Ramaphosa plaas Noordwes onder administrasie

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto; David Ritchie/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het die provinsiale regering in Noordwes onder administrasie geplaas.

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het dié nuus bevestig.

Modise het aan African News Agency bevestig dat sy ʼn brief van Ramaphosa ontvang het wat sê die kabinet plaas die provinsie kragtens artikel 100 (1) van die Grondwet onder administrasie om die verskeie probleme binne die provinsie aan te spreek.

Die nasionale uitvoerende gesag kan ingevolge die Grondwet administrasie oorneem indien ʼn provinsie nie sy uitvoerende verpligtinge ingevolge die Grondwet of wetgewing nagekom het of nakom nie, om sodoende te verseker dat daardie verpligtinge wel vervul word.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, sê ʼn parlementêre komitee sal nou met ’n proses begin om die gebeure wat hierdie kabinetsbesluit tot gevolg gehad het, te beoordeel.

Noordwes sal volgens hom vir die volgende 180 dae onder nasionale beheer wees. “Die Nasionale Raad van Provinsies moet, soos die Grondwet bepaal, nou onafhanklik sy eie assessering doen en dan binne die volgende 180 dae ʼn gevolgtrekking maak.”

Dit is glo die eerste keer dat die regering totale beheer oor ʼn provinsiale regering neem. Dié aankondiging is glo drastiese stappe teen Noordwes-premier Supra Mahumapelo, wat steeds nie sy amp verlaat het nie ondanks honderde versoeke dat sy kop rol.

Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Noordwes het Woensdag gesê hy het besluit dat Mahumapelo in sy amp sal aanbly. Die komitee sou daarna in gesprek tree met die ANC se nasionale komitee om dié besluit te bespreek.

Die besluit om die provinsie onder administrasie te plaas is waarskynlik om dié besluit om te keer aangesien Mahumapelo se premierskap in die laaste paar weke tot erge geweld in die provinsie gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

wraggies ·

ANC kan nie eers hulleself administreer nie, Modise kon nie eers haar eie diere en plaasbestuurder “bestuur” nie, rerig julle is ‘n grap.

Cherokee ·

Een van die interessanter bewegings in hierdie land wat buitendien ook onder administrasie behoort te wees.

AJ ·

Witmense behoort aansoek te doen om onder die administrasie van die Verenigde Nasies geplaas te word … om hulle te beskerm teen die wanadministrasie, onderdukking en teistering deur die ANC regering.

Nika ·

VN het n blinde oog gewys toe wit mense in Zimbabwe uitgemoor was hoekom sal hulle nou ingryp?

Joshua ·

Die hele patetiese onbevoegde regering moet onder admministrasie geplaas word om hulself en die land te red maar julle kan nie want julle het nie vermoens of wil nie.

jaco ·

Wanneer die DA in die Wes-Kaap iets doen of sê wat net 1 millimeter van die ANC se manier van dink en doen verskil, beskuldig dor die ANC dadelik die DA van rassisme en dreig dan om die Wes-Kaap onder administrasie te plaas. So dis voorwaar vreemd en ironies dat die eerste provinsie in SA wat toe wel onder administrasie geplaas is, toe nou juis ‘n ANC-beheerde provinsie is.

Oom Kalahari ·

Wat beteken dit onder administrasie plaas? Word goue handdrukke dan uitgevoer en die swak hoofde net weer na ander regerings afdelings geskuif. Die hele Afrika tuimel onder wanbestuur en geen ordentlike wette nie solank die vetkatte net gevoer word. “Smell the coffee” met die padda kokery.

Barnie Glover ·

Ek dink dit was n goeie besluit om die Provinsie onder administrasie te plaas.

SjN ·

Die hele bestuur in Noordwes is onbevoeg en korrup. Stel asb kundiges aan wat die job kan en wil doen.

Elizabeth ·

Inderdaad die regte besluit, maar ek hoop dat Supra nie langer salaris sal ontvang nie, anders is hierdie net nog ‘n las op die belastingbetaler. Dank Supra af – daar is oorgenoeg redes!!!

marous ·

Waarom plaas hy nie diegene wat verantwoordelik is vir die gemors in die selle nie? Want hy wil nie ….

Casper Labuschagne ·

Die sage in die Noordwes hou ernstige probleme in vir enige provinsie wat nie deur die ANC beheer word nie, en wat in die toekoms met die sentrale regering mag bots.

Veronderstel die DA beheerde Wes Kaap verskil in die toekoms met ‘n sentrale ANC en waar presies dieselfde maatreëls dan gebruik word om die funksie van die provinsie oor te neem. Kom ons veronderstel dat protes in die Weskaap soos wat huidiglik in Delft of Mitchellsplein voorkom, die rede is wat die sentrale regering ook mag aanvoer vir ingryping, net soos protes in die Noordwes ook ingryping regverdig het.

Die gebeure in die Noordwes druis in teen die grondwetlike onafhanklikheid van provinsies en is ‘n werklike konstitusionele krisis wat deur al die ontleders asook die hoofstroom media geïgnoreer word. Die feit dat ons hoegenaamd provinsies het is die afgewaterde oorblyfsel van die NP se aansprake voor 1994 op ‘n federale bestel waar daar state is wat met onafhanklike magte funksioneer binne ‘n sentrale regering. So het ons provinsies gekry met ‘n beperkte mate van outonomie. Nou blyk dit egter dat die sentrale regering die outonomie van ‘n provinsie kan omseil deur ‘n paar regulasies af te kondig en sodoende word die funksie van ‘n provinsie daar en dan oorgeneem.

Dit voorspel niks goed vir die toekoms nie en beteken dat die sentrale regering op enige tyd die funksie oorneem van ‘n provinsie wat deur ‘n opposisieparty beheer word.

Waarheid ·

Sal wil vra hoe nou 1oog? koning wil regeer? 1vir1, geen goeie teken, wat gaan van daai administrasie oorbly? Let wel Dié provinsie waar
regering die meeste GROND besit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.