in die skare geplaas wat lyk of hulle ʼn ou Suid-Afrikaanse landsvlag onder die arm vasdruk. Dit was egter nié die oranje-blanje-blou nie, maar ʼn gewone Suid-Afrikaanse vlag wat snaaks opgevou was.

“Daai vlag, ongelukkig bederf dit alles! Die span, die Springbokke behoort aan ons almal. Kom ons verhoed om mekaar onnodig verder seer te maak,” het die twiet gelui.

Hy is egter gou op sy fout uitgewys en het intussen om verskoning op die sosiale netwerk gevra. “Ek vra opreg om verskoning aan my mede-Suid-Afrikaners. Die oorspronklike hoek [waaruit die vlag afgeneem is] was heeltemal verkeerd. Kom ons vier hierdie oorwinning. Vorentoe met sosiale samehorigheid. Ons is beter saam as verdeeld! Die apartheid vlag verdeel, die Suid-Afrikaanse vlag verenig!”

Hy het sy twiet in Afrikaans afgesluit. “Slaan hulle volgende week!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

John ·

Ons prez vlieg al die pad om al die aandag op homself te vestig… maar dis ook waar hierdie is ‘n skatryk land en Mandela se stokou japon hang saans agter Cyril se slaapkamerdeur… of so glo hy.

Sputnik ·

Is hy nie dalk totaal kleurblind nie? Hy moet darem ‘n geweldige verbeelding hê as hy in daardie prentjie die ou landsvlag sien. Shame, hy sien ook net wat hy wil. Ek aanvaar nie sy flou verskoning nie.

Jerry B ·

Goed en wel mnr President. Wat ook van iets positief om die ekonomie op te beur.

oorlas ·

Wat wil lefusi en ramaposa tog nou inmeng. Gaan kry iets om te doen of iemand om te irriteer. Of gaan ondersteun julle sukkelende skokker spanne.

Ilze Mostert ·

Mense moet ophou SOEK na foute. En soek na oortreding hele tyd. Ophou om mense te probeer “nail”. En slag net die goeie raaksien. Soos Ramaphosa spesifiek opgewonde getwiet het oor die rugby. DIS mos nou awesome

Werner ·

“Johnson het egter nie op die twiet gereageer nie”
Dis duidelik dat hierdie staatsman van Engeland nie tyd het vir snert nie. Hy lag ook seker in sy mou oor Ramaphosa se sokkerspan.

Jimmy ·

“BoJo” bestuur ‘n groot land. Hy het nie tyd om met ‘n kabouter in ‘n verarmde lande grappies te maak nie.

Merie Perd ·

Panayaza was net so n bietjie deurmekaar. Sukkel maar om kleure te onderskei sien net swart, sorry man. Onse prez moet nou tog nie sy “sidekick comrade, comander in (mis) chief” van die eff saam vat nie. In elk geval mors hy sy tyd, en belasting betalers geld, want as die bokke speel soos hulle Sondag gespeel het, sal hulle met so 40 punte teen die Engelse masjien verloor. Dis die swakste wedstryd wat hulle ooit gespeel het, die besluitneming en akuraatheid van Faf se skoppe was baie swak eintlik pataties. Maar ook dankie vir sy moed en durf. (Kyk nie enige ou sal sommer so n groot Walliser aan sy trui probeer rondpluk nie.) En ons heelagter kan nou nog nie n bal uit die lug vang nie, hy is voorspelbaar en pateties. Ons loskakel was besluitloos, en deurmekaar. Die enigste ding wat sy bas kan red is sy goeie skopwerk. Lees jou komentaar(verskonings) aanstaande Maandag ou grote, Lekker slaap.

Rubber ·

Ek hoop regtig die Bok ooie verloor. Ons kan nie weer ‘n 95 propaganda stukkie bekostig nie. #NotMyTeam.

Nettie ·

Ou Soufie het reg: daai vlag verdeel net. Pleks hy sy bril bietjie afvee en mooi kyk. Ek sien g’n nêrens die regte Suid-Afrikaanse vlag nie; net ‘n stuk van Antie Winnie se stertriem wat onder die een ou se arm uitsteek.

marous ·

Hoop hy wys sy eerbare bedoelings en vlieg ekonomiese klas met sy land se trotse redery , en betaal vir sy eie kaartjie , verblyf en verversings natuurlik. “Bo Jo” sal sekerlik
dan syrespek betoon .

Hoekom ·

Dis sal baie vreemd wees as hy dit doen. Hy is immers die president en dis sy voorreg. Hy kan gerus my belastinggeld gebruik vir hierdie positiewe gebaar.

Hannah ·

Lesufi soek fout met als wat blank is.
Dalk moet n n bril kry en eers die sleeper uit sy eie oog haal????????????

Krulle ·

nou net op die nuus gewees dat ons president NIE na die wedstryd toe gaan nie want hy het nie besef sy dagboek bots met n ander aangeleentheid nie!!!

Gert ·

Lesufi…jy en jou kamerade kan van jul buit skenk aan die internasionale rugby federasie, in ruil vir ‘n wêreldbeker.

Krulle ·

Nou net op di e nuus gehoor dat ons president NIE by die game gaan wees nie want hy het nie besef sy dagboek bots met n ander funksie nie!!

Jo ·

Lesufi, mense soos jy wat die land sit waar hy sit. Praat Afrikaans as jy ons taal verstaan asb. Shame, naweek, geen skool waar jy kan gaan fout soek nie nou kom soek jy dit met sport. Wat n voorbeeld vir die kinders…..

JohanR ·

Wie gee om of hy nou Saterdag in Japan is, of piekniek hou op Mars??? Sal Mr Fixit, en 25 ander ministers saam met hom daar wees, on belasting betalers se onkoste?

L ·

Sou die Bokke Saterdag wen, hoop CR seker van hom word ook ‘n “afgod” gemaak, soos in ’95

Peet ·

Jammer vir die stukkie retoriek.
Mr Lesufi, jou verskoning word nie aanvaar nie. Sal iemand aub vir een of almal wat in due gewraakte foto vir Lesufi konfronteer. Hy kan sy-aan- sy met Buang gaan verantwoording doen.

Peet ·

Jammer vir die stukkie retoriek.
Mr Lesufi, jou verskoning word nie aanvaar nie. Sal iemand aub vir een of almal wat in due gewraakte foto vir Lesufi konfronteer. Hy kan sy-aan- sy met Buang gaan verantwoording doen.

Vernon ·

Motorsport word afgeskeep. Ek pes dit om na motor rubrieke te luister en verkies om daaroor te lees soos wanneer en hoe lank.

Piesang ·

Darem iemand wat positief is oor die uitslag. Sekerlik meer uit onkunde as iets anders.

Michael P ·

Wys jou nou Lesufi weet nie eers wat rugby is nie maar hy is gepla met n vlag kan jy dit oor vertel

Manie van Worcester ·

Beslis, ek sit my hoop op Engeland, ek sal nooit hierdie kwota klug steun nie. Sal jack aanbeveel om liewer opgewonde te raak om die land uit die gemors waarin anc dit gedompel het te verlos.

Ruiklont ·

Het CR se opinie oor “our people” dan nou in die hek geduik?

JR ·

My magtig julle is n klomp verkrampte idiote.. ek is trots op ons bokkie. As julle nie ons land se president daar will sien nie, loop sny die gras of suip. Ek sal dit defnitief kyk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.