Ramaphosa plaas verbod op plaasuitsettings

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het glo ʼn verbod geplaas op wettige en onwettige plaasuitsettings, het City Press Sondag berig.

Ramaphosa het glo dié moratorium aangekondig nadat hy en ʼn afvaardiging van senior ministers Saterdag met verteenwoordigers van landbou en plaaswerkers in Paarl in die Wes-Kaap vergader het. “Ons doen ‘n beroep op alle boere wat planne het vir uitsettings, om dit te stop,” het hy glo na die vergadering gesê.

Ramaphosa het gesê dit is ‘n noodmaatreël wat “onmiddellik van krag” is, en van krag sal bly tot volgende jaar wanneer ‘n opvolgvergadering gehou sal word om “konkrete oplossings” vir die probleme in die landbou-sektor te vind.

Die ANC het Saterdag ʼn verklaring uitgereik waarin hy die regering geprys het vir ‘n “inisiatief om probleme in die landbousektor aan te spreek”.

“Ons verwelkom dié inisiatief deur die nasionale regering om die volgehoue probleme van plaasuitsettings en werksomstandighede aan te spreek,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Die ANC is bly dat verteenwoordigers van verskeie landbou-organisasies en vakbonde genooi is en deel gehad het in die gesprekke.”

“Ons neem kennis van en verwelkom die uitkoms van die inisiatief naamlik ʼn moratorium op die uitsetting van plaaswerkers deur boere. Dit sal toelaat dat onderhandelinge tussen die landbou-organisasies en vakbonde van hier af vlot verloop,” het Kodwa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lekker Kyk ·

Van waneer af kan die adjunk president wette maak deur n “decree”? Dis mos waarvoor ons n parlement het. Ek tweivel die is n noodgeval, hulle het baie tyd gehad en het nogsteeds om die die regte manier te doen.

neels ·

Die berig is onduidelik. Het die adjunk president n beroep op boere gedoen on afsettings te staak of het hy hulle deur wetgewing beveel? Indien dit n wetlike bevel is, wat ek glo ongrondwetlik is, het die aksie n baie sterk sosialistiese reuk. Dit is gevaarlike uitsprake van Ramaphosa.

Babs ·

Het Cyril ook ‘n verbod geplaas op plaasmoorde? Voordat dit nie ophou nie moet hy nie vir boere kom se wat hulle op hulle plase mag en nie mag doen nie.

Patat ·

Die probleem in die landbousektor, Ramaposa, is die plaasmoorde. Watse oplossing het jy daarvoor? Jy moet darem in ag neem, Ramaposa, as die plaasboere vermoor word, is dit outomatiese uitsetting van die werkers, of waar dink jy gaan die werk en die geld skielik vandaan kom as daar nie ‘n drywer is nie?

Grassie ·

Ek het aanvanklik gedink dat Ramaphosa meer verstand het as sy drie voorgangers, maar dit lyk vir my hy is ook maar net ‘n waterlose wolk wat voortgedryf word deur die wind.

jakoos ·

Grassie, ek dink jy weerspieel wat so baie mense in die media – en natuurlik in die DA – geglo het en nou besef onder watse wanindruk hulle was. Ek neem jou nie kwalik nie – ek dink jy het ook maar net vir die anti-Zuma media (en die dom DA) se stories geval dat alles tog net sal regkom as daar van Zuma ontsklae geraak kan word. Dinge sal sommer beter gaan as Ramaphosa oorvat, het hulle hoog en luid verkondig.

Ek – en darem nog ‘n paar ander – het hard probeer om te waarsku dat dit wensdenkery is om te dink Ramaphosa kan en sal dinge regruk, dat dit kortsigtig is om te dink dat Ramaphosa die enigste alternatiewe kandidaat vir Zuma is en dat dit uiters gevaarlike denke is om nie te besef dat ‘n baie meer radikale en militante kandidaat vir Zuma kan opvolg AS en INDIEN die ANC bereid is om van hom ontslae te raak. Ons is gevloek en uitgeskel as Zuma-aanhangers, onnosel en onkundig en nie in staat om te sien wat in die land aangaan nie.

En toe kom ou Ramaphosa met die ding oor die plaaswerkers. Stem saam dat dit nie mooi duidelik is of hy ‘n dringende versoek tot die boere gerig het n of hy ewe wintie dreig met stappe om plaasafsettings te verbied nie. Dekrete kan nie hy of Zuma of wie ook al uitvaardig nie, maar hulle kan dalk ‘n wet vinnig deur die Parlement druk.

Maar ek is bevrees hierdie klomp dom boere van AGRISA gaan vir die ding skrik – net soos hulle nou die dag nog ewe verkondig het dat hulle die ANC se planne met grond in die bree steun solank dit net nie te erg toegepas word nie – of so iets!

Ek hoop rerig nie Soliforum, wat soms maar afsydig staan van TLUSA, die enigste boereorganisasie wat besef wat werklik aangaan, sal AGRISA selfs in die geringste mate steun of moed inpraat nie. Nee, vat hulle oor hulle so slapgat is. Dit is pfresies hoe die ANC met kruipers te werk gaan!

Hoe lyk dit met ‘n sterk nuuskommentaar, sommer more al, Herman?

Gryspens ·

Besighede moet toegelaat word om ontslae te raak van onproduktiewe werknermers, dit is tog net logies. Hoeveel uitsettings kon daar tog nou gewees het ? Miskien moet Eskom, SAA, Telkom, en SA Poskantore begin om mense uit te sit, dan sal hierdie regerings monopolieë miskien minder verliese ly !

Albertus van Wyk ·

Dis bloot swak verslaggewing deur SAPA. Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op boere om uitsettings te staak om ‘n atmosfeer te skep waarbinne onderhandelinge kan plaasvind. Dis deel van ‘n proses wat alreeds met De Doorns 2012 begin het. Hy kan nie ‘n moratorium uitroep nie en hy weet dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.