Ramaphosa ‘optimisties’ oor ekonomie ten spyte van Covid-19

Pres. Cyril Ramaphosa (17 Junie 2020) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Cyril Ramaphosa sê hy besef dat die afsondering ʼn knou aan die ekonomie toegedien het, maar dat die situasie nie veel anders in ander lande is nie. Hy het ook sy optimisme uitgespreek dat Suid-Afrika weer vinnig van dié ekonomiese terugslae sal herstel.

“Daar lê moeilike tye voor en ons moet realisties wees oor die tyd wat dit gaan neem vir die ekonomie om te herstel. Ten spyte hiervan bly ons optimisties,” skryf die president in sy jongste nuusbrief wat Maandag uitgereik is.

“Verlede week het ʼn aantal maatskappye planne bekendgemaak om personeel af te lê weens die erge finansiële verliese wat hulle die afgelope maande gely het. Sommige ondernemings het ook besluit om hul deure permanent te sluit,” skryf Ramaphosa. Dié ondernemings sluit in maatskappye in die lugvaart-, die bou- en die gasvryheidsektor.

Ramaphosa sê Suid-Afrika as ʼn land was deeglik bewus van die nagevolge van die sluit van ekonomiese aktiwiteite, maar dat dit noodsaaklik was ten einde menselewens te red . Die president wys egter daarop dat Suid-Afrika nie die enigste land is wat nou ekonomies in die knyp is nie. “In Italië, Brittanje, Duitsland, Indië, Amerika en China het mense hul werk verloor. Daar word selfs gepraat van ʼn ‘werksverlies-tsunami’,” skryf Ramaphosa. Hy sê in April het die internasionale arbeidsorganisasie voorspel dat 305 miljoen werksverliese wêreldwyd sou plaasvind weens die instel van afsonderingsregulasies om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

 (Foto: Henk Kruger/ANA)

“Vir ʼn land soos ons s’n, wat reeds voor die afsondering ʼn werkloosheidskrisis en swak ekonomiese groei ervaar het, lê daar nou ʼn moeilike tyd voor.” Hy skryf dat dit belangrik is om moeilike besluite te neem wat die volhoubaarheid van ondernemings en werkers se gesondheid in ag neem. “Die stappe wat ons gedoen het om plaaslike ondernemings tydens afsondering te beskerm, soos lenings, belastingvoordele en herstrukturering van skuld, gaan steeds voort. Hierdie maatreëls kan egter net so ver strek.”

Tito Mboweni, minister van finansies, sal dié week ʼn hersiene begroting voorlê. “Inkomste het drasties geval en dit is nodig om ons programme te herprioritiseer, openbare besteding te sny en af te skaal op projekte waar moontlik. Terwyl ons alles moontlik moet doen om bestaande werke te behou, moet ons ook nuwe werksgeleenthede skep en hoër  vlakke van beleggings in die ekonomie aanmoedig. Ons moet ook entrepreneurskap aanmoedig. Ons hoop ook binnelandse en buitelande beleggers sal hou by dit waartoe hulle hul verbind het. Suid-Afrika het steeds wonderlike geleenthede en bates om in te belê,” skryf Ramaphosa.

Ramaphosa is optimisties oor ʼn aantal nuwe geleenthede wat hom reeds voorgedoen het, soos Amazon se aankondiging dat hy beplan om tot 3 000 Suid-Afrikaners in verskeie posisies aan te stel. “Die werkskeppingsinisiatiewe wat ons voor die uitbreek van Covid-19 begin het, sal nou op verskerpte vlakke hervat word.”

Ramaphosa het Suid-Afrikaners aangemoedig om skouer aan die wiel te sit en huidige uitdagings as geleenthede te beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Pieter ·

Ek dink nie liewe cyril weet wat die betekenis van “optimisme” is nie. Het iemand vir hom ‘n woordeboek, met baie prentjies?

Althes ·

Indien die regering ernstig is om beleggers te lok, sal hul praatjies oor grondonteiening sonder vergoeding moet staak en duidelike sakebeleide moet doen. Maar dit weet hulle mos tog?
Of gaan hul dat China hul gyselaar neem met al hul lenings aan dié land?

Oomniklaassevriend ·

Cyril doen net wat sy grootbase van die NWO hom voorsê. Een van die planne is om ekonomieë wêreldwyd te laat skade lei om hulle in staat te stel om groter beheer te bekom. Sy groot vriendin met die kopdoek dien dieselfde base. Optimisme? Ja alles verloop volgens plan

Francois ·

Alle skuld vir die haaglikke omstandighede die land in verkeer moet voor die deur van die ANC gele word. Dis soos ons Pressie se dit kom al voor Covic se tyd. Nou het hulle net iets anders die skuld gegee maar tog moes hulle iewers hierin ook die skuld op rassisme pak. Haal die balk eers uit jou eie oog geagte pressie en ANC comrades

JohanR ·

Jy moet die enigste een wees my maat. As jy drie van jou bulle verkoop, dan kan die land lekker lewe vir 12 maande EN jy kan SAL red! Jy kan vir Moe, Larry en Curly verkoop. Dis ‘n wit grap. Jy sal hom nie vang nie.

Willem ·

Raak ontslae van unies wat die regering vertel wat om te doen. Raak ontslae van optogte stakings en afbrande dan kan ons ekonomies groei

Piet parys ·

Wel as jy aangejaag het cyril dan moet jy pa staan . En julle het . So al die besighede wat gevou het is agv van lockdown wat julle Anc ingestel het . Julle het gesê die lockdown is ingestel om die kurwe platter te maak en hospitale gereed te kry want julle die Anc regering is nie voorbereid gewees nie . Maar nou sien ons die kurwe het nie afgeplat nie maar verhoog maw dit bewys dat al wat julle reg gekry het is om die ekonomie verder in duie laat stort . DIS N AFRIKA PROBLEEM NÊ cyril . Als wat opgebou is moet afgebreek word

daniel ·

Ek dink sulke uitlatings behoort tuis by mense met grondige en spesialis kennis van die ekonomie.

Adam Adriaan ·

Dit is normaal vir sy weeklikse mondelinge maagwerkings!!! Hy YL, Klap van die windmeul weg

Kokerboom ·

Mnr Ramaphosa..optimisme in ons land is ‘n funksie van ‘n drastiese gesindheidsverandering en ‘n gees van toewyding as voorbeeld gestel deur u regering.Ek is bevrees die wil ontbreek by die ANC

Blikke ·

En nou is ek verskriklik bly en optimisties….Ramapologise gaan donasie gee sodat ek weer die deur van my besigheid kan oopmaak….wat hy/hulle names my toegemaak het.

Fedup ·

You cyril, your handlers and your chinese friends made a success of taking jobs, destroying this whole country from the tiniest stone to the biggest mountain. You destroyed the economy, families and everyone’s hopes and dreams.
Let me tell you why. You are a raccist and the only thing you are absolutely magnificent with, is DESTRUCTION.
You only have yourself and your entourage to blame.

Persheks Adri ·

100% reg op die kop! Hulle sal ons blankes weer blameer vir als en nie die pak slae vat wat hul verdien nie. Maak mens siek verby met hul stories en hul rasse kaarte is mos handig te pas…

Herman ·

Ja hou die drinkers gelukkig en die rokers se gedagtes weg van regering se doen en late, dan plunder hulle al die covid -19 fondse want niemand gaan aan dit dink nie. My teorie, die rooi rampokkers, regering en Fita hulle is almal saam in die ding en hulle skep almal saam. Dit is hoekom die klug van n hof so lank vat om n uitspraak te maak oor sigarette ook. Dit is nou nie “rocket science” om n uitspraak te maak nie. En ndzol he gese die ekonomiese inpak is min omdat mense sigarette op die swart mark koop so sy keur dit goed. Dit is hoekom CR optimisties is.

Heinrich ·

Nee wat Cyril, ek dink jy het van Dlamini-Zuma se onwettige sigarette gerook. Indien jy optimisties is oor die ekonomie en die SEB wat jou daar gaan kry dan is jy optimisties op pad na Zimbabwe toe. Jy tree op as leier van die ANC, nie as leier van die land nie; jou eed was ‘n klug.

SomeOne ·

hy moet net eerlik wees, as hy weet wat dit bteken, dan sal alles beter gaan, en nie ????(gamble) met mense se lewens nie

Nie Verbaas ·

Ramaphosa, jy leef duidelik in die ANC se gekke wereld. Niemand met meer as een breinsel sal jou glo nie. Die ekonomie herstel? Met regering se wanbestuur en plundering wat onverpoos voortduur? Met vakbonde wat regering voorskryf? Moenie ons laat lag nie asseblief.

Alida ·

Al die skuld kan nie op CR gepak word nie. JZ en kie het die koffers leeggemaak en dit weet ons almal. Hy alleen kan nie die geld oppas nie maar hy kan die skuldiges die trekpas gee. NDZ gooi R56m per dag, let wel per dag weg net aan sigarette inkomste en hy laat dit toe. Kyk nou die miljarde wat weg is van die WVF!!!! Jaag daai mense weg en stel n nuwe kabinet aan. CR probeer sy bes en dwing ten spyte van die chaos steeds respek af. Sy persoonlike besittings het NIKS met die ANC of ons te doen nie. Enigiemand kan besit wat hy wil. Ek het nog nie gehoor dat CR betrek word by korrupsie nie. Hy probeer sy bes.

Ben ·

Waar kom jy vandaan. Ewe skielik is hy ñ biljoener. Haha. Waarvandaan het sy rykdom gekom. Hy is net so skelm soos sy voorganger.(jz) Hy was sy visie presidend. Hy skep al 15 jaar plus.

Mariana ·

Nee wat optimisme is net ‘n woord. Vir die laaste 25jaar val die ekonomie met ‘n spoed en Covid het net gekom op die regte tyd want hulle verskonings het nou opgedroog. En ja Suid-Afrikaners raak keelvol om te betaal vir die regering se korrupsie en geld mors. Belastingbetalers sukkel om kop bo water te hou, hulle is voos betaal aan als terwyl ministers geld rondgooi asof dit hulle eie spesiale bank is. As ek ‘n belegger was sou ek nie naby hierdie land gekom het nie.

Alleen Wolf ·

Ja Mnr Ramaphosa, ons was almal deeglik bewus van hoe julle die verwoesting van die ekonomie sou voortsit, nou net onder Covid 19 vaandel, jy en die ANC is die enigstes wat positief is oor die vinnige herstel van die ekonomie, met julle leiding gaan dit LAAAAAANK neem indien ooit.
Ek wonder wie is dapper genoeg om nou in S.A. te bele behalwe die Chinese, hulle bele nie, hulle koop deel van S.A.

Genis ·

Whatever ou Paddapot.. jy werk mos vir Zumpie se vrou…HAHA

Jacobus ·

Cyril, jy en jou kaders ken nie die uitdrukking skouer aan die wiel nie (wel vingers in de geldlaai)
Voordat jy nie misdadige element in jou midde uitroei nie, en ophou om ons wittes vir alles te blameer nie, gaan niemand jou ernstig opneem nie. Nie eers “our people” nie.

Alida ·

Julle wat so klippe gooi na Mnr Ramaphosa stel asb iemand beter voor!!!

Frans ·

My oe het oopgegaan in my busnes ek kyk nou na my mense sy mooi praat vang my nie weer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.