Ramaphosa, Poetin praat weer oor oorlog

Pres. Cyril Ramaphosa en Russiese pres. Wladimir Poetin tydens ‘n beraad in 2019. (Foto: Alexander Zemlianichenko / POOL / AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag ʼn telefoongesprek met die Russiese president, Wladimir Poetin, gehad om die komende vredesending na Rusland en Oekraïne te bespreek.

Ramaphosa en ander Afrika-leiers sal later vandeesmaand na Rusland en Oekraïne reis in die hoop om blywende vrede tussen die twee lande te bewerkstellig.

“Pres. Poetin het die inisiatief van Afrika se staatshoofde verwelkom en gesê hy sal graag die vredesending ontvang,” sê Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder.

“Die twee leiers het ook bespreek hoe hulle te werk sal gaan om maniere te ondersoek om ʼn einde aan die konflik te maak.”

Die oproep tussen die twee staatshoofde kom kort nadat die ses leiers wat deel is van die afvaardiging vergader het. Ramaphosa is deel van die afvaardiging, asook die presidente van die Republiek van die Kongo, Egipte, Senegal, Uganda en Zambië.

Ramaphosa en Poetin het ook die Rusland-Afrika-beraad bespreek wat aan die einde van Julie in St. Petersburg sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Treurwilger ·

Die Afrika-leiers probeer ten minste, en dis meer as wat van baie ander oorlogsugtige lande gesê kan word.
Dié vredespoging sal in geskiedenisboeke aangeteken word, en ook die name van lande wat slegs biljoene dollars se wapentuig gestuur het.

George ·

Ek weet nie of jy ernstig of sarkasties is nie, maar net een van die twee is waar.

Vanessa ·

Nee wat, Ramaphosa gaan seker die verkoop van vuurwapens verder bespreek. Poetin wil gun vrede hê nie, hy is ‘n monster wat aandag geniet uit ander onskuldige mense se dood!!!

KatjieDeKat ·

Mr. Putin wou vroeg in hierdie oorlog al beraad voer met Zelensky, om n oplossing te vind. Zelensky het botweg geweier. Want hy weet hoe langer hierdie situasie aangaan, hoe langer rol die biljoene in. Dit maak my naar dat mense nie kan insien watter opportunistiese, selfsugtige klein parasiet daai mannetjie is nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek twyfel of Zelinkski nog in beheer is. Die Azof brigade beheer nou die agenda. Zeli is net die poster boy.

Blomkool ·

Kan nie S. A. help of S. A se probleme uit sorter nie hoe gaan hy n ander lande sin doen.

sopbeen ·

Dis nie vir ons land wat Cyril met Putin maatjies is nie. Dit is vir die ANC

Euodia ·

Poetin ‘sal graag die vredessending’ ontvang’ nou toe nou! Dis nou goeie nuus. Ai ai.

Raadsman ·

Hoekom was hy nie in ‘n telefoon gesprek met Zelenski nie!
Want hy is Putin se pion.
As daar nou iemand is waarvoor Putin lag, dan is dit Afrika leiers.

Henk ·

Mense wat so teen Putin uitvaar moet asb hul bronne ondersoek. As jou bron die Hoofstroom Media is, is ek bevrees jy is heel oningelig.
Die Rusland onder Putin is ver verwyder van Yeltzin se kommunistiese Rusland.

Raadsman ·

Gaan luister bietjie na die suid afkrikaners wat die gebied besoek het dat jou oe oop gaan. Dis nie hoofstroom media nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit gaan nie net oor die fisiese oorlog nie. Die redes en aanloop is ook belangrik. En dís wat hoofstroom media ignoreer. Sodra die skote klap skop die realiteit in. Soldate is nie diplomate nie, hulle word opgelei om teen die vyand te veg. Die meeste jong mans het nie ‘n idee waaroor dinge gaan. Hulle wil net oorleef.

Eugene ·

Weereens gaan hul net inspeksie hou hoe die bouwerk vorder op hul nuwe blyplek as die paw-paw die fan slaan hier in eie bodem.

Eugene ·

Twee kommuniste, ramp-phosa kan nie eers Sy eie land se probleme oplos nie

Papsak ·

Wat soek hy by rusland hy te sleg om na sy eie land en mense te kyk maar hy is gepla oor Putin hulle hier kan hy niks doen nie wat dink hy gaan hy daar kan doen o vergeet ek hy like fotosessies hy wil net wys hy is nog hier

anko ·

Rams het sy touch verloor omdat hy swak werksmense het wat nie hul werk behoorlik kan doen nie. Hou van fotos om te wys hy is nog teenwoordig

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Rusland se ernstige inbreukmaking op die menswaardighede en lewens van die Oekraïene gaan die verhouding tussen die Russe en die Oekraïene vir etlike dekades van geslag tot geslag met haat- en vergeldingsgevoelens oorgedra word. Geen liefde tussen daardie twee bevolkings vir etlike geslagte. Tragies. Hoe werk die Russiese leiers se koppe? En dan omhels die ANC-leierskap hul Russiese Marxistiese geesgenote! Skande en skaamteloosheid en gewetenloosheid!

Republikein in die Wes Kaap ·

En dis presies wat Amerika en Navo wou hê. Weer ‘n USSR en Koue Oorlog. Die VSA wapen industrie is dolgelukkig. Spioene het weer werk en almal word gewaarsku teen die Rooi Gevaar. Job well done, guys! Maar wag, dalk is die Kremlin en Washington kop in een mus om die verlede te herleef soos ‘n klassieke rolprent, alles in swart en wit.

Marcello ·

Wat ‘n grap, Ramaphosa kan nie eers vrede tussen sy eie landsburgers beding nie, nou wil hy aan ander lande voorskryf !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

skurweberg ·

Pasop vir ‘n tydelike Russiese skietstilstand om die ANC se beeld vir 2024 se verkiesing te poets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.