Ramaphosa praat eers dán

Pres. Cyril Ramaphosa Donderdag aan die woord. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal volgende week die land toespreek rakende die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie.

Hy sal onder meer uitbrei oor die stand van die inperking en oor of daar na ‘n ander inperkingsvlak beweeg sal word vanaf die huidige vlak 1.

Ramaphosa is Dinsdagmiddag in die parlement tydens ‘n mondelinge vraesessie in die Nasionale Raad van Provinsies deur die DA-LP Tim Brauteseth gevra oor voortgesette gerugte dat ‘n strenger inperking oorweeg word in die lig van die toename in Covid-19-gevalle, veral na aanleiding van stellings in daardie verband deur die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala.

Ramaphosa het gesê dit is waar dat die koronavirus-gevalle toeneem, maar dat Suid-Afrikaners nie alarmisties moet wees of voortydig moet reageer op bewerings van strenger inperkingsmaatreëls nie.

“Ek het vandag ‘n verslag oor die voorkoms van koronavirus-gevalle ontvang. Ek moet dit nog bestudeer en dan sal ek by kenners advies ontvang oor wat ons te doen staan.

“Ek sal Suid-Afrikaners aanstaande week oor die kwessie toespreek. Moenie vooraf afleidings maak nie. As daar ‘n aankondiging te make is, sal ek dit doen,” het Ramaphosa gesê, en Suid-Afrikaners aangemoedig om hul hande te was, gesigmaskers te dra en sosiale afstand te eerbiedig.

Zikalala het vroeër gesê ʼn streng inperking kan weer te wagte wees indien daar nie dringend ʼn verandering in mense se “roekelose gedrag” kom nie. Hy het gesê baie mense dra nie maskers nie en woon geleenthede by waar daar meer as die maksimum toegelate mense teenwoordig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het vroeër sy kommer oor die toename in nuwe Covid-19-gevalle oor die afgelope paar weke uitgespreek. Mkhize, wat self onlangs positief vir Covid-19 getoets het, het gesê ʼn toename in nuwe gevalle is in sommige provinsies opgemerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alet ·

En ons wat 100% regulasies nakom, moet boet vir ander wat nie luister nie, en moet ons dan nou weer ekonomies pak kry vir ander? Dit is onaanvaarbaar. Die President het voorheen gesê hy sal kyk na verskillende Provinsies en dit het ook nie gebeur nie. Ek sal verseker die Staat verantwoordelik hou indien ons weer onder strenger inperkings geplaas word.

Saartjievandiebosveld ·

Miskien kan hulle eers na die taxis…shibeens…en taverns in die townhips kyk. Het met my eie oë gesien….in die rural gebiede is geen afstand en geen maskers…
So Mr Ramaposa begin by jou eie mense….

Nic ·

mr CR gaan kyk by totiusdal en kolonade poskantoor die die mense nie een n masker dra nie en in groepe sit en eet en bier drink terwyl hulle vir hulle geld wag en dan hulle bottels en gemors net so op die stoepe los

Oros Soros ·

Toeneem? Die getal aktiewe gevalle bly hardkoppig tussen en 48 000 en 52 000 gevalle die laaste tyd. Behalwe die desperate poging om Biden verkies te kry of om die ware Christus fees seisoen (nie te verwar met die kommersiele weergawe nie) as kommunis in die wiele te ry, is daar geen rasionele rede vir herinstelling van die mislukte maatreëls nie. Indien wel, word daar voorsien dat die burgery daarteen gaan rebelleer in so ‘n mate dat die #fees-must-fall se aksies na ‘n vulletjie gaan lyk.

ronel ·

Nou wonder ek, waarom sal ons die “gerusstelling” enigsins vertrou ? In ag genome dat dit kom van ‘n man wat tot dusver geen regverdige gesag, geen insig vir die skade van sy swak besluite en geen daadwerklike gesonde bydrae tot ons land gemaak het nie? Sy regering, sy party, sy heerskappy is een van geweld, misdaad, korrupsie en leuens, waarom sou hy enigsins vertroue verdien? Tot dusver slegs ‘n handpop van misdaad en korrupsie sonder enige ruggraat, so jammer ek vat eerder my kanse met ‘n fortune cookie voorspelling, ons kanse is beter

Persheks Adri ·

Ag Cyril gaan praat met jou “our people” want hulle luister nie! Julle plunder net so speel vir tyd ons is ongelukkig slim genoeg om te weet wat jy en jou kaders wil doen. Praat oor belangrike sake soos plaasmoorde en rassisme TEEN ons ok!

Madeleine ·

ChristeneMoet bid. Daars baie evil agter die skerms. Die virus is die minste Om oor TE worry

Nico ·

Madeleine, dit is maklik om te sê die Christene moet bid, hoeveel doen dit.

Jan ·

Die aandag aan gevalle is sinneloos, tensy jy regverdiging soek vir ‘n agenda of aan beheer-beheptheid ly. Soos met elke jaar se nuwe virusmutasies is die virus nou wêreldwyd versprei en deur groepimmuniteit onder beheer gebring. Hoe meer toetse gedoen word hoe meer gevalle sal opgeteken word, want meer as die helfte van die bevolking is waarskynlik reeds draers. Bykans almal asimptomaties. Wat belangrik is, is sterfgevalle en daar, ten spyte van kunsmatige verdubbeling deur die regering, toon die syfers dat die sterftes in ons land nie eens 50% is van die 36 810 wat 2 jaar gelede weens gewone griep aangeteken is nie.

twaalfboor ·

Met ń herstel syfer van oor die 90%…..is dit werklik nog ń pandemie? Of word ons net “beheer”. TB en vigs se syfers lyk baie erger.

Maryna ·

Al lankal my mening… Grootste klug wat ek in my lewe nog gesien het.

Punisher ·

Dis wat ek ook sê Twaalfboor, maar ek kry mos duim af op Covid stats…

Cecilia ·

Begin by nou eie mense ou Ramaphosa. D taxis en busse wat teen 100% kapasiteit werk.
SAPS lede wat tydens lockdown 5,4 & 3 by Shibeens drank koop. Shibeens wat oop is na curfew.
In d “Rural” areas speel kinders sonder maskers sokker in d strate. Selfs in d dorp hou jou ANC hoees rumoerige partytjie tot 2uur soggens. Skakel jy d SAPS om hulle stil te kom maak en sommer te beboet oor hul curfew oortree. Loop d SAPS lede daar uit elk met n kas drank.
Dit help nie 10% vd land se bevolking gehoorsaam nie en d ander 90% gaan mal nie.

Plaaskind ·

Ek stel nie belang in die liegstories wat nou weer vir “my fellow South Africans” en “our people” op gedis gaan word nie.

Jan ·

Maar leer die stupid lot nooit nie? Selfs die useles WHO het gesê nou dat inperkings nie ‘n goeie idee was nie? Reg oor die wereld is politikuste ewe stupid? Nee iets anders trek hulle toutjies – dit is immers duidelik vir die wat wil sien, en nie alles glo wat die media vir jou opdis nie. Die wêreld moet wakker skrik en die belaglike situasie beveg met hand en tand.

Dirk Mostert ·

Hy het dan gister gese die gerugte is nie waar nie. Dlamini het hom seker weer geveto, soos met die sigaret verbod vroeer.

Janee ·

Ek glo hier kom weer ‘n ding……Mev Zuma se swartmark sigaretgeldjies is seker nou al klaar….Wil nie glo dat hulle so begaan is oor menselewens nie. Solank dit goedgaan met hulle en hul fondse….

Marcello ·

Was dit dan nie veronderstel om vandag plaastevind nie, hoelank wil hy ons nog laat wag???. Kondig dit af, en kry klaar.

Elméne ·

Hy kan nog nie praat nie Marcello, want kaartmannetjie CR wag nog vir auntie kopdoek om die toutjies te trek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.