Ramaphosa praat Maandagaand

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die land Maandagaand weer toe. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die land Maandag om 20:00 toe oor die jongste verwikkelinge in die pogings om die verspreiding van Covid-19 te stuit.

Die presidensie sê Ramaphosa het die afgelope paar dae met die nasionale koronavirusbevelsraad, die presidensiële koördineringsraad en die kabinet vergader. Dít terwyl duisende nuwe gevalle van die koronavirus daagliks in die land aangemeld en honderde sterftes elke dag bevestig word.

Die presidensie sê Ramaphosa het Sondag ook aanlyn met geloofsleiers vergader oor die land se aangepaste risikostrategie. Die vergadering het gefokus op die pandemie, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die res van die vasteland. Die regering se pogings om ʼn entstof vir Suid-Afrikaners te bekom, is ook bespreek.

Suid-Afrika is in hierdie stadium op ʼn aangepaste afsonderingsvlak 3. Dit beteken onder meer dat ʼn aandklokreël geld, geen drankverkope toegelaat word nie en geen byeenkomste – begrafnisse uitgesluit – gehou mag word nie.

Daar was vroeër bespiegeling dat Suid-Afrika egter nié weer na ʼn strenger afsonderingsvlak opgeskuif gaan word nie.

Suid-Afrika het teen Sondagaand 17 421 nuwe gevalle van die virus gehad en daar is in hierdie stadium meer as 232 000 aktiewe Covid-19-gevalle landwyd.

Die president het presies twee weke gelede die land toegespreek en Suid-Afrika – weens die groot styging in virusgetalle – van vlak 1 tot ʼn aangepaste vlak 3 van afsondering geskuif.

Ramaphosa het toe gesê die afsonderingsvlak geld tot 15 Januarie.

Maandagaand se vergadering word regstreeks op verskeie platforms uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wielspore ·

Good evening fellow South Africans, ons is bekommerd oor die styging in Covid gevalle en kondig die volgende bykomende inperkings aan. Julle sal nie meer kan rook, alle tabak verwante produkte mag nie meer verkoop word. Gauteng word ook as Covid warm plek verklaar. Skole sal heropen soos beplan met spesiale reelings wat later bekend gestel gaan word deur Mev Zuma. Ek vra dat julle minder rond beweeg en eerder by die huis bly, wees verantwoordelik.

Dries ·

Wielspore, jy is so goed, jy kon net sowel sdie President se persoonlike assistent gewees het. Jy ken al die speech uit jou kop uit. hahaha

Jack ·

As ‘n mens Ramaposer se toespraak ontnonsens is al wat oorbly ‘n erkenning dat die ANC nir weet wat om te doen nie want hulle het geen plan nie en hulle ondersteuners steur hulle eenvoudignie aan die voorgeskrewe veiligheids maatreels nie.

Annelize ·

Ek hoop ek is verkeerd, maar ek het so gevoeltentheid aan my, dat hier kom strenger inperkings…..

Hein ·

Glo nie dink dit gaan maar net ‘n extension wees van die huidige lockdown reels. Erens gelees drank verban vir nog ‘n maand

Piet ·

Ek dink dieselfde vlak. Sommige strande dalk oop. Kan maar die drankverkope toelaat vanaf Maandae tot Donderdae soos vantevore (dit het goed gewerk) en dit sommer ‘n permanente reeling maak.

Persheks Adri ·

Kopdoek gaan ons seker op level 5 sit soos ons haar ken gggmmmfff tsssk! Praat eerder oor hoe korrupsie gestop gaan word en julle op hou plunder, want dis die 2de vlaag vir korrupsie

Pieter ·

Wat van jy bly net stil cyril julle klomp raak net n klomp nonsens kwyt. Julle ANC is een groot sirkus.

Loveleh ·

Ek verwag strenger inperkings en dat die skole later gaan oopmaak. Daar is reeds 4 onnies wat ek ken, die afgelope week oorlede.

Tanniepetoors ·

Strenger inperking, meer werkloosheid, minder kos en meer siekes en sterftes as gevolg daarvan. Wil voorkom asof dit is wat regering beoog, want hul luister nie na kenners wat praktiese raad gee nie.

Casper ·

Hoe veilig is die dra van maskers en hoe veilig is die entstof.Ja iets drasties sal gedoen moet word om die virus hok te slaan.Drank pla my gelukkig nie en ek rook die e-siggie en daarvoor het ek ‘n goeie voorraad opgebou.

Anoniem ·

Dit is ook die vraag wat ek myself afvra: Hoe veilig is die entstof en gaan dit eers in Suid-Afrika goedgekeur word deur die Mediese Navorsingsraad voor die inentings kan begin.?

Casper ·

Realiteit is.Die virus vat waar dit saak maak.Onderwysers wy hulle lewens aan die opvoeding van ons kinders en verdien ook beskerming.

Keelvol ·

Dis omdat Suid-Afrikaners almal eie wys is. Ongehoorsaam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.