Ramaphosa praat bietjie oor misdaad en grond

Pres. Cyril Ramaphosa Woensdag aan die woord. (Foto: Jairus MMmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het vanmiddag groter duidelikheid oor die pad vorentoe met grondhervorming verskaf, maar terselfdertyd was die besonderhede beperk.

Hy het in ’n saai repliek op die debat oor die staatsrede ook verwys na die land se misdaadprobleem, maar sy verwysings beperk tot gebiede wat onder bendegeweld ly, eerder as om hom oor byvoorbeeld plaasmoorde uit te laat.

Oor grond het hy gesê herverdeling is noodsaaklik. Hierin sal die bevindings van die presidensiële paneel oor landbou en grondhervorming ’n baie groot rol speel.

Volgens die president sal onteiening sonder vergoeding van krag word, en sal die onteieningswetsontwerp wat tans voor die parlement dien, sterk aanduidings daaroor gee. Onteiening sonder vergoeding is ’n belangrike grondverkrygingsmeganisme vir die staat, maar dit sal binne ’n streng‑gedefinieerde raamwerk plaasvind, en sal slegs een van baie maniere vir die staat wees om grond te verkry.

Individuele regte, groepregte en familieregte sal in ag geneem word. Die doelwit sal onder meer wees om kollektiewe eienaarskap te versterk en staatsgrond sal eerste herverdeel word, aldus Ramaphosa.

Oor misdaad het hy veral gekonsentreer op bendegeweld in Manenberg op die Kaapse Vlakte, asook in die noordelike gebiede van Port Elizabeth. Hy het daaroor gesê die hulp van die gemeenskap is nodig om misdadigers aan te keer, veral omdat die misdadigers so dikwels aan die slagoffers bekend is.

Ramaphosa het toegegee dat die vernaamste kritiek op sy staatsrede is dat mense wil weet hoe, waar en wanneer dinge gaan gebeur, asook wat dit gaan kos. Hieroor het Ramaphosa opgemerk dat hy dit nie as kritiek sien nie, maar as mense wat betrokke wil raak, en bygevoeg as ons die dag ophou droom, dan sterf ons.

Debat is volgens die president nodig vir die vind van ’n inklusiewe oplossing vir die land se gedeelde uitdagings vir ’n gedeelde toekoms.

Pres. Cyril Ramaphosa Woensdag aan die woord. (Foto: Jairus MMmutle/GCIS)

Hy het met mev. Patricia de Lille, Good-leier en minister van openbare werke en infrastruktuur, saamgestem dat die staatsrede bloot die beleidsraamwerk verskaf en dat ministers in hul begrotingsposte die besonderhede vir implementering sal verskaf.

Die president het uitgewys dat baie tyd en moeite nodig sal wees om die land se probleme op te los, en dat daar geen towerstaf is om dit dadelik mee te doen nie.

’n Verdere beleggingskonferensie is op pad, met sterk klem op die behoud van plaaslike beleggers, asook ’n meestersplan vir die ekonomie. Baie klem gaan op die uitbou van kleinsake-ondernemings geplaas word vir werkskepping, asook op telekommunikasie, landbou, toerisme en mynbou, sowel as meer vakmanskappe.

Volgens Ramaphosa het sy administrasie disfunksionele staatsbestuurde ondernemings geërf maar is dit moontlik om dit reg te ruk.

Vakbonde en gemeenskappe sal in die toekoms op groter skaal by infrastruktuurbeplanning betrek word, het die president onderneem.

Hy het verwys na suksesse van ’n fabriek in Nigel wat treine bou en eersdaags na die res van die kontinent gaan begin uitvoer.

Laastens het Ramaphosa die volgende aangekondig:

* ’n Aksieplan om Suid-Afrika se visumbeleid op te gradeer;

* ’n Beleid om die koste van data te verminder;

* Jeugwerkskeppingsplanne;

* ’n Plan om rompslomp met spesifiek die registrasie van maatskappye uit te skakel;

* ’n Aksieplan teen afpersing in die konstruksiebedryf;

* ’n Beleid oor township-entrepreneurs;

* ’n Toekomsplan vir Eskom;

* ’n Nuwe industriële strategie; en

* ’n Nuwe makro-ekonomiese strategie.

In reaksie het die VF Plus die president se stilte oor plaasmoorde betreur en gesê boere is nou op hul eie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Johan ·

Onse president weier nog steeds om die bestaan van plaasmoorde te erken. Dis ‘n skande!

Nar ·

Dit is duidelik dat daarnie veel gaan gebeurnie .Die anc weier om hul beleid wat die land vernietig het tot waar ons tans is ,te verander.Daarword daagliks deur kundige mense aan hulle oplossings voorgestel wat net geignoreer te word.Die anc droom rustig voort!!

pieter ·

gaan kyk bietjie dubai se video al het jy alles as jy nie kan leidung vat nie is jy dom en sal geen land floreer nie

wyn ·

En so luister oom CR vir EFF. Steur hom nie aan enige iets wat VF+ of enige iemand anders dinsdag gesê het nie!

Andreas ·

En die EFF stel net daarin om van Cyril te hoor of grond nog sonder vergoeding onteien gaan word.

Gert van Wierdapark ·

Pres CR is darem ‘n grapjas. Hy reken mos sy administrasie het disfunksionele staatsbeheerde ondernemings geerf!? He-he-he sou JZ reageer het. CR was deel van die regering wat die “erfstukke” uitmekaar help timmer het!!! Interessante kombinasie van ‘ n Dromer en grap maker!

Netso ·

Al we hear is “bla bla bla” en al wat ons bly sê is JA JA JA…..! Maar daar is geen plan CR?

Heinrich ·

Stem saam Netso, dis maar net nog praat praat praat terwyl die praktyk in duie stort.

Andre ·

Moenie te kwaad raak vir CR wat skielik begin droom nie. Die liberale blankes droom al sedert ’92 van ‘n utopia.

Sarie ·

Lank voor 1992 het die sulks van die Black Sash,Helen Suzman, Nadine Gordimer ,Abraham Fischer ens. daaroor gedroom. Toe breek Mandeltopia aan In 1994 en die meeste van hulle se kinders sit oorsee want die realiteit is te erg om te verteer.

GP ·

Gee die indruk hy wil nie he dit moet stop nie. Wat gaan ons doen?

Gert van Wierdapark ·

Ek is die blyste oor die “Toekoms Plan” vir Eskom!! Onthou julle nog die fliek the “Never Ending Story”……wel hier is ons eie weergawe, wat net BAIE MEER kos om te “maak-werk”, kom wat wil/come what may!!!

humor ·

Ons president “wat vir almal is”, is maar tog te deeglik daarvan bewus dat die boerderysektor met landbou – unies en al bitter graag wil he dat hy hom teen plaasmoorde moet uitspreek, maar met doelbewuste volharding weier hy om toe te gee. Hoe op aarde verwag hy dat hierdie sektor hom enigsins kan vertrou.

Neelsie ·

Een ding is seker. Ons “president” lees nie koerante of kyk nuus op televisie nie. Kyk maar sy aanstellings en kommentare. Hy droom darem.

Budgie ·

Die Slagter van Marikana lag met vir ons. Hoekom dink mense hy gaan verander? Van 1994 af, en meeste het nog steeds hulle koppe in die sand. Tragies

ATLANTIS ·

Al ooit gehoor van die Piet Retief sindroom. Die ou (CR) is nie julle beste vriend nie. En nee dinge gaan nie beter word nie.

Jannie van Niekerk ·

Een van sy “baie maniere” om gromd te verkry is waarskynlik plaasmoorde omrede hy geen sprak daaroor spreek nie.

Koos ·

Kan hy nie maar net sy Marikana jas aantrek en sommer permanent aanhou nie? Want dit bereken vat die kant van big business en tree hardhandig teen stakers op. Die ou Mugabe was so, vanaf 1980 tot 2000: vrye mark is uitgelos, wit boere is uitgelos en stakers is hardhandig behandel. Ek het Zimbabwe meermale in daardie jare besoek en talle mense, swart én wit, het vir my gesê “we’ve never had it better”.

Stelling ·

Mense ek is so bang vir wat kom! Ek dink daar is baie van ons wat nie die ernstigheid sien in wat gaan met ons gebeur nie. Ek hoop en bid net ons kan n laaste plan van aksie kry. Mag die Here ons seen.

Dries du Toit ·

Jy is n klot indien jy nog nie besef dat wrede plaasmoorde vir Ramaphosa nie n probleem is nie. Hoe meer plaasmoorde hoe meer blankes vlug van hul plase en hoe makliker kan die staat die plase bekom

Dries du Toit ·

Ons sal iets daadwerkliks moet doen. Net soos dr Groenewald tereg gese het. Na ramaphosa se repliek weet ons nou die boere is nou op hulle eie

Andreas ·

Die nuwe Superstad se naam gaan seker Brulpaddastad wees, dis nou doer entweg in die see waar nuwe gasveld ontdek is.

Andreas ·

Skaliestad, daar erns in die Karoo, het toe ook nie van die grond af gekom nie.

Johan Swart ·

Ek het miljoene in die bank….as die koei vrek gaan bly ek in my villa in Italië.

Johan Swart ·

As daar 1 plaasmoord per dag is, waar is die ander 56 moorde van die 57 moorde in totaal in Suid Afrika (20805 per jaar)..?

Dis 57 moorde elke dag van die jaar in Suid Afrika…as net 1 per dag van die 57 n plaasmoord is, dan verduidelik dit hoekom CR hom nie steur nie.

GP ·

Dit is een plaas moord per week, so vir elke 400 moorde is een daarvan ‘n plaas moord. Wat dit egter anders maak is dat dit openlik aangehits word, en absoluut brutal is. In baie gevalle is die daaglikse aanvalle amper net so erg as ‘n moord.

DIe persentasie is klein, en dis oor die algemeen nie ANC ondersteuners nie, maar om dit nie eers te kan erken nie is ‘n skande.

Brandwag ·

Droom. Ek droom ook. Ek droom van n land sonder die ANC, EFF EN BLF n land sonder misdaad n land sonder UNIES n plekkie waar ek veilig kan slaap, waar ek winkel toe kan stap sonder om gedonder te word of aangegluur word deur die taxi wat verby ry.Ek wil werk sonder om my winkel se deure elke nou en dan toe te maak agv onwettige optogte.Ek wil maandeliks my water en ligte betaal(ek kan nie munisipaliteit het stakings en word deur die gemeenskap gedreig nou al vir 3 maande)Ek wil by n skoon Polisistasie instap waar doe polisie trots is om my te help.Ek wil vir spoed gevang word en nie vir R100-00 gevra word nie.Ek wi; nie Buurtwag patrollie ry nie om dorp veilig te hou nie.Ek wil nie duisende rande aan diefwering bestee om veilig te wees nie.CR help my met my droom dan help ek jou met my jou droom. Op hierdie stadium bery ek voor vir burger oorlog want ek sien een kom.

John ·

… grondgrype sonder vergoeding is een manier om grond te bekom… Wat sou die ander wees? CR hou van groot belegging-indaba’s waar hy met die Mandela-droom op ‘n groot plakkaat agter sy rug, soos die voorsitter van ‘n groot welvarende onderneming, spog en foto’s wys van die nuwe miershoop wat in Mier verrys… met daarnaas die voedselbron, groen cannabis-landerye onder besproeiing.. op oorle boere, v w x y en z se plase… wat bekom is via of eerder viva daardie ander manier van grondgryp… meer na die keel se kant. En die beleggings gaan invloei? Huh?

Diefie ·

Maar CR en sy volgers skep baie werk, want jy kan nou aansoek doen om jou naam van die kriminele rekord af te haal en dit geskiet binne 21 werksdae, dan kan jy werk kry. Sekerlik in staatsdepartemente. Hier gaan ek bly, dit kan net lekkerder raak.

Waarheid ·

Dis nou of nooit, enigste oplossing is selfbeskikking! En veroordeel die DA leier wel die plaasmoorde? Die enigste party wat dit veroordeel is die VF.

emily ·

Praat en praat en nogmaals praat is al wat hy kan doen.
Al die beloftes, Ag asseblief.
Hy wil alles doen maar weet nie hoe, Werk skep, Vir wie. Toeriste na SA lok, Vir wat sodat hulle verder geroof kan word. Treine bou in Nigel, Hoekom, ha sodat dit ook gebrand word soos wat dit nou gebrand word.
Nee wat die slimme dink ons glo hom, Maar hy sit die pot mis, miskien glo sy gabbas hom.
Ons werk hard vir ons grond en alles wat ons het Maar hulle wil net kom Vat.
En wat doen hy omtrent die misdaad wat daagliks toeneem. Ons lewe erger as gevangenisse in ons eie huise.
Nee wat die hele spul is korrupt en voel vere vir jou en my.

Jaco ·

Lei gewapende magte op (werklose blanke mans)om boere op plase te beskerm. Elimineer die vyand. Geld daarvoor kan n kwessie wees. Oud weermaglede nog beskikbaar om hierdie terrorisme te beveg. Kan as sekuriteitsmag registreer. Ander voorstelle welkom.

JohanL ·

En weer praat hy een van die ANC se ge-ykte uitdrukkigs, “daar is geen towerstaf om dit dadelik te doen nie”.

Ja mnr die president, ons weet dit. Maar die ANC het nou al vir 25 jaar niks kon bereik nie. Hoe lank wil jy nog vat?

Kort na die ANC ontban is en voor die 94 verkiesings, het die ANC in Shell House gesit. Een van die blanke onderhandelaars (kom ons noem hom JP vir Jan Publiek) het sonder afspraak daar ‘n draai gegooi om iets met Thabo Mbeki te bespreek (wat betrokke was by onderhandelings). JP het afgekom op ‘n spul kantore wat onbeman was. Telefone het gelui en is nie beantwoord nie. Toe JP eindelik vir Mbeki in die hande kry, het JP vir hom gevra hoe die ANC dan ‘n land wil regeer as hulle nie eers hul hoofkantoor kan bedryf nie. Thabo Mbeki was natuurlik bitter onsteld en onthuts oor JP se opmerking. Die realiteit is dat JP reg was en ons sien dit nou – 25 jaar later.

GP ·

Baie kan gedoen word. Ek is nie ‘n boer nie en kan maar net idees gee, wat moontlik nie by boerdery sal inpas nie.
Begin deur te besef plase is amper soos oorlog sones. Saam met dit gaan minimum die plaas verlaat en so min as moontlik na donker enigsins deur ‘n plaas hek te ry. Doen huis verharding so ver as moontlik, dit hoef nie baie duur te wees nie. Lees die boek Oorwin plaasaanvalle. Wees gewapen. Ken honde se gedrag, as by plaas hek stop en hond is nie daar nie of onrusig ry weg. Selfde voor uit die huis gaan kyk vir die honde. Als is baie ongerief en mense se “Mindset” moet eers reg wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.