Ramaphosa: Padgebruikers moet houding verander

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die bekendstelling van nasionale vervoermaand. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika se paaie gaan nie enigsins veiliger word tensy mense hul houding as padgebruikers verander nie.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê tydens die bekendstelling van Vervoermaand by die N3-weegbrug naby Heidelberg in Gauteng. Ramaphosa het gesê veiliger paaie begin nie by meer polisielede nie.

“Veiliger paaie begin by hoe ons dink en voel en hoe ons reise as voetgangers, bestuurders, passasiers en fietsryers begin. Ons paaie gaan nie veiliger word tensy ons ons houding as padgebruikers verander nie,” het Ramaphosa gesê.

Die president het in sy toespraak gesê veiliger paaie begin deur veilige en gemaklike vervoer vir werkers te verskaf, pleks daarvan om groot getalle mense in oop voertuie te laai, terwyl menselewens en wetgewing verontagsaam word.

Hy het gesê veiliger paaie begin deur te verseker voertuie is padwaardig en te besef dat die pad aan niemand behoort nie, maar infrastruktuur is wat burgers deel, en dat daar wedersydse respek tussen wetstoepassers en padgebruikers moet wees.

“Ons het almal die reg om veilig te wees. Dit hang dus van elkeen af om daardie veiligheid deur sy of haar eie optrede te verseker. Ons moenie drink en bestuur nie. Nooit nie. Paaie word beveilig deur ons individuele sin vir verantwoordelikheid dat almal veilig by hul bestemmings gaan aankom, sonder beserings en sonder oortredings, boetes of vonnisse teen ons. Let wel, heeltyd,” het Ramaphosa gesê.

Die president het gesê dit moenie nodig wees vir gesinne om kruise te plant en kranse langs die pad neer te lê nie. Dit is kommerwekkend dat Suid-Afrika jaarliks steeds sowat 14 000 padsterftes het. Benewens die groot verlies aan menselewens, is daar ook ʼn beduidende finansiële koste verbonde aan ongelukke: dit kos die land jaarliks ʼn geraamde R147 miljard.

“Ons moet die ongelukkige situasie verander om die onthalwe van die welstand van ons mense en die produktiwiteit van ons land. Suid-Afrika het hom verbind tot die Verenigde Nasies se Dekade van Optrede vir Padveiligheid, wat padsterftes en ongelukke wil verminder,” het hy gesê.

As deel van dié verbintenis, het die regering verskeie maatreëls ingestel wat ʼn beduidende verandering moet teweegbring in die manier waarop padveiligheidskwessies aangepak word.

Die bekendstelling van nasionale vervoermaand. (Foto: GCIS)

Die Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) is een van die ingrypings om ʼn meer doeltreffende skakel tussen wetstoepassing en ʼn regverdige en deursigtige te verseker, het Ramaphosa gesê.

Aarto bevorder verantwoordelike gedrag op paaie deur die skep van ʼn puntestelsel vir bestuurders.

Hiermee volg Suid-Afrika die voorbeeld van ʼn groeiende aantal lande wêreldwyd waar die gevolge van verkeersoortredings in mense se sakke, hul inkomste en lewe gevoel word.

Ramaphosa het ook sy kommer uitgespreek oor die aanhoudende beskadiging van verskeie openbare bates op verskeie plekke in die land en pendelaars se blootstelling wanneer hulle van openbare vervoer gebruik maak.

“Tydens Vervoermaand in Oktober nooi ons Suid-Afrikaners weer om openbare vervoer te gebruik, voertuie te deel en fiets te ry en te stap wanneer moontlik – nie net om verkeersopeenhopings en koolstofuitlaatgasse te verminder nie, maar ook om met mekaar kennis te maak as burgers wat ʼn wonderlike land deel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Werner ·

As Ramaphosa en die blou ligte van die pad af bly, is dit reeds veiliger

Carel ·

Nee nie taxis.
Hoor nou wat se die manne wat met die swart motors en blou ligte ry? Hy is dan deel van die padvarke? Hulle is mos nie bo die wet nie of hoe?

Chris Ws ·

Blah -blah-blah en daar gaan die rand weer waarde verloor.Hy het nie ‘n benul waarvan hy praat nie.Sy minister van vervoer nog minder.
Ek wil SIEN hoe gaan AARTO ‘n onbevoegde en ‘n padwet oortredende bestuurder reg maak.

Jan Alleman ·

Mooi. Gedoen. Hy en sy ministers kan gerus ‘n voorbeeld stel en ophou jaag op die snelweë. Nog beter. Ry bietjie publieke vervoer vir die duur van jou ampstermyn.

Nou kan hy maar al die staat kapers bietjie tronk toe stuur. Kom ons kyk of hy iets daaraan kan doen.

Sanna ·

Die hele parlement op minibus taxis? Bwahaha! Beste idee nog op ‘n Sondagoggend. Hulle sal tien teen een vroeer opdaag vir werk, want waar het mens al ‘n taxi in die verkeer sien vassit? Daardie geel strepe en sypaadjies is mos taxipad.

schaun ·

Die probleem is jy kan n miljoen wetstoepassers aanstel as hulle nie hulle werk met integriteit doen nie gaan niks verander nie dieselfde met die polisie.

Gert van Wierdapark ·

Stem saam oor die TAXI’s!! GEEN verwysing na die DOODSKISTE op WIELE nie!!! So slaap die politici voort!

Willehond ·

Stel behoorlike beamptes aan wat kan werk! Nie pap vreters nie. Dan sal jy sien!

Johan Pretorius ·

Die probleem het begin met die nuwe Suid Afrikaners wat padreels net eenvoudig ignoreer en daarna het n groot gedeelte van die wit bevolking net so sleg geword om padreels eenvoudig te ignoreer.

LL ·

CR is natuurlik reg hier maar …… Wat van sy eie bloulig konvooi wat gewone pad gebruikers so van die pad af jaag ? Stel ten minste n voorbeeld !

Hendrik ·

Ja, padgebruikers moet hulle optrede verander maar wette moet toegepas word. Mense gaan by ander verkeer verby teen ‘n sperstreep, hulle stop nie meer by stopstrate nie en gee gladnie om vir rooi verkeersligte nie, hou net aan ry nadat die lig rooi gedraai het. Hierdie is maar net ‘n paar goed. Die enigste tyd dat my gesin die laaste paar jaar ‘n verkeers beampte gesien het was toe hulle wou omkoopgeld hê. Dit help nie om verkeers polisie meer te maak nie of om hulle meer te betaal nie, kry hulle om hulle werk te doen

Afri Stats ·

It is a well-known fact and the statistics are freely available on the Net: Africa has by far the highest accident rate and road fatality numbers in the world. SA is no different. Why would it change?

Sê net ·

“Our people” moet van laerskool dae af opgevoed word. Het vandag teruggekom vanaf Noordwes. Ek het by 50 opgehou tel. Voertuie wat onveilg verbysteek. Dis teen blinde hoogtes, oor sperstrepe, reguit paaie met verkeer van voor af, steek vragmotors so twee op ‘n slag verby ens. ens. As hulle besluit om verby te gaan moet die verkeer van voor af net eenvoudig oor beweeg. So baie kop aan kop botsings op MM is gladnie ‘n verassing nie. Wat wel verras is dat daar nie honderde meer is nie.

Gogga ·

Presies, tot op n haar korrek saamgevat! Hierdie en hierdie alleen, plus drank plus valse brawade van”ek is in beheer “, maar” ek” ken of wil nie die padreëls ken nie, want heel moontlik is my lisensie gekoop en het ek geen, maar geen idee van padreëls nie en heel waardkynlik kan “ek” ook nie afstand skat nie. Dink dalk sper strepe, veral dubbeles sê “laat waai”!!

Waarheid ·

Our people volg die voorbeeld wat die bloulig brigade geskep het.
Onthou jy dit ramapaddapaaie?

Regs! ·

Ag sjarrap squiriel rama-lameduck! Verander eerder jou houding teenoor blankes!

marius ·

#Schaun, hoekom alewig net die wetstoepassers/verkeersbeamptes die skuld gee. Duidelik het julle as publiek/motoriste geen benul wat werklik die probleem is nie. 1) Julle wat omkoopgeld gee en dan kla oor die korrupte verkeersbeamptes. Dit is julle wat na die krimineel se vlak daal. 2) Hoekom moet die opregte verkeersbeampte dan probeer om jou lewe te beskerm? 3) Howe trek summier sake terug, hier praat ek van ernstige oortredings, en glo my, ek kan vir jou bewyse lewer. Hoekom my tyd mors om ‘n krimineel te stop en aan te kla? 4) Dronkbestuur sake neem vyf jaar en langer om afgehandel te word, indien dit afgehandel word. 5) Infrastruktuur is so in sy m%$#in dat daar nie opgetree kan word nie. Langer as vier jaar gelede begin om ‘n vermiste stopteken/padmerke by ‘n laerskool te rapporteer, steeds geen stopteken 6) Voertuie wat die verkeersbeamptes moet gebruik is 10 jaar en ouer, maar die krimineel moet gejaag en tot die boek gebring word. Waar het jy gesien ‘n verkeersdepartement het nie eers spoedtoerusting nie? 7) AARTO se puntestelsel sal nooit werk nie, jy as die korrupte motoris sal die korrupte krimineel in uniform net beter omkoopgeld aanbied. 8) Politiek in die munisipaliteite, onbevoegde senior personeellede, korrupsie, ensovoorts, is uitverband uit. 9) So kan ek aangaan, maar Maroela Media gee my net 250 woorde. Cyril en minister van vervoer moet eers aarde toe kom om die probleem van padsterftes te kan aanspreek.

schaun ·

Ek stem nou kry ons ten minste twee kante van die verhaal.

Gemaskerde Sopbeen ·

HUH? Marius? “Howe trek sake terug!!”? Ek verstaan nie. Padboetes wat tans uitgereik word HET nie ‘n hof verskyning opsie nie? Jy het net twee keuses….betaal die boete, of betaal die bribe…….ongeag of jy “skuldig” is of nie?

a Kellerman ·

No 10:Blou ligte.Hulle is verhewe bo die wette en roekeloos.

SjN ·

Hef alle bloulig brigades op, nie bevoeg om dit te kan beheer nie.

wilma ·

Veiligheid word by ouerhuis ingeprent. Versigtigheid is die moeder van alle wysheid is ons geleer deur ons moeder. Te veel korrupsie ook by uitreik van vals lisensies. gierigheid by toetssentrums. Mense wie geld hul god maak

BlinkStephaans ·

My liewe oom cyril… net soos alles anders in die land is daar niks wat jy aan hierdie gedoente sal kan doen nie… die sterftes sal aanhou… sonder enige beduidende afname…. aarto of aardvark… dit maak nie eintlik saak nie. Jou “our piepol” steur hulle aan geen landswette… hulle ag hulself verhewe en onaantasbaar. Jy het die vermoeë om dit te stop… maar dit gaan jou hoogs ongewild maak en jou party stemme kos. So sorry,…wat jy sê en beplan sal maar soos altyd weer net by praat bly.

Michael P ·

ek het n video van n taxi ongeluk ek wens ek kan dit op M M plaas of dit vir C R wys. Hy sal gou n ander deuntjie sing.

Andre ·

Cyril sê: “Groot getalle mense op oop voertuie laai”. Dis nou weer ‘n skimp op die boere. Probeer ALTYD politieke punte aanteken, pleks daarvan om die land ordentlik te regeer!

Sê net ·

Vrydag in Noordwes gesien; daar was soveel mense agterop ‘n bakkie dat hulle nie kon sit nie. Hulle het aan mekaar vasgehou en die voorstes het aan die “bullbar” vasgehou. Nee, dit was nie ‘n Boer se bakkie nie. Ek kon nie tel nie maar ek reken omtrent 20 siele.

C op C ·

Te veel dinge is nie in plek nie: korrupte amptenare, onwettige bestuurderslisensies, onverantwooedelike bestuurders, geen respek vir medemens, ongeduld op die pad en so kan ek aangaan.
Ek betwyfel die bestuursvaardighede van mense wat uitpasseer met die klein lorrietjies/vragmotortjies wat op en af kruie in die dorp teen 10 km per uur . Hoe kan hulle vaardighede teen daardie spoed getoets word? Almal gee pad as hulle aankom-dan word die bestuursvernuf kwalik getoets. Hy/sy kan wegtrek en stop-dit gee ek toe! Bestuur en kophou in verkeer? Ek is nie so seker.

Swannie ·

Verbied alle trapfietse op deurpaaie. Fietse en donkiekarre se tyd is lankal verby.

Pieter ·

Rama,
Begin by die taxidrywers en elke ander padvark wat nie by stopstrate stop en oor rooi ligte jaag en gooi hulle summier in die tronk. Dit geld vir swart en wit wat soos maniakke op die paaie ry. Vergeet van die spoedlokvalle want dit is die plekke waar jy gestop word sodat julle verkeersbeamptes hul eie beursies vul met sho-sho (?). Die ouens wat in die verkeerde baan ry reg teen aankomende verkeer moet sommer net daar tjoekie toe gestuur word, geen hofgeding nodig want elkeen kon sien hy was besig met verskeie pogings tot moord.
Voor julle nie hierdie “bestuurders” se skreiende verontagsaming van padreels op ‘n einde bring nie gaan net nog baie meer mense op die paaie sterf.

JohanL ·

Op die een moet ek saamstem met Mnr Ramaphosa – nie dat dit ‘n breinchirurg verg om dit te weet nie. Ek het dit ook al in die verlede op hierdie einste forum geskryf.

Die probleem is egter HOE gaan jy prakties mense se gedrag verander Mnr Ramaphosa? HOE gaan jy taxibestuurders se gedrag verander? HOE gaan jy “jou mense” se gedrag verander wat by jou en jou kaders geleer het om te staak en te brand? Want DIT Mnr R is die probleem. Net vanoggend het ek by 4 agtereenvolgende rooi verkeersligte gesien hoe ‘n taxi wat “saam met my” ry, elke keer oor die rooi lig ry (want dit is kwansuis skoon en veilig) net om by die volgende rooi verkeerslig te stop en dan dieselfde prosedure te herhaal. Na die 4de verkeerslig word hy weer gekeer deur ‘n rooi verkeerslig, maar die keer was hy 2de in die ry en kon nie doen wat hy wou doen nie. Sulke optrede wys mos op ‘n gebrek aan respek vir reels.

Ek wag graag om te hoor HOE ons Prez die sakie wil aanspreek?

Ema ·

Meneer die president: ANC moet eers begin om binne die raamwerk van die wet te regeer. Ek hoor te gereeld dat ons wette net op blankes van toepassing is. Begin met die bloulig cowboys, die taxis wat nie padreels ken of wil toepas nie, Dan en Dan alleen kan Ons hierdie land red van al die padsterftes en ongelukke

Ema ·

Meneer die president: die regering moet eers begin om binne die raamwerk van die wet te regeer. Ek hoor te gereeld dat ons wette net op blankes van toepassing is. Begin met die bloulig cowboys, die taxis wat nie padreels ken of wil toepas nie, Dan en Dan alleen kan Ons hierdie land red van al die padsterftes en ongelukke

Trojaanse Donkie ·

Ek hoor ‘n jakkals huil in die aanskyn! Wat van nar v/d jaar 2019 toekenning?

Trojaanse Donkie ·

Ek hoor ‘n jakkals huil in die maanskyn! Wat van nar v/d jaar 2019 toekenning?

Potloof ·

Begin by jouself. Jou houding teenoor wat reg en verkeerd is moet verander

Leon ·

Taxis, busse en vragmotors is seker vrygetstel van AARTO. Dus gaan die dood en die arogante padgebruikers bly en die verkeersbeamtes kyk nie eers na taxis busse en vragmotors nie. Die verkeersowerheid moet sy houding verander en die oorsaak van die dood verwyder, nl. taxis , busse en vragmotors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.